Thiart v S (A514/2007) [2008] ZAWCHC 201 (16 May 2008)

73 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Application for leave to appeal against conviction — Delay in filing application — Requirements for condonation — Appellant convicted of indecent assault against a minor — Court considers the explanation for the delay and prospects of success in the appeal — Condonation granted despite failure to meet formal requirements due to substantive considerations regarding the merits of the case. The appellant was convicted in the Parow Regional Court on three counts of indecent assault against a ten-year-old girl. He pleaded not guilty and claimed a relationship with the complainant's mother, with the complainant and her brother present during the incidents. After conviction, the appellant sought leave to appeal against the sentence but failed to apply within the statutory 21-day period for the conviction. He later filed a motion for condonation for the late application, citing financial constraints as the reason for the delay. The court assessed the merits of the appeal and the explanation for the delay, ultimately granting condonation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 201
|

|

Thiart v S (A514/2007) [2008] ZAWCHC 201 (16 May 2008)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been redacted
from this document in compliance with the law and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
A514/2007
Datum:
16 Mei 2008
In
die saak tussen:
MARIUS
THIART.
.....................................................................................................................................
Appellant
en
DIE
STAAT.
............................................................................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
Van
Reenen, R
Geriefshalwe
word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die
beskuldigde is in die streekhof te Parow aangekla op drie klagtes van
onsedelike aanranding. Die hoofinhoud van die eerste en
tweede
klagtes was dat hy op of omtrent 2004 en te Bellville op twee
verskillende geleenthede vir MS, die klaagster, ˊn tienjarige

dogter, onsedelik aangerand het deur haar op die eerste geleentheid
aan haar vagina te vat en daarmee te speel en dat hy op die
tweede
geleentheid haar vagina sou gelek het. Die hoofinhoud van die derde
klagte was dat die beskuldigde op of omtrent 2005 en
te Bellville die
klaagster onsedelik aangerand het deur aan haar vagina te vat.
Die
beskuldigde, wat deur ˊn prokureur verteenwoordig was, het
onskuldig gepleit en het formeel erken dat hy en die klaagster
se
moeder in 2004 en 2005 ˊn verhouding met mekaar gehad het; dat
die klaagster en haar broer beide by tye in sy geselskap
was; en dat
die klaagster toendertyd tien jaar oud was.
Nadat
die Staat getuienis aangebied en die beskuldigde self getuig het, is
hy skuldig bevind soos aangekla, en ˊn vonnis van
agt jaar
gevangenisstraf opgelê. Die beskuldigde se aansoek vir verlof
om teen sowel die skuldigbevinding as die vonnis wat
hom op gelê
was, te appelleer, is geweier, wat betref die eersgenoemde, maar
toegestaan wat betref die laasgenoemde.
Beskuldigde
het nie binne 21 dae nadat verlof om teen die skuldigbevinding te
appelleer – wat op 17 Julie 2007 geweier was
– aan
hierdie Hof gepetisioneer vir verlof om ook daarteen te appelleer
nie, soos wat deur artikel 309C van Wet 51 van 1977
(waama hierna as
"die Strafproseswet" verwys sal word) vereis nie.
Hy
het op 1 April 2008 ˊn kennisgewing van mosie by hierdie Hof
geliasseer waarin hy verlof vra om teen sy skuldigbevinding
te
appelleer en kondonasie vir die laat liassering daarvan aanvra.
Die feit dat die statutêr
voorgeskrewe periode van 21 dae verstryk het, staan myns insiens nie
in die weg van ˊn oorweging
van die aansoek nie, omdat artikel
309C(2)(b)(ii) van die Strafproseswet bepaal dat daardie tydperk
verleng kan word vir gegronde
redes, uiteraard, onderhewig aan die
voldoening aan die gebruiklike bewysdrempels wat deur die howe gestel
word, by ˊn aansoek
vir kondonasie, naamlik, ˊn aanvaarbare
verduideliking vir die versuim asook bewys van ˊn redelike
vooruitsig van sukses
in die beoogde verrigtinge.
Die
beskuldigde het weliswaar nie ˊn afsonderlike versoekskrif
geliasseer nie, maar het die aansoek om kondonasie en die aansoek
vir
verlof om te appelleer in een gerol. Dit sou myns insiens uiters
spitsvondig wees om die aangevraagde regshulp te weier slegs
vanweë
ˊn aandrang op die nakoming van ˊn bloot formele vereiste,
naamlik, die beskrywing en vorm van die aansoek.
Die
beskuldigde se verduideliking vir die laat liassering van die aansoek
vir verlof om teen sy skuldigbevinding te appelleer is
ˊn gebrek
aan middele wat hy beweer oorkom is deurdat hy finansiële
bystand van sekere familielede ontvang het. Die getuienis
by die
verhoor was dat hy ongeveer R7 000 netto per maand verdien. Daar is
geen besonderhede voor hierdie Hof geplaas wat die koste
verbonde aan
die transkribering van die oorkonde van die verhoor nie asook wat die
koste van die voortsetting van die appel is
nie. Daar is ook geen
aanduiding van watter bedrag van sy maandelikse salaris vir
diskresionêre besteding beskikbaar is nie.
Die
feitebewerings in sy eedsverklaring is egter nie deur die Staat in
geskil geplaas nie. Alhoewel die verduideliking vir die vertraging

