Botha v S (A111/2008) [2008] ZAWCHC 228 (1 August 2008)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Plea of guilty — Appellant convicted of murder and illegal possession of a firearm — Appellant shot deceased following emotional distress from relationship breakdown — Court considered mitigating and aggravating factors in sentencing — Appellant sentenced to 15 years imprisonment for murder, concurrent with 18 months for firearm possession — Appeal against sentence granted on grounds of excessive punishment and consideration of personal circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 228
|

|

Botha v S (A111/2008) [2008] ZAWCHC 228 (1 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SLUP-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A111/2008
DATUM
: 1
AUGUSTUS 2008
In
die saak tussen:
FREDERICK
BOTHA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
THRENG.
R
:
Omdat
die appellant in hierdie aangeleentheid blykbaar Afrikaanssprekend
is, is ek van voornemens om uitspraak in Afrikaans te
lewer.
Die
appellant het in die streekhof tereggestaan, en wel op twee
aanklagte. Aanklag 1 was moord: daar is horn ten laste gele dat
hy
op Vrydag 3 Februarie 2006 en te of naby George ene Carol
Margaret McGill met 'n .22 kaliber pistool doodgeskiet

het. Aanklag 2 was 'n oortreding van artikel 3 van die Wet op Beheer
van Vuurwapens, No. 60 van 2000. Daar is oeweer dat die
appellant op
dieselfde datum en plek as in aanklag 1 ter sake is, wederregtelik
in besit was van 'n .22 kaliber pistoot sonder
om 'n lisensle
daarvoor te he.
Op
albei aanklagte het die appellant skuldig gepleit. Tydens sy verhoor
in die streekhof is hy deur mnr Joubert, 'n lid van die
Balie te
George verteenwoordig. Die appellant is deur die streeklanddros
tereg skuldig bevind, soos aangekla, en soos volg gevonnis:
Op
aanklag 1 is hy tot vyftien (15) jaar gevangenisstraf gevonnis en op
aanklag 2 tot agtien maande gevangenisstraf. Die landdros
het gelas
dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word. Effektiewelik dus
is
r
n
vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf die appellant opgele.
Die
appellant se aansoek om verlof om teen sy vonnis te appelleer is
deur die streeklanddros van dte hand gewys. Op petisie na
hierdie
Hof
sodanige
verlof egter toegestaan.
Die
enigste getuienis wat by die verhoor
viva
voce
voor
die Hof geplaas is, was die van ene Riaan Nothnagel, 'n sogenaamde
"gedragswetenskaplike" wat namens die appellant
geroep is.
Hy
was vroeer vir twaalf jaar as h proefbeampte in diens van die
Departement van Maatskaplike Dienste. Daar is ook by ooreenkoms

tussen die appellant en die staat verskeie dokumente as bewysstukke
ingehandig, die juistheid van die inhoud waarvan wedersyds
erken is.
Die
tersaakiike agtergrondsfeite kan soos volg opgesom word: die
appellant is 'n 67-jarige afgetrede rekenmeester wat te George

