John and Others v S (A501/05) [2008] ZAWCHC 247 (15 August 2008)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Drug Offences — Validity of Search Warrant — Appellants convicted of drug-related charges following a search of premises where cocaine was found — Appellants challenged the validity of the search warrant on grounds of improper issuance — Court found that the warrant was vague and therefore invalid as it did not comply with statutory requirements — Evidence obtained from the search was deemed inadmissible, leading to the conclusion that the convictions were unsafe and should be overturned.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 247
|

|

John and Others v S (A501/05) [2008] ZAWCHC 247 (15 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUJD-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A501/05
DATUM:
15
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
SHAFIEK
JOHN
1
ste Appellant
NAZEEM
JOHNSON
2de
Appellant
TANIA
ERASMUS
3de
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
LOUW.
R
:
Die
Appellante wat deurgaans deur regsverteenwoordigers bygestaan is, het
in die Wynberg se streekhof tereggestaan op 'n hoofaanklag
en twee
alternatiewe aanklagte tewete:
1.
Die hoofaanklag dat hulle op 3 Maart 1999 in Hanover Park handel
gedryf het in 38,77 gram kokaien, Vi gevaarlike
afhankh'kheidsvormende
stof en dus artfkel 5(b) van Wet 140 van 1992
("die DweJmwet") saamgelees met artikels 1, 13, 17 en 64
daarvan, oortree
het.
2.
Die eerste alternatiewe aanklag dat hulle gemelde hoeveelheid
koka'ien op dieselfde tyd in hulle besit gehad het en sodoende

artikel 4(b) saamgelees met die ander artikels hierbo gemeld, van die
Dwelmwet oortree het.
3.
Die tweede alternatiewe aanklag dat hulle op dieselfde tyd en pJek
saamgesweer het om die misdryf in die hoofaanklag te pleeg
en
sodoende artikel 18(2)(a) van Wet 17 van 1956 oortree het.
By
die aanvang van die verhoor op 17 Desember 1999 het die appellante
onskuldig gepleit op die hoof- en alternatiewe aanklagte.
Al drie
appellant het daarna deur monde van hul regsverteenwoordigers
pleitverduidelikings ingevolge artikel 115 van Wet 51 van
1977
gemaak.
Die
eerste en tweede appellante het ontken dat hulle dwelms in hulle
besit gehad het of daarvan kennis gedra het en dat hulle deel
was van
h sameswering om enige misdryf, soos in die hoofaanklag vermefd, te
pleeg. Hulle het ook 'n punt
in
limine
geopper
dat die lasbrief ingevolge waarvan die perseel by 34 Downbergweg,
Hanover Park ("die perseel") deur die polisie
deursoek is,
ongeldig was en dat die deursoeking en beslaglegging wat daarop
gevolg het, onregmatig was met die gevolglik ontoelaatbaarheid
van
die getuienis wat daarmee handel.
Die
derde appellant het by monde van haar regsverteenwoordiger soos volg
verklaar:
"Artikel
115 pleitverduideliking van beskuldigde 3 sal wees dat sy die vorige
dag beskuldigde 2 besoek het en haar versoek
het of sy 'n partytjie
daar kan hou. Beskuldigde 3
nou
in
beskuldigde 2 se huis, dat beskutdigde 2 geen beswaar gehad het nie,
maar op die oggend van die partytjie wat daardie selfde
aand sou
plaasvind, beskuldigde 2 siek geraak het en sy is na familie van haar
toe om te herstel. Ook natuurlik gesien in die lig
van die feit dat
daar 'n partytjie was en sy nie gesteld was nie. Edelagbare, op die
partytjie het sekere van haar vriende die
stoof gebruik en sy vermoed
dat crack daarop gemaak is. Van die mense het van die crack gerook.
Sy se dat syself ook daarvan gerook
het. Agbare, van die mense se
goed het agtergebty by die partytjie en die volgende oggend het sy ft
stuk crack in die huis gevind
asook twee sakke met klere in. Sy het
die voorwerp genoem in die kfagstaat toe gaan plaas in dieselfde
slaapkamer as waar die sakke
was. Op daardie stadium het beskuldigde
2 by die huis opgedaag en kort daarna beskuldigde 1 ook en kort na
hulle daar opgedaag
het, het die SAP op die toneeJ opgedaag en die
stuk crack is gevind in die slaapkamer waar sy dit gelaat het."
Twee
binneverhore is daarop gehou. Die eerste het gehandel
met die
toelaatbaarheid van getuienis aangaande die deursoeking van die
perseel en van die beslaglegging wat deur deur die polisie

