Francis v S (A107/2001) [2008] ZAWCHC 242 (15 August 2008)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction for theft and reckless driving — Appellant convicted of stealing a BMW and recklessly driving it — Appellant's defense based on alibi and claim of vehicle ownership by another — State's evidence included police testimony of reckless driving and pursuit — Appellant's version found implausible and contradictory — Court upheld conviction for reckless driving and set aside conviction for theft, ordering further inquiry into habitual offender status.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 242
|

|

Francis v S (A107/2001) [2008] ZAWCHC 242 (15 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.107/2001
DATUM
:
15
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
WINSTON
FRANCIS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
CLEAVER.
R
:
Die
appellant is op 22 Januarie 2001 skuldig bevind aan twee aanklagte,
eerstens die van diefstal deurdat hy op 23 Julie 1999 'n
adres in
Nuweland, Kaapstad, 'n BMW voertuig gesteel het en, tweedens, dat hy
daardie voertuig gedurende die
loop
van
daardie dag roekeloos bestuur het. Hy kom nou in hoer beroep skynbaar
teen beide skuldigbevindings en die vonnisse wat horn
opgele is. Op
die aanklag van diefstal is hy kragtens artikel 286 van die
Strafproseswet tot h gewoontemisdadiger verklaar en
op die aanklag
van roekefose bestuur is hy tot ses maande gevangenisstraf gevonnis
wat in die geheel opgeskort is vir 'n periode
van vyf jaar.
Die
feite van die saak is kortliks die volgende: Die klaer, ene mnr
Bushinsky, was die betrokke oggend besig om sy BMW motor uit
sy
motorhuis te neem. Terwyl hy die deur van sy motorhuis toegemaak het,
het hy gesien dat lemand in sy motor sit. Hy het met horn
gepraat
maar die persoon het weggejaag met die kar. Dit is gemene saak dat
die persoon wat in die kar was, nie die beskuldigde
was me.
Die
Staat het getuienis aangebied, onder andere, van superintendent
Vorster. Hy se dat hy die betrokke dag aan diens was. Hy was
in sy
polisie-uniform geklee en was die bestuurder van 'n ongemerkte
polisievoertuig. Ongeveer tien voor drie die middag het hy
op die N2
snelweg gery in Yi rigting van oos na wes na Kaapstad. Die betrokke
BMW het met n hoe spoed by horn verbygery. Hy het
opgemerk dat die
bestuurder onverskiilig bestuur het deur van baan tot baan te
verander en ander padverbruikers afgesny het. Hy
het toe op sy
polisieradio vasgestel dat die BMW daardie oggend gesteel is. As
gevotg daarvan het hy die blou ligte wat in
sy kar gehad het op die
dak gesit en aangeskakel en die BMW agtervolg.
Hy
se die BMW het voortgery op 'n onverskillige manier . Hy het nader
gekom, sy toeter geblaas met die wentelende blou ligte nog
aan, maar
die bestuurder van die BMW het nie ag geslaan op sy pogings om horn
tot stilstand te bring nie.
Naby
Nyanga het die BMW van die sneJweg afgegaan. Hy het dit agtervolg.
Kort na dit, se hy, dat die BMW skieTik voor hom ingedraai
het met
die gevolg dat sy kar die agterkant van die BMW getref het.
Nleteenstaande hierdie botsing, se hy, het die BMW nie stilgehou
het
nie, maar voortgejaag. Kort daarna het die BMW in 'n stilstaande
motor vasgery waarna hy sy motor tot stilstand gebring het
en die
bestuurder gearresteer, die appellant synde die bestuurder van die
BMW. Hy het vir hom gevra waar hy aan die kar kom en
die enigste
antwoord wat die appellant vir hom gegee het, is dat dit nie sy kar
was nie.
Die
appellant se weergawe is dat hy die betrokke oggend in Heideveld in
die bed was. By sy huis was sy vrou en sy skoonsuster.
Na
aanleiding van 'n stelling deur sy regsverteenwoordiger,
hy was trouens reg deur die verhoor verteenwoordig deur
n prokureur,
het hy aangedui dat hy omtrent nege-uur die oggend deur een van die
dames gese is dat n persoon opgedaag het en horn
wou sien. Die
persoon, het hy getuig, was ene Chicken.