woonagtig was. Ten tye van die pleeg van die betrokke misdade was hy
65 jaar oud, Hy was drie maal met verskeie vrouens getroud,
maar al
drie sy huwelike het in egskeidings beeindig. Vroeg in 2002 het die
appellant die oorledene, Carol McGill, ontmoet. Sy
was ten tye van
haar oorlye ongeveer 55 jaar oud. In Junie 2002 het hulle verloof
geraak en daarna het hulle 'n woning met mekaar
gedeeL Hulle het
egter nie getrou nie. Op 31 Oktober 2005, dit wil se ongeveer drie
maande voor haar oorlye, het die oorledene
die gemeenskaplike woning
verlaat en by haar moeder gaan woon. Die liefdesverhoudtng wat tot
dan tussen die appellant en die
oorledene bestaan het, is deur
laasgenoemde beeindig. Sy het blykbaar met 'n mansvriend h
verhouding aangegaan. Hiermee was die
appellant blykbaar bitter
ontevrede en hy het deur die oorledene verwerp gevoel.
In
'n sogenaamde pleitverduideliking in terme van artikel
112(2)
van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, wat as Bewysstuk A voor die
Hof geplaas is, en die Inhoud waarvan deur die staat
as juis aanvaar
is, se die appellant, onder andere:
"3.
Ek en die oorledene was vantevore in 'n liefdesverhouding betrokke,
maar sy het die verhouding beeindig en wou my nie
toelaat om haar
weer te sien nie. Toe die oorledene my verder meedeel dat sy 'n
ander mansvriend het, het dit my diep gekrenk
en my selfbeheersing
uit woede laat verloor. Dit is die rede waar ek haar geskiet het.
4.
Ek erken dat ek toe ek die skoot afgevuur het, geweet het dat dit
verkeerd is wat ek doen, maar het verkeerdelik by myself
geredeneer
dat, aangesien sy alles in my lewe is, dit beter is dat sy en ek
eerder sterf. Ek was van plan om my eie lewe ook
te neem."
As
Bewysstuk H is In beedigde getuieverklaring ingehandig wat deur ene
Jordaan de Beer Jonck afgele is, die inhoud waarvan namens
die
appellant erken is. Hierdie man was met beide die appellant en die
oorledene bevriend. In hierdie verklaring Jonck die volgende:
"Op
Woensdag 06-02-01 omstreeks 19:00 was ek besig om uit my motor te
klim by my suster se woonstel. Die verdagte het toe
ook met Yi
bakkie waarop Prof-Master staan, kom stilhou. Hy het met 'n
kwart-vol bottet wyn uit die bakkie geklim en met my begin
gesels
oor Carol. Volgens horn het hy Carol met haar verjaarsdag geskakel
waarop sy die foon in sy oor neergesit het. Hy vat
toe 'n sluk uit
die bottel wyn en se 'Jorry mark my words, ek gaan daardie vroumens
doodskiet/ Dit was duideMk dat hy na Carol
verwys het omrede die
gesprek juis oor haar gegaan het. Ek het nog aan horn gese dat so
iets nie die moeite werd is nie, want
hy gaan net sy eie lewe
verwoes. Hy voeg toe by dat hy nie omgee nie want as hy dit gedoen
het
T
gaan hy homself ook vrek skiet."
Voor
dit en wel op 27 Januarie 2006 het die appellant reeds n
selfmoordbriefie begin opstel waarin hy, onder andere, geskryf het:
"...
Carol loop uit my lewe uit na 5 jaar. Ek sal haar nooit vergewe wat
sy aan my gedoen het nie. Ek gaan my en haar lewens
beeindig."
'n
Buurvrou van die oorledene, ene Maria Magdalena Schraverus, se
getuieverktaring is as Bewysstuk F ingehandig. Die inhoud daarvan
is
ook erken. Daarin vertel sy hoe sy ongeveer 17:45 namiddag op
Vrydag, 3 Februarie 2006 gesien het hoe die oorledene[sic],
wat sy
nie geken het nie, in 'n bakkie voor die oorledene se woonstel
gearriveer het. Hy het haar gegroet. Die oorledene het
toe uit haar
woonstel gekom en sy en die appellant het met mekaar gesels. Die
getuie se verklaring lees verder:
"Sy
het toe ierug beweeg na haar woning terwyl die man stadig agter haar
aangery het. Sy het toe binne die erf inbeweeg en
hy was buite die
erf. Die manspersoon het op daardie tydstip buite sy bakkie gestaan
tangs die muur. Die persoon het toe aan
Carol gevra 'Why do you hate
me so much'. Toe se Carol vir horn 'It's all over'. Ek het gesien
dat sy beweeg langs die woonstel
af en hy is kort agter haar. Die
volgende oomblik het Yi gegil gehoor en onmiddellik h (onleesbaar)
skoot hoor afgaan. Dit het
geklink na 'n geweerskoot. Ek het gesien
dat die manspersoon langs die woonstei van uitkom, maar ek het nie
gesien dat hy wegry
nie. Ek het gehoor dat Yi voertuig met 'n spoed
wegtrek.
Ek
is toe na die woonstel waar Carol gebly het en gesien dat sy le op
die grond en dat bloed uit haar mond vloei."
In
n verklaring wat hy op 4 Februarie 2006 voor die polisie afgele het
en wat as Bewysstuk G voor die Hof geplaas is, het die
appellant die
voigende gese:
"Ek
het vir Carol gebel en gevra of ons weer kan uitgaan. Sy het gese
dat ek haar nie moet pla nie en sy het reeds ft ander
boyfriend. Dit
het my natuurlik woedend gemaak waarna na my vriend Carl
(onleesbaar) toe is. Ek het gesien waar hy sy rewolwer/pistooi
bo-op
'n kas gesit het. Ek het die pistool onwederregtelik(sic) geneem en
na Carol se woonstel gery. Ek het gewag tot sy by die
huis kom en
daar was n hewige woordewisseling tussen ons twee gewees, waarna ek
vir haar gese het dat sy my moes gese het dat
sy 'n boyfriend het en
sy hou my aan 'n lyntjie. Ek was op daardie oomblik blind van woede
en ek het die pistool op haar gerig
en haar geskiet. Voordat ek na
Carol gegaan het, was ek by Beer (die polisieman) gewees en vir horn
gevra om vir my te wys hoe
die pistool werk- Hy het my toe gewys."
Volgens
die nadoodse ondersoek van die oorEedene se lyk was sy oortede as
gevolg van Vi enkele skietwond in die linkerbors wat
haar longe,
hart en aorta deurgedring het.
Daar
is geen toelaatbare getuienis voor die Hof geplaas tot die effek dat
die appellant tydens die doodskiet van die oorledene
hoegenaamd
onder die invloed van drank of dwelms was nie.
Ek
handeJ kortliks met Nothnagel se getuienis. Hy het op In aantal
faktore gewys wat, volgens horn, as strafversagtende omstandighede

