S v Mail and Another (431/85) [1986] ZASCA 45 (12 May 1986)

67 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Appellants convicted of murder and sentenced to death — No mitigating circumstances found by trial court — Appellants failed to present evidence of mitigating factors during sentencing phase — Court held that the burden to prove mitigating circumstances rests on the accused — Appellants' claims of influence from prison subculture rejected as unsubstantiated — Appeal against death sentences dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 45
|

|

S v Mail and Another (431/85) [1986] ZASCA 45 (12 May 1986)

Saaknommer: 431/85 WHN
M
PUMELELO MAILA
Eerste appellant
MANDLA NTSHANGASI
Tweede appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die saak tussen:
MPUMELELO MAILA
Eerste Appellant
MANDLA NTSHANGASI
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, HEFER et SMALBERGER ARR D
atum van Verhoor
: 2
Mei 1986
Datum van Uitspraak
: 12 Mei 1986
UITSPRAAK
JOUBERT
, AR :
/Die
2
Die appellante is in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling deur WEYERS Wn R en twee assessore
eenparig skuldig bevind aan moord deurdat hulle op Sondag=
aand 18
Desember 1983 ene Bethuel Yangaphi („die oorledene")
in sel I 10 van
die Modderbee-gevangenis in die distrik
van Benoni vermoor het. Die
verhoorhof het ook eenparig
bevind dat daar geen versagtende omstandighede
aanwesig
was nie en gevolglik beide appellante die verpligte
dood=
vonnisse opgelê. Die verhoorregter het hul aansoek
om teen hul
skuldigbevindings en doodvonnisse na hierdie
hof te appelleer, afgewys. Met verlof ingevolge art.
316(8)(c)(ii) van die Strafproseswet 51 van 1977
kom die appellante na
hierdie Hof in hoër beroep teen
hul doodvonnisse.
/Dit
3
Dit is erkende reg dat die bewyslas om die bestaan van
versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede aan te toon op 'n
beskuldigde rus. Om dit te kan doen, moet daar 'n feitebasis wees waarvan die
bestaan van die versagtende omstandighede afgelei kan
word. In hierdie verband
is die volgende dictum van SMALBERGER Wn AR in die
S v Seputi
1985 (1) SA
9
(A) op bl 18 E-F ter sake: „Versagtende omstandighede moet in die bewese
omstandighede van elke saak gefundeer word (
S v Ndlovu
1970(1) SA 430 (A)
op 433 H). Die bewese omstandig= hede beh'els daardie feite waarop die
skuldigbevinding gegrond is tesame met sodanige
ander feite wat bewys mag word
tydens die ondersoek na versagtende omstandighede,
/met
4
met dié voorbehoud dat laasgenoemde feite die bevindinge
op die meriete slegs kan aanvul of temper, maar nie wysig nie (
S v
Vontsteen
1972(4) SA 551 (A) op 558 D)."
In die onderhawige geval het die appellante wel ten aansien van die meriete
getuig en ook getuies vir hul verdediging laat getuig.
Hulle het egter nie
ten
aansien van versagtende omstandighede getuig of getuies vir hulle daaroor
laat getuig nie. Die verhoorhof het die getuienis vir die
Staat aanvaar en
dié vir die verdediging verwerp. Die verhoorhof het bevind dat die
appellante leuenagtig, onbetroubaar en
ongeloofwaardig is. Uit die aanvaarde
getuienis en bevindings van die verhoor= hof oor die meriete blyk kortliks die
volgende met
betrekking
/tot
5
tot die tersaaklike agbergrond en omstandighede wat op die
pleging van die moord betrekking het.
Ongeveer 50 gevangenes, insluitende die
oorledene en die appellante, is in
sel I 10 van die
Modderbee-gevangenis aangehou. Die meeste van
die
gevangenes het aan die 28-bende en die 26-bende behoort.
Slegs die minderheid, onder wie die oorledene geressorteer
het, was nie
bendelede nie. Die appellante was lede van
die 28-bende. Appellant no 1 se
bynaam was Killer. Hy
en appellant no 2 het brandspiritus gedrink. Hulle
het
dan geraas en oproer in die sel veroorsaak. Wanneer
die oorledene teen
hulle gedrag beswaar maak, het hulle
hom met geweld gedreig. Vroeg Sondagaand 18 Desember
1983 het die appellante posisie ingeneem by die oorledene
/waar
6
waar hy op sy slaapmat onder komberse gelê het. Hulle het
weerskante van die oorledene gestaan en sy komberse vasgetrap sodat
die
oorledene vasgepen was. Hulle het die oorledene om die beurt geslaan met bekers
wat met seep gevul was. Appellant no 1 se beker
was in 'n kous gewees terwyl
appellant no 2 se beker aan 'n lyfband vasgemaak is. Dit was gemene saak dat die
oorledene as gevolg
van hierdie aanranding op hom gedood is. Die appellante se
weergawe was dat appellant no 1 die oorledene met 'n beker aangerand het
terwyl
die oorledene gestaan het. Daarna sou appellant no 2 die oorledene terwyl hy
gestaan het met sy beker aangeranc het. Soos
reeds vermeld, is hulle weergawe
deur die verhoorhof verwerp. Volgens die médiese getuienis ls die
/oorledene
7
oorledene dood "as a result of sustaining a fracture of hls
skull and contusion and laceration of his brain, as well as that there
