About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 238
|
|
Van Harte v S (A46/2007) [2008] ZAWCHC 238 (8 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.46/2007
DATUM
: 8
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
MARTIN
VAN HARTE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
LE
GRANGE. R
:
Die
appellant was in die landdroshof te Malmesbury skuldig bevind aan
oortreding van artikel 5(b) van die Wet op Dweimmiddels
en
Dwelmsmokkelary, Wet 140 van 1992 (handeldryf in dwelmmiddels) en
gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf en daarbenewens 'n verdere
R2
000,00 of een jaar gevangenisstraf. Die appellant kom nou met verlof
van die Hof
a
quo
in
hoer beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.
Mnr
Cook
het in sy betoogshoofde aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer
het om die appellant skuldig te bevind aan handeldryf in dwelms,
aangesien dit nie die enigste redelike afleiding uit die bewese
feite is nie. Dit was ook geargumenteer dat dit redeiik moontlik
waar is dat die appellant die dwefms besit het vir eie gebruik en
moes die appellant slegs skuldig bevind gewees aan oortreding
van
artikel 4{b) van Wet 140 van 1992 (die onwettige besit van dwelms).
Wat
vonnis betref, is dit aangevoer dat die verhoorlanddros die aard en
die erns van die misdryf oorbeklemtoon het ten koste van
die
appellant se persoonlike omstandighede en is die opgelegde vonnis
skokkend onvanpas.
Die
Staat het vier getuies geroep ter ondersteuning van die aanklagtes
teen die appellant. Hierdie getuies was Thomas Petrus Arnoldus
Visagie, Dust in Emmerson Jordaan, Martin Johannes van Heerden en
Calvin Kenneth Leen.
Die
eerste getuie was Visagie, 'n inspekteur in die Suid-Afrikaanse
Polisiediens. Kortfiks was sy weergawe dat huMe 'n fasbrief
van
deursoeking vir dwelms op appellant se woning uitgevoer het, waar hy
onder andere In sak op Vi tafel in appellant se voorkamer
gevind
net, fn hierdie sak was 17 Mandrax tablette, 47 stoppe dagga en 11
tablette gevind. Die dwelms was in appellant se teenwoordigheid
gevind en was aan horn getoon. Die dagga was later by die
poltsiestasie in appellant se teenwoordigheid geweeg en het dit
171,5
gram geweeg.
Jordaan,
wat
'n
konstabel
in die Surd-Afrikaanse Polisiediens is, het bevestig dat hy saam met
Visagie gegaan het na die appellant se woning om
die lasbrief uit te
voer. Met die deursoeking van appellant se woning, het hy Vi
hoeveelheid dagga in appellant se hangkas gevind
wat in
koerantpapter toegedraai was.
Hy
het later hierdie dagga in die teenwoordigheid van die
appellant by die polisiestasie geweeg en gevind dat dit
130,7 gram
weeg.
Van
Heerden, 'n speurderinspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens
en ook die ondersoekbeampte in die onderhawige saak se
getuiems het
gehandel oor die versending van die Mandrax tablette en die
tikstrooitjie vir forensiese analise.
Die
laaste getuie van die Staat was Leen, 'n konstabel in die
Sutd-Afrikaanse Polisiediens en een van die poEisiebeamptes wat
vir
Visagie vergesel het na appeflant se woning om die lasbrief uit te
voer.Sy getuienis in kort was dat hy 20 stoppe dagga in
h fles wat
op ft kassie in appellant se sJaapkamer gestaan het in die
teenwoordigheid van appellant gevind het. Hy het ook vir
appellant
gevisenteer en vier halwe Mandrax tablette en strooi tik op
appellant se persoon gevind. Die dagga wat hy gevind het
in die
appellant se teenwoordigheid het 105,8 gram geweeg.
Die
appellant het in sy eie saak getuig en geen ander getuies geroep
nie. Die appellant se weergawe is kortliks dat die polisie
by sy
woning met die deursoekingslasbrief gearriveer het. Die sak met
dwefms was op die tafel in sy voorkamer gevind. Die polisie
het
verneem aan wie die sak met die dwelms behoort. Hy het geantwoord
dit behoort aan horn.
In
kruisverhoor het hierdie weergawe verander. Die appellant het getuig
dat die sak met die dwelms aan sy broer behoort en was
hy glad nre
bewus van die inhoud daarvan nie. Die appellant het ook ontken dat
die polisie dwelms in ft hangkas in sy kamer,
in 'n fles en op sy
persoon gevind het. Die appellant het ook toegegee dat die
hoeveelheid dagga en Mandrax wat gevind is op
sy perseel te veel vir
een persoon se gebruik is en kan dit moontlik verkoop word of deur
meerdere persone gebruik word.
Die
appellant plaas nie die onwettige besit van die dwelms in sy hoofde
van betoog in geskil nie, maar voer aan dat die verhoorlanddros
gefouteer het om horn skuldig te bevind aan handeldryf in dwelms.