nie besonder oortuigend is nie, word dit aanvaar dat die
oortuigingskrag van die een element die onvoldoendheid van die ander
kan aanvul.
Daardie
oorweging noodsaak dan dat die beskuldigde se vooruitsigte om
suksesvol te wees met die aansoek vir verlof om teen sy
skuldigbevinding
te appelleer deur hierdie Hof oorweeg sal moet word
in die beslissing van die kondonasie-aansoek.
Die
klaagster in die onderhawige saak was nie alleen ˊn jeugdige nie
(sy was tien jaar oud toe die beweerde misdryf gepleeg
was en 12 jaar
by die aanvang van die verhoor) maar was boonop ˊn enkelgetuie.
Verder het die klaagster se moeder getuig dat
sy op ˊn vroeë
ouderdom vir haar aanhoudend valslik beskuldig het dat sy en ˊn
vriend van haar naak saam sou geslaap
het en ook aanhoudend daarop
aangedring het dat sy en die beskuldigde mekaar in haar
teenwoordigheid moes soen. Op sterkte daarvan
het sy vermoed dat die
klaagster alreeds op ˊn vroeë stadium van haar lewe
blootgestel was aan die een of ander ervaring
van ˊn seksuele
aard. Die klaagster se eie vader is deur haar verdink. Sy het ook
getuig dat sy ˊn oortuigende aktrise
was en dit was waarskynlik
die rede waarom sy (die moeder) aanvanklik die klaagster se
beskuldigings teen die beskuldigde in twyfel
getrek het.
Die
klaagster self het getuig dat sy nie wou gehad het dat die
beskuldigde en haar ma moes saam wees nie. Dit verskyn in die
oorkonde
op bladsy 28, reëls 21 tot 25, ˊn feit wat
sydelings bevestig word deur haar moeder se getuienis dat die
klaagster en
die beskuldigde se verhouding "katterig" was.
Die
bogenoemde faktore, wat nie voorgee om h geslote lys te wees nie, dui
daarop dat die onderhawige by uitstek ˊn geval is,
soos voorsien
word in
S v J
1998 (4) SASV 424 (HHA) te 430H waar die feite
van die saak vir toepassing van die versigtigheidsreël smeek.
Die
Verhoorlanddros het weliswaar die statutêre vereistes vir ˊn
skuldigbevinding, op die getuienis van ˊn enkelgetuie
aangestip
en op sterkte van ˊn – na my mening ietwat verwronge
siening van die reg daaromtrent – ˊn mening
uitgespreek
oor die klaagster se bevoegdheid as getuie, maar het nie uitdruklik
enigiets oor die toepaslikheid van die versigheidsreël
in so h
geval gesê nie. Sy het wel genotuleer dat die klaagster ˊn
kind was, maar "dat daar geen sake is wat sê
dat ek baie
meer versigtig moet wees met ˊn kind se getuienis nie". Sy
het verder ook gesê "dat daar ˊn
saak is" wat sê
dat sy versigtig moet wees as dit aangedui is in die betrokke saak.
Dit was waarskynlik ˊn verwysing
na
S v J
(supra).
Die
voormelde is die somtotaal van aandag wat deur die landdros aan die
toepassing van die versigtigheids reël verleen was.
Dit
skyn voor-die-hand-iiggend te wees dat die versigtigheidsreël
nie ˊn regsreël is nie en ook nie die bewyslas
in ˊn
strafsaak op enige wyse beinvloed nie.
Die
versigtigheidsreël dank sy ontstaan aan ˊn besef aan die
kant van regters en landdroste dat daar in besondere gevahe