gemaak is.Superintendent Mara is, inspekteur Vertue, sersant
Stassen en kaptein Coetzee, almal lede van die SA Narkotikaburo,

SANAP, van die polisie het namens die Staat in die binneverhoor
getuig. Die appellante het nie getuig nie. In h uitspraak het die

verhoorlanddros bevind dat die lasbrief nie ongeldig is nie.
Die
Staat het daarop voortgegaan om in die tweede binneverhoor getuies te
roep ten einde die toelaatbaarheid te bewys van 'n sogenaamde

waarskuwingsverklanng wat die tweede appellant in Ma art 1999 gemaak
het. Inspekteur Morris, wat die verklaring geneem het, inspekteur

Wiese, Vertue, inspekteur Van der Walt en Stassen het getuig namens
die Staat. Die tweede appellant het ook getuig. tn Vi uttspraak
het
die landdros bevind dat die tweede appellant se verklaring
toelaatbaar was.
Die
verhoor het daarop voortgegaan en na afloop van die staatsaak, het
die eerste en tweede appellante, maar nie die derde appellant,

getuig. Geen verdere getuies is namens die appellante geroep nie.
Die
landdros het op 8 November 2000 uitspraak gelewer en die appellante
is a! drie op die hoofaanklag skuldig bevind. Op 4 April
2001 is die
appellante soos volg gevonnis:
1.
Eerste appellant tien (1 0) jaar gevangenisstraf.
2.
Tweede appellant drie (3) jaar gevangenisstraf in terme van artikel
276(1)(i) van Wet 51 van 1977.
3.
Derde appellant vier (4) jaar gevangenisstraf.
Appellante
kom nou op appel teen hul skuldigbevinding en vonnis.
n
Groot gedeelte van die gebeure op 3 Maart 1999 is gemene saak en word
nie betwis nie. Vertue het getuig dat hy die oggend van
3 Maart 1999
om ongeveer 9:30 vm. Telefonies inligting van n betroubare bron
ontvang het dat persone by die perseel besig was om
crack koka'i'en
te vervaardig en dat die koka/en nie op die perseel gestoor sou word
nie, maar weggeneem sou word. Vertue het gereel
dat van sy koliegas,
Van der Walt en Morris, vooruitgaan om uit te vind presies waar die
perseel gelee is en hy het intussen 'n
beedigde verklaring opgestel
op grond waarvan hy 'n lasbrief vir deursoeking wou verkry. Omdat hy
van oordeel was dat die lasbrief
baie gou verkry moet word, het hy
vir sersant Stassen, 'n kollega in dieselfde eenheid, gevra om solank
die gedrukte lasbriefvorm
in te vul. Na beediging van sy beedigde
verklaring het Vertue die beedigde verklaring saam met die
lasbriefvorm, wat reeds deur
Stassen ingevul was, na 'n offisier in
dieselfde eenheid, kaptein Coetzee, geneem. Volgens Vertue het
Coetzee die beedtgde verklaring
deurgelees en het hy die fasbrief
daarop uitgereik deur die lasbriefvorm te onderteken.
Vertue
het verder getuig dat as hy meer tyd gehad het, hy by landdros
r
n
lasbriefaansoek sou gedoen het maar volgens sy oordeel was daar nie
tyd om eers na die Wynberg landdroskantoor te gaan om vir
'n lasbrief
aansoek te doen nie. Stassen het die lasbriefvorm ingevul, maar het
foutiewelik die adres van die perseel ingevul in
n spasie waarin die
voorwerp waarop beslag gele mag word, aangedui moet word. Hy het
die adres van die perseel verder af op
die vorm weer ingevul op die
korrekte plek. Hy het ook nog verder af in die vorm die voorwerp
waarop beslag gele mag word, beskryf
as "Wet 140/92 Dwelms".
Stassen
het ook die nodige blokkies wat na sy mening in die vorm gemerk moes
word, gemerk tewete dat die voorwerp waarop beslag
gele kan word,
betrokke is by die vermeende pleging van Vi misdryf of op redelike
gronde vermoed word betrokke te wees by die vermeende
pleging van 'n
misdryf of tot bewys kan strek van die vermeende pleging van ft
misdryf of op redelike gronde vermoed word bestem
te wees om by die
pleging van 'n misdryf gebruik te word.
Vofgens
Coetzee het hy Vertue se beedigde verklaring en die reeds ingevulde
lasbriefvorm deurgelees en het hy die lasbrief daarop
gemagtig deur
die deurhalings en van die invoegings te parafeer, sy kantoorstempei
daarop te plaas, die plek en datum in te vul
en te onderteken met
vermelding van sy ampstitel as kaptein. Hy het nie opgemerk dat die
vorm foutiewelik ingevul was nie en dat
waar die voorwerp waarop
beslag gele mag word, beskryf moet word, die adres van die perseeE
vermefd word. Hy meld dat dit reeds
jarelank indertyd die praktyk in
die eenheid was dat die lasbriefvorm reeds ingevul is wanneer dit vir
magtigmg aan 'n vrederegter
voorgele word.
Die
geldigheid van die lasbrief is op verskeie gronde aangevai. Mnr
Appels
,
namens die Staat, het na my mening tereg toegegee dat
visenteringslasbrief in hierdie geval ongeldig is omdat dit gerig is
aan
"alle polisiebeamptes". Artikel 21(2) van Wet 51 van
1977 bepaal dat 'n visenteringslasbrief "moet b polisiebeampte

