About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 25
|
|
Entsha Henra bk v Hessequa Munisipaliteit and Others (1351/08) [2008] ZAWCHC 25 (15 May 2008)
In
die Hooggeregshof van Suid-Afrika
(Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling)
Saakno
1351
/08
In
die saak tussen:
Entsha
Henra bk
Applikant
en
Hessequa
Munisipaliteit
Eerste
Respondent
uitvoerende
burgemeesters-
Komitee van eerste Respondent
Tweede Respondent
Tenderkomitee
van eerste Respondent
Derde
Respondent
Urhwebo-e
Transand
Vierde
Respondent
uitspraak:
gelewer 15 Mei 2008
Griesel
R:
Inleiding
[1]
Hierdie is ân dringende
aansoek vir hersiening en tersydestelling van twee besluite rakende
die applikant, geneem deur die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee
(
die Burgemeesterskomitee
)
van Hessequa Munisipaliteit (die eerste respondent, hierin
â
die munisipaliteitâ
)
op 5
Oktober
2007 en 15 November 2007
onderskeidelik, tot die effek dat die Raad van die
munisipaliteit geen verdere sake met die applikant
sal doen nie.
(Verdere regshulp, gemik teen die toekenning van ân tender deur die
munisipaliteit se Tenderkomitee aan die
vierde respondent, is
tydens mondelinge argument laat vaar.)
[2]
Die feitelike agtergrond is
grotendeels gemeensaak. Die applikant is ân beslote korporasie wat
sedert 2000 as siviele kontrakteur
sake doen. Die applikant het
ân goeie besigheidsverhouding met die munisipaliteit gehad en ân
verskeidenheid van konstruksieprojekte
is oor die jare, nadat tenders
daarvoor aangevra is, aan die applikant toegeken en suksesvol
afgehandel.
[3]
Die kontrakbestuurder van die
applikant, Mnr Matthee, het vanweë sy werksverpligtinge gereelde
kontak met Mnr Steyn, Bestuurder:
Water, Riool & Sanitasie by die
munisipaliteit, gehad. Die goeie werksverhouding wat tussen hulle
ontstaan het, het tot ân
vriendskapsverhouding gelei, wat van so ân
aard was dat hulle op ân gereelde basis aan mekaar e-pos boodskappe
gestuur het âwat
bestaan uit interessanthede of grappiesâ. Hulle
het ook gereeld, tydens die uitvoering van projekte waarby die
applikant betrokke
was, saam met ander persone en die raadgewende
ingenieurs, middagete geëet of drankies na werk gedrink.
[4]
Die voorval wat die goeie
verhouding tussen die partye versuur het, het op 2 April 2007
plaasgevind in ân stadium toe Steyn
op die punt gestaan het om
met vakansie na Frankryk te vertrek. Volgens Steyn het hy die
betrokke dag vir Matthee in die parkeerarea
van die
Burgersentrum ontmoet om betaalsertifikate vir verskeie projekte
waarby die applikant betrokke was te ontvang. Hulle
het langs Matthee
se bakkie gestaan en gesels toe Matthee âskielik omdraai en
iets uit sy bakkie gehaal hetâ. Dit was ân
âongemerkte wit
koevertâ, wat Matthee op die enjinkap neergesit het met die
mededeling dat dit ân âkontant geskenkâ is
vir Steyn wat hy
moet gebruik âom vir my ân paar biere te koop tydens my vakansie
in Frankrykâ. (Volgens die applikant se weergawe,
wat nie in
hierdie opsig deur Steyn betwis kan word nie, was daar kontant ten
bedrae van R600 in die koevert.)
[5]
Steyn het âsonder aarseling
onmiddelik die geskenk van die hand gewysâ en vir Matthee meegedeel
âdat hy nie ons vriendskap op
so ân wyse moet vertroebel nieâ.
Steyn het ook aan Matthee gesê dat hy nie ân âkorrupte
amptenaarâ is nie en in sy lewe
nog geen kontant geskenk van ân
firma aanvaar het nie en ook nie van plan is om dit nou te doen nie.