omstandighede teenwoordig mag wees wat ˊn skuldigbevinding
gebaseer op ˊn onkritiese aanvaarding van ˊn getuie se

weergawe riskant mag maak byvoorbeeld, die beïnvloedbaarheid en
verbeeldingrykheid van jeugdiges en dat dit deurentyd in die

bantering en beoordeling van die getuienis voor oë gehou moet
word. (Sien in dié verband
S
v M
1992 (2) SASV 188
(W) te 193c–e.)
In
sulke gevalle word daar gesoek vir bevredigende aanduidings wat op
die betroubaarheid van die getuienis dui en die risiko van
ˊn
foutiewe skuldigbevinding verkiein. (Sien byvoorbeeld Hofmann &
Zeffert,
South African Law of Evidence
, 4e uitg. te 580.) Die
versigtigheidsreël vereis egter nie dat getuienis kritiekloos
moet wees nie, maar slegs dat "it
is substantially satisfactory
in all material respects … or is corroborated". (Per
Leon, R in
S v Ganei
1967(4) SA 203 (N) te 206A.)
Die
benadering van ons howe is dat daar nie slegs lippediens aan die
inhoud van die reël betoon moet word nie, maar dat dit
uit die
hantering en beoordeling van die getuienis moet blyk dat die Hof
inderdaad die getuienis met die nodige versigtigheid benader
en
beoordeel het. (Sien
S v F
1989 (3) SA 845
(A) te 852A–853C.)
Dit
blyk uit die klaagster se getuienis dat geen persone ander dan sy en
die beskuldigde teenwoordig was toe die misdrywe waarvan
die
beskuldigde beskuldig word, gepleeg sou gewees het nie. Omdat die
situasies waarin die misdrywe gepleeg sou gewees het van
so ˊn
aard was dat dit sigself onbepland kon voorgedoen het vanweë die
klaagster en die beskuldigde se blootstelling
aan mekaar in ˊn
huislike opset, was daar geleentheid vir die pleging van die
misdrywe, waarvan die beskuldigde beskuldig
word. Gevolgiik is die
enigste vraag of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die
beskuldigde inderdaad die dade gepleeg waarvan
hy beskuldig word. Wat
dit betref is daar twee lynreg botsende weergawes.
Die
landdros se poging om steun vir die konsekwentheid van die klaagster
se weergawe te vind in "die verslag wat ingegee is"

wat klaarblyklik ˊn verwysing was na die verslag van die
sogenaamde forensiese maatskaplike werkster, TE – was

ondeugdelik vir die eenvoudige rede dat dit hoegenaamd nie voldoen
aan die algemeenbekende vereistes vir die toelaatbaarheid van
ˊn
eerste klagte by ˊn seksuele misdryf nie (sien in dié
verband C W H Schmidt & R Rademeyer,
Law of Evidence
,
paragraaf 14.4 te bladsy 14/11 en verder), sodat wat ook al die
klaagster aangaande die beweerde insident sou gesê het,

