About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 204
|
|
Bosman v S (A665/2007) [2008] ZAWCHC 204 (17 May 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER A.665/2007
DATUM: 17
MEI 2008
In
die saak tussen:
THEUNISSEN
BOSMAN
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
STEYN,
WnR
:
Die
appellant in hierdie aangeleentheid was op 19 Februarie 2007 in die
streekhof Wynberg aan verkragting skuldig bevind en tot
tien jaar
gevangenisstraf gevonnis. Appellant appelleer tans teen vonnis
alleentik, nadat die Hof a
quo
op
21 September 2007 slegs verlof om te appelleer teen vonnis aan hom
verleen
het.
Wat
die misdaad betref, het dit plaasgevind in omstandighede waar die
beskuldigde die klaagster geken het. Hy het haar een aand
verkrag
terwyt sy langs haar vriend in die bed gele en slaap het. Daar was
drank betrokke die aanloop van die misdaad. Die appellant,
die
klaagster en die klaagster se vriend het almal gedrink die aand
voordat die klaagster gaan slaap het saam met haar vriend.
Terwyl
die appellant besig was om die klaagster te verkrag, het sy wakker
geword en het sy haar vriend wakker gemaak en vertel
dat die
appellant besig was om haar te verkrag. Die appellant het toe
weggehardloop. Die klaagstef het nie fisiese beserings
opgedoen nie
en daar was me getuienis van emosionele trauma nie.
Wat
vonnis betref, is dit geykte reg dat n Hot van Appel slegs sal
inmeng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof indien daar
'n
wesenlike mistasting begaan is of as die vonnis as skokkend onvanpas
beskou kan word.
In
die onderhawige geval, skryf Wet 105 van 1997 'n verpligte minimum
vonnis van tien jaar gevangenisstraf voor tensy daar wesenlike
en
dwingende omstandighede bestaan wat In afwyking van die voorgeskrewe
vonnis regverdig. Die landdros het, tydens vonnisoplegging,
bevind
dat daar nie omstandighede bestaan wat die afwyking van die
voorgeskrewe vonnis regverdig nie. Die verhoorlanddros het
wel seker
faktore, wat horn in staat sou stel om van die voorgeskrewe vonnis
af te wyk, oorweeg maar beslis dat in die omstandighede
hierdie
omstandighede slegs versagtende omstandighede was en nie die Hof
genoop het om af te wyk nie.
Daar
is egter faktore wat die landdros buite rekening gelaat het. Hy het
nie in ag geneem of genoeg waarde geheg aan die kumulatiewe
effek
van faktore, soos dat die klaagster nie beseer is nie; dat geen
wapen gebruik is nie; dat die misdaad nie beplan was nie
en dat die
klaagster geslaap het gedurende minstens 'n deel van die
verkragting. Die landdros het ook nie in ag geneem dat die
appellant
reeds ongeveer 15 maande in geheg tenis was terwyi hy
verhoorafwagtend was op die misdaad nie. Die rol van drank en
die
moontlike intoksikasie van die appellant is nie behoorlik oorweeg
nie en ook nie die feit dat hy op die ouderdom van 29 nog
'n eerste
oortreder was nie.Die landdros het die erns van die
misdaad oorbekEemtoon.
In
die lig van bogemelde omstandighede en met verwysing na ander
gerapporteerde uitsprake, is die vonnis buitensporig swaar en
skokkend onvanpas en is hierdie Hof by magte om in te meng met die
vonnis deur die
verhoorhof
opgele. Ek sal gevolglik die vonnis wysig na
een
van sewe (7) jaar gevangemsstraf.
Ingevolge
die bepalings van artikel 282 van die
Strafproseswet, word die vonnis
terugdateer
na die datum wanneer die appellant gevonnis is
in
die streekhof, naamlik 19 Februarie 2007.
STEYN,
WnR
VELDHUIZEN,
R
:
Ek stem saam, die appel slaag en die skuidigbevinding word bekragtig
en die vonnis word ter syde gestel en vervang met 'n vonnis
wat my
kollega voorstel.
VELDHUIZEN,
R