Konyn v S (A528/2007) [2008] ZAWCHC 229 (1 August 2008)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing — Appellant convicted of murder and sentenced to 15 years imprisonment — Appeal against sentence only — Court found insufficient evidence to establish intent to kill, substituting conviction for culpable homicide — Sentencing considerations included the seriousness of the crime, the appellant's personal circumstances, and the need for community protection — Appropriate sentence determined to be 10 years imprisonment, with 2.5 years suspended.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 229
|

|

Konyn v S (A528/2007) [2008] ZAWCHC 229 (1 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A528/2007
DATUM
:
1
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
ELTON
KONYN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VAN
REENEN, R
:
Ek
sal geriefshalwe na die appellant verwys as die beskuldigde.
Die
beskuldigde het in die streekhof te Oudtshoorn tereggestaan op 'n
aanklag van moord.
Die
beskuldigde, wat deur 'n prokureur verteenwoordig was, het onskuldig
geplelt en sekere formele erkennings gemaak. Na dtt gebeur
net, het
die Staat getuienis aangebied by monde van twee getuies, ene mnr
Philander wat nie enige positiewe bydrae kon maak wat
betref die
identifisering van die persoon wat veraritwoordelik was vir die
klaagster se dood op 21 Februarie 2004.
Daarna
is ene Nathan Williams geroep wat ook in die straat waarin die
oorledene geloop net teenwoordig was. Hy se dat persone horn

verbygesteek; die oorledene genader het; en gepoog het om haar te
beroof. Hy beweer dat in die proses het die beskuldigde, wat
aan horn
bekend was, die klaagster met 'n mes gesteek.
Nadat
die staatsaak gesluit is, het die beskuldigde self getuig. Sy
getuienis kom neer op 'n ontkenning van aandadigheid en hy het
die
blaam op ene Bryan WilJiams geplaas, wat hy beweer die aand saam met
die staatsgetuie Nathan Williams was en wat hy gesien
het die
oorledene steek.
Die
landdros het die Staat se weergawe - grotendeels die van Nathan
Williams - aanvaar en die weergawe van die beskuldigde verwerp.
Hy
was wel gedagtig aan die feit dat Nathan Williams h enkelgetuie was.
Die beskuldigde is aan die einde van die staatsaak skuldig
bevind,
soos aangekla en is 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf opgele.
Daar word nou na hierdie Hof slegs teen die vonnis geappelleer.
Dit
wil uit 'n bestudering van die oorkonde biyk dat die landdros die
afleiding gemaak het dat die beskuldigde inderdaad die opset
gehad
het orn die oorledene te vermoor. Daardie subjektiewe gesindheid word
deur die landdros afgelei van die aard van die wapen
wat gebruik was
om die wonde toe te dien asook die Ngging daarvan. Wat dit aanbetref,
wif dit by n noukeurige bestudering van die
oorkonde blyk dat daar
geen getuienis op rekord is van wat die lengte van die mes was
waarmee die oorledene gesteek sou gewees
het me, Daar is ook geen
getuienis van die geweld waarmee die houe toegedien was nie. Nog
minder is daar getuienis van die posisle
van die aanvaller relatief
tot die oorfedene op die stadium toe die wonde toegedien is.
Die
patoloog is nie geroep om te getuig me en daar is geen ander mediese
getuienis aangebied aangaande die geweld wat nodig was
om die wonde
te veroorsaak het nie asook die kwesbaarheid van daardie gedeelte van
die oorledene se liggaam in geval van die toediening
van soortgelyke
wonde. In die omstandighede is ek van mening dat dit nie die enigste
redelike afleiding is wat op die bewese feite
gemaak kan word dat die
beskuldigde inderdaad subjektief die bedoeling gevorm het om die
oorledene te dood nie - te meer so omdat
dit duidelik is dat die
motief vir die aanval op haar een van berowing was.
Dit
is egter duidelik dat h redelike persoon in die beskuldigde se
posisie sou voorsien het en dat die beskuldigde derhalwe moes