In
sy pieitverduideliking aan die begin van die saak
t
wat hy bevestig het, het hy gese dat die persoon vir hom kom vra het
of hy die motorvoertuig wat hy na hom gebring het, kon herstel.
Ook
het hy in sy pieitverduideliking aangedui dat hy vir die persoon
gevra het of hy die kar kon gebruik want hy wou iets daarmee
doen.
Hy
het verder getuig dat hy vryskut spuitverfwerk doen en ook as 'n
paneelklopper optree. Presies wat daar gebeur het die oggend
met
Chicken se aankoms, is me baie duidetik me. In sy getuienis se hy die
vofgende:
"Okay,
nou kan jy vir die Hof se wat het hy by jou kom maak? --- Hy het my
gese dat hy het h vriend van hom wat
graag
wil
he dat ek sy kar moet 'uit-check'.
So,
die motor wat u moet uit-check', soos u nou se, is nie dfeselfde
motor wat hy nou in gekom het nie? — Nee, dit is me dieselfde
motor
nte, dit is n Volkswagen Golf VR6."
Sy
getuienis was toe verder dat hy vir die persoon by name Chicken gevra
het of hy toe nie die kar, die BMW, kon leen nie, want
hy wou sekere
onderhoudsgelde in Eersterivier gaan betaal. Die antwoord, soos ek
dit verstaan, was dat die man gese het dat hy
eers saam met hom na
Mitchell's Plain moes ry. Sy getuienis is dan dat hy saam met die man
na Mitchell's Plain gery het en toe
teruggekom het.
Nadat
hulle teruggekom het, het sy skoonsuster vir hulle ete aangebied.
Hulle het geeet en hy vra toe weer vir Chicken of hy die
kar kon
leen. Hy is toe weg na Eersterivier om die onderhoudsgeld te betaal.
Hy gee toe dat hy op n baie hoe spoed gery het
T
trouens hy se hy het teen 160 kilometer per uur gery want dit was 'n
baie kragtige kar. Hy se met die terugkom, het hy besluit
om
r
n
kort pad te vat by Nyanga. Hy was salig onbewus van enige polisiekar
agter hom. Hy het dit eers gesien nadat hy afgedraai het
en hy het
ook nooit die blou lig agter hom gesien nie. Hy was wel daarvan bewus
dat daar iemand agter hom was nadat hy afgedraai
het, maar hy het
weggery want hy se hy het gewonder wat die man wou doen. Hy beweer
dat hy nie met die polisievoertuig gebots het
nie, soos Vorster
getuig het. Hy se dat die polisievoertuig hom gestamp het van agter
teen die stilstaande kar.
Hy
beweer dat hy aan Vorster gese het dat die kar nie syne was nie en
dat dit aan ene Jason Lucas behoort het, wat hy se se werklike
naam
van "Chicken" was. Hy is daarna na die Claremont
polisfestasie geneem waar hy h waarskuwingsverklaring afgele het.
Soos
te verwagte is hy uitgevra oor die verskillende verduideMkings wat hy
gegee het oor wat die sogenaamde Chicken by hom kom soek
het. Die
verduideliking tydens sy pleit strook glad nie met sy getutenis nie.
Wanneer hy uitgevra word oor hierdie verskille, is
sy verduideliking
totaai onverstaanbaar en haal aan wat aan hom gestel is:
"Chicken
het met u kom praat om die BMW reg te maak en dit is wat u gaan kom
se? --- Ons het in 'n gesprek gegaan met die BMW,
ja.
Dat
die BMW moet regmaak? --- Ja.
Maar
dit is die eerste woord wat ek vandag hoor, vandag was u weergawe
nooit dat hy met u kom praat het om die BMW reg te maak nie,
dit was
net om die VR6 reg te maak."
Maar
dan se hy met betrekking tot die verwysing na die VR6 "Maar dit
is mos toe hy my been getrek het, my Edele, vir my net
getoets
het".
Die
verduideliking is, soos ek se,
onverstaanbaar.
In
sy kruisondervraging herhaal hy dat hy tydens die gesprek met Chicken
die oggend nie geweet het wat sy naam was nie en se hy
dat hy eers
later, nadat hy in hegtenis geneem is, van sy familie uitgevtnd het
wat Chicken se korrekte naam is. Hierdie getuienis
strook glad nie
met sy getuienis dat hy vir Vorster gese het dat Chicken eintlik
Jason Lucas was nie. Wat kenmerkend van sy verduidelik
is, is dat hy
nie vir Vorster gese het dat die kar deur Chicken na hom gebring is
en op sy weergawe dat Chicken nog by sy huis
in Heideveld was nie.