Steyn het weggestap, waarop
Mathee hom terruggeroep het en gesê het
dat hy (Steyn) dit nie moet sien as âomkoopgeldâ nie.
[6]
Die volgende dag het Steyn
weer vir Matthee raakgeloop. In die daaropvolgende gesprek oor die
voorval van die dag tevore het Matthee
gesê dat Steyn hom sleg laat
voel het omdat hy (Steyn) die kontant geskenk nie wou aanvaar nie
want dit was bloot gedoen omdat hulle
vriende was en Steyn vir hom
iets moes koop in Frankryk. Volgens Steyn het hy geantwoord deur te
vra âof hy (Matthee) besef het
hoe sleg ek gevoel het dat hulle so
ân lae dunk van my het deur vir my so iets aan te biedâ. Matthee
het daarop gevra of hulle
dan nie eerder vir Steyn ân reistas of ân
baadjie kon koop nie waarop Steyn geantwoord het dat hy niks van
hulle nodig het nie.
Hy het die gesprek afgesluit deur aan Matthee te
sê dat die applikant se optrede nie vir hom aanvaarbaar was
nie, waarop hy
gegroet en weggery het.
[7]
Steyn het kort na die voorval
dit aan sy hoof, Mnr Jacobs, die Munisipale Bestuurder,
gerapporteer en in ân skriftelike verslag
uiteengesit. Daar is geen
wesenlike geskil tussen die partye oor die feitelike gebeure soos
deur Steyn uiteengesit nie. Die applikant
se verduideliking is
dat die lede van die applikant besluit het, in die lig van Steyn se
komende oorsese vakansie, om ân kontantbedrag
van R600 aan hom
te skenk âas ân welwillendheidsgebaar en dankbetuiging van
goeie werksverhoudingeâ.
[8]
Die feit dat Steyn ân
klagte by sy werkgewer gelê het voortspruitend uit die betrokke
voorval is nie aan die applikant geopenbaar
nie. Oënskynlik het nòg
Jacobs nòg Steyn die aangeleentheid verder gevoer totdat dit ses
maande later, op 5 Oktober, voor ân
spesiale vergadering van die
Burgemeesterskomitee beland het. In die tussentyd is
verdere tenders van die applikant deur
die Tenderkomitee aanvaar,
waarvan een gedurende Junie aan die applikant toegeken is.
[9]
By die bogenoemde vergadering
van die Burgemeesterskomitee (waartydens beide Jacobs
en Steyn in hul hoedanigheid as
munisipale amptenare teenwoordig was)
het die komitee besluit âdat weens die poging van omkopery van ân
werknemer van Hessequa
munisipaliteit deur ân werknemer van
Entsha Henra, die Raad geen verdere sake met voormelde firma sal doen
nieâ.
[10]
Later dieselfde dag het die
munisipaliteit se Tenderkomitee (die derde respondent) vergader om te
besin oor die toekenning van ân
sekere tender. In die lig van die
pasgenome besluit van die Burgemeesterskomitee om nie verder sake te
doen met die applikant nie,
het die Tenderkomitee (waarvan beide
Jacobs en Steyn lede is) die betrokke tender toegeken aan ân
mededeingende tenderaar,
wie se tender hoër was as dié van die
applikant.
[11]
Op 15
Oktober
het
die applikant skriftelik beswaar aangeteken teen die toekenning van
die tender aan die ander tenderaar en het vereis dat redes
vir die
besluit verskaf word. Die munisipaliteit â by monde van Steyn â
het in antwoord op die applikant se beswaar ân brief
aan die
raadgewende ingenieursfirma, Kwezi V3, gerig, waarby onder andere ân
afskrif van die Tenderkomitee se besluit aangeheg
was. Dit was die
eerste maal dat die betrokke besluit, asook die voorafgaande besluit
van die Burgemeesterskomitee, tot
die applikant se kennis
gekom het.
