Koen v S (A567/2007) [2008] ZAWCHC 243 (15 August 2008)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for leave to appeal against conviction — Appellant convicted of three counts of assault with intent to cause grievous bodily harm — Appellant's counsel failed to call certain witnesses during trial — Application for further evidence on appeal dismissed — Court found no reasonable explanation for failure to present evidence at trial — Conviction upheld on two counts, but third count's conviction quashed due to insufficient evidence linking appellant to the assault.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 243
|

|

Koen v S (A567/2007) [2008] ZAWCHC 243 (15 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A567/2007
DATUM
: 15
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
IAN
KOEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VAN
REENEN. R
:
Geriefshalwe
word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die
beskuldigde het saam met drie ander persone in die landdroshof van
Caledon tereggestaan op drie klagtes van aanranding met
die opset om
ernstig te beseer. Die beskuldigde en sy drie mede-beskuldigdes was
alma! deur dieselfde prokureur verteenwoordig
en het onskuldig
gepleit en verkies om nie enige pleitverduidelikings aan te bied
nie. Van die mede-besku^digdes is slegs Angus
Dreyer op een klagte,
naamlik klagte 3
P
skuldig bevind maar hy het verkies om nie appel aan te teken nie.
Nadat
die Staat getuienis aangebied het en die beskuldigde asook Angus
Dreyer en h ander verdedigingsgetuie getuienis afgele het,
is die
beskuldigde skuldig bevind, soos aangekla, op elk van die drie
klagtes en 'n vonnis van R500 of drie maande gevangenisstraf
opgele
plus 'n verdere drie maande gevangenisstraf wat opgeskort is vir ft
periode van vier jaar op sekere voorwaardes. Die beskuldigde
is ook
onbevoeg verklaar om h vuurwapen te besrt.
'n
Aansoek om verlof om te appelleer is deur die Verhoorhof afgewys,
maar die beskuldigde appelleer na hierdie Hof teen stegs
sy skuldig
bevinding nadat verlof op petisie aan horn verleen is.
Toe
die appel op 16 Mei vir die eerste keer voor ander lede van hierdie
Hof gedien het, is dit by ooreenkoms uitgestel sodat die
beskuldigde
'n aansoek kon liasseer vir die lei van verdere getuienis asook vir
die liassering van aanvuMende betoogpunte.
Daar
is dan ook op 15 Mei 2008 "n kenntsgewmg van mosie gefiasseer
waarvolgens 'n bevel aangevra word dat die skuldigbevmding
van die
beskuldigde asook die vonnisse wat opgele is, tersyde gestel word en
die aangeleentheid na die landdroshof terugverwys
word sodat die
getuienis van Johannes Rossouw (hierna "Rossouw"), Edgar
Gilliam (hierna "Gilliam") wat ook
'n mede-beskuldigde was
asook ene Chris Fairall (hierna "Fairall
1
')
aangebied kan word.
Die
Staat bestry die aansoek en het 'n beantwoordende eedsverklaring
geliasseer waarop geen repliek afgelewer is nie. Dit skyn
onbetwis
te wees dat die beskuldigde se prokureur, mnr H J
Smit
.
voor die verhoor met Rossouw (ook bekend as Leggo) en Lix
gekonsuiteer het en vir Gilliam, wie aan die einde van die staatsaak

ontslaan is, verteenwoordig het. Dit is dus veiltg om te aanvaar dat
mnr
Smit
vooraf met ook horn sou gekonsuiteer het en bewus moes gewees het of
-en indien wet - tot watter mate hy tot die beregting van
die
geskilpunte in die saak sou kon bygedra het.
Dit
blyk egter uit 'n eedsverklaring wat mnr
Smit
ter ondersteuning van die aansoek afgele het, dat hy, nadat die
beskuldigde, Angus Dreyer en Willie Carelse getuig het en aan