aanse". Die lasbrief is dus vaag en ongeldig. Sien
SMiT
& MARITZ ATTORNEYS & ANOTHER v LOURENS NO & ANOTHER
2002(1) SASV 152 op 156d-158a.
In
hierdie geval is getuienis na aanJeiding van hierdie lasbrief bekom.
Die vraag is of hierdie getuienis wat verkry is nadat op
die
appellant se reg op privaatheid inbreuk gemaak is,toelaatbaar is.
Ingevolge artikel 35(5) van die Grondwet moet die Hof bepaal
of die
toelating van die getuienis die verhoor onbillik sou maak of
andersins vir die regspleging nadelig sou wees. Indien dit
die geval
is, bepaal artikel 35(5) dat die getuienis uitgesluit moet word.
Die
Hof het egter ft diskresie by die bepaling van die faktore wat in die
gegewe geval oorweeg moet word by die bepaling van die
vraag of dit
die verhoor onbillik sou maak of nadelig sou wees vir die
regspleging. Die Hof kyk na die besondere omstandighede
van die
betrokke geval en vra of die beskuldigde deur die toelating van die
getuienis benadeel word. Ek meen dat in hierdie geval
die benadeling
van die appellante nie van so h aard rs dat dit die uitslufting van
die getuienis verg nie.
Hier
Is
die
getuienis van 'n reele aard. Dit het reeds bestaan en spruit nie
voort uit selfinkriminerende opt rede deur die beskuldigdes
nte. Die
reg waarop hier inbreuk gemaak is, tewete die privaatheid van tweede
appellant, moet swaarweeg maar die erns van die inbreuk
is in hierdie
geval nie sodanig dat dit die u its I uiting van die getuienis verg
nie. Die inbreuk was nie opseth'k en bepfan as
'n onregmatige inbreuk
nie. Die polisiebeamptes het in goeie trou opgetree, hulle het
gebruik gemaak van 'n voorafgedrukte vorm
wat indertyd oenskynlik
gebruik is en wat reeds die gedrukte woorde
u
aan
alle polisiemanne
1
'
bevat het. Die lasbrief is nie verkry op grond van bedrog deur die
polisie of
mate
fide
optrede
nie. Voorts was die omstandighede dringend van aard en was dit
noodsaaklik om die getuienis te bekom.
Laastens
is hierdie 'n geval waar die polisie waarskynlik die visentering
sonder
Y\
lasbrief
ingevolge die bepalmgs van artikel 22(b) van Wet 51 van 1977 of
artikel 11 van die Dwelmwet kon gedoen het. Vertue het
nietemin
besluit om inderhaas vir 'n lasbrief aansoek te doen en in die proses
is n ongeldige lasbrief aan horn uitgereik. Ek meen
dat in die
omstandighede die toelating van die getuienis nie die verhoor
onbillik gemaak het nie en ook nie andersins vir die regspleging