[12]
Kort hierna het Mnr Rall, ân
lid van die applikant, ân gesprek gevoer met Jacobs. Ter opvolging
van die gesprek is ân brief,
gedateer 24
Oktober
,
deur Rall aan Jacobs gerig, bevattende ân volledige verduideliking
van die voorval vanuit die applikant se oogpunt. In die brief
word
die raad verseker dat die applikant se âwelwillendheidsgebaarâ
teenoor Steyn gesien moet word met âdie goeie bedoelings
waarmee
dit gedoen isâ. Hy gee ook die versekering âdat dit met geen
korrupte en/of voorbedagte rade van omkopery gedoen is nieâ
en
versoek die Raad om hul vorige besluit te herroep.
[13]
Die applikant se brief is aan
die Burgemeesterskomitee voorgelê, wat dit op 15 November oorweeg
het, maar besluit het om te volstaan
by hul vorige besluit van 5
Oktober.
[14]
Teen hierdie agtergrond is
die huidige aansoek om hersiening gedurende Januarie vanjaar geloods.
In die funderende eedsverklaring
namens die applikant, soos aangevul
na ontvangs van die reël 53 oorkonde, is op ân verskeidenheid van
hersieningsgronde gesteun.
Weens my siening van die saak is dit
egter nie nodig om met al daardie gronde te handel nie.
Bespreking
[15]
Die eerste been van die
applikant se argument was dat beide die bogenoemde besluite van die
Burgemeesterskomitee
ultra vires
en nietig is aangesien die betrokke Komitee geen statutêre
bevoegdheid gehad het om die betrokke besluite te neem nie. In
hierdie
verband is namens die applikant verwys na die geykte beginsel
dat âa local government may only act within the powers lawfully
conferred
upon itâ.
[1]
[16]
Wanneer dit kom by die
oorweging van die statutêre bevoegdhede van die onderhawige
plaaslike owerheid, is daar ân ingewikkelde
statutêre raamwerk wat
deur die Wetgewer daargestel is en wat tot ân meerdere of mindere
mate met ân tender proses handel. Vir
huidige doeleindes kan egter
op die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur 56
van 2003 (
die Wet
)
as vertrekpunt gefokus word. Sub-artikel 3(2) van die Wet bepaal:
â
In
geval van ân teenstrydigheid tussen ân bepaling van hierdie Wet
en enige ander wetgewing van krag by die inwerkingtreding van
hierdie
Wet en wat ân aspek van die fiskale en finansiële sake van
munisipaliteite of munisipale entiteite reguleer, gee die bepaling
van hierdie Wet die deurslag.â
[17]
Ingevolge art 111 van
die Wet moet elke munisipaliteit oor ân
voorsieningskanaal-bestuursbeleid (
die
beleid
) beskik wat aan die bepalings
van die Wet uitvoering gee, en is elke munisipaliteit verplig om
sodanige beleid te implementeer.
[18]
Ingevolge art 112 moet
die beleid âregverdig, billik, deursigtig, mededingend en
koste-effektief wees en voldoen aan ân
voorgeskrewe
reguleringsraamwerk vir munisipale voorsieningskanaalbestuurâ,
welke beleid ân groot verskeidenheid
onderwerpe moet dek. Die
nodige âreguleringsraamwerkâ is voorgeskryf by wyse van
regulasies, wat op 30 Mei 2005 in die Staatskoerant
gepubliseer
is (
die FB regulasies
).
[2]
[19]
Die munisipaliteit se beleid,
soos vereis deur art 111 van die Wet, het op 1 Januarie 2006 in
werking getree.
[3]
Dit volg die FB regulasies byna woordeliks.