kruisondervraging onderwerp was, van oordeet was dat die beskuldigde
vrygespreek sou word en het op grond daarvan, sonder om
van sy
klient instruksies te neem, besfuit om nie verdere getuienis aan te
bied nie.
Wat
Fairall betref, is dit gemene saak dat nog die beskuldigde nog sy
prokureur tydens die verhoor daarvan bewus was dat hy enige
bydrae
tot die aangeleentheid sou kon maak. Na noukeurige bestudering van
FairaH se eedsverklaring bfyk dit egter dat al wat
hy kan bydra is
dat Poole, die klaer in die eerste klagte vroeer die betrokke aand
en voordat die aanrandings wat
die
onderwerp
van die eerste en tweede klagtes vorm, plaasgevind het aan horn sou
gese het dat hy (Poole) in die moeilikheid was omdat
hy beledigende
opmerkings teenoor die "kleurlinge" sou gemaak het en ook
dat hy "weet" dat die beskuldigde
nie vir Poole aangerand
het nie.
Dit
word algemeen aanvaar dat dit nie in belang van die finaliteit van
strafsake en geregtigheid is om feitegeskille wat alreeds
in Vi hof
uitgepluis en bereg is, ligtelik te heropen of aan te vul nie omdat
dit die versoeking vir latere plooiing van getuienis
met die
voordeel van nabetragting uitskake!. Sien in die verband
S
v OE JAGER
1965{2) SA 612 (A) te 614A-B. Gevolglik word die lei van verdere
getuienis op appel slegs in buitengewone omstandighede toegelaat.

Sien in die verband S
v
HANOUMAN
1998(1) All SA 254 (A) te 254h.
Die
vereistes
vir die suksesvolle beroep op daardie regsmiddel is, eerstens, 'n
redelike en voldoende verduideliking gebaseer op geloofwaardige

feite waarom die getuienis wat verlang word om aangebied te word,
nie aanvanklik voor die Hof geplaas was nie; tweedens, 'n
prima
facie
bewese
waarskynlikheid dat die feite wat verlang word om aangebied te word
die waarheid is; en, derdens, 'n aanduiding dat sodanige
feite 'n
wesenlike invloed op die uitslag van die verboor mag he. Sien
S
v DE JAGER
(supra) te 613C-D,
S
v HANOUMAN
(supra) te 256h-i.
Dit
blyk nie uit die oorkonde of die beskuldigde se loodsende
eedsverklaring dat hy enige besware geopper het toe sy prokureur
sy
saak gesluit het sonder om vir Rossouw of Gilliam as getuies te roep
nie. Die eerste keer wat 'n beswaar van daardie aard
te voorskyn
gekom het, skyn op 14 Mei 2008 te gewees het toe hy sy loodsende
eedsverklaring afgele het, dit wil se meer as jaar
na die gebeure.
Dit is opmerklik dat die beskuldigde nerens uitdruklik se dat indien
hy daaromtrent gekonsulteer sou geword het,
hy sou aangedring het
dat nog getuies geroep moes word.
Na
my mening is die afleiding dat die beskuldigde se prokureur se
optrede sy goedkeuring weggedra het en, Indien nie, gelate deur
hom
aanvaar was onontsnapbaar. Sien
S
v LOUW
1990{3)
SA 1116 (A).
Wat
betref die inlfgting wat Fairall in staat is om te kan verskaf, kan
dit wat Poole vir hom sou gese het aangaande sy optrede
vroeer
daardie aand nie die uitslag van die saak in enige opsig be'invloed
nie. Wat die aanranding van Poole deur die beskuldigde
betref, se
Fairall slegs dat hy "weet" dat dit nie gebeur het nie en
se nie wat hy daaromtrent waargeneem het me, indien
enige. Gevolglik
kan hy nie ft bydrae maak wat ft wesenlike invloed op die uitslag
van die saak sou kon he nie.
In
die omstandighede word die aansoek vir die vertening van die
regshulp in bedes 1 en 2 van die kennisgewing van mosie uiteengesit,

van die hand gewys.
Die
hoofinhoud van die eerste klagte was dat die beskuldigde op 28 Mei
2005 het te Kleinmond wederregtelik en opsetlik vir Poole
aangerand
het met die opset om hom ernstig te beseer deur hom met ft onbekende
voorwerp te slaan of ander persone aan te gehits
het om hom aan te
rand.
Poole
se getuienis was dat terwyl hy vanaf die ingang van die Roxy's ('n
drinkplek in Kleinmond) op pad was na
sy
motorvoertuig, "een van hulle" hom met Yi bottel agter sy
kop gegooi het en dat, toe hy omdraai, nog 'n bottel
hom in die
gesig getref het en dat hy daarna deur die beskuldigde weggeneem was
van diegene wat dreigend om hom was. Dit is duidelik
van Poole se
getuienis dat hy die beskuldigde nie kan of wil uitken as die
persoon wat hom aangerand het nie.
Die
enigste ander getuie wat getuig het oor die aanranding op die
beskuldigde was McGiddy, die klaer in die tweede klagte, die