nadelig was nie. Ek meen dus dat die landdros se bevinding dat die
getuienis wat voortspruit uit die uitvoering van die lasbrief,
korrek
toegelaat was.
Die
hoogwatermerk van die Staat se saak teen die drie appellante is dat
hulfe at drie teenwoordig was in die huis van die tweede
appellant
waar daar duideNke tekens was, soos getuig deur die forensiese
deskundige, Van Warmenhoven, dat daar waarskynlik redelik
onlangs
crack koka'iene in die kombuis vervaardig is. Voorts is daar beslag
gele op 38,77gram crack koka'iene in die huis. Daar
is egter geen
direkte getuienis dat die drie appellante wel betrokke was by die
vervaardiging en besit van die koka'iene nie.
Die
eerste appellant se weergawe was dat hy toevallig die oggend by die
tweede appellant se huis was om ft videokasset by haar te
kom haal.
Tweede appellant se getuienis was dat sy nie die vorige aand by haar
huis geslaap het nie, omdat die derde appellant,
met haar verlof, Vi
partytjie by haar huis gehou het en dat sy kort voordat die polisie
by haar huis opgedaag het, self ook daar
aangekom het.
Kort
nadat sy by haar huis aangekom het, het eerste appellant daar
opgedaag om
l
n
videokasset te kom haal. Die tweede appellant se getuienis is ook dat
sy nie bewus was van die kokafene wat in haar huis gevind
is nie.
Daar
is getuienis wat beskuldigdes individueel tot 'n mindere of meerdere
mate verder Jmpliseer. Die getuienis wat die eerste appellant

