About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 203
|
|
Joubert v S (A12/2008) [2008] ZAWCHC 203 (16 May 2008)
IN
DIE
HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.
12/20008
DATUM
:
16
MEI 2008
In
die saak tussen:
SAMUEL
JOUBERT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
LE
GRANGE. R
:
Die
appellant het in die streekhof te Atlantis tereggestaan en is skuldig
bevind op 'n aanklag van onsedelike aanranding. Ingevolge
die
bepalings van artikel 51(b)(i) van die Strafregwysigingswet, 105 van
1997, is die appellant tot 'n termyn van tien jaar direkte
gevangenisstraf gevonnis. Die appellant,
met
verlof
van die Hof a
quo
kom
nou in hoer beroep
Dit
is namens die appellant aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas
het deur nie wesenlike en dwingende omstandighede te bevind
wat 'n
mindere vonnis regverdig as die voorgeskrewe vonnis nie en is die
opgelegde vonnis buitensporig swaar.
Namens
die Staat is aangevoer dat die verhoorlanddros die korrekte
benadering gevolg het en kan daar moontlik wesenlike en dwingende
omstandighede wees, maar dit is vir hierdie Hof om te bepaal, indien
nodig.
ingevolge
die bepalings van artikel 51(b)(i) saamgelees met 8ylae 2 van Deel
van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, moet 'n
hooggeregshof of
'n streekshof h eerste oortreder
r
wat skuldig bevind is aan onsedelike aanranding, op n kind onder die
ouderdom van 16 jaar waarby die toediening van liggaamlike
leed
betrokke is, tot n termyn van tien jaar gevangenisstraf vonnis tensy
daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat h mindere
vonnis
regverdig.
Die
appellant het skuldig gepleit. Die klaagster is aan hom bekend en was
8 jaar oud ten tye van die voorval Die klaagster het op
die dag van
die voorval by die ouerhuis van die appellant aangedoen om 'n
haarborsel te kom leen. Hy het haar teen 'n bed neergedruk,
sy
jeanbroek afgetrek en net geklee in sy onderbroek op en af bewegings
op die klaagster gemaak. Die klaagster het by haar bobeen
sekere
skaafwonde opgedoen wat veroorsaak was deur die appellant se
broekgespe. Die klaagster het ook by haar bolip en nek ligte
beserings opgedoen. Die appellant het erken dat hierdie beserings by
die klaagster moontlik opgedoen was toe hy op haar beweeg
het, maar
het ontken dat hy haar fisies aangerand het.
Die
verhoorlanddros in die soeke na wesenlike en dwingende omstandighede
het bevind dat ten spyte van die deeglike oorweging van
al die
persoonMke omstandighede van die appellant en die feit dat die
klaagster nie ernstige fisiese beserings opgedoen het nie,
wel
liggaamlike leed toegedien was en kon geen wesenlike en dwingende
omstandighede bevind wat 'n mindere vonnis regverdig
nie.
Die
verhoorlanddros het op bladsy 17, reel 12 tot 17 haarself soos volg
uitgedruk:
"Ek
gaan soek in die persoonfike omstandighede en in die feitte van die
saak om te kyk of ek iewers wesenlike en dwingende
omstandighede kan
kry. Die Hof het moeite gedoen om met 'n kammetjie deur alles te gaan
om te kyk of ek nie vir u op so 'n manier
genade kan betoon nie"
Op
bladsy 56, reef 24 tot 57 reel 8 van die rekord het die
verhoorlanddros die volgende gemeld:
"In
Deef III staan daar onsedelike aanranding op 'n kind onder die
ouderdom van 16 jaar, waarby die toediening van liggaamlike
feed
betrokke is, daar staan nie ernstige feed nie, daar staan ook nie
aanranding op n persoon nie, daar staan liggaamlike leed
en dit is
wat die Wetgewer ook bedoel het. Hierdie klaagster het liggaamlike
leed opgedoen en ek kan die feit dat u nie vir haar
fisies aangerand
het nie, maar dit op 'n ander manier fisies aan haar veroorsaak het,
nie as wesenlike en dwingende kenmerk nie."