in ag geneem behoort te word. Hulle is die volgende:
1. Die
appellant se blindelingse emosionele en fisiese gehegtheid aan die
oorledene.
2. Alkoholinname
deur die appellant. Soos ek reeds gese het is daar egter geen
getuienis daarvan behalwe ontoelaatbare bewerings
wat aan Nothnagel
deur ander persone gemaak is, insluitende die appellant, en wat deur
niemand onder eed bevestig is nie. Selfs
in die appellant se
pieitverduideliktng, Bewysstuk A, en in sy verklaring aan die
polisie, Bewysstuk G, word geen melding
daarvan gemaak
nie. Myns insiens kan hierdie beweerde faktor dus veilig buite
rekening gelaat word. Mnr
Stamper
,
wat namens die appellant voor ons verskyn het, het dit ook toegegee.
3. Die
appellant se obsessionele gedrag jeens die oorledene en haar
emosionele verwerping van horn.
4. Die
feite dat een van die appellant se broers vroeer dieseffde jaar
oorledene is en dat sy moeder, aan wie hy baie geheg was,
in
Desember 2005, oorlede is.
5. Nothnagel
het in sy getuienis gesuggereer dat die appellant as gevolg van sy
gemoedstoestand minder toerekeningsvatbaar kon
gewees het. Hteroor
meer later.
6. Die
feit dat die oorledene ongeveer drie maande voor die sktetvoorval
uit die gemeenskaplike woning getrek het, sou die appellant
onder
ekonomiese druk geplaas het.
7. Die
feit dat die oorledene Yi verhouding met Yi ander man aangeknoop
het, sou die appellant verder verbitter het.
8. Die
appellant het deegfike insae in die gevolge en implikasies van sy
optrede en hy voel geweldig hartseer daaroor, se mnr
Nothnagel.
9. Volgens
mnr Nothnagel, het die appellant ook egte berou oor sy optrede. Hy
het skuldig gepleit en hy het sy voile samewerking
aan die polisie
verleen. Hy het ook gese dat hy graag diegene wat deur sy misdaad
geraak is, om verskoning sou wou vra, maar
dat hy nie weet hoe om
dit te doen terwyl hy in hegtenis is nie.
10. Die
appellant se vorige veroordefings sluit geen veroordelings vir
geweldsmisdade in nie.
11. Sy
optrede toe hy die oorledene doodgeskiet het, was geheel en al
onversoenbaar met sy normale gedrag en persoonlikheid. Hy
het dan,
volgens mnr Nothnagel, heeltemal anders opgetree as wat mense wat
horn ken sou verwag het.
12. Die
appellant se gevorderde ouderdom. Soos
ek
reeds gemefd het, hy is tans 67 jaar oud en was 65 jaar oud toe hy
die misdade gepleeg het. Hierdie is ongetwyfeld 'n
belangrike
faktor wat in die appellant se guns in ag geneem moet word.
Terselfde tyd moet egter nie vergeet word dat die ouderdom

