About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 222
|
|
Hendricks v S (A711/2007) [2008] ZAWCHC 222 (21 July 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE
GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A711/2007
DATUM
:
21
JULIE 2008
In die saak
tussen:
JEROME
HENDRICKS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VAN
REENEN. R
:
Geriefshalwe
sal ek na die appellant as die beskuidigde verwys.
Die
beskuidigde het as beskuidigde 1 tereggestaan saam met twee ander,
naamlik Granville Wesse]s (as beskuidigde 2) en Anwar Malik
(as
beskuidigde 3) voor ons ampsbroer LOUW, R wat hom op 25 Mei 1999
skuldig bevind het aan moord (eerste klagte); verkragting
(die
tweede klagte); en onsedelike aanranding (die derde klagte).
Beskuldigde is op die eerste klagte tot 30 jaar gevangenisstraf
gevonnts; op die tweede klagte tot 20 jaar gevangenisstraf en op die
derde klagte 10 jaar gevangenisstraf. Die Hof net gelas dat
die
vonnisse wat op klagtes 2 en 3 opgele is, saam uitgedien word met die
vonnis wat op die eerste klagte opgele is. Die effek
was dat die
beskuEdigde 30 jaar gevangenisstraf moet uitdien. Wessels en Malik
het appel aangeteken teen die beskuldigbevindfngs
sowel as die
vonnisse wat hulle deur my ampsbroer opgele was.
In die geval
van Wessels, hy was skuldig bevind aan die eerste klagte en die
tweede klagte maar onskuldig aan die derde klagte.
In sy geval is die
15 jaar gevangenisstraf wat hom ten opsigte van die eerste klagte
opgele is, op appel verminder tot sewe jaar;
die 20 jaar wat hom
opgele is ten opsigte van die tweede klagte is verminder tot 15 jaar
gevangenisstraf; en die Hof het gelas
dat twee jaar van die sewe jaar
gevangenisstraf wat op die moordklagte opgele is, saamloop met die 15
jaar gevangenisstraf wat
op die tweede klagte opgele is. Die effek
was dat die gevangenisstraf wat hy moet uitdien verminder na 20 jaar.
In die geval
van Malik, het sy appel teen die skuldigbevinding op klagte 1 geslaag
en is die vonnis wat hom ten opsigte daarvan
opgele is tersyde
gestel. Die vonnis wat horn opgele is ten opsigte van die tweede
klagte, is verminder van 20 jaar tot 10 jaar.
Wat sy skuldigbevinding
op die derde klagte van onsedelike aanranding betref is die opgelegde
gevangenisstraf van 10 jaar op appel
bekragtig. Die Hof het egter
gelas dat vyf jaar van die 10 jaar gevangenisstraf wat op die derde
klagte opgele is
T
saam uitgedien moes word met die 10 jaar wat op die tweede kfagte
opgele is. Derhalwe is hy verplig om 15 jaar gevangenisstraf
uit te
dien.
Die
beskuidigde het op ft later stadium aansoek gedoen vir verlof om te
appelleer. Verlof is toegestaan deur LOUW, R wat laat blyk
het dat
daar 'n redelike vooruitsig bestaan het dat 'n Hof op appet met die
opgelegde vonnisse sou inmeng.
Die appel
voor ons is bloot teen die vonnisse wat die beskuidigde opgele is
gerig. Dit is geykte reg dat 'n Hof nie willekeurig
met die vonnis
wat deur
]
n
verhoorhof opgele is, op appel inmeng nie. Dit kan geskied slegs
indien daar bevind word dat die opgelegde vonnis skokkend onvanpas
is
en/of daar mistasting plaasgevind het.
In die
onderhawige saak blyk dit dat die beskuidigde, toe die misdrywe
gepleeg is, 16 jaar oud was en dat hy op die stadium toe
hy gevonnis
is, naamlik in Augustus 1999, 18 jaar oud was. Die gevolg is dat
hy
geag
word
ft jeugdige te gewees het en dat die Hof vonnis deur daardie prisma
moes benader het.
Ingevolge
artikel 28 van die Grondwet, is jeugdiges geregtig op die toepassing
van sekere kriteria by strafoplegging en is 'n hof
verplig om hulle
beste belange wat alles oorheersend is in aanmerking te neem dat
gevangenisstraf opgele word, slegs indien dit
onvermydelik is en dan
vir so 'n kort tyd as moontlik.
