About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 16
|
|
S v Nel and Another (372/1986) [1987] ZASCA 16 (26 March 1987)
LL
Saak No 372/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die saak tussen:
PIERRE ANDRé NEL
Eerste Appellant
en
SAREL GABRIëL PETRUS VAN STADEN
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, SMALBERGER ARR et NICHOLAS WN AR
VERHOORDATUM
:
5 MAART 1987
LEWERINGSDATUM
: 26 MAART 1987
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
2.
BOTHA AR
:-
Die twee appellante het in die Rondgaande Hof op Nylstroom voor GROSSKOPF R
en assessore tereggestaan op aanklagte van moord en verkragting.
Die eerste
appel= lant is skuldig bevind op die moordaanklag. Die Ver= hoorhof het bevind
dat daar geen versagtende omstandig= hede
aanwesig was nie en die eerste
appellant is ter dood veroordeel. Die tweede appellant is skuldig bevind op die
aanklag van verkragting
en is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Die eerste
appellant het verlof van die Verhoorregter verkry om in hoër beroep te
kom
teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie en dië
doodvonnis wat hom opgelê is. Die tweede
appellant kom in hoër beroep
teen die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is, uit hoofde
van verlof wat
hom toegestaan is ten gevolge van 'n versoekskrif wat gerig was
aan die HOOFREGTER.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die
/saak
...
3.
saak teen die appellante kan kortliks saamgevat word soos volg. Op 5 November
1985, om ongeveer half-elf die aand, het die appellante
hulle bevind op 'n brug
in die nasionale pad net buitekant Nylstroom. Hulle was albei dienspligtiges in
die Weermag en hulle was
besig om te ryloop na hulle basis op Phalaborwa. Terwyl
hulle aan die een kant van die pad gewag het op 'n geleentheid, het 'n Swart
vrou (die oorledene) aan die oorkant van die pad verby geloop. Die tweede
appellant het na haar ge= loop en haar geklap - so gewelddadig
dat sy plat
neerge= slaan het op die pad. Die eerste appellant het ook nader gegaan en die
oorledene geskop - so gewelddadig dat
sy onder die relings van die brug deur is
en aan die buitekant daarvan beland het. Daar het sy gelê op 'n stukkie
gelyke gruisoppervlakte,
bokant 'n steil afdraande aan die kant van die brug.
Die tweede appellant het na haar gegaan en van haar klere verwyder. Toe het
hy
haar verkrag. Nadat hy klaar was, het die eerste
/appellant ...
4.
appellant sy broek laat sak en die oorledene betas, maar tog nie met haar
gemeenskap gehou nie. In stede daarvan, het hy sy Weermag-knipmes
uitgehaal en
die oorledene daar= mee gesteek. Hy het haar ses houe in die borskas toege=
dien, drie waarvan 'n long binnegedring
het en die oorsaak van haar dood was.
Die eerste appellant het ook probeer om haar keel-af te sny, maar in die proses
het hy haar
net oppervlakkige snywonde toegedien. Die eerste appellant het die
oorledene langs die steil grondwal afgesleep, en ten dele deur
'n draadheining
aan die onderkant daarvan. Daar is haar lyk die volgende dag aangetref.
Ek behandel eers die appèl van die eerste appel= lant. Daar is nie
namens hom aangevoer dat die Verhoor= hof se bevinding aangaande
die afwesigheid
van versagtende omstandighede aanvegbaar is op grond van enige mistasting wat
blyk uit die Verhoorregter se uitspraak
in dié verband nie. Wel is daar
betoog dat, aan die hand van die feit= like bevindings vervat in die
Verhoorregter se uitspraak,
/die ...