veronderstel is om te minste 'n mate van wysheid en bedaardheid met
hom mee te bring, liewers as gewelddadigheid. So het RUMPFF,
AR,
soos hy destyds was, in
S
v ZINN
.
1969(2) SA 537 (AA) verwysende na
Carpzovius
op 541H-542A gese:
"According
to the author, old age, when accompanied by loss of mental capacity,
obviously is a ground for mitigation but
generally speaking, old
age is not a ground for leniency although corporal punishment should
not be imposed."
Dit
word dan oor die algemeen van ouer mense verwag om met groter
geduld, ervaring en bedaardheid die terugslae wat die lewe
af en toe
vir almal uitdeel, te kan teenstaan en te kan bemeester, as wat van
warmbloedige en onervare jeugdiges verwag word,
soos Tennysson
in "Ulysses" vir ons vertel "old age hath yet his
honour and his toil".
13.
Die appellant se fisiese gesondheid is nie goed nie. Hy ly
blykbaar aan hoe bloeddruk. asmatiese emftseem, 'n
knievervangings-operasie
wat horn nog pyn veroorsaak, 'n katarak in
sy regteroog wat onlangs ontdek is en probleme met urinasie wat
moontlik aan 'n prostaatprobleem
te wyte is. Vir al hierdie kwale
kan die appellant egter in die gevangenis seker voldoende
behandeling ontvang.
Teenoor
hierdie versagtende elemente bestaan daar etfike strafverswarende
faktore. Eerstens, en die ergste daarvan, is dat die
moord van die
oorledene blykbaar deur die appellant vooruit koel en stelselmatig
beplan is. Twee dae voor die daad het hy vir
Jonck gese "Jorry,
mark my words, ek gaan daardie vroumens doodskiet". Toe het hy
'n pistool by sy vriend Carf Babs,
sonder laasgenoemde se kennis of
toestemming, gaan soek en dit van sy huis verwyder. Daarna het hy by
'n polisieman gaan uitvind
hoe die vuurwapen werk. Toe het hy, met
die pis tool gewapen, na die oorledene se woonplek gery. Daar kan
myns insiens geen ander
gevolgtrekking gemaak word as dat die
appellant op daardie stadium reeds vasberade was om die oorledene
met die pistoo! te gaan
doodskret. Hy het toe buite haar woonstel
gewag totdat sy huis-toe gekom het. Dit mag weliswaar op daardie
stadium sy voorneme
gewees het om selfmoord te pleeg nadat hy die
oorledene om die lewe sou gebring het. Hoe dit ook al sy, die
voorultbeplanning
van die oorledene se moord het die appellant vir
'n voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf gekwalifiseer
ingevolge
artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet, No. 105 van
1997, gelees met Oeef 1 van Bylae 2 daarvan. Die appellant kan
homseff
derhalwe as gelukkig beskou dat die landdros horn nie na
hierdie Hof vir vonnis verwys het nie.
Heetwat
van die faktore waarop daar namens die appellant vir strafversagting
gesteun word, is hoogs subjektief van aard, byvoorbeefd
T
die intensiteit van sy gehegtheid aan en gevoelens vir die
ooriedene, en of dit obsessioneel was, die omvang en sterkte van die

gevoel van verwerping wat die appellant ondervind het toe die
oorledene hulle verhouding met mekaar wou beeindig, of hy met sy