[20]
Ingevolge die beleid
[4]
asook die betrokke regulasies
[5]
beskik die rekenpligtige beampte (gedefinieer as synde die Munispale
Bestuurder
[6]
)
oor wye magte en bevoegdhede, onder andere wat die toekenning en
hantering van tenders aanbetref. So byvoorbeeld bepaal klousule
38,
onder die opskrif âCombating of abuse of supply chain management
systemâ:
â
(1)
T
he accounting officer must â
(a)
take all reasonable steps to prevent abuse of the supply chain
management
system;
(b)
investigate any allegations against an official or other role player
of
fraud, corruption, favouritism, unfair or irregular practices or
failure to comply with this Policy, and when justified â
(i)
take appropriate steps against such official or other role player;
or
(ii)
report any alleged criminal conduct to the South African Police
Services;
(c)
check the National Treasuryâs database prior to awarding any
contract
to ensure that no recommended bidder, or any
of its directors, is listed as a person
prohibited from doing business with the public sector;
(d)
reject any bid from a bidder â
(i)
if any municipal rates and taxes or municipal service charges owed
by
that bidder or any of its directors to the municipality, or to any
other municipality or municipal entity, are in arrears for
more than
three months; or
(ii)
who during the last five years has failed to perform satisfactorily
on
a previous contract with the municipality or any other organ of
state after written notice was given to that bidder that performance
was unsatisfactory;
(e)
reject a recommendation for the award of a contract if the
recommended bidder,
or any of its directors, has committed a corrupt
or fraudulent act in competing for the particular contract;
(f)
cancel a contract awarded to a person if â
(i)
the person committed any corrupt or fraudulent act during the bidding
process or the execution of the contract; or
(ii)
an official or other role player committed any corrupt or fraudulent
act
during the bidding process or the execution of the contract that
benefited that person; and
(g)
reject the bid of any bidder if that bidder or any of its directors â
(i)
has abused the supply chain management system of the municipality or
has committed any improper conduct in relation to such system;
(ii)
has been convicted for fraud or corruption during the past five
years;
(iii)
has willfully neglected, reneged on or failed to comply with any
government,
municipal or other sector contract during the past five
years; or
(iv)
has been listed in the
Register for Tender Defaulters in terms of section 29 of the
Prevention and Combating of Corrupt Activities Act (No 12 of 2004).
(2)
The accounting officer must inform the National Treasury and relevant
provincial
treasury in writing of any actions taken in terms of
subparagraphs (1)(b)(ii), (e) or (f) of this policy.â
[21]
In aansluiting hierby, handel
klousule 47 met âInducements, rewards, gifts and favours to
municipalities, officials and other role
playersâ en plaas dit
onder andere ân verbod op die verskaffing van âany reward, gift,
favour or hospitality to â (i) any
official; or (ii) any
other role player involved in the implementation of this Policyâ.
[7]
[22]
Klousule 47(2) skryf die
prosedure voor wat die rekenpligtige beampte moet volg in geval van
oortreding van die bepalings van die
betrokke klousule:
â
The
accounting officer must promptly report any alleged contravention of
subparagraph (1) to the National Treasury for considering
whether the offending person, and any representative or intermediary
through which such person is alleged to have acted, should be
listed
in the National Treasuryâs database of persons prohibited from
doing business with the public sector.â
[23]
Klousules 49 en 50 van die
beleid handel voorts met die hantering van besware en klagtes van
persone wat gegrief voel oor besluite
geneem in die implementering
van die beleid: ân skriftelike beswaar of klagte moet binne 14 dae
deur die beswaarmaker ingedien
word, waarop die rekenpligtige beampte
ân onafhanklike en onpartydige persoon âmoetâ aanstel, wat
onder andere behulpsaam moet
wees in die oplossing van enige geskil
en âmust strive to resolve promptly all disputes, objections,
complaints or queries receivedâ.
[8]
[24]
Artikel 114(1) van die Wet
bevat ook bepalings met betrekking tot die goedkeuring van tenders,
soortgelyk aan die bostaande bepalings
van klousule 38 van die
beleid:
â
Indien
ân ander tender goedgekeur word as die een wat in die gewone loop
van die implementering van die voorsieningskanaal-bestuursbeleid
van
ân munisipaliteit of munisipale entiteit aanbeveel is, moet die
rekenpligtige beampte van die munisipaliteit ... die
Ouditeur-generaal,
die betrokke provinsiale tesourie en die Nasionale
Tesourie ... skriftelik van die redes in kennis stel waarom van
sodanige aanbeveling
afgewyk is.â
[9]
Die
rekenpligtige beampte hoef egter nie die aangeleentheid te rapporteer
nie âindien ân ander tender goedgekeur is ten einde
ân
onreëlmatigheid reg te stelâ.