ontoelaatbare hoorsê was. In soverre daar gepoog mag word om op
die klaagster se rapport aan haar moeder as eerste klagte
te steun,
hou dit ook nie water nie. In die eerste plek, omdat dit nie uit die
aangebode getuienis duidelik is hoe lank na die
plaasvind van die
gewraakte gebeure die ontlokte rapport gemaak was nie.
Dit
was egter vanuit die getuienis duidelik dat die klaagster se moeder
in die nabyheid was tydens die gebeure wat die onderwerp
van die
eerste klagte vorm, asook kort na die gebeure wat die onderwerp van
die tweede en derde klagtes vorm en dat die klaagster
geen rapport
aan haar gemaak het of enige waarneembare teken van ontsteldheid
geopenbaar het nie.
In
die tweede plek is daar, heel tereg, nie in die uitspraak enige steun
geplaas op die klaagster se klagte aan haar moeder nie.
Dit is nie
verbasend nie, omdat ook dit nie aan die welbekende vereiste dat ˊn
eerste klagte toelaatbaar is slegs indien dit
by die eerste redelike
geleentheid na die gebeure gemaak word, voldoen nie.
Gevolglik
kon daar nie enige bevinding gemaak geword het aangaande die
konsekwentheid van die klaagster se weergawe nie en kon dit
op sy
beurt ook nie haar geloofwaardigheid onderskraag het nie. (Sien in
dié verband
S v Hammond
2004 (2) SASV 303 (HHA)
te 313h.) Gevolglik staan die klaagster se getuienis aangaande die
beweerde dade van onsedelike aanrandings
stoksielalleen en, soos
reeds gesê, is daar twee lynreg botsende weergawes daaromtrent.
Die landdros het twee-derdes van
haar uitspraak gewei aan die oorweging van die klaagster se
betroubaarheid as getuie en ongeveer
1/18de, dit wil sê, tien
getikte reëls, aan die beskuldigde se weergawe en het op sterkte
daarvan uitdruklik die klaagster
se getuienis aanvaar en by
noodwendige implikasie die beskuldigde se weergawe verwerp.
In die oorweging van die
klaagster se betroubaarheid, het die landdros op verskeie aspekte
gefokus waarmee daar kortliks hieronder
gehandel sal word. Die
werkswyse wat deur die landdros gevolg was, was om norme van
onbekende herkoms te skep en dan relevante
gedeeltes van die
klaagster se getuienis daarteen te toets. Eerstens, is daar gekyk na
die detail wat die klaagster gegee het.
Die gevolgtrekking is gemaak
(sonder om enige voorbeelde te verskaf van dit waarop daar gesteun
was) dat indien die klaagster haar
storie sou opgemaak het, sy nie
soveel detail sou kon verskaf het nie. My eie indruk by die deurlees
van die oorkonde was juis
die oppervlakkigheid en die karigheid van
besonderhede van presies hoe en wat die beskuldigde dit waarvan hy
beskuldig word, op
die verskillende geleenthede sou gedoen het.
Tweedens, het die landdros gekyk na die klaagster se vermoë om
die gebeure in
samehang te kan plaas en tot die gevolgtrekking kom
dat die klaagster se vermoë om elkeen van die drie voorvalle in
ˊn
behoorlike samehang te plaas aanduidend was van haar
betroubaarheid. Soos alreeds vroeër aangestip is, kon die
situasies waarin
die gewraakte gebeure hulself afgespeel het, hulself
van tyd tot tyd spontaan voorgedoen het in die familie-opset en het
dit weinig
probatiewe waarde.
Dieselfde
geld vir die derde faktor wat deur die Hof in oorweging geneem is,
naamlik, die afwesigheid van enigiets ongewoond omtrent
die voorvalle
en die volgende moeilik verklaarbare gevolgtrekking waartoe geraak
is:
"… indien daar
besondere detail vir ons gewees het wat iets snaaks was, wat sy ook
ingebring het, sou dit ook vir ons
kon sê sy onthou ˊn
spesifieke voorval en dit sou behulpsaam wees, maar in hierdie geval
was dit nie. Sy het nie baie
van daardie goed gegee nie."
(Oorkonde bladsy 92, reëls 19 tot 13.)
Met
die beste wil in die wêreld kon ek nie enige sin maak uit
daardie aanhaling nie.
Die
vierde aspek wat op sterkte van ˊn weereens ongefundeerde
stelling oorweeg was:
"Indien ˊn kind iets
van hierdie aard sou opmaak, dan sou ons van daardie kind verwag dat
sy ook vir ons ˊn prent
sou teken van ˊn persoon wat wreed
is, van ˊn persoon wat nie lekker is nie, ˊn persoon
waarvan ons kan verwag daardie
persoon hierdie soort goed doen, is
die klaagster se verhouding met die beskuldigde, maar sy dit nie
gedoen het nie, maar gesê
dat haar verhouding met horn goed was
en dat sy eintlik nie baie probieme met horn gehad het nie en daar
gevolglik nie ˊn
rede was om te glo dat sy gesê het omdat
sy nie probeer het om die prentjie erger te maak as wat dit was nie."
(Rekord,
bladsy 92, reëls 13 tot 19.)
Nie
