About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 234
|
|
S v marharha (A227/2008) [2008] ZAWCHC 234 (8 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A227/2008
DATUM
:
8
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
LUVUYO
MRHARHA
Appellant
en
DIE
ST A AT
Respondent
U1TSPRAAK
STEYN,
WnR:
Die
appellant in hierdie aangeleentheid was skuldig bevind aan
verkragting in die slreekhof George en op 25 Maart 2004 is hy tot
tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Appellant appelleer tans teen
skuldigbevinding en von n is, nadat die Hof
a
quo
slegs
vertof om te appelleer teen vonnis aan hom verleen het. Appellant
versoek die Hof om sy inherente hersieningsbevoegdheid te
gebruik om
die appel teen die skuldigbevinding aan te hoor, alternatiewelik word
die Hof versoek om die appel teen skuldigbevinding
aan te hoor
mgevolge die bepalings van artikel 304(4) van die Strafproseswet, Wet
51 van 1977.
Die
trefwydte van die bepalings van artikel 304(4) is van toepassing op
alle gevalle waar die verhoorlanddros in die laerhowe Vi
nie-hersienbare vonnis ople waar die verrigtinge onder n regter se
aandag kom en waar die verrigtinge vir enige rede nie in
ooreenstemming
is met geregtighetd nie. Omdat artikel 304(4) die
deure ooplaat vir sogenaamde goedkoop appefle, is daar n gevaar dat
die howe
oorval kan word deur appelle waar daar nie meriete is nie en
die howe het van tyd tot tyd al geweier om hersienings te oorweeg.
Daar
is voorgeskrewe reeis wat die prosedure vir appelle en hersienings
voorskryf. Die howe sal slegs 'n afwyking toelaat in spesiale
omstandighede. Die vraag is of inmenging nodig is in befang van
geregtigheid. Die riglyne wat deur die howe gevoig word, is reeds
neergele in verskeie uitsprake soos
S
v MAFU
1966(2) SA 240 (OK). Die howe moet poog om die kaf van die koring te
skei. Riglyne wat toegepas word, sluit in dat slegs van die
normale
reels afgewyk sal word vir goeie redes. Faktore wat oorweeg word,
sluit in of die beskuEdigde verteenwoordig was tyd ens
die verhoor en
wat sy geldelike vermoens is. Verder moet die aard en omvang van die
beweerde regskending, die benadelende gevolge
daarvan en die
vooruitsigte van sukses op hersiening op appel oorweeg word.
Na
In behoorlike bestudering van die rekord in hierdie aangeleentheid is
dit duidelik dat appellant nie behoort te slaag in sy aansoek
om te
appelleer teen die beskuldigbevinding in hierdie saak nie. Die
beskuldigde was verdedig en het besluit om nie self te getuig
oor die
meriete van die klag nie. Daar is geen indikasie, na behoorlike en
indiepte bestudering van die rekord in hierdie saak,
dat die
skuldigbevinding nie reg iaat geskied het. Die Hof betreur die
neiging tot onnodige en ongefundeerde pogings om sake op
hersiening
te neem sonder goeie gronde voor te hou dat reg en geregtigheid nie
in 'n gegewe geval geskied het nie.
In
die omstandighede en vir soverre dit nodig mag wees, word die
skuldigbevinding bekragtig.
Wat
die misdaad betref, het dit plaasgevind in omstandighede waar die
beskuldigde die klaagster geken het. Hy het haar verkrag in
omstandighede waar drank betrokke was in die aanloop tot die misdaad.
Die beskuldigde, die klaagster en haar vriend inn e het
almal
gedrrnk voordat die voorval plaasgevind het.
Die
appellant was voorheen in 'n verhouding met die klaagster betrokke.
Hy het haar teen haar wil gedwing om saam met horn te gaan
en haar
toe verkrag. Daarna het die appellant die klaagster geJos. Sy het nie
fisiese besermgs opgedoen nie en daar was nie getuienis
van besondere
emosionele trauma nie. Na die mlsdaad het die klaagster gehuil, haar
ma verte! en haar vriend gaan soek by wie sy
toe oornag het, voordat
die misdaad die volgende dag aan die poiisie rapporteer is. Die
klaagster se vriend was kwaad oor die voorval
en het wet aangedring
dat 'n klag gele" word.
Wat
vonnis betref, is dit geykte reg dat 'n hof van appel slegs sai
inmeng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof indien daar
'n
wesenlike mistasting begaan is of as die vonnis as skokkend onvanpas
beskryf kan word. In die onderhawige geval skryf Wet 105
van 1997 'n
verpligte minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf voor tensy
daar wesenlike en dwingende omstandighede best aan
wat
f
n
afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Die
landdros het tydens vonnislegging bevind dat daar nie omstandighede
bestaan wat 'n afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig
nie.
Die verhoorlanddros het in sy baie kort uitspraak nie werklik enige
faktore wat horn in staat sou stel om van die voorgestelde
minimum
vonnis af te wyk oorweeg nre, en het beslis dat die Hof nie kan afwyk
nie.
Daar
is egter wel sekere faktore wat die landdros buite rekening gelaat
het of nie genoeg waarde aan geheg nie. Hy het nie in ag
geneem of
genoeg waarde geheg aan die kumulatiewe effek van faktore soos dat
die klaagster nie beseer is nie; dat geen wapen gebruik
is nie; dat
die misdaad op die oog af nie beplan was nie; dat die klaagster en
die beskuldigde voorheen in 'n verhoudings nie.
Die landdros het ook
nie behoorlik oorweeg wat die rol van drank en die moontlike
intoksikasie van die appellant is en ook nie
die feit dat hy, toe die
misdaad gepleeg was, nog redelik jong (20 jaar) en op die ouderdom
van 21 nog 'n eerste oortreder was
wat betref geweld- of seksueEe
misdaad nie. Hy het die berou wat die beskuldigde getoon net, verwerp
as selfbejammering.
In
die lig van bogemelde omstandighede, sal ek van mening wees dat daar
wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om van
die
voorgeskrewe vonnis af te wyk. Met verwysing na ander vergelykbare
gerapporteerde uitsprake, is die vonnis wel buitensporig
swaar en
skokkend onvanpas en is hierdie Hof by magte om in te meng met die
vonnis wat deur die verhoorhof opgele is.
Ek
sou gevolglik in hierdie aangeleentheid die vonnis wysig na een van
ses (6) jaar gevangenisstraf. Ingevolge die bepaltngs van
artfkel 282
van die Strafproseswet sal ek die vonnis terugdateer na die datum
wanneer die appellant gevonnis is in die streekhof,
naamlik 25 Maart
2004.
E
STEYN, WnR
LE
GRANGE. R
:
Ek stem saam en dit word so gelas.
LE
GRANGE. R