hoofinhoud waarvan is dat die beskuldigde hom op dieselfde datum,
tyd en plek opsetlik en wederregtelik aangerand het met die
opset om
ernstig te beseer deur hom te geslaan het. McGiddy het getuig dat
terwyl hy 'n ent weg van Poole gestaan het, hy gesien
het hoedat die
beskuldigde hom slaan terwyl hy omring was deur ft groep persone wat
later ook aan die aanranding meegedoen het,
Daarna sou die
beskuldigde na hom toe aangestap gekom het en ook hom vier vuishoue
in die gesig toegedien het wat tot gevofg
gehad het dat beide sy oe
potblou was.
Daar
is sekere aspekte van die getuienis van McGiddy wat tot onrus stem.
Sy weergawe van die aanranding op Poole verskil hemelsbreed
van die
laasgenoemde se eie weergawe. Terwyl Poole se dat sy beserings
veroorsaak is deurdat hy met n bottel gegooi en geslaan
was, se
McGiddy niks daarvan nie, maar se dat hy geslaan was. Dat die
beskuldigde, nadat hy vir Poole geslaan het, na McGiddy
toe gekom
het, is moeilik rymbaar met wat Poole se, naamlik, dat die
beskuldigde tot sy hulp gekom het en horn weggelei het.
Alhoewel
McGiddy volgehou het dat dit die beskuldigde was wat horn aangerand
het toe hy voor horn gestaan het, het hy getuig
dat toe hy later
weer na die toneel terugkeer, hy vir die omstanders gevra het wie
dit was wat aan hom geslaan het en dat hulle
toe vir hom gese het
dat dit die beskuldigde was. Waarom dit vir hom nodig sou gewees het
om so h vraag te vra, indien hy oortuig
was dat dit die beskuldigde
was wat hom aangerand het, is moeifik begrypbaar.
McGiddy
is wat die identiteit van die persoon wat Poole aangerand het,
betref het asook die aanranding op nomself 'n enkelgetuie
op wie die
reels van versigtigheid toepassing vind. Die verslgttgheidsreei is
egter nie h regsreel nie en affekteer ook nie die
bewyslas in
strafsake op enige wyse nie. Dit dank sy ontstaan aan die besef aan
die kant van regters en landdroste dat daar in
besondere gevalle
faktore teenwoordig mag wees wat n skuldigbevinding gebaseer op 'n
onkritiese aanvaarding van
r
n
getuie se weergawe riskant mag maak, byvoorbeefd die
beinvloedbaarheid en verbeeldingrykheid van jeugdiges en deurentyd
in
die hantering en beoordeling van die getuienis voor oe behoort
gehou te word. Sien in die verband
S
v M
1992{2) SASV 188 (W) te 193c-e. In sulke gevaile word daar gesoek
vir bevredigende aanduidings wat op die betroubaarheid van
die
getuie dui en die risiko van 'n foutiewe skuldigbevinding verklein.
Die
versigtigheidsreel vereis egter nie dat getuienis kritiekloos moet
wees nie, maar slegs dat dit "it is substantially
satisfactory
in all material respects or is corroborated" per LEON, R,
S
v GANIE
1967(4) SA 203 (N) te 206A. Die benadering van ons howe is dat meer
as slegs tippediens aan die inhoud van die reel betoon moet
word en
dat dit uit die hantering en beoordeling van die aangebode getuienis
moet blyk dat ft hof inderdaad die getuienis met
die nodige
versigtigheid benader en beoordeel het.
Daar
is nie enige aanduiding in die landdros se uitspraak van ft
toepassing van die versigtigheidsreel nie en, na my mening,
konstitueer dit ft mistasting van so ft growwe graad dat dit hierdie
Hof vrystaan om te heroorweeg of die beskuldigde se skuld
bo
redelike twyfel op die aangebode getuienis bewys is.
Gedagtig
daaraan dat die gebeure in die nag en buitekant in swak beligte
omstandighede plaasgevind het, alle betrokkenes tot ft
mindere of
meerdere mate onder die invloed van drank was en gemoedere by tye
hoog geloop het, gekoppel met die reeds gemelde
onbevredigende
aspekte in die getuienis van McGiddy, was daar myns insiens nie
enige betroubare waarborge ten opsigte van die
getuienis van McGiddy
nie in soverre dit sy uitkenning van die beskuldigde as die
aanvaller in klagtes 1 en 2 betref.
Die
blote feit dat die landdros nie met die beskuldigde as getuie
bemdruk was nie, is na my mening op sigself nie genoeg om die
twyfel
aangaande die betroubaarheid van McGiddy ten opsigte van die
uitkenning van die beskuldigde uit die weg te ruim nie.
Gevolglik
behoort die appel teen die skuldigbevinding van die beskuldigde op
klagtes 1 en 2, myns tnsiens, te slaag en gevolglik
word die
skuldigbevindings ten opsigte daarvan asook die vonnisse wat
daarvoor opgele is, tersyde gesteL
Die
hoofinhoud van die derde klagte is dat die beskuldigde op dieselfde
datum, tyd en plek as in die ander ktagtes gemeEd vir
Pieter Benade
(hierna "Benade") sou aangerand het met die opset om
ernstig te beseer deur hom met "n onbekende
voorwerp te slaan
en/of te trap en/of te skop. Benade is n reserviskonstabel wat die
aand op versoek van die eienaar van die
Roxy's daarheen is en by sy
aankoms versoek was om die beskuldigde, wat aan hom uitgewys was,
van die perseel te verwyder.
Die
beskuldigde het ewe gedwee saam met hom na buite gegaan en het in
die nabyheid van die ingangsdeur gaan staan. Van die persone
wat
oproerig geskel en geskree het, het nadergekom en aan hom begin
stamp. Hy het 'n pepersproeikannetjie gebruik wat deur Edgar