alleenlik is dit moeilik om die logika van die aangehaalde passasie
te volg nie, maar volgens die klaagster se moeder was die
verhouding
van die beskuldigde en die klaagster in werklikheid nie sleg nie. Dit
is moeilik om te verstaan hoe die weergee deur
die klaagster aan haar
moeder haar betroubaarheid op enige wyse kon versterk het.
Die
vyfde aspek wat deur die landdros oorweeg is, was dat indien die
klaagster ˊn opgemaakte storie sou wou vertel het, slegs
een
insident voldoende sou gewees het ten einde haar doel te bereik en
dat die feit dat sy drie verskillende voorvalle kon beskryf
en detail
daaromtrent kon verskaf, aanduidend is daarvan dat haar getuienis
betroubaar is. Weereens, soos voorheen, word die beoordeling
van
betroubaarheid van die klaagster aan die hand van ˊn
selfgeskepte norm beoordeel en oortuig dit hoegenaamd nie.
Die
alleen is die landdros se bevinding dat die klaagster se getuienis
betroubaar is, op onoortuigende gronde gebaseer nie, maar
daar is
aspekte wat, myns insiens, nadelig daarop inwerk wat óf deur
haar geïgnoreer was óf uit die oog verloor
was. Die
volgende is voorbeefde en gee nie voor om ˊn geslote lys te wees
nie. Eerstens, die voor-die-hand-liggende onversoenbaarheid
van die
klaagster se moeder se getuienis oor die positiewe aard van die
verhouding tussen die klaagster en die beskuldigde –
soos wat
dan ook deur die Hof bevind was – en die latere buitensporige
vrees wat deur haar geopenbaar is, soos aanvanklik
deur die aanklaer
en die sosiale werkster geartikuleer was, tesame met die klaagster se
aanvanklike halsstarrige houding in die
hof aangaande die afle van
getuienis.
Tweedens,
die klaagster se weergawe ten opsigte van die eerste klagte. Sy het
aanvanklik getuig dat "ons elkeen vir ons ˊn
kombers"
gaan haal het. (Rekord bladsy 22, reëls 3 tot 5), maar sy het in
kruisondervraging gesê dat die beskuldigde
vir haar sou gesê
het om die kombers te gaan haal. (Rekord 33, reëls 25 tot bladsy
34, reël 1.)
Dit
is ook moeilik verstaanbaar waarom die klaagster, wat verskeie kere
deur haar moeder aangesê was om te gaan slaap en gedagtig
aan
die beeld wat deur haar ma en ouma geskep is, naamlik, dat sy
haarself kan laat geld, sy dit nie as ˊn kans benut het
om van
die beskuldigde weg te kom nie. Toe die klaagster deur die aanklaer
gevra was waarom sy nie vir haar ma vertel het nie,
het sy gesê
dat die beskuldigde gesê het dat sy dit nie moes doen nie en
het net terloops bygevoeg dat hy ook ˊn
pistool gehad het,
waardeur ˊn versluierde innuendo van vrees van die beskuldigde
weergegee was.
Dit
is moeilik om daardie getuienis te versoen met haar latere getuienis
(Rekord 38, reëls 6 tot 9) dat sy eers na die derde
insident vir
die beskuldigde bang geraak het. ˊn Verduideliking wat die
klaagster gegee het vir haar versuim om vroeër
by haar ma te
gaan kla het, is dat sy toentertyd nie geweet het wat dit was wat die
beskuldigde aan haar sou gedoen het nie. Daardie
getuienis rym glad
nie met die klaagster se moeder en ouma se getuienis dat dit deur
hulle by die klaagster en haar broertjie ingeprent
was dat hulle nie
moes toelaat dat enigiemand aan hulie privaatdele vat nie en dat dit
aan hulle verduidelik was wat om daaromtrent
te doen, soos
byvoorbeeld Child Life te bel.
Derdens,
die klaagster se weergawe van wat by die tweede geleentheid sou
gebeur het. Die klaagster gee slegs minimale feite van
die aanloop
tot en die plaasvind van daardie insident. Daar word, byvoorbeeld,
nie gesê of sy alreeds geslaap het nie; of
sy komberse oor haar
gehad het of daarop gele het nie; hoe die beskuldigde te werk sou
gegaan het om haar te ontklee; wat haar
reaksie daartydens of daarna
was nie en wat sy daarna sou gedoen het nie, byvoorbeeld, wanneer
haar klere weer aangetrek was en
deur wie. Wat ons wel weet is dat
toe sy in hoofgetuienis gevra was of die beskuldigde enigiets voor of
na die voorval gesê
het, het sy “Nee” geantwoord
(Rekord 27, reëls 12 tot 13) en dat sy, toe sy daaromtrent
gekruisvra was, gesê
het dat die beskuldigde, voor hy begin
het, vir haar sou gesê het dat sy niks moet sê nie anders
kom hy in "die
skel" by die polisie (Rekord bladsy 42, reël
24 tot bladsy 43 reël 9). Weereens het sy nie vir haar ma vertel
van
wat sou gebeur het nie. Vierdens, die betroubaarheid van die
klaagster se weergawe ten opsigte van die derde gebeurtenis: Die
klaagster
het getuig dat sy vanweë die twee vorige insidente "ˊn
bietjie banger" vir die beskuldigde geraak het. In weerwil