5.
die Verhoorhof nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat daar nie
versagtende omstandighede aan= wesig was nie. Die feitlike
bevindings waarop
daar gesteun is, is die volgende: (1) die eerste appellant was ten tye van die
gebeure net 19 jaar en 'n paar maande
oud; (2) die eerste appellant was ten tyde
van die ge= beure in 'n mate onder die invloed van sterk drank; (3) die misdaad
was nie
vooraf beplan nie, maar is amper op die ingewing van die oomblik
gepleeg; en (4) die moord van die oorledene was 'n onbesonne daad.
Al hierdie
faktore, gesamentlik beskou, so is daar betoog, moes die Verhoorhof genoop het
om te bevind dat daar wel versag= tende
omstandighede aanwesig was, en wel op
die grondslag dat die waarskynlikste verklaring vir die eerste appel= lant se
optrede geleë
is in sy jeugdige onvolwassenheid en gebrek aan
lewenservaring en insig, gekoppel aan die verdere vertroebeling van sy
oordeelsvermoë
as gevolg van die inname van drank.
/Uit ...
6.
Uit die Verhoorregter se uitspraak aangaande versagtende omstandighede blyk
dit dat die Verhoorhof sorgvuldige oorweging geskenk het
aan elkeen van die
bogenoemde faktore as moontlike versagtende omstandighede. Wat die eerste
appellant se ouderdom en beweerde onvol=
wassenheid betref, het die
Verhoorregter opgemerk dat hy alreeds twee en 'n half jaar militêre diens
agter die rug gehad het,
dat hy al vir 'n geruime tyd die lewe van 'n grootmens
betree het, en dat hy nie op die Hof die in= druk van 'n onskuldige jongeling
gemaak het nie. Wat die eerste appellant se inname van drank betref, het die
Verhoorregter in besonderhede ontleed wat die inhoud
was van die getuienis wat
voor die Verhoorhof was in verband met die eerste appellant se drinkery
gedurende daardie dag en sy toestand
soos waargeneem deur verskeie getuies kort
voor en na die betrokke gebeure, asook sekere mediese getuienis. Dit is onnodig
om op
al die beson= derhede in te gaan. Onder meer het die Verhoorregter
/daarop ...
7.
daarop gewys dat op verskillende geleenthede deur die loop van die dag, toe
die eerste appellant erger onder die invloed van drank
moes gewees het as toe
die moord gepleeg is, hy 'n goeie oordeelsvermoë geopenbaar het deur= dat
hy die tweede appellant telkens
daarvan weerhou het om deur sy weerbarstige
optrede in
die moeilikheid
te be= land, en
dat dit nie aanvaarbaar was dat die eerste appel= lant se oordeelsvermoë
laat daardie aand, toe die invloed
van die drank reeds afgeneem het, hom skielik
in die steek sou gelaat het nie. In die lig van al die getuie= nis kan daar nie
fout
gevind word met die Verhoorhof se bevinding dat, in dïe mate wat die
eerste appellant ten tyde van die moord onder die invloed
van drank was, dit nie
op sigself 'n versagtende omstandigheid uitmaak nie. Wat betref die afwesigheid
van voorafbeplanning en die
onbesonnenheid van die moord, het die Verhoorregter
daar= op gewys dat die Hof nie die eerste appellant se optrede kort voor en na
die moord uit die oog kon verloor nie.
/Deur ...
8.
Deur die oorledene vir geen verklaarbare rede nie met sy stewels onder die
relings deur te skop, het hy reeds ge= toon dat hy nie
vir brute aggressie
terugdeins nie, en agterna het hy daarvoor gesorg dat die oorledene met die
steil wal langs af tot onder by die
draadheining beland het. In verband met die
rede vir die eerste appellant se hele optrede, het die Verhoorregter gemeld dat
hy in
sy getuienis op 'n stadium voorgegee het dat die tweede appellant na die
verkragting aan hom sou gesê het: "Maak haar klaar",
maar dat die eerste
appellant in sy verklar= ing aan 'n landdros geen woord gerep het van daardie
be= langrike beweerde opmerking
van die tweede appellant nie, en dat hy in 'n
ander stadium van sy getuienis voorgegee het dat hy geskok was deur die tweede
appellant
se ver= kragting van die oorledene, maar dat dit ook geen
aanvaar=
bare verduideliking van sy optrede gebied het nie.
