About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 199
|
|
Muller v Padongelukfonds (A26/2008) [2008] ZAWCHC 199 (16 May 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.26/2008
DATUM
:
16
MEI 2008
In
die saak tussen:
YOLANDA
DOROTHY-ANN MULLER
NICK
MULLER
Bygestaan
deur hulle moeder en voog
MARIA
MULLER
AppelIante
(Eisers)
en
DIE
PADONGELUKFONDS
Respondent
(Verweerder)
U1TSPRAAK
FOURIE,
R
:
Die
eisers, bygestaan deur hulle moeder en voog, het in die landdroshof
te Worcester skadevergoeding van verweerder gevorder, voortspruitend
uit h botsing op 8 Augustus 2003 waartydens hulle biologiese vader
noodlottig beseer is. Ten tyde van die botsing het die oorledene
per
fiets gery en is hy deur die versekefde voertuig, bestuur deur mnr J
W Rabe, raakgery.
Die
partye het ooreengekom - en dit is so deur die landdros beveef - dat
die meriete van die aksie eerste aangehoor word. Na aanhoor
van
getuienis het die landdros die eisers se eis met koste van die hand
gewys. Die eisers kom nou in hoSr beroep teen hierdie bevel
van die
ianddros.
Die
eisers se vordering is vir betaling van skadevergoeding gely weens
die dood van hulle broodwinner-vader. Hulle moeder het uiteraard
nie
op enige wyse bygedra tot die ptaasvind van die betrokke botsing nie
en is eisers se eis ook nie vatbaar vir vermindering weens
enige
bydraende nalatigheid van hulle vader nie. indien die eisers dus die
spree kwoord el ike 1 % nalatigheid aan die kant van
die versekerde
bestuurder kan bewys, moet hulle slaag met hulle vorderings teen
verweerder.
Die
omstandighede waarin die betrokke botsing ptaasgevind het, kan
kortliks as volg saamgevat word. Op die betrokke dag om ongeveer
7:00
voormiddag, terwyl dit nog donker was, het beide die oorledene op sy
fiets en die versekerde voertuig, in 'n noordelike rigting
beweeg.
Die fiets het voor die versekerde voertuig gery op die teerpad, met
een baan vir verkeer wat in 'n noordelike rig ting
beweeg en een baan
vir verkeer in die teenoorgestelde rigting.
'n
Motorvoertuig het die versekerde voertuig vanuit die teenoorgestelde
rigting genader, met die gevolg dat die versekerde bestuurder
sy
voertuig se ligte gedomp het, waarna die aankomende voertuig se ligte
ook gedomp is. Volgens die versekerde bestuurder, was
sy uitsig deur
die ligte van die aankomende voertuig belemmer en was sy uitsig
gevolglik beperk. Hy het egter voortbeweeg en op
die oomblik wat hy
en die aankomende voertuig by mekaar verby beweeg het, het hy die
oorledene ongeveer drie meter voor sy voertuig
in die pad gesien. Hy
het remme aangeslaan, maar dit was te laat om die botsing te vermy.
Dit
is duidelik aan die hand van die voormeJde beskrywing, asook die
getuienis van die versekerde bestuurder, dat hy sy voertuig
bestuur
het teen 'n spoed wat dit vir horn onmoontlik gemaak het om die
voertuig tot stilstand te bring binne die reikafstand van
sy beperkte
uitsig. Die vraag wat dus beantwoord moet word, is of die versekerde
bestuurder in die gegewe omstandighede nalatig
was, deur teen h spoed
te bestuur wat hom verhoed het om die voertuig binne die reikafstand
van sy uitsig tot stilstand te kon
bring.
Daar
is geen regsreel wat die bestuurder van 'n motorvoertuig verplig om
dievoertuig te bestuur teen 'n spoed wat hom of haar in
staat sal
stet om binne die reikafstand van sy/haar uitsig te stop nie. Anders
gestef, daar is geen regsreel dat n bestuurder wat
'n voertuig
bestuur teen In spoed waarteen by of sy nie binne die reikafstand van
sy of haar uitsig kan stop nie, nalatig is. Sien
in die aigemeen
MANDERSON
v CENTURY INSURANCE COMPANY LIMITED
1951(1) SA 533 (A) en
S
v VAN DEVENTER
1963(2) SA 475 (A).