daarvan, sê sy, dat sy uit haar eie en sonder bystand vanaf die
passasier se sitplek oorgeskuif het om op die beskuldigde
se skoot te
gaan sit. Dit is moeiik om daardie optrede – indien waar –
te rym met haar weergawe dat die beskuldigde
haar voorheen op twee
geleenthede onsedelik sou aangerand het nie.
In
die lig van die voorgaande, is ek van mening, dat daar ten minste
twyfel by die landdros moes bestaan het aangaande die vraag
of die
klaagster se getuienis in alle opsigte substansieel bevredigend was
en of die staatsaak aan die vereistes van die reëls
van
versigtigheid voldoen het.
Indien
ek wat dit betref sou fouteer, is daar myns insiens ˊn verdere
basis waarop daar met die skuldigbevinding ingemeng kan
word. Die
landdros het soos volg met die beskuldigde se weergawe in haar
uitspraak gehandel:
"Ek
moet nie net na haar getuienis kyk nie. Dit is die mees belangrikste
getuienis, maar ek moet ook na al die ander getuienis
kyk sowel as u
getuienis en in verband met u getuienis is dit net algehele
ontkenning van die beweerde misdade en daar is nie veel
ander
getuienis wat die Hof kan behulpsaam wees in u getuienis want u erken
meeste van die goed wat die kind gesê het behalwe
vir die
seksuele dade. U erken die omstandighede, die konteks, die
verhoudings. U sê net dat dit nie gebeur het nie. In die
lig
van wat die kind vir ons gesê het, is daar geen twyfel by die
Hof dat dit wel gebeur het nie en dit het wel gebeur soos
sy vir die
Hof verduidelik het en dit dus is u skuldig bevind aan die klagtes
van onsedelike aanranding.”
Dit
kom voor uit die wyse waarop die landdros se uitspraak ten opsigte
van die skuldigbevinding geformuleer is dat sy die klaagster
se
getuienis as die mees belangrike beskou en ook behandel het en die
indruk word verwek dat sy die beskuldigde se ontkenning as

