About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 198
|
|
Leen v S (A25/2004) [2008] ZAWCHC 198 (16 May 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.25/2004
DATUM:
16
MEl 2008
In
die saak tussen:
SIMON
JESAJA LEEN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
U
ITSPRAAK
GRIESEL,
R
:
Die
appellant is in die streekhof te George skuldig bevind op n aanklag
van onsedelike aanranding, gelees met die bepalings van
artiket 51
van die Strafwysigingswet, 105 van 1997. Die streeklanddros kon geen
wesenlike of dwingende omstandighede vind wat die
oplegging van h
mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig me en die
appellant is daarop gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf.
Hy kom
tans in hoer beroep teen beide die skuldigbevinding en
vonnis.
Die
gebeure wat tot die huidige appel aanleiding gegee het, het so lank
gelede as 19 September 1998 plaasgevind. Oie appellant en
die
klaagster het in daardie stadium n saamleefverhouding gehad.
Op
die betrokke aand het hulle by van die appellant se familie gekuier,
waar die appellant heelwat gedrink het. Die klaagster het
later
opgestaan en geloop. Appellant is agterna en het haar aan die arm
gesleep, teen n wal afgegooi en haar aangerand. Hy het
daarna haar
klere uitgetrek en haar beveel om op haar maag te le sodat hy anaal
omgang met haar kon he. Die klaagster het geweier
en haar teegesit.
Die appellant het haar egter oorweldig en het haar in die proses
sekere wonde toegedien deur haar, onder andere,
op die boud en agter
haar skouer te byt. Sy het in die proses ook 'n kneuswond aan haar
linker bobeen opgedoen sowel as verdere
wonde aan haar kneukels.
Daarna
het die appellant voortgegaan om anale seks met die klaagster te he.
Sy het in die proses heelwat pyn ervaar. Volgens die
klaagster het sy
later aan daarin geslaag om die appellant van haar af te gooi en het
sy sonder haar klere na 'n nabygelee plakkerkamp
gevlug waar sy om
hulp gevra het. Die mense daar het vir haar die nodige bedekking
gegee en van haar gesinslede net haar later
daar kom haal en
teruggeneem huis toe.
Sy
het die voorval die volgende oggend aan die poHsie gaan rapporteer en
is ook na die distriksgeneesheer geneem waar sy ondersoek
is. Ten
tyde van die verhoor was die betrokke dokter in die buiteland, maar
haar verslag soos vervat in die J88 is met toestemming
van die
verdediging ingehandig as bewysstuk. Behalwe vir die beserings wat ek
reeds genoem het, het die distriksgeneesheer 'n vars
skeur van
ongeveer 2cm lank aan die klaagster se anus gevind. Daar was ook
bloeding teenwoordig.
Die
appellant se weergawe was 'n blote ontkenning. Hy het getuig dat
hulle wel die betrokke aand by sy suster gekuier het, maar
hy ontken
dat hy die klaagster enigsins aangerand het.
In
sy uitspraak het die streeklanddros die getuienis deeglik bespreek en
ontleed, gedagtig daaraan dat die klaagster 'n enkelgetuie
was. Hy
was egter tevrede op sterkte van haar getuienis, soos gestaaf deur
die objektiewe feite sowel as die algemene waarskynlikhede
dat die
skuld van die appellant bo redeiike twyfel bewys is.
Op
appel voor ons is geargumenteer dat die streeklanddros fouteer het
deur die klaagster se getuienis te aanvaar. Daar is ook gewys
op die
afwykings tussen haar getuienis en haar polisieverklaring.
Ek
is egter tevrede dat die streeklanddros deeglik van hierdie probleme
bewus was en dit behoorlik in sy uitspraak aangespreek het.
Ten spyte
van die gebreke waarop die verdediging steun, was hy tevrede
T
wat die wese van haar getuienis aanbetref, dat die klaagster wel
1
n
geloofwaardige getuie was. Hierdie geloofwaardigheidsbevinding word
ten voile deur die oorkonde gestaaf. Wanneer haar getuienis
dan
opgeweeg word teen die blote ontkenning van die appellant, is dit
myns insiens dutdelik dat sy weergawe nie redelik moontlik
waar kan
wees nie.
Dit
volg dat daar geen gronde bestaan om met die skuldigbevinding in te
meng nie.
Wat
vonnis aanbetref, het die streeklanddros homseif gebonde geag aan die
bepalings van die minimum vonnis wetgewing. Die enigste
vermelding
van onsedelike aanranding in die betrokke wetgewing is in Deel Ml van
Bylae 2 waar "n vonnis van tien jaar gevangenisstraf
voorgeskryf
word vir onsedelike aanranding op 'n kind onder die ouderdom van 16
jaar waarby die toediening van liggaamlike leed
betrokke is. Die
huidige klaagster val kennelik nie in daardie kategorte nie. Dit votg
dus dat die streeklanddros in hierdie opsig
misgetas het met die
gevolg dat dit hierdie Hof vrystaan om self oor n gepaste vonnis te
besin sonder om aan die betrokke wetgewing
gebonde te wees.
Met
inagneming van die jeugdigheid van die appellant sowel as die ander
persoonlike omstandighede, is ek van oordeei dat 'n vonnis
van ses
jaar gevangenissfraf in die omstandighede gepas sal wees. Weens die
bostaande redes, sou ek die appel teen skuldigbevinding
van die hand
wys, maar die appei teen die opgelegde vonnis handhaaf deur die
opgelegde vonnis ter syde te stel en te vervang met
een van ses jaar
gevangenisstraf, wat terugdateer word tot datum van vonnisoplegging,
dit wil se 30 Mei 2003.
LE
GRANGE, R
:
Ek stem saam.
LE
GRANGE, R
GRIESEL,
R
:
GRIESEL,
R