imphseer is die van inspekteur Van der Walt. Hy het met die polisie
se aankoms by die perseel in opdrag van Vertue buite om die
huis
gefoop en het, volgens sy getuienis, vir eerste appellant deur 'n
venster in die toilet sien staan. Dit was op Vi stadium
toe die ander
polisie by die voordeur besig was om toegang tot die huis te verkry.
Volgens Van der Walt se getuienis het eerste
appellant vir horn
gesien en het die eerste appellant daarop 'n beweging met die
regterkant van sy liggaam gemaak en net daarna
is die toilet gespoel.
Van
der Walt het onmiddellik deur die voordeur van die huis gegaan en het
vir Vertue en die beskuldigde in die ganggedeelte van
die huis gekry.
Volgens Van der Walt het hy vir Vertue gese dat eerste appellant Yi
persoon is wat hy gesien het wat by die toilet
was en die toilet
gespoel het. Vertue het ook daarop in die toilet gaan kyk en het, wat
vir hom gelyk het na kokai'en en wat later
geblyk het stukkies crack
koka'iene te wees m die toilet sien dryf.
Die
eerste appellant het in getuienis ontken dat hy ooit in die toifet
was maar hy het tog bevestig dat Van der Walt hom aan Vertue
uitgewys
het. Van der Walt het getuig dat hy nie gesien het dat die eerste
appellant daadwerklik iets in die toilet gegooi het
nie, aangesien hy
nie sy hande kon sien nie. Hy het egter op grond van wat hy gesien
net, die afleiding gemaak dat die eerste appellant
wel iets in die
toilet gegooi het.
Die
laaste aanval op Van der Walt se getuienis in hierdie verband word
gebaseer op die inhoud van sy verklaring wat hy die dag na
die
voorval gemaak het en waarin hy die volgende gese het:
"Ek
het gesien dat die badkamer se venster oop was. By die venster gekom,
het ek ingekyk en 'n bruinman gesien. Toe die bruinman
my sien, het
hy iets in die toilet gegooi en vinnig die toilet gespoel."
Die
betoog is dat hierdie weergawe verskil van sy weergawe in die hof,
aangesien hy, so is betoog, in sy verklaring gese het dat
hy gesien
het dat die persoon iets in die toilet gooi. Die verklaring meld nie
in soveel woorde dat hy gesien het dat die persoon
iets in die toilet
gooi nie.
Na
my mening is die verklaring duidelik versoenbaar met Van der Walt se
weergawe in getuienis dat op grond van wat hy deur die venster
gesien
het, hy die gevolgtrekking gemaak het dat die persoon iets in die
toilet gegooi het. Die feit dat dit gemene saak is dat
Van der Walt
die appellant aan Vertue uitgewys het kort nadat hulle in die huis
gekom het, ondersteun Van der Walt se weergawe
dat hy die eerste
appellant gesien het, dat hy iets gedoen het wat Van der Walt onder
Vertue se aandag wou gebring het.
Vertue
het ook self na die toilet gegaan toe hy dit hoor spoel en hy het
self ook afgelei dat dit die eerste appellant was wat die
toilet
gespoel het aangesien die twee ander persone wat in die huis was,
tewete die ander twee appellante, op daardie stadium in
die sitkamer
was. Vertue het ook die koka'iene uit die toilet gehaal. Al hierdie
getuienis beteken na my mening dat wat Van der
Walt oor die eerste
appeflant aan Vertue gese het, te doen gehad het met iets wat die
eerste appellant by die toilet gedoen het.
Ek meen dat op die
getuienis bewys is dat die eerste appellant iets in die toilet
gespoel het op
Y\
stadium
toe die polisie besig was om by die voordeur in te kom.
Dit
is nie in geskil dat Vertue wel crack kokaiene met ft massa van 0,02
gram in die toilet gevind het nie.
Die
vraag is of die enigste redelike afleiding wat uit al hierdie
getuienis gemaak kan word, is dat eerste appellant die crack kokaiene

in die toilet gegooi het en dit probeer afspoel het. Die enigste
ander moontlike afleiding is dat iemand anders vroeer die kokaTene
in
die toilet gegooi het. Ek meen nie dat op die getuienis dit 'n
redelike afleiding is nie. Dit is veel meer waarskynlik dat iemand