In
ROAD
ACCIDENT FUND v LANDMAN
2003{1) SA 610 (K) stel THRING, R dit as volg te 617B-D:
"Now,
there are undoubtedly times when and circumstances in which driving
at a speed which is such that it renders it impossible
for the driver
to stop within the range of his vision, will not per se render him
guilty of negligence. This may be so whether
the resulting collision
is with an obstacle, object or person whose presence in the road
would not have been foreseen by a reasonable
driver in the prevailing
circumstances. It seems to me that the foreseeability of the presence
in the road of the object or person
with which or with whom the
vehicle collides, is the key factor in determining whether or not it
was negligent for the driver to
drive at a speed from which he could
not bring his vehicle to a standstill within the range of his vision,
or which rendered impossible
any other appropriate avoiding action."
Daar
moet dus gelet word op die besondere feite van hierdie saak ten einde
te bepaal of die versekerde bestuurder in die gegewe
omstandighede
nalatig was. Dit is insiggewend om aanvanklik te let op die getuienis
van die versekerde bestuurder dat hy, toe sy
uitsig belemmer was deur
die Mgte van die aankomende voertuig, ongeveer 70 tot 80 kilometer
per uur gery het. Toe dit in kruisverhoor
aan hom gestel is dat hy te
vinnig gery het om binne die ligkring wat sy voertuig uitgestraai
het, te kon stop ten einde 'n botsing
te vermy en hy dus stadiger
moes gery het, het hy geantwoord met die volgende teenvraag:
"Doen
u dit, mag ek vir u dit vra, doen u dit?''
Daarna
voeg hy by:
"En
ek gebruik n pad wat ek tussen 70 en 80 kilometer per uur gery het en
daarby volstaan ek."
Dit
is verder, na my mening, insiggewend om daarop te let dat n voertuig
teen 'n sneiheid van 70 tot 80 kilometer per uur
p
minstens
20 meter per sekonde beweeg. Indien 'n vinnige bestuurdersreaksietyd
van, se een sekonde, daarby gevoeg word, sal die bestuurder
van 'n
voertuig teen hierdie spoed minstens 40 meter benodig om die voertuig
tot stilstand te bring. Dit kan dus verstaan word
waarorn die
versekerde bestuurder hierdie oggend homself in 'n dilemma bevind
het. Hy het eenvoudig te vinnig gery om, toe hy die
fietsryer gesien
het, sy voertuig tot stilstand te bring alvorens hy met die fietsryer
gebots het.
Soos
reeds gemeld, is die kardinale vraag of die redelike persoon in die
versekerde bestuurder se posisie, sou voorsien het dat
hierdie
fietsryer voor horn in die pad kon wees en
r
n
botsing met die fietsryer kon ptaasvind. Na my mening moet hierdie
vraag bevestigend beantwoord word, veral in die lig van die
volgende
omstandighede: Eerstens, die versekerde bestuurder was goed bekend
met die area aangesien hy daar naby gewoon het.
Hy
het toegegee dat fietsryers en voetgangers tot sy kennis hierdie pad
gebruik het. Hy het ook toegegee dat dit heel moontlik was
dat Vi
fietsryer die betrokke oggend op die pad kon gewees het en dat hy
daarop bedag moes gewees het. Dit is ook nie vreemd
dat fietsryers
hulle op openbare paaie begewe met donker klere aan en met fietse
sonder voldoende ligte of weerkaatsers nie.
Tweedens,
die betrokke pad was in donkerte gehul. Daar is geen geboue of
beligting in die omgewing nie. Dit is ook n teerpad waarop
'n
voorwerp in die donkerte moeiliker sigbaar sou wees. Die fiets sou
dus nie maktik waarneembaar wees nie.