In die geheel gesien, blyk dit uit die
Verhoor=
regter se uitspraak dat die Verhoorhof met
nougesette
/versigtigheid ...
9.
versigtigheid oorweeg het of die faktore hierbo genoem 'n verklaring vir die
eerste appellant se optrede verskaf het wat sy morele
verwytbaarheid ten opsigte
van die moord kon verminder het, maar dat die Verhoorhof nie op 'n oorwig van
waarskynlikhede kon bevind
dat dit wel die ge= val was nie, eerder as dat die
eerste appellant maar net die enigste ooggetuie van die appellante se optrede
uit die weg wou ruim en dat hy bloot uit "innerlike boosheid" opgetree het nie.
Na my oordeel is daar geen gronde waarop hierdie
Hof kan bevind dat die
Verhoorhof nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat daar geen
versagtende omstandighede bewys
is nie.
Volledigheidshalwe moet ek meld dat die eerste appellant se advokaat
aangevoer het dat die Verhoorhof self intwyfel verkeer het oor
die kwessie van
versagtende omstandighede; in dié verband is ons verwys na 'n vraag wat
die Verhoorregter aan die advokaat
van die Staat ge= stel het tydens die betoog
oor versagtende omstandighede
/(dit ...
10.
(dit het hierop neergekom: in hoeverre is die daad ver= oorsaak deur drank en
jeugdigheid en gebrek aan lewens= ervaring en insig?)
en na 'n opmerking van die
Verhoor= regter in sy uitspraak op die aansoek om verlof om te appelleer
(naamlik dat sy
prima facie
gevoel was dat verlof wel toegestaan moes
word en dat 'n ander Hof moont= lik tot die gevolgtrekking kon kom dat die
kumulatiewe
effek van die reeds genoemde faktore versagtende omstan= dighede
uitmaak). Na my mening is hierdie betoog klaarblyklik sonder enige
verdienste
hoegenaamd. Die gemelde vraag is gestel bloot in die loop van debatvoer= ing
tydens die betoog en die gemelde opmerking
was perti= nent tot die besluit om
verlof om te appelleer toe te staan. Dit spreek vanself dat nog die een nog die
ander afbreuk
kan doen aan die Verhoorhof se bevinding.
Die appèl van die eerste appellant moet
dus
misluk.
Ek kom nou by die appèl van die tweede appellant.
/Die ...
11.
Die betoog van sy advokaat voor hierdie Hof was hoofsaak= lik toegespits op
beweerde mistastings wat die Verhoor= regter sou begaan
het in sy uitspraak met
vonnisoplegging ten opsigte van die tweede appellant. Daar is gesteun op die
yolgende gedeelte van die Verhoorregter
se uit= spraak:
"Afgesien van die getuienis wat beskuldigde nr. 2 oor die toelaatbaarheid van sy
bekentenis gegee het, het hy nie verdere mondelinge
getuie= nis in die hof
afgelê nie. 'n Mens kan jou afvra waarom hy, nadat hy die Swartvrou
verkrag het, nie probeer verhoed
het dat beskuldigde
nr. 1 verder teen die Swartvrou optree soos hy wel opgetree het nie. Daar is
geen getuienis dat hy beskuldigde nr. 1 probeer keer
het nie.
'n Aspek wat verswarend is in die geval van beskuldigde nr. 2 is dat hy hierdie
hele string van ongelukkige gebeure aan die gang
ge= sit het. Dit is hy wat die
Swartvrou eerste genader het, en dit is hy wat haar toe onderste= bo geklap het.
Volgens sy eie bekentenis
het hy nie met die Swartvrou gepraat nie en het sy ook
nie met hulle gepraat nie. Daar kan dus geen sprake daarvan wees dat sy hom
gevloek het of andersins uitgelok het om op te tree soos hy wel opgetree het
nie."