selfmoordbrief ernstig was, waarom hy versuim het om sy dreigement
om selfmoord te pleeg uit te voer, of hy daardeur verbitterd
gevoel
het toe die oorledene horn meegedeel het dat sy
1
n
nuwe mansvriend nou gehad het in die diepte van hierdie gevoel by
die appellant en, laastens, die berou wat die appellant se
dat hy
het.
Dit
is myns tnsiens belangrik dat die appellant nie bereid was om in die
getuiebank onder eed oor hierdie subjektiewe faktore
te praat nie,
waar hy hulle onder eed kon gestaaf het en daarop kon uitgebrei het
en waar sy bewerings onder kruisondervragmg
getoets sou kon word.
Pleks daarvan, is hierdie faktore wat by monde van sy deskundige,
Nothnagel, as hoorsegetuienis aangevoer
is, grotendeels ongetoets en
gebaseer op onbeedigde inligting aan die deskundige verskaf.
Gevolglik word die gewig wat daaraan
geheg kan word, na my oordeel,
heelwat verminder. Anders gestel, hierdie faktore sal heelwat meer
gewig by die Hof gedra het,
indien die appeltant self daaroor sou
getuig het. Hy is immers by uitstek die aangewese persoon om dit te
doen, want hy het die
beste kennis van, byvoorbeeld, sy gevoelens op
verskeie tydsttppe en sy gemoedstoestand.
Nothnagel
het van die moontlikheid van verminderde toerekeningsvatbaarheid aan
dre kant van die appellant getuig. Myns insiens
is daar geen basis
in die getuienis en ander bewysmateriaal vir so 'n suggestie nie.
Die appellant het deurgaans 'n lang reeks
handelinge op 'n logiese,
konsekwente, doefgerigte en gefokuste manier oor 'n aansienlike
tydperk uitgevoer. Sy opt rede was
ook vir Vi aansienlike tydperk
vooraf beplan, waarskynlik etlike dae. Hier kan geen sprake wees,
byvoorbeeld, van 'n geweldsmisdaad
wat skielik in 'n vlaag van woede
of ander emosie op die ingewing van die oomblik deur iemand gepleeg
word nie. Die appellant
se ook nie dat hy sy selfbeheersing verfoor
het nie of selfs dat dit verminder is nie. Al wat hy se is dat hy
woedend was. Op
die beste, van die appellant se oogpunt beskou, is
Nothnagel se getuienis hieroor blote bespiegeiing aan sy kant.
Indien
gesuggereer sou word dat die appellant se vermoe om die versoeking
te weerstaan deur sy emosies verminder is, wat die appellant
ook nie
self se nie, kan daar gerus verwys word na wat deur NAVSA, AR in
S
v EADIE
.
2002(1) SASV 663 (HHA) op 689j-690d para. [60], naamlik:
"The
view espoused by
Snvman
and others, and reflected in some of the decisions of our Courts,
that the defence of non-pathological criminal incapacity is
distinct
from a defence of automatism, followed by an explanation that the
former defence is based on a loss of control, due
to an inability to
restrain oneself, or an inability to resist temptation, or an
inability to resist one's emotions, does violence
to the
fundamentals of any self-respecting system of law. This approach
suggests that someone who gives in to temptation may
be excused from
criminal liability, because he may have been so overcome by the
temptation that he lost self-control - a variation
on the theme:
"the devil made me do it". It is for this reason that it
was suggested earlier that the use by
JOUBERT,
JA
in
Laubscher
's
case,
supra
.
of the word "weerstandskrag" was unfortunate. So too was
the use of the word "drang" in
Campher
's
case at 956B, referred to in paragraph [32] of this judgment. These
words suggest a resistance to urges or temptation. No
self-respecting system of law can excused persons from criminal
liability on the basis that they succumbed to temptation. Against

the fundamental principles restated by
J
M BURCHELL
(quoted
in paragraph [58] of this judgment) it is with respect, absurd to
postulate that succumbing to temptation may excuse one
from criminal
liability. One has free choice to succumb or to resist temptation.
If one succumbs one must face the responsibility
for the
consequences."
Op
693g-h, para [70] het geleerde Appelregter soos volg voortgegaan:
"It
must now be clearly understood that an accused can only lack
self-control when he is acting in a state of automatism.
It is by
it's very nature a state that will be rarely encountered in future
courts, must be careful to rely on sound evidence
and imply the
principles set out in the decisions of this Court. The message that
must reach society is that consciously giving
in to one's anger or
to other emotions and endangering the lives of motorists or other
members of society will not be tolerated
and will be met with the
full force of the law."
Die
streeklanddros het bevind dat daar geen wesenlike en dwingende
omstandighede hier bestaan het nie wat die ople van 'n mindere

vonnis sou geregverdig het as die vonnis wat deur die Wet
voorgeskryf is nie. In al die omstandighede kan ek geen fout met sy

bevinding vind nie
,
mnr
Stamper
se argument tot die teendeel nieteenstaande. Mnr
Stamper
het na die beslissing in
S
v MCDONALD
.
2000(2) SASV 493 (A) verwys, waar h vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf op appel na agt jaar gevangenisstraf verminder is.

Myns insiens is daardie besfissing nie van enige hulp in hierdie
aangeieentheid nie
,
aangesien die feite in daardie saak heeftemal anders was. In daardie
saak was daar nie getuienis van vooruitbeplanning nie. Dit
op
sigself plaas die onderhawige gevai heeitemal in 'n ander kader.
Die
faktore wat ek genoem het wat as strafversagtend beskou kan word,
word na my oordeel grootliks deur die strafverswarende faktore
wat
ek ook vroeer genoem het, uitgebalanseer, en veral die feit dat
die moord van die oorledene deur die appellant vooruit
beplan is.
Gevolglik
word die
APPEL
VAN DIE HAND GEWYS
.
THRING,
R
OLIVIER.
WnR
:
Ek stem saam.
OLIVIER,
WnR