Derdens,
in die area waar die botsing plaasgevind het, is die teerpad sma) en
sonder skouers. Die gevaar van 'n botsing tussen 'n
motorvoertuig en
n fiets wat in dieselfde rigting op hierdie smal gedeelte van die pad
beweeg, sou dus groot wees. 'n Redelike
bestuurder sou ook besef het
dat indien daar 'n voorwerp in die ryvlak voor die voertuig sou wees,
sy of hy nie na regs sou kon
uitswaai nie, aangesien dit 'n botsing
met die aankomende voertuig tot gevolg sou he. Dit blyk ook nie "n
oplossing te wees
om na links uit te swaai nie, aangesien dit die
versekerde voertuig op die grond- en grasskouer sou laat beland met
gepaardgaande
verdere gevaar.
Vierdens,
die aankomende voertuig se ligte het die bestuurder van die
versekerde voertuig se uitsig belemmer en aangesien hy sy
eie
voertuig se ligte ook gedomp het, het dit sy uitsig verder belemmer.
Vyfdens, volgens die versekerde bestuurder was hy bewus
daarvan dat
die wind die oggend gewaai het, met gevolg dat die fietsryer nie sou
kon hoor dat die voertuig horn van agter genader
het en dus nie sou
gepoog het om uIt die pad van die voertuig te kom nie. Volgens die
versekerde bestuurder was hy van mening dat
die fietsryer waarskynlik
eerder op die aankomende voertuig gekonsentreer het.
Ek
is van oordeel dat die redelike bestuurder in die gegewe
omstandighede nie aileen die teenwoordigheid van die fietsryer sou
voorsien het nie, maar ook dat indien hy of sy sou bestuur teen n
spoed waarteen die voertuig nie binne die reikafstand van die
bestuurder se uitsig kon stop nie, 'n botsing met die fietsryer sou
kon plaasvind.
Ek
is verder van oordeel dat die redeiike bestuurder in die gegewe
omstandighede die versekerde voertuig se spoed dienooreenkomstig
sou
verminder het ten einde te verseker dat die voertuig we! binne die
reikafstand van die uitsig van die bestuurder tot stilstand
gebring
kon word.
Ek
is ook van mening dat indien laasgenoemde nie moontlik sou wees nie,
die redelike bestuurder in hierdie omstandighede dit selfs
sou
oorweeg het om die versekerde voertuig tot stilstand te bring ten
einde die aankomende voertuig toe te laat om verby te beweeg.
Daarna
kon die versekerde voertuig se ligte weer op helder geplaas word ten
einde te verseker dat voorwerpe in die pad makliker
waarneembaar sou
wees. Dit moet in hierdie verband in gedagte gehou word dat die
getuienis toon dat daar op die tydstip slegs hierdie
enkele
aankomende voertuig was en dat 'n maneuver van die laasgenoemde aard
waarna ek verwys het, dus me baie tydrowend sou wees
nie.
Ek
bevind derhalwe dat die versekerde bestuurder in die gegewe
omstandighede versuim het om aan die vereiste standaard van 'n
redelike
bestuurder te voldoen en hy derhalwe nalatig was, welke
nalatigheid die betrokke botsing tot gevolg gehad het. Soos reeds
gemeld,
is enige bydraende nalatigheid van die oorlede fietsryer
regtens irrelevant.
Dit
volg dus dat die landdros fouteer het deur te bevind dat daar geen
nalatigheid aan die kant van die versekerde bestuurder was
nie. In
die vooropstelling sou ek die volgende bevel maak:
Die
appel slaag met koste.
2. Die
bevel van die landdros word ter syde gestel en vervang met die
volgende;
"(a)
Dit word gelas dat verweerder aanspreeklik is vir betaling van
sodanige skadevergoeding as wat eisers mag bewys hulle
gely het weens
die dood van hulle biologiese vader in die botsing met motorvoertuig
CW48459, bestuur deur J W Rabe, te Klipdriftpad,
Rawsonville, op 8
Augustus 2003.
(a)
Verweerder is aanspreeklik vir eisers se gedingskoste."
GOLIATH,
R
:
Ek stem saam.
GOLIATH,
R
FOURIE.
R
:
Dit word dienooreenkomstig beveel.
FOURIE.
R