Die bepalings
van die Grondwet het daartoe gelei dat howe h nuwe benadering volg
wat betref die bestraffing van minderjariges. In
die vorige era was
dit die benadering om jeugdigheid bloot as
r
n
strafverminderende faktor by strafoplegging te behandel. Daar is in n
trilogie van onlangse sake, naamlik, die van
S
v NKOSI
2002M) SASV 135 (W) en
BRAND
v S
2005(2) All SA 1 (HHA) en
DIRECTOR
OF PUBLIC PROSECUTIONS KWAZULU NATAL v P
2006(3) SA 515 (HHA) te para.15 wat 'n nuwe benadering neergele het
wat betref die bestraffing van jeugdiges. Dit kom daarop neer
dat van
howe vereis word om, wat betref die bestraffing van jeugdiges "a
degree of change in traditional mind-set" te
openbaar wat daarop
gemik is om gefokuste en ingeligte aandag te skenk aan die belange
van jeugdiges gedurende die verskillende
stadiums van vonnisoplegging
en al die verskillende faktore wat daarby betrokke is sorgvuldig te
oorweeg.
In weerwil
van die veranderde benadering, moet die Hof steeds gelei word deur
die beginseis van proporsionaliteit; die beste befange
vir die kind;
en die minsbeperkende inbreuk op vryheid en, indien wei, slegs as ti
laaste uitweg en vir die kortste moontlike tydperk.
Dit is dan ook
die benadering wat gevind word in
S
v M
(Centre for Child as
anicus)
2007(2)
SASV 539, n uitspraak van die Grondwetlike Hof te 33i.
Alhoewel ons
kollega baie versigtig te werk gegaan het by die beoordeling van wat
'n
gepaste
straf behoort te wees in die onderhawige omstandighede, wil dit by 'n
noukeurige lees van sy uitspraak op vonnis tog voorkom
dat daar geen
verwysing is na die dwingende bepalings van artikel 28 van die
Grondwet nie: nog is daar enige teken daarin te vind
van die
ingeligte en gebalanseerde opweging van alle betrokke faktore wat
deur die reedsgenoemde trilogie van sake na vore gebring
is. Dit is
ook nie aanduidend van Yi toepassing van die veranderde sogenaamde
"traditional mind-set' wat vereis word nie.
'n Gebrek om
dit te doen, is alreeds 'n volbank uitspraak van hierdie hof op 22
Januarie 2008 in
IVOR
DESMOND OLIVER v
S.,
saaknommer A384/2007, bevind 'n mistasting te konstitueer en dit is
dan ook die gevolgtrekking waartoe ons in hierdie saak gekom
het.
Die gevolg is
dan dat dit hierdie Hof vrystaan om van meet af aan te beslis wat in
die omstandighede van hierdie saak h gepaste
vonnis behoort te wees.
Dit geskied natuurlik met inagneming van die gebruiklike trilogie van
die beskuldigde se persoonlike omstandighede;
die belange van die
gemeenskap en die aard en erns van die misdrywe waaraan hy skuldig
bevind is.
in die
onderhawige saak word die inagneming van daardie faktore tot n sekere
mate begrens deur dit wat in die vorige volbank appel
van
beskuldigdes 2 en 3 gebeur het en behoort die benadering te wees dat,
wat strafoplegging betref, daar b mate van uniformiteit
tussen
mede-beskuldigdes behoort te wees en is dit akstomattes dat, as 'n
algemene reel, geregtigheid vereis dat soortgelyke vonnisse
opgele
behoort te word ten opsigte van beskuldigdes in misdrywe van min of
meer dieselfde aard. (Sien S S TERBLANCHE,
A
GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA
.
(1ste Uitgawe), op 138-139.)
In die
onderhawige saak is wat betref die klagtes van verkragting ten
opsigte waarvan beskuldigde 2 20 jaar gevangenisstraf
opgele is, dit tot 15jaarverminder is op appel en in die geval van
beskuidigde 3 is die 20 jaar gevangenisstraf wat hy opgele is
(as 'n
medepligtige, net soos wat beskuidigde 1) verlig tot 10 jaar. Dit
blyk dat die belange van uniformitett vereis dat die 20
jaar
gevangenisstraf wat die beskuidigde opgele is ten opsigte van
verkragting dan ook verminder behoort te word tot 10 jaar, soos
in
die geval van beskuidigde 3.
Daar is nie
enige beduidende verskille in die deelnames van die drie beskuldigdes
ten opsigte van die verkragtingsklagte nie en
hulle persoonlike
omstandighede wissel ook nie dermate dat daar op daardie basies Yi
verskil getref kan word nie.