sou poog om wanneer die polisie besig is orn toegang tot die huis te
verkry, die kokaiene in die toilet sou probeer weggooi het.
Daar is
tog geen rede waarom iemand anders dit vroeer daar sou probeer
weggooi het nie.
Soos
reeds vermeid het eerste appellant getuig maar ontken dat hy in die
toilet was. Op al die getuienis kan dit nie korrek wees
nie. Daar is
dus slegs Van der Walt se getuienis oor wat in die toilet gebeur het.
Ek meen dat die eerste appellant op hierdie
getuienis skuldig is aan
die besit van crack kokaVene. Daar is geen getuienis dat die eerste
appellant egter direk verbind met
die vervaardiging van die crack
kokaiene nie. Die feit dat eerste appellant Vi swak getuie was, kan
nie lei tot die afleiding dat
hy wel by die vervaardiging van die
kokaiene betrokke was nie.
Die
tweede appellant se waarskuwingsverklaring, waarna ek hieronder
verwys, is toegelaat as getuienis maar daar is geen aansoek
voor die
Hof dat hierdie getuienis as hoorsegetuienis toegelaat moet word teen
die eerste appellant nie. Hierdie getuienis is dus
nie deel van die
getuienis waarop die skuld of andersins van die eerste appellant
bepaal kan word nie.
In
die tweede appellant se waarskuwingsverklaring wat sy die oggend van
3 Maart 1999 aan die polisie gemaak het, se sy die volgende:
°Ek
en Tania Erasmus, h vriendin, was besig om wasgoed op te hang toe Vi
onbekende bruinman aan die agterdeur klop. Toe ek hom
groet, toe vra
hy of ek later uitgaan. Ek het 'ja' gese omdat ek en my vriendin
Kaapstad toe sou gaan. Die man het toe gevra of
hy gou my stoof kan
gebruik. Ek het hom gevra wat van die krag, toe se hy hy sal my
kraggeld gee. Ek het toe die man, later bekend
as Blassie, gevra wat
hy met die stoof gaan maak. Hy het gese hy gaan fudge maak. Ek en my
vriendin het toe voor die TV gaan sFt.
Blassie het die heeltyd tussen
die agterkamer en die kombuis beweeg. Ek en my vriendin was nie
bewus wat
Blassie
maak nie. Ons het toe voertuie voor die huis hoor stilhou. Ek en
Tania het toe na die voorkamer beweeg waarop ons deur die
polisie
gevra was om die voordeur oop te maak. Die polisie het toe opgekookte
kokaiene gevind wat deur Blassie gemaak was.
1
'
Die
landdros het hierdie verklaring deur tweede appellant as bewysstuk
toegelaat. Daar is by die verhoor beswaar gemaak teen die
toelating
en op appel is daar voortgegaan met die beswaar teen die
toelaatbaarheid van die verklaring. Hierdie is h verontskuldigende

weergawe sover dit die tweede appellant se aandeel betref. Sonder om
die argumente wat ten opsigte van toelaatbaarheid geopper
is te
herhaal, meen ek dat die landdros korrek was om die verklaring as
getuienis toe te laat. In die lig van die gevolgtrekking
waartoe ek
hieronder kom wat tweede appellant se skuld betref, is dit egter nie
nodig om verder op die toelaatbaarheid van hierdie
dokument in te
gaan nie.
Die
landdros het op sterkte van die swak getuienis wat tweede appellant
afgele het, tot die gevolgtrekking gekom dat haar getuienis
verwerp
moet word. Die probleem is egter dat selfs indien die tweede
appellant se getuienis glad nie aanvaarword nie, die vraag
steeds
is wat die Staat op die Staat se weergawe teen haar bewys het. Die
Staat het bewys dat daar waarskynlik crack koka'iene
in tweede
appellant se kombuis gemaak is. Selfs al word die tweede appellant se
onwaarskynlike getuienis dat sy in die kombuis
skoongemaak het na
haar aankoms, maar steeds nie bewus was van die teenwoordigheid van
hierdie koka'iene in haar kombuis nie, verwerp,
is die vraag steeds
waarop sy op die getuienis in die geheel dan skuldig is.
Die
landdros het haar skuldig bevind aan handel in koka'iene op grond
daarvan dat sy deel was van die groep wat dit vervaardig het.
Daar is
egter geen basis waarop haar bewerings dat sy nie die vorige nag by
haar huis geslaap het verwerp kan word nie. Daar is
net doodgewoon
geen getuienis wat daarmee in stryd is nie. Haar weergawe dat sy kort
voordat die polisie opgedaag het by haar huis
kan nie as nie redelik
moontlik waar verwerp word nie. Hoewel dit onwaarskynlik is dat sy
nie bewus sou geword het na haar tuiskoms
van wat in die kombuis
plaasgevind het nie, beteken dit nie dat indien sy wei bewus geword
het daarvan, dat daar koka'iene in haar
huis is, sy skuldig is as
medepligtige tot die vervaardiging daarvan nie. Die vraag is egter of
sy nietemin skuldig is aan die
besit van daardie koka'iene nie. Ek
meen nie dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat sy die nodige
opset gehad het om hierdie
kokaiene wat wel in haar huis was, te
oesit nie.
Die
derde appellant het nie getuig nie. Haar weergawe is op twee wyses
voor die Hof geplaas; eerstens, by wyse van haar pieitverduideliking