Gilliams van hom afgeneem was. Hy het daarna 'n stamp agter sy kop
gevoel, hy se dit het gelyk asof die beskuldigde hom met sy
kop
gestamp het en het tussen die klippe geval waarna "hulte"
op hom gespring en hom geskop en geslaan het totdat inspekteur

Kruger die beskuldigde van hom afgehaal het. Hy het deurentyd, se
hy, met sy gesig na die grond toe gele.
Inspekteur
David Johannes Kruger van die Kleinmond polfsie is die aand na die
toneei, nadat die gebeure wat die onderwerp van
die eerste en tweede
klagtes vorm, alreeds afgespeel het. Toe hy by die Roxy's arriveer
was dit chaos gewees. n Kleurlingman
het Benade se
pepersproeikannetjie in sy hand gehad. Kruger het dit afgevat en
weggegooi. Terwyl hulle nog daar gestaan het,
het die beskuldigde en
Angus Dreyer vir Benade bestorm en hy het in Vi hoekie voor die
langsliggende Sandpiper Restourant gevat
alwaar hulle hom terwyl hy
geie het geskop en geslaan het. Kruger het niks gedoen nie
omdat hy gehoor het iemand se dat
hy gesteek moes word. Nadat die
aanval op Benade oor was, het Kruger vir die beskuldigde eenkant toe
geneem en gese dat hy ft
polisiebeampte in sy teenwoordigheid
aangerand het en dat hy probleme daaromtrent kon verwag. Die
beskuldigde het as rede vir
sy aggressiwiteit aangevoer dat Benade
hom met pepersproei in die gesig gespuit het. Poole het bevestig in
sy getuienis dat die
beskuldigde se oe rooi was.
Die
beskuldigde het getuig dat nadat hy bespuit was, hy niks kon sien
nie en sy oe probeer regkry het; dat iemand aan hom gevat
het; dat
hy teruggegryp het en terselfdertyd in n gat getrap het en dat hy en
Benade toe agteroor geval het. Hy se dat hy daarin
geslaag het om
bo-op Benade te kom, hom voor die bors gestamp het en gese het °Jou
donner, wat is jou donnerse probleem,
los my net uit". Daarna
is hy deur Timmy opgetrek.
Kruger
was ft onbetrokke en blykbaar een van die weinige sober aanskouers
van die aanranding op Benade, wat hy toegee die aand
nie baie kalm
en beheersd opgetree het nie en het ft goeie indruk op die landdros
gemaak. Daar is geen basis waarop daar met
die landdros se bevinding
in daardie verband geredekawel kan word nie.
Daarenteen
was die landdros glad nie beindruk met die beskuldigde se getuienis
nie - na my mening tereg. Die hoogwatermerk van
Kruger se getuienis
was dat "hulle", dit wtl se die beskuldigde en sy
mede-beskuldigde 2, vir Benade geskop en geslaan
het. Daar is egter
geen besonderhede van hoeveel keer hy geskop en geslaan was nie; die
liggaamsdele wat die skuif daarvan was
nie en die geweld waarmee dit
gepaard gegaan het nie. Terwyl die getuienis van Kruger vasstaan dat
die beskuldigde en sy mede-beskuldigde
vir Benade aangerand net, is
dit nie moontlik om op die aangebode getuienis die afleiding te maak
dat die beskutdigde subjektief
die bedoeling gekoester het om Benade
ernstig liggaamlike beserings toe te dien nie. Daar is ook nie
getuienis aangebied dat
hy inderdaad beserings van daardie aard
opgedoen het nie.
Gevolglik
is ek van mening dat die Staat nie daarin geslaag het om te bewys
dat die beskuldigde aan die ten laste gelegde misdryf
op klagte 3
skuldig Is nie, maar dat hy wel skuidig is aan aanranding gewoon.
Gevoiglik
slaag die appel teen die skuldigbevinding op die derde klagte en
word dit tersyde gestel en vervang met 'n skuldigbevinding
aan
gewone aanranding.
Alhoewel
daar geen appel aangeteken
is
teen
die vonnis nie, volg dit dat die beskuldigde nou skuldig bevind is
aan 'n misdryf wat moreel minder laakbaar is as die waaraan
hy
oorspronklik skuldig bevind was en noodsaak dit hierdie Hof om in
die uitoefening van sy hersieningsbevoegdheid ook dit in