Na
deurlees van die oorkonde kan ek nie met hierdie bevinding van die
verhoorlanddros saamstem nie. Ten spyte daarvan dat die
verhoorlanddros
melding maak dat al die relevante faktore met die
spreekwoordelike fynkam nagegaan was, het sy n wesenlike mistasting
begaan om
nie oorweging te skenk of die voorgeskrewe minimum vonnis,
buite verhouding met die aard en erns van die misdryf, die belange
van
die gemeenskap, die persoonlike omstandighede van die appellant
is nie, en of dit nie h onreg sal teweegbring indien die voorgeskrewe
vonnis opgele word nie. In die verband sien
S
v MALGAS
2001(1) SASV 469 (HHA) op 482e.
Die
misdryf waaraan die appellant homself skuldig gemaak het, is ernstig.
Die aard en erns van 'n misdryf en die belange van die
gemeenskap is
wesenlike faktore wat 'n verhoorhof in ag moet neem by die oorweging
van n gepaste straf, soos in sake van hierdie
aard. Hierdie
belangrike faktore moet egter nooit oorweeg word ten koste van
f
n
misdadiger se persoonlike omstandighede nie. 'n Vonnis moet ook
billik en regverdig wees en moet daar n mate van genade wees
afhangende van die omstandighede in elke saak.
Die
appellant was ten tye van die voorval 19 jaar oud en het geen vorige
veroordelings nie. Hy het tot Graad 8 op skool gevorder
en as verfwer
gewerk waar hy ongeveer R17 per uur verdien het. Hy het skuldig
gepleit en sy wandaad erken. Daar is ook geen getuienis
op rekord dat
die klaagster ernstige fisiese letsels opgedoen het as gevolg van die
voorval nie. Die aanklaer in die Hof a
quo
het
slegs gemeld dat die klaagster getraumatiseer was van die voorval.
Die
verhoorianddros het ook, na my mening, te veel gewig geheg aan die
interpretasie dat die blote toediening van liggaamlike leed,
soos
omskryf in Bylae 2 van Deel III van die Strafregwysigingswet, 105 van
1997, voldoende is om te bevind dat wesenlike en dwingende
omstandighede afwesig is. Die aanklaer het op rekord geplaas op
bladsy 52, lyn 24, tot bladsy 53, lyn 4, dat sy herhaaldelik vir
die
klaagster gevra het oor haar beserings. Die klaagster het geantwoord
dat die appellant haar nie opsetlik seergemaak het nie
en kon die
gespe die beserings aan haar liggaam yeroorsaak het.
In
ag geneem die to tali te it van al die relevante faktore ten opsigte
van vonnis, is ek tevrede dat die voorgeskrewe minimum vonnis
van
tien jaar gevangenisstraf in die omstandighede van hierdie saak buite
verhouding is tot die aard en erns van die misdryf, die
belange van
die gemeenskap en die appelant se persoonlike omstandighede en dat
die oplegging daarvan 'n onreg teweegbring
Ek
is oortuig dat in die lig van al die omstandighede in hierdie saak n
vonnis van ses jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar
gevangenisstraf opgeskort word vtr 'n periode met sekere voorwaardes
'n meer bi I like en regverdige vonnis is. In die gevolg moet
die
appel teen die vonnis slaag. Derhalwe stel ek die volgende bevel
voor:
"Die
appel teen vonnis slaag. Die opgelegde vonnis van tien jaar
gevangenisstraf word ter syde gestel en vervang met die volgende:
SES
(6) JAAR GEVANGENISSTRAF
waarvan twee
(2)
jaar
gevangenisstraf opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die
beskuidigde nie weer skuldig bevind word aan enige misdryf
waarvan n
onsedelike daad n element is, gepieeg gedurende die tydperk van
opskorting nie. Die vonnis word teruggedateer tot die
datum van
vonnisoplegging in die Hof a
quo.
GRIESEL,
R
GRIESEL.
R:
Ek stem saam. Dit word so beveel.