Na
deurlees van die oorkonde kan ek nie met die verhoorlanddros se
bevinding saamstem nie. Uit die feite en omliggende omstandighede
van hierdie saak, asook die appellant se eie getuienis, kan daar nie
bevind word dat die enigste redelike afleiding uit die bewese
feite,
is dat appellant handelgedryf het met die dwelms nie. Die
polisiebeamptes se getuienis wat, myns insiens, korrek deur
die
verhoorlanddros aanvaar is, het getuig oor die verskete plekke waar
hulle dwelms in die woning van appellant gevind het.
Daar was ook
dwelms op die appellant se persoon gevind.
Daar
is egter geen ander getuienis aangebied deur die polisie wat aantoon
dat die appellant handelgedryf het met die dwefms nie.
Die enigste
aspek van die polisiebeamptes se getuienis waarop klem gele was, is
die hoeveelheid dwelms. Die dwelms in totaal
was ongeveer 407 gram
dagga, ongeveer 19 Mandrax tablette en een strooitjie tik. Dit was
ook beklemtoon dat hierdie hoeveelheid
te veef vir eenmalige gebruik
deur Yi persoon is.
Die
appeflant se getuienis was dat die dwelms aan hom behoort maar
hierdie weergawe het egter verander en het die appellant later
aangevoer dat die dwelms aan sy broer behoort wat dit later met
ander vriende sou gebruik. Hierdie weergawes van die appellant
is
teenstrydig. Daar is egter geen ander getuienis wat dit weerle nie.
Behalwe vir die hoeveelheid en verskeidenheid, is daar
geen ander
getuienis van staatskant dat die appellant handelgedryf het met die
dwelms nie. inteendeel, die visenteringslasbrief
van die polisie
maak ook net melding van 'n vermoede dat die appeflant in besit van
dagga en Mandrax was. Die blote feit dat
die appellant onder
kruisverhoor toegegee het dat soortgelyke hoeveelhede dwelms wel
verkoop sou kon word, is na my mening onvoldoende
om, in die
omstandighede van hierdie saak, die enigste redelike afleiding te
maak dat die appellant wel met die dwelms handelgedryf
het.
In
die lig van al die omliggende omstandighede en die feite van hierdie
saak, is die skuldigbevinding van die appellant aan die
oortreding
van artikel 5(b) van die Wet op DwelmmiddeJs en Dwelmsmokkelary
onveilig en kan ek dit nie ondersteun nie. Daar is
egter genoegsame
getuienis deur die Staat aangebied om bo rede like twyfel te bewys
dat die appellant homself skuldig gemaak
het aan oortreding van
artikei 4(b) van Wet 140 van 1992, besit van onwettige dwelmmiddels.
Die appel teen skuldigbevinding moet
derhalwe slaag en
dienooreenkomstig gewysig word.
Aangesien
die appellant horn slegs aan die besit van dwelmmiddels skuldig
gemaak het is hierdie Hof by magte om
opnuut vonnis te oorweeg.
Die appellant was ten tyde van die skuldigbevinding 46 jaar
oud.
Hy
was getroud, die alleenbroodwinner van sy gesin en het drie
minderjarige kinders onderhou. Hy het gewerk as ft
vryskutskrynwerker
en het ongeveer R1 600 per maand verdien. Hy is
egter nie ft eerste oortreder nie en was in 2000 skuldig bevind aan
die besit
van dwelmmiddels waar 'n boete van R400 of ses maande
gevangenisstraf opgele was en 'n verdere 12 maande gevangenisstraf
wat
opgeskort was vir vyf jaar op sekere voorwaardes.
Die
besit van onwettige dwelmmiddels is n ernstige oortreding. Ons
gemeenskap gaan tans gebuk onder die misbruik van dwelms. Families,
en in meer besonder ons jeug, word alledaags blootgestet en
vasgevang in hierdie euwel. Daar is dus ft plig op die howe om in
gevalle soos hierdie gepaste vonnisse op te le.
In
ag geneem al
die
relevante faktore by vonnis, is ek van mening dat boetestraf met
gepaardgaande gevangenisstraf Vi billike en regverdige vonnis
in
hierdie saak is.
In
die gevolg sal ek die volgende bevel maak:
Die
appel slaag. Die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word
as volg vervang:
Die
beskuldigde word skuldig bevind aan die oortreding van artikel 4(b)
van Wet 140 van 1992 (besit van dwelms) en gevonnis
tot R5 000 of
drie (3) jaar gevangenisstraf. Daarbenewens n verdere twee jaar
gevangenisstraf wat opgeskort word vir vyf (5)
jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan oortreding van
artikel 5(b) en/of 4(b) van Wet 140
van 1992 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
LE
GRANGE, R
E
STEYN. WnR
:
Ek stem saam.
E
STEYN. WnR