was. also
a fairly thick subdural haemorrhage over the left side of his brain." Die nood=
lottige houe is met groot geweld teen die
linkerkant van die oorledene se kop
toegedien.
Na my oordeel is dit uit die aanvaarde ge= tuienis en bevindings van die
verhoorhof oor die meriete duidelik dat ons nie hier te doen
het met 'n
bendemoord in die uitvoering van bende-opdragte nie. Dit is duidelik dat die
appellante op hul eie inisiatief opgetree
het toe hulle die oorledene aangerand
en vermoor het. Daar is geen getuienis van 'n kringsit van die 28-bende om
'n
/opdrag
8
opdrag te gee om die oorledene aan te rand en te
vermoor
nie. Geen sodanige opdrag is ooit aan die appellante
gegee nie.
Die verhoorhof het geen bevinding aangaande
motief vir die moord gemaak nie.
Volgens die getuienis
vir die Staat het daar Saterdagoggend 17 Desember 1983
'n
woordewisseling tussen die oorledene en ene Tarras oor die
gebruik van
die wasbak ontstaan. Die oorledene en Tarras
het mekaar te lyf gegaan. Tarras
het aan die 28-bende
behoort en het op dieselfde slaapmat by appellant no
1
geslaap. Sondagoggend 18 Desember 1984 het daar 'n
woordewisseling
tussen die oorledene en Tarras plaasgevind.
Die oorledene het dieselfde oggend 'n klag teen Tarras by
adjudant-offisier Lourens gemaak. Dit was gemene saak
dat die 28-bende "wyfies" het. Dit is redelik om af
/te
9
te lei uit hierdie feite dat Tarras en appellant no 1
'n
homoseksuele verhouding met mekaar gehad het en dat
appellant no 1 vir Tarras
in die bresse teenoor die cor=
ledene getree het. Daarbenewens is daar die verdere
aspek, soos reeds
vermeld, dat die oorledene nie genoeë
geneem het met die appellante se
baldadige gedrag in die
sel nie. Appellant no 1 se verduideliking op die meriete
dat hy die
oorledene aangerand het omdat hy moeg geword heb
om die oorledene ( 'n
„judge" volgens hom in die 28-bende)
se onwettige bevele om ander gevangenes in die sel aan te
rand, is tereg as vals verwerp. Insgelyks is appellant
no 2 se verduideliking op die meriete dat hy die oorledene
aangerand het omdat die oorledene ('n „judge" volgens hom
in die 28-bende) hom 'n onwettige instruksie gegee het
/om
10
om met die oorledene sodomie te pleeg, tereg as vals verwerp.
Die appellante het nie ten aansien van versagtende omstandig= hede getuig
om die
verhoorhof in hul vertroue te neem waarom hulle die oorledene aangerand en
vermoor het nie.
In hierdie Hof is namens die appellante aange= voer dat die verhoorhof
fouteer het om nie versagtende om= standighede te vind aan
die hand daarvan dat
hulle aan die invloed van die gevangenis-subkultuur blootgestelis nie. In
hierdie opsig is dit dienlik om te
let op wat deur hierdie Hof in
S v Mongesi
en Andere
, 1981(3) SA 204 (A) op bl 212 B-C neergelê is:
"Hierdie Hof het reeds in ander sake daarop gewys dat die bestaan van 'n
gevangenis-subkultuur nie per se 'n versagtende omstandigheid
is nie. Waar 'n
gevangene daarop aanspraak maak dat die
/gevangenis-
11
gevangenis-subkultuur in sy geval 'n versagtende omstandigheid
is, rus die bewyslas op hom om die Hof op n oorwig van waarskynlikhede
te oor=
tuig dat die gevangenis-subkultuur in die om= standighede van sy betrokke geval
sy geestes= vermoëns of gemoedstoestand
subjektief beïnvloed het toe
hy die moord gepleeg het (Kyk
S v Peterson en Andere
,
1980 (1) SA 938
(A)
te 945)."
Hierdie passasie is met instemming in
S v Masuku and'Others
1985 (3)
SA 908
(A) op bl 915 C-D aangehaal. In laas= genoemde saak het beskuldigdes
6,7,8 en 9 wat ondergeskikte range in die Big Five-bende beklee
het op
instruksies van beskuldigde 1 wat die hoe rang van "prime minister and
searchlight" gehad het 'n mede-gevangene in 'n gevangenissel
aangerand en
vermoor. Hierdie Hof het wel wat be= skuldigdes 6,7,8 en 9 betref versagtende
omstandighede
/gevind
12
gevind aan die hand van die bewese omstandighede van daardie
saak wat egter hemelsbreed van die bewese omstandighede van die onderhawige
geval verskil.
In die onderhawige geval is daar hoegenaamd
geen getuienis dat die
gevangenis-subkultuur subjektief
enige nadelige invloed op die
geestesvermoë of gemoeds=
toestand van die appellante gehad het toe
hulle die oor=
ledene aangerand en vermoor het nie. Soos vermeld,
is geen
druk op hulle as lede van die 28-bende uit=
geoefen om die oorledene aan te
rand en te vermoor nie.
Na sorgvuldige oorweging van die bewese
omstandighede
as geheel is ek van mening dat daar in die onderhawige
geval geen feitebasis is waarvan versagtende omstandighede
/op
13
op 'n oorwig van waarskynlikhede afgelei kan word nie. Na my
mening kan dit derhalwe nie gesê word nie dat die verhoorhof verkeerdelik
tot die gevolgtrekking gekom het dat daar in die appellante se geval geen
versagtende omstandighede is nie.
Gevolglik word die appélle van die appellante teen hul doodvonnisse
afgewys.
JOUBERT AR
HEFER AR )
SMALBERGER AR ) Stem saam.