[10]
[25]
In die lig van die bogenoemde
bepalings van die Wet, gelees met die toepaslike regulasies sowel as
die beleid, is namens die applikant
betoog dat die
verantwoordelikheid met betrekking tot die hantering van tenders in
die eerste instansie by die Munisipale Bestuurder
berus, met die
gevolg dat die Burgemeesterskomitee (asook die Raad) geen
bevoegdheid gehad het om die betrokke besluite van
5 Oktober en
15 November te neem nie.
[26]
Steun vir hierdie betoog is
te vind in die onlangse werk van Steytler & De Visser,
[11]
waar die skrywers onder andere die volgende sê:
â
This
provision
[d.i. art 114 van die
Wet] signals the ultimate distrust in the participation of the
political organ of the municipality in the procurement
process;
the
council is totally excluded from the decision-making and the
municipal managerâs decision is not subject to the review of the
council
. Oversight is then effected by
external organs of state.â [my beklemtoning]
[27]
Gesien teen die agtergrond
van die wetlike skema as geheel, soos hierbo uiteengesit, wil dit vir
my voorkom asof die skrywers se bogenoemde
standpunt geregverdig is.
Verdere blyke van wantroue in die deelname van politieke
gesagsliggame in die tenderproses blyk uit
die bepalings van
arts 117 en 118 van die Wet. Ingevolge art 117 mag geen raadslid
van enige munisipaliteit ân lid van ân
munisipale bodkomitee of
enige ander komitee wees wat tenders, kwotasies, kontrakte of ander
aanbiedinge beoordeel of goedkeur
nie, of selfs enige so ân
vergadering as ân waarnemer bywoon nie. Voorts mag niemand ook met
die voorsieningskanaal-bestuurstelsel
van ân munisipaliteit
inmeng nie.
[12]
[28]
Ek is nie namens die
munisipaliteit na enige bepaling verwys wat aan die raad of enige van
sy komitees die bevoegdheid gee om vir
hulself die magte van die
Munispale Bestuurder toe te eien om oor tenders te beslis nie, nog
minder wat aan hulle die bevoegdheid
verleen om tenderaars te
diskwalifiseer. Klousule 6(1) van die beleid,
[13]
waarop die munisipaliteit steun, bepaal weliswaar:
â
The
council reserves its right to maintain oversight over the
implementation of this Policy.â
Soos
aangetoon deur Steytler & De Visser,
[14]
is sodanige oorsigrol egter beperk:
â
Such
oversight is effected, firstly, by the municipal manager submitting
within 10 days of the end of each quarter to the mayor a
report on
the implementation of the policy. Secondly, the council must receive
within 30 days after the year end a report from the
municipal manager
on the implementation of the policy of the municipality and of any
municipal entity under its sole or shared control.
Thirdly, whenever
there are âserious and material problemsâ in the implementation
of the policy, the manager must immediately
report the matter to the
council.â
Wat
meer is, soos hierbo aangetoon,
[15]
word ân meer direkte oorsigrol oor onreëlmatighede in die
tenderproses aan ander eksterne Staatsorgane toevertrou.
[29]
In die lig van die bogenoemde
oorwegings, is ek van oordeel dat die besluit of die applikant se
tenders oorweeg kon word en of die
tenders aan die applikant toegeken
kon word uitsluitlik by die Munisipale Bestuurder berus het en dat
die Burgemeesterskomitee bygevolg
geen bevoegdheid gehad het om die
besluite van 5 Oktober en 15 November te neem nie. Die besluite was
derhalwe strydig met die legaliteitsbeginsel
en gevolglik nietig.
[30]
Dit volg verder dat dit nie
vir my nodig is om enige bevinding te maak aangaande die
behoorlikheid of andersins