heroorweging te neem.
Die
ondersoek na wat in die omstandighede ft gepaste straf is, geskied
met inagneming van die tradisionele drietal van die die
beskuldigde
se persoonlike omstandighede, die erns van die misdryf en die
belange van die gemeenskap.
Die
beskuldigde se persoonlike omstandighede is volledig deur sy
prokureur op rekord geplaas, naamlik bladsy 122 van die oorkonde.

Terwyl aanranding gewoon nie
per
se
n
ernstige misdryf is nie, is dit gemene saak dat Benade die aand in
die uitvoering van sy pligte as ft poiisiereservis opgetree
het en
in daardie hoedanigheid aangerand was. Dit vererger die graad van
laakbaarheid en ems van die misdryf. Aan die ander kant
is dit
duidelik dat Benade miskien nie met die vereiste besadigdheid
opgetree het nie en dat gemoedere opgevlam het as gevolg
van sy
moontlik onoordeelkundige gebruik van pepersproei.
Dit
is in die gemeenskap se belang dat die orde gehandhaaf word deur
mense wat primer daarvoor verantwoordelik is en dit verg
dat optrede
van die aard waaraan beskuldigde skuidig bevind is daardie aand nie
toegelaat kan word om ongestraf verby te gaan
nie.
Na
my mening sou 'n gepaste vonnis in hierdie geval R500 of twee ma and
e gevangenisstraf wees. Gevolglik word die volgende bevele
gemaak:
Die
skuldigbevinding van die beskuldigde op die eerste en tweede klagte
asook die vonnisse wat die beskuldigde ten opsigte daarvan
opgele
is, word deurgehaal en vervang met ft uitspraak van onskufdig.
Die
skuldigbevinding van die beskuldigde op die derde klagte aan
aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed toe te
dien,
word deurgehaal en vervang met Vi skuldigbevinding aan aanranding.
Die
vonnis wat die beskuldigde op die derde klagte opgele is, word
deurgehaal en vervang met n vonnis van R500 of twee maande

gevangenisstraf.
Omdat
die misdryf waaraan die beskuldigde nou skuldig bevind is nie binne
die trefwydte van die bepalings van artikei 103 van
Wet 60 van 2000
val nie, word die bevel waarkragtens die beskuldigde onbevoeg
verklaar is om Yi vuurwapen te bestt, ook deurgehaal.
VAN
REENEN, R
DE
SWARDT. WnR:
Ek stem saam.
DE
SWARDT, WnR