in terme van artikel 115; tweedens, is h verklaring, wat sy op 10
Junie 1999 afgele het ter ondersteuning van die eerste appellant
se
aansoek om sy vrylating op borgtog as deel van die staatsaak by
ooreenkoms as 'n bewysstuk ingehandig. En hierdie verklaring
se die
derde appellant dat sy die dag voor die voorval saam met die tweede
appellant by laasgenoemde se huis was. Volgens haar
was sy en die
tweede appellant goeie vriende en het die tweede appellant haar
toegelaat om die huis vir n partytjie saam met haar
vriende te
gebruik. Tweede appellant het egter nie by haar huis gebly vir die
partytjie nie, aangesten sy nie gesond gevoel het
nie en sy het
gevolglik by familie oorgebly.
Daar
was, volgens derde appellant se verklaring, verskeie mense die aand
en nag van 2 Maart 1999 by die huis. Een van hierdie vriende
het
kokaiene gehad wat sy op die stoof in die kombuis met koeksoda gekook
het om crack te maak. Die derde appellant self en haar
vriende het
toe deeltjies van die crack afgebreek en dit gerook. Die
vriendin het die derde appellant versoek om die res van
die crack op
ft veilige plek te bere. Sy het toe die res van die crack op ft
venterbank agter ft gordyn in een van die slaapkamers,
waar sy self
die nag geslaap het, gelaat. Sy wou dit, so s§ sy, nie in ft kas
los nie want sy wou nie he dat die tweede appellant
dit per ongeluk
die volgende oggend daar vind nie.
Die
volgende oggend het tweede appellant om ongeveer agtuur die oggend by
die huis opgedaag en omtrent halftien daardie oggend het
die eerste
appellant ook daar opgedaag. Hy het vir die tweede appellant 'n
videokasset, wat hy aan haar geleen het, gevra. Dit
was op hierdie
stadium wat die polisie opgedaag het en die huis deursoek het. Die
polisie het die crack gevind waar sy dit agter
die gordyne op die
vensterbank geJos het.
Hierdie
weergawe van derde appellant verskil van die weergawe wat namens haar
ingevolge artikel 115 gestel is in die opsig dat sy
in haar artikel
115 verklaring se dat sy die crack wat sy agter die gordyn op die
vensterbank geplaas het, eers die volgende oggend
aangetref het en
dat sy dit toe eers, dit wil se die volgende oggend, op die
vensterbank geplaas het. Dit was op hierdie stadium,
se sy, dat die
tweede appellant by die huis opgedaag het. Die weergawe van die
partytjie en die vriend wat die crack op die stoof
gemaak het en haar
rook van die crack is egter dieselfde in beide weergawes.
Die
weergawe wat die derde appellant in haar artikel 115 verklaring en in
haar verklaring ter ondersteuning van die derde appellant
se borgtog
gegee het, is nie in getuienis deur haar herhaal nie. Haar weergawe,
soos in haar beedigde verklaring uiteengesit, is
egter as deel van
die staatsaak voor die Hof geplaas. Die vraag is dus of in die lig
van al die getuienis wat die Staat voor die
Hof geplaas het, daar
bevind kan word dat die enigste redelike afleiding is dat derde
appellant deelgeneem het aan die vervaardiging
van die crack. Ek meen
nie dat dit die enigste redelike afleiding is nie.
Die
derde appellant het egter in 'n weergawe onder eed, wat voor die Hof
geplaas is, erken dat sy wel gedurende die loop van die
nag van die
crack koka'iene in haar besit gehad het toe sy dit gerook het en ook
toe sy die groot stuk op die vensterbank gaan
wegsteek het. Sy het
dieselfde erkenning in haar artikel 115 verklaring gemaak. Ek meen
dat op sterkte van haar eie erkenning wat
gemaak is beide in die
beedigde verklaring en in haar pleitverduideliking die derde
appellant skuldig is aan besit van crack kokai'ene.
Ek
meen dus dat die landdros verkeerd was om die appellante skuidig te
bevind aan handel in crack kokaiene. Mnr
Appels
het
ook in argument tot h groot mate toegegee dat dit in der waarheid die
geval is. Vir die redes hierbo uiteengesit, meen ek dat
die eerste en
derde appellante egter wel skuldig is aan die besit van crack
kokaiene. Die tweede appellant moet, na my mening,
onskuldig bevind
word beide op die handel in crack kokaiene en die besit daarvan.
In
die lig van die voormelde bevindings ten opsigte van die
skuldigbevindings, moet die vonnisse wat die eerste en derde
appellante
opgele is, heroorweeg word. Ten tyde van vonnisoplegging,
is die eerste appellant 30 jaar oud. Hy was toe reeds 14 jaar getroud