Wat die
klagte van onsedelike aanranding betref, het die Hof op appel die
vonnis van beskuidigde 3 onaangetas gelaat en is die 10
jaar
gevangenisstraf wat hy opgele is, op appel bekragtig, maar het die
Hof gelas dat vyf jaar daarvan saamloop met die 10 jaar
gevangenisstraf wat ten opsigte van die verkragting op appel opgele
is. Dit wil dus blyk dat omdat daar weereens nie wesenlike
verskille
is tussen beskuldigdes en Malik se deelname aan die onsedelike
aanranding nie, die vonnis van 10 jaar wat die beskuidigde
opgele is
deur die verhoorhof deur ons bekragtig behoort te word. Met ander
woorde dat die appel faal wat betref die vonnis
wat ten opsigte van
die derde klagte opgele is.
Wat betref
die gevangenisstraf van 30 jaar wat opgele is op die moordklagte is
dit baie duidelik dat die beskuldigde die beJhamel
was in die pfeging
van die moord op die oorledene. Dit is so dat hy 'n eerste oortreder
is. Dit is so dat hy 'n jeugdige was. Dit
is so dat hy tot 'n mate
beskonke was, waarskynlik vanwee inname van bier en moontlik ook die
gebruik van dagga en dat dit waarskynlik
'n invloed op sy
oordeelsvermoe gehad het. Wat ook blyk is dat die misdryf gepleeg is
met 'n vooropgesette doei naamlfk, om die
klaagster, wat die
verkragtingsaak aanbetref, as h getuie te elimineer ten einde te
verhoed dat sy die beskuldigdes inkrimineer.
Dit is insiggewend dat
die beskuldigde voldoende teenwoordigheid van gees gehad het om
dieseffde aand nog te poog om tekens van
sy deelname uit te wis deur
te gepoog het om sy klere te was.
Aan die ander
kant weer, moet dit ten gunste van hom aanvaar word dat hy by die
borgaansoek en ook in die verhoorhof tot 'n groot
mate sy
aandadigheid aan hierdie gruwelike misdaad erken het. Hy het ook aan
een van sy vriende, ene Calvin Kapp, die dag na die
moord
gedemonstreer presies wat hy gedoen het en die Hof het bevind dat dit
aanduidend is van die gruwelheid van die misdaad wat
gepleeg was.
Daardie beskouing kan nie mee fout gevind word nie.
Ons het
terdee kennis geneem van alles wat mnr
Mohamed
ten gunste van die beskuidigde gese het en ek dink nie meer kon gese
gewees het nie. Mag ek net byvoeg dat dit bemoedigend is om
betoogpunte van die kwaliteit wat hy voorberei het tee te kom, maar
selfs sy beste pogings en retoriek was nie voldoende om ons
te
oorreed dat Yi vonnis van minder as 25 jaar in hierdie gevat
toepaslik sou wees nie. Dit is so dat elke saak op sy eie feite
beoordeel moet word en dat elke beskuidigde se per soon tike
omstandighede opgeweeg moet word, maar daar kom 'n tyd wanneer die
boosheid van die misdryf wat gepleeg is, asook die gruwelikheid
daarvan h mens noop om die persoonlike omstandighede van 'n
beskuidigde
op die agtergrond te skuif - nie geheel en af nie maar
wel - en waar die belange van die gemeenskap na vore tree. Hierdie is
so
'n
geval.
Gevolglik is
die resuftaat soos volg: Die vonnis ten opsigte van die appel teen
die vonnfs van 10 jaar gevangenisstraf wat opgele
is op klagte 3 word
van die hand gewys. Die appel ten opsigte van die vonnisse wat op
kiagtes 1 en 2 opgele is, slaag en word deurgehaal
en vervang met dre
volgende:
Ten opsigte
van klagte 1
VYF-EN-TWINTIG
(25) JAAR GEVANGENISSTRAF
:
Ten opsigte
van klagte 2
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
:
maar dit word gelas dat die gevangenisstraf van tien jaar wat op
hierdie klagte opgeie word asook die gevangenisstraf wat op die
derde
klagte opgele en deur hierdie Hof bekragtig is, saam uitgedien word
met die 25 jaar wat deur hierdie Hof opgele is ten opsigte
van die
eerste klagte.
Dit word
gelas dat die vonnisse wat vandag deur hierdie Hof opgele is, geag
word opgele te gewees het op 25 Augustus 1999, dit synde
die datum
waarop die beskuldigde aanvankiik gevonnis is.
VAN REENEN, R
MOTALA, R
:
Ek stem saam.
MOTALA,
R
NDITA, R
:
Ek stem saam.
NDITA,
R