onvoldoende afgemaak het. Dit is opsigtelik dat dit beskryf word as
“net ˊn algehele ontkenning" asook "u

net dat dit nie gebeur het nie". Die gebruik van die woord "net"
het In die konteks beteken "alleen"
of "slegs" en
is vatbaar vir die afleiding dat dit nie voldoende was nie. Dit is
algemeen aanvaarde reg dat die skuld
van ˊn beskuldigde
beoordeel moet word in die lig van die totaliteit van die aangebore
getuienis en nie gekompartementaliseerd
of fragmentaries nie. (Sien
S
v Trainor
2003 (1) SASV 35 (HHA) te para. [8].)
Dit
is duidelik dat die landdros dit nie gedoen het nie, maar die
beskuldigde se weergawe verwerp het slegs op die basies van "die

mees belangrike getuienis" van die klaagster wat sy geglo het
sonder om te oorweeg het of die beskuldigde se ontkenning nie
tog
redelik moontlik waar kon wees nie. Om op sy vryspraak geregtig te
gewees het, was dit nie vir die beskuldigde nodig gewees
om die Hof
te oortuig het dat hy ˊn geloofwaardige getuie was nie, maar
slegs dat sy weergawe redelik moontlik waar kon wees.
Anders
as in die geval van die klaagster, het die landdros nie enige pogings
aangewend om die beskuldigde se getuienis te ontleed
nie. Behalwe dat
die landdros by noodsaaklike implikasie sy weergawe verwerp het, is
daar nie spesifieke geloofwaardigheidsbevindings
ten opsigte van
enige spesifieke aspek van die beskuldigde se getuienis gemaak nie:
nog minder was daar enige nadelige gedragsbevindings.
Die
beskuldigde het getuig en is redelik deeglik deur die Staat
gekruisvra. ˊn Noukeurige bestudering van sy getuienis toon
nie
enige interne weersprekings of onversoenbaarhede nie. Dit versterk
natuurlik die afleiding dat die landdros sy getuienis verwerp
het
bloot omdat dit onversoenbaar is met die van die klaagster. Anders as
in die geval van die klaagster, is daar nie enige weersprekings
of
ander twyfelwekkende aspekte in die beskuldigde se getuienis nie.
In
die omstandighede is dit moeilik denkbaar dat die landdros op enige
rasionele basis die beskuldigde se getuienis kon verwerp
het en die
van die klaagster kon aanvaar het. In die omstandighede kon die
landdros, myns insiens, nie bevind het dat die beskuldigde
se
weergawe nie redelik moontlik waar kon wees nie. Dit noop my –
ten spyte van die feit dat ek deeglik bewus is van hoe
moeilik dit is
om ˊn ex tempore-uitspraak te gee – my stem toe te voeg
tot dié van my kollega Yekiso, R wat in
S
v K
2008 (1) SASV 84
(K) te 86f–g die volgende gesê het:
"The
complainants in matters of this nature unfortunately happen to be the
most vulnerable members of our society. But …
the
vulnerability of this section of our society should not be allowed to
be a substitute for proof beyond reasonable doubt or
to cloud the
threshold requirement of proof beyond reasonable doubt. Judicial
officers ought to and are expected to evaluate evidence
properly and
objectively as a whole and against all probabilities in order to
arrive at a just and fair conclusion. Anything short
of this test, is
nothing other than [a] miscarriage of justice."
Dit
volg logies uit die voorgaande dat ek van mening is dat die
beskuldigde voldoen het aan die vereistes vir kondonasie vir die
laat
Itassering van sy aansoek vir verlof om teen sy skuldigbevinding te
appelleer. Gevolglik word daardie
AANSOEK TOEGESTAAN EN WORD DIE
BESKULDIGDE VERLOF VERLEEN OM OOK TEEN SY SKULDIGBEVINDING TE
APPELLEER
.
Aangesien
die meriete van die appèl as deel van die aansoek om
kondonasie en die aansoek vir verlof om te appelleer geargumenteer
en
oorweeg is, is dit nie nodig om weer van meet af aan daaroor te besin
nie. Gevolglik word die appèl teen
DIE SKULDIGBEVINDING
GEHANDHAAF EN WORD DIE SKULDIGBEVINDING VAN DIE BESKULDIGDE OP DIE
DRiE KLAGTES VAN ONSEDELIKE AANRANDING ASOQK
DIE VONNIS WAT HOM TEN
OPSIGTE DAARVAN OPGELÊ IS, TER SYDE GESTEL
.
Ten
slotte vind ek dit nodig om net die volgende by te voeg vir die
voordeel van die landdros. Ek vind dit nodig om die landdros
se
aandag daarop te bevestig dat die wyse waarop die die toepaslikheid,
al dan nie, van die bepalings van die Strafregwysigingswet,
105 van
1997, deur haar hanteer was, ˊn erge onreëlmatigheid was en
dat die ondersoek daarna of ˊn getuie tussen
die waarheid en ˊn
leuen kan onderskei meer deurtastend gedoen moes geword het. So ook
die ondersoek daarna of die klaagster
die aard en strekking van die
eed of bevestiging verstaan het, soos wat uiteengesit word in onder
andere die saak van
S v N
1962 (2) SA 225
(C).
…....................................................................................................
.........................................................

..........................................................................................................................
VAN
REENEN, R
STEYN, WnR
:
Ek stem saam:
….............................................................................................................................................................

............................................................................................................................
STEYN,
WnR