About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 207
|
|
Selungu v S (A292/2008) [2008] ZAWCHC 207 (23 May 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.292/2008
DATUM
:
23
MEI 2008
In
die saak tussen:
RICHARD
SELUNGU
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VAN
REENEN. R
:
Geriefshalwe
word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die
beskuldigde net in die streekhof te Ladismith tereggestaan op 'n
aanklag van moord. Die hoof inhoud van die klagte teen hom
was dat hy
op 5 Augustus 2006 naby die Laingsburgpad, Ladismith wederregtelik en
opsetlik vir Heinrich Bell (na wie ek hierna as
"die oorledene"
sal verwys) gedood het deur hom met 'n mes of ander skerp voorwerp te
steek. Dit was beweer dat die bepalings
van artikel 51 van die
Strafregwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing was.
Die
beskuldigde, wat deur n prokureur verteenwoordig was, net onskuldig
gepleit en het in 'n formele pleitverd u id el iking erken
dat hy die
oorledene een keer in die nek gesteek het met n skroewedraaier wat
van draad gemaak was en dat die lykskouingsverslag
en die
gevolgtrekking daarin vervat korrek was; dat die identiteit van die
oorledene korrek was; en sy liggaam geen verdere letsels
opgedoen het
van dat dit gevind is totdat die lykskouing daarop uitgevoer is nie.
Nadat
die Staat getuies aangebied het en die beskuldigde self getuig het,
is hy skuldig bevind, soos aangekla, en h vonnis van agt
jaar
gevangenisstraf opgele. Die beskuldigde appelleer nou na hierdie Hof
teen sy skuldigbevinding met vertof van die verhoorhof.
Dit
is insiggewend vanuit die oorkonde dat die verhoorianddros die
aansoek om verlof toegestaan het omdat hy, onder andere, van
menlng
was dat daar 'n redelike moontlikheid bestaan het dat h hof van appei
moontlik sou kon bevind dat die beskuldigde eerder
aan strafbare
manslag as moord skuldig is.
Die
gebeure wat die onderwerp van hierdie appel vorm, het plaasgevind
gedurende die aand van 5 Augustus 2006 by die huis van Ivan
Afrikaner, ook bekend as Pinok. Dit was 'n Saterdagaand. Daar was
1
n
danspartytjie en, soos te verwagte, was daar gedrink en dagga gerook.
'n Aanduiding van hoe jolig dit daar gegaan net, blyk daaruit
dat die
oorledene se bloedalkoholinhoud 0,46 gram per 100ml was.
By
die partytjie was daar, onder andere, die beskuldigde, die oorledene,
Mariaan Rossouw (na wie ek hierna as "Mariaan"
sal verwys)
en Ryno van der Berg. Die laasgenoemde twee persone was as getuies
geroep. Die beskuldigde is die pa van 'n kind waarvan
Mariaan die
moeder is en verwek was terwyl hulle nog in 'n verhouding met mekaar
verkeer het, Die oorledene blyk 'n mansvriend
van Mariaan te gewees
het ten tyde van sy oorlye. VanweS die feit dat die dansery aan die
buitekant van die huis plaasgevind het
en die beligting swak was -
daar was slegs n buitelig by die voordeur - en die getuies se
waarnerningsvermoe daardeur nadelig be'r'nvloed
moes gewees het en
hulle boonop waarskynlik almal beskonke was, word die gebeure wat die
oorledene se dood voorafgegaan het, slegs
in bree weergegee en slegs
tot die mate dat dit deur getuies bevestig was of deur
waarskynlikhede begunstig word.
Dit
skyn gemeensaak te wees dat die beskuldigde na Pinok se huis was om
'n tuisgemaakte skroewedraaier van draad, ongeveer 24 sentimeters
lank, te gaan haal om sy bandspeler reg te maak. Daar het op n
stadium h argument tussen Mariaan en die beskuldigde ontstaan oor
goedere wat hy vir hulle kind gekoop het en vroeer die dag aan haar
oorhandig het ter nakoming van sy onderhoudverpligtinge, maar
dat sy
op die betaling van meer geid aangedring het.
Die
argument blyk op 'n stadium in die kombuis van Pinok se huis
voortgesit te gewees het. In die kombuis was Mariaan, haar kind,
die
oorledene, die beskuldigde en 'n ander vrou genaamd Irene.
As
gevolg van iets wat die beskuldigde vir Mariaan sou gese het, het die
oorledene vir horn gese dat 'n mens nie so met n vrou praat
nie. Die
beskuldigde sou toe vir die oorledene gese het dat dit nie sy
probleem was nie. Hy het toe die oorledene van horn af weggestoot
sodat hy gesteier het. Die beskuldigde het toe na buite om die hoek
van die huis gegaan om te gaan ontlas
T
waar daar geen ander persone teenwoordig was nie, en die oorledene
het horn toe agtervolg.