Namens
die appellant is aangevoer dat hierdie getuienis wat ek so pas
opgesom net, nie genoegsaam was om te voldoen aan die toets
in
S
v BLOM
dat die afleiding wat die Staat gevra gemaak moes word die enigste
redelike afleiding is op grond van die bewese feite. Die bewese
feite
is dat die kar hom 08:30 die oggend gesteel is; tweedens dat dit
vanaf 09:00 by die appellant was; derdens, dat die appellant
weggery
het en nie gehoor gegee het aan Vorster se pogings om dit tot
stilstand te bring nie.
Die
streeklanddros was, na my mening, heeltemal korrek om te bevind dat
sy weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie, trouens
sy
getuienis is so deurspek met weersprekings en onwaarskynlikhede dat
dit totaal en al verwerp kan word. Die landdros was korrek,
na my
mening, om Vorster se getuienis te aanvaar en as 'n mens op grond van
die appellant se erkenning dat die kar vanaf 09:00
daardie oggend by
hom was en in ag neem wat die afstand is van Nuweland, waar die kar
gesteel is, na Heideveld, is daar na my mening
geen twyfel dat die
enigste redelike afleiding wat ons van die bewese feite kan maak, is
dat hy moes geweet het en het geweet dat
die kar gesteel was. Op
grond hiervan is daar, na my mening, geen rede waarom ons moet inmeng
nie en die skuldigbevindings op beide
aanklagte - want Vorster se
getuienis was ook deur die landdros met betrekking tot die tweede
aanklag aanvaar -word bekragtig.
Wanneer
ons kom by die vonnis, is dit duidelik van die oorkonde dat baie min
gese is deur die streeklanddros voordat sy hom gevonnis
het. Sy meld
wel besonderhede van sy ambag en hoe ver hy op skool gevorder het. Sy
noem in haar uitspraak dat hy nie berou het
nie, en dan se sy "U
was al gewaarsku en gevolglik het die Hof geen ander keuse as om
vandag te bevind dat u so gereetd met
gereelde reelmaat misdrywe van
oneerlikheid pleeg en dat u n gevaar vir die samelewing is".
Gevolglik is hy gevonnis kragtens
artikel 286.
Nou
met die nuwe grondwetlike bedeling is daar 'n aantal sake wat leiding
bied oor hoe ft hof te werk moet gaan voordat die bepalings
van
artikel 286 in werking gestel word. Ek verwys byvoorbeeld na die saak
van
S
v MASISI
1996(1) SASV 147 (O) en
S
v DYANI
2004(2) SASV 365 (OK). Uit hierdie sake en ander sake blyk dit dat
aangesien die verklartng tot
r
n
gewoontemisdadiger 'n swaar straf is en in die lig van ons
grondwetlike bedeling en die regte wat elke persoon vandag het, dit

noodsaaklik is om eerstens ondersoek in te stei na die omstandighede
van die vorige veroordelings om te sien of daar informasie
is wat vir
die Hof sal help om te bepaal of die vorige oortredings by wyse van
gewoonte gepleeg is en meer belangrik is dit ook
raadsaam en
noodsaaklik om vir die beskuldigde te waarsku dat hy of sy in gevaar
staan om onder hierdie artikel gevonnis te word
en dan hom of haar
die gefeentheid te bied om die Hof daaromtrent toe te spreek.
In
hierdie aangeleentheid, al was die appellant regsverteenwoordig, is
daar geen aanduiding dat enige van hierdie twee optredes
gevolg is
nie. Hierdie Hof is nie in staat om 'n behoorlike ondersoek te doen
nie want die beskuldigde is nie voor ons nie. In
die omstandighede
moet dit na die streeklanddros terugverwys word vir 'n behoorHke
ondersoek.
Gevolglik
word die vonnis op aanklag 1 tersyde gestel en die aangeleentheid
word na die streeklanddros terugverwys vir behoorlike
ondersoek en
optrede, soos aangedui.
Die
vonnis op die roekelose bestuur klagte word bevestig.
CLEAVER,
R
OOSTHUIZEN.
WnR:
Ek stem
OOSTHUIZEN.
WnR