en het twee kinders wat uit hierdie huwelik gebore is. Die kinders
was indertyd 7 en 14 jaar oud onderskeidelik. Die appellant
se vrou
het op daardie stadium as 'n smous gewerk en het ongeveer R200 tot
R300 per week profyt gemaak.
Die
appellant het as h verwer privaatwerk gedoen en hy het ongeveer R700
tot R800 per week verdien. Hy was ten tyde van vonnisoplegging
op 4
April 2001 reeds sedert 3 Maart 1999 in hegtenis. Hy het dus op
daardie stadium reeds twee jaar en een maand in die gevangenis

deurgebring.
Die
eerste appellant het verskeie vorige veroordelings wat teruggaan na
1984. Drie van hierdie vorige veroordelings is vir die besit
van
dwelms en ten tyde van die pleging van die onderhawige misdryf was hy
onderhewig aan 'n ongeskorte vonnis wat hy in 1997 opgele
is as deel
van n boetevonnis van R6 000 wat ook 300 dae gevangenlsstraf
ingesluit het wat vir vyf jaar opgeskort is. Die opskorting
was op
voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan 'n oortreding van
die besit of handel in dwelms nie. Ek meen dat in die
omstandighede
direkte gevangenisstraf wel die vonnis is wat opgele moet word en
meen dat een jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis
vir eerste
appellant is.
Die
derde appellant was 29 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging. Sy is
getroud en het een kind wat indertyd ses jaar oud was. Sy
is 'n
eerste oortreder. Aangesren sy slegs in die besit van crack kokaiene
skuldig bevind moet word, meen ek nie dat direkte gevangenisstraf
in
haar geval n gepaste vonnis is nie. Ek meen dat in haar geval 'n
vonnis van een jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort
word
op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan die oortreding
van artikel 4(b) of 5(b) van Wet 140 van 1992 wat gepleeg
is
gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ek
sal dus die volgende bevele maak:
1. Eerste,
tweede en derde appellante se appel teen hul skuldigbevinding en hul
vonnis word gehandhaaf.
2. Eerste
appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 5(b) van
Wet 140 van 1992 (handel in crack kokaTene) word
tersyde gestel en
word vervang met 'n skuldigbevinding aan die oortreding van artikel
4(b) van Wet 140 van 1992 ( besit van crack
koka'iene).
3. Tweede
appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 5(b) van
Wet 140 van 1992 word tersyde gestel en die tweede
appellant word
onskuldig bevind.
4. Die
derde appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel
5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in crack kokaiene) word
tersyde
gestel en vervang met 'n skuldigbevinding aan die oortreding van
artikel 4(b) van Wet 140 van 1992 (besit van crack kokaiene).
5. Eerste
appellant se vonnis van 10 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel
en word vervang met 'n vonnis van een
(1) jaar
gevangenisstraf wat op 4 April 2001 in werking tree.
6. Tweede
appellant se vonnis van drie {3) jaar gevangenisstraf word tersyde
gestel.
7. Derde
appellant se vonnis van vier (4) jaar gevangenisstraf word tersyde
gestel en vervang met 'n vonnis van een (1
)
jaar
gevangenisstraf wat vir vyf (5) jaar opgeskort word op voorwaarde dat
derde appellant nie weer skuldig bevind word aan oortreding
van
artikels 4(b) of 5(b) van Wet 140 van 1S92 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
LOUW,
R
ZONDI.
R; Ek stem saam.
ZONDI,
R