Omdat
niemand anders gesien het wat presies daarna gebeur het nie en die
oorledene nie meer in die land van die lewendes is nie,
is n mens
aangewese, hoe onbevredigend dit ook al mag wees, op slegs die
beskuldigde se weergawe van wat daar gebeur het.
Daarvolgens
het die oorledene die beskuldigde genader terwyl hy besig was om die
band van sy broek los te maak; met h mes na hom
gesteek het; en in
die steekbeweging vorentoe geval het. Die beskuldigde het toe na regs
utt sy pad gespring. Die oorledene het
daarna nog 'n steek uitgevoer
en - dit is wat die beskuldigde se:
u
dit
is toe wat ek dink maar ek gaan die skroewedraaier vat om my te
verdedig" - (rekord bladsy 82, reels 18 tot 22) en "omdat
daar twee keer na my gesteek is, sien Edelagbare, toe dink ek die
beste is ek moet -gaan nou dieselfde doen want hier het ek die
skroewedraaier" (rekord bladsy 26 reels 4 tot 6).
Die
beskuldigde het getuig dat hy in reaksie sy hand met die
skroewedraaier daarin "so geswaai het" en nie besef dat hy
die oorledene raak gesteek het nie en dat die oorledene toe om die
draai is en weggeloop het. Dit is duidelik dat dit die beskuldigde
se
weergawe is dat hy na die oorledene gesteek het omdat hy gedink het
dat hy "hy sou miskien weer
r
n
poging aangewend het om ie steek" (Rekord bladsy 98, reels 4 tot
6).
Wat
ook al die beskuldigde met die skroewedraaier gedoen het, skyn as 'n
voorbehoudende aanval - die Engelse ekwivalent waarvan
'n
"pre-emptive strike" is - bedoet te gewees het. Daardie opt
rede van die beskuldigde moet beoordeel word in die lig
van die
volgende feite: Die oorledene was op die beskuldigde se weergawe
besonder beskonke. Hy getuig dat die oorledene nie in
staat sou
gewees het om weg te hardloop nie en dat toe hy horn probeer steek
het, hy agter die mes aan geval het.
Die
beskuldigde het ook getuig dat hy die oorledene vroeer in die kombuis
van horn af weggestamp het en dat hy toe weggesteier het.
InteensteMing met die oortedene, was die beskuldigde nog in staat om
na regs te spring toe die oorledene die eerste keer na horn
gesteek
het en die beskuldigde was op sy eie erkenning groter van Mggaamsbou
as die oorledene gewees.
Ek
is bereid om ten gunste van die beskuldigde te aanvaar dat daar n
wederregtelike aanval op 'n beskermingswaardige belang van
die
beskuldigde, naamlik sy liggaamsintegriteit gemaak was en dat toe hy
tot teenoptrede oorgegaan het, die aanval nie ooglopend
alreeds verby
was nie.
In
die omstandighede sou enige afweershandeling van sy kant geregverdig
gewees het indten dit aan die vereistes voldoen het wat
daarvoor deur
die reg gestel word, naamlik, dat dit teen die aanvaNer self gerig
was; noodsaaklik was om die bedreigde reg te beskerm;
en daar
f
n
redelike verhouding tussen die aanval- en die afweershandeling
bestaan het.
Die
vraag wat in die onderhawige geval ontstaan is of dit vir die
beskuldigde noodsaaklik was om 'n swaaibeweging met die
skroewedraaier
u it te gevoer het ten einde die aanvalshandeling af
te weer. Sonder om n onrealistiese leunstoelhouding in te neem, wii
dit tog
voorkom dat die beskuldigde, sonder om homself aan die risiko
van verdere beserings bloot te gesteJ het, van die oorledene kon
weggekom het. Die gebeure het in die buitelig plaasgevind en
gevolglik was hy nie in n engte vasgekeer nie. Vanwee die oorledene
se beskonkenheid kon die beskuldigde sonder probleme tot buite sy
bereik beweeg het, want volgens hom sou die oorledene nie in
staat
gewees het om hom met enige ratsheid daarvan te weerhou of te
agtervolg nie. Alhoewef C R SNYMAN,
STRAFREG
,
5de Uiigawe te 105 en verder ander beskouings daaroor nahou, skyn die
steeds geldende benadering van ons howe te wees dat h aangevallene
moet vlug tensy daar gevaar in ontvluging gelee is. {Sien byvoorbeeld
R
v PATEL
1959(3) SA 121 (A) te 123E-H.)