voorsien het - en dit nie gedoen het me - dat die toediening van die
meswonde wat tydens die lykskouing gevind was, die dood van
die
oorledene kon veroorsaak het.
Die
effek van die bevinding is dat op die getuienis daar nie bevind kon
geword het dat die beskuldigde nie die skuldvorm
dolus
geopenbaar
het nie, maar eerder
culpa
deurdat
hy nalatiglik die dood van die oorledene veroorsaak het.
Dit
is so dat daar nie 'n appel teen die skuldigbevinding as sulks is
nie. Hierdie Hof kan egter in die uitoefening van sy rnherente

hersieningsbevoegdheid met die bevinding van skuldig aan moord inmeng
en dit vervang met 'n
skuldigbevinding
aan strafbare manslag en dit word dan ook gedoen.
Die
effek van die bevinding is dat die grondsiag waarop daar teen die
opgelegde vonnis van 15 jaar gevangentsstraf geappelfeer word

verdwyn. Maar omdat die skuldigbevinding aan moord met een van
strafbare manslag vervang is en, omdat die morele blaamwaardigheid

van die beskuldigde in die geval van
1
n
skuldigbevinding aan strafbare manslag uiteraard laer is as wat dit
sou wees in die geval van 'n skuldigbevinding aan moord, is
hierdie
Hof geregtig om van meet af aan te besin oor wat die omstandighede
van hierdie geval 'n gepaste vonnis behoort te wees.
Die
ondersoek geskied natuurlik met inagnemmg van die gebruiklike
trilogie van die beskuldigde se persoonlike omstandighede; die
erns
van die misdryf en die belange van die gemeenskap. Die mensiike lewe
is die hoogste regsgoed wat beskerming verg. Alhoewel
vervolgings van
hierdie aard al meer en meer op 'n kavalieragtige wyse plaasvind, is
dit iets wat hoogs beskermingswaardig is en
is ek van mening dat howe
misdrywe, wat die dood van individue tot gevolg het, ernstig moet
straf, maar natuurlik met inagneming
van die beskuldigde se
persoonlike omstandighede en straf moet individualiseer.
Die
klaagster het die aand, soos wat sy geregtig is, in die straat geloop
en is nie alleen gekonfronteer ten einde haar van dit
wat sy gehad
het te beroof nie, maar daarbenewens is sy haar lewe ontneem. Dit is
gedoen op 'n gewelddadige wyse en ongelukkig
is geweldsmisdrywe
gepleeg met messe in hierdie Hof se regsgebied besig om epidemiese af
me tings aan te neem en is ek van mening
dat die gemeenskapsbelang
vereis dat daar in die onderhawige geval, in weerwii van die feit dat
die beskuldigde se mfsdryf waaraan
hy skuldig bevind is, verminder
is, is dit steeds 'n geval waar daar ft streng straf geregverdig is.
Ek
is van mening dat, met inagneming van veral die beskuldigde se
relatiewe jong ouderdom en die feit dat hy nie h noemenswaardige
lys
van vorige veroordelings het nie, 'n gepaste vonnis in sy gevaf
gevangenisstraf van 10 jaar gevangenisstraf behoort te wees,
waarvan
21/2
jaar
gevangenisstraf opgeskort word vlr 'n periode van vyf jaar op
voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan "n misdryf
waarvan
geweld teenoor die liggaam van 'n ander mensiike wese 'n
element
is gepleeg gedurende die tydperk van opskorting me en waarvoor hy
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete opgele word
nie.
Dit
word verder gelas dat die vonnis wat vandag deur hierdie Hof opgele
is, geag word opgele te gewees het op 30 September 2004,
dit synde
die datum waarop die beskuldigde aanvanklik gevonnis is.
VAN
REENEN, R
NGEWU,
AJ: I agree
NGEWU,
AJ