Die betoog was dat die Verhoorregter dit die
tweede
/appellant ...
12.
appellant ten onregte toegereken het dat hy nie probeer verhoed het dat die
eerste appellant teenoor die oor= ledene opgetree het
soos hy wel gedoen het
nie, aange= sien daar geen getuienis was dat die tweede appellant bewus was van
die eerste appellant se voorneme
om die oorledene aan te rand, of van die feit
van die aanrand= ing self, of dat die tweede appellant inderdaad by magte was om
iets
te doen om die aanranding te pro= beer verhoed nie. Dit is waar dat daar
geen direkte getuienis te dien effekte was nie. Vermoedelik
het die
Verhoorregter sy opmerkings gebaseer op die aanvaarding van 'n waarskynlikheid
dat die tweede appellant in die onmiddellike
nabyheid van die eerste appellant
was toe laasgenoemde die oorledene aangerand het. Maar die betoog was verder dat
die Verhoorregter
ook die uiteinde= like dood van die oorledene die tweede
appellant ten onregte toegereken het, al het hy dit dan ook onbewuste= lik
gedoen. Dié betoog was gegrond op die Verhoorregter
/se ...
13.
se opmerking dat die tweede appellant "hierdie hele string van ongelukkige
gebeure aan die gang gesit het". Die Verhoorregter kon
die woorde bloot as
beskrywend be= doel het, maar dan was sy woordkeuse ongelukkig, veral met die
oog op sy bevinding dat daardie
feit "verswarend" was in die geval van die
tweede appellant. Dit is nie duidelik wat presies hy daardeur bedoel het nie.
Dit is egter
onnodig om tot 'n besliste gevolgtrekking te kom oor die vraag of
die Verhoorregter 'n mistasting be= gaan het, vanwee wat nou volg.
Die optrede van die tweede appellant, waarvoor hy gestraf moes word, was kort
en saaklik dat hy die oorledene sonder enige aanleiding
onderstebo geklap het,
en dat hy haar daarna, terwyl sy op die grond aan die buitekant van die relings
gelê het, verkrag het.
Die Verhoorregter het uitdruklik gesê dat hy
geen bevinding teen die tweede appellant maak aangaande die vraag of hy
meegedoen
het aan die eerste appellant se optrede toe
/laasgenoemde ...
14.
laasgenoemde die oorledene onder die relings deur geskop het nie. Na die
tweede appellant se verkragting van die oorledene, het sy
strafwaardige optrede
tot 'n einde gekom. Hy kan nie aanspreeklik gehou word vir wat daar= na met die
oorledene gebeur het nie. In
hierdie lig beskou, val die tweede appellant se
vonnis van 12 jaar gevangenisstraf op as 'n besondere swaar straf. As hier= die
Hof
in die eerste instansie belas was met die taak van vonnisoplegging, sou hy
vir die tweede appellant 'n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf
as 'n gepaste
vonnis beskou het. Daar is gevolglik 'n treffende wanverhouding tussen die
vonnis wat hierdie Hof in die eerste instansie
die tweede appellant sou
opgelê het, en die vonnis wat die Verhoorregter hom opgelê het. In
die resultaat is hierdie
Hof geregtig en verplig om in te gryp en die tweede
appellant se vonnis dienooreenkomstig te verminder.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appèl van die eerste
appellant,
/Pierre ...
15.
Pierre André Nel, teen die doodvonnis wat hom opgelê is, word
van die hand gewys.
2. Die appèl van die tweede appellant, Sarel Gabriël Petrus van
Staden, teen die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf wat
hom opgelê is,
word gehandhaaf in dié mate dat die vonnis verminder word na 8 jaar
gevangenis= straf.
A.S. BOTHA AR
SMALBERGER AR
STEM SAAM
NICHOLAS WN AR