Aangesien
die beskuldigde eerder dan om homself uit die voete te gemaak het,
die aanval met gebruikmaking van die skroewedraaier
probeer afweer
het, het sy afweershandeling myns insiens nie aan die vereistes wat
deur ons howe gestel word, voidoen nie en het
die landdros tereg die
beskuldigde se verweer van noodweer verwerp.
Die
verhoorhof het die beskuldigde aan moord skuldig bevind op sterkte
van 'n bevinding dat hy die enkele steekwond, wat die oorsaak
was dat
die oorledene homself doodgebloei het, met opset by
moontlikheidsbewussyn toegedien het. Daardie bevinding was gebaseer
op die aard van die wapen wat gebruik was asook die Itgging van die
wond. Daardie bevinding sou geregverdig gewees het indien dit
op die
feite bevind kon geword het dat die beskuldigde dit doelgerigd
toegedien het. Die feite stry egter daarteen.
Op
die enigste weergawe voor die Hof, naamlik die van die beskuldigde,
het hy Yi swaaibeweging na die oorledene uitgevoer en was
hy nie
seker daarvan of hy horn getref het al dan nie. Myns insiens dui die
beskuldigde se weergawe op n afwesigheid van 'n wilsgerigte
toediening van die steekwond en in die omstandighede was die
afleiding dat die beskuldigde subjektief inderdaad die moontlikheid
voorsien het dat sy
optrede
die dood van die oorledene kon veroorsaak en roekeioos omtrent die
intrede daarvan gestaan het, nie geregverdig gewees nie.
(Sien
S
v SIGWAHLA
1967(4) SA 566 (A) TE 570B-)
Na
my menrng sou die redelike man in die beskuldigde se posisie dit
egter as "n redelike moontlikheid voorsien het en gevolglik
moes
die beskuldigde ook gedoen net, dat sy handefinge die oorlede se dood
kon veroorsaak en dienooreenkomstig opgetree het. Aangesien
hy dit
nie gedoen het nie, het die beskuldigde myns insiens skuld in die
vorm van
culpa
gehad.
{Sien
S
v NAIDOQ AND OTHERS
2003(1) SASV 437 (HHA) te 356a-357e.) Gevolglik, moes die
beskuldigde, na my mening, aan strafbare manslag in plaas van moord
skuldig bevind gewees het. Die beskuldigde se optrede na die gebeure
deurdat hy die ambulans wou gaan ontbied het, rym met daardie
gevolgtrekking.
In
die omstandighede behoort die skutdigbevinding van die beskuldigde
aan ft klag van moord ter syde gestel en vervang te word met
r
n
skuldigbevinding aan strafbare manslag wat ingevolge die bepatings
van artikel 258 van Wet 51 van 1977 geoorloofde uitspraak op
'n
klagte van moord is.
Alhoewe!
daar nie teen die vonnis geappelleer word nie
h
is dit onteenseglik so dat 'n skuldigbevinding aan moord (waarvan die
skuldvereiste
dofus)
is,
moreel meer taakbaar is as 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag
(waarvoor die skuld in die vorm van
culpa
naamlik,
onagsaamheid 'n vereiste is). Daar is dan ook nie sprake van n
voorgeskrewe minimum vonnis nie. Dit het tot gevolg dat
dit vir
hierdre Hof geoorloof is om van meet af aan te besin oor wat 'n
gepaste
straf sou wees met inagneming van die misdryf, die oortreder en die
belange van die gemeenskap.
Gedagte
aan al die feite wat voor die verhoorhof geplaas was en al die ander
feite en omstandighede wat deur hom in sy uitspraak
oor vonnis
aangestip is, is ek van mening dat n gepaste vonnis in die
onderhawige geval 71/2
jaar
gevangenisstraf is waarvan 21/2
jaar
gevangenisstraf op gepaste voorwaardes opgeskort word.
Gevolglik
word die skuldigbevinding van die beskuldigde aan moord ter syde
gestel en vervang met 'n skuldigbevinding aan strafbare
manslag en
word die vonnis wat hom opgele is deurgehaal en vervang met 'n vonnis
van
SEWE-EN-'n-HALF
JAAR
(1/2)
JAAR
GEVANGENISSTRAF
waarvan twee-en-n-half jaar (214) jaar opgeskort word vir 'n periode
van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuidig
bevind
word aan 'n oortreding van moord of strafbare manslag gepteeg
gedurende die tydperk van opskorting nie en wat die toediening
van
liggaamlike geweld aan 'n
me
nslike
wese behels nie.
Die
vonnis wat vandag opgele word, sal geag word opgele te gewees het op
19 Maart 2007, dit synde die datum waarop die beskuldigde
oorspronklik gevonnis is.
Ten
slotte wil ek net beide advokate vir hulle baie volledige en
hulpvaardige betoogpunte bedank.
VAN
REENEN, R
ZONDI,
R:
Ek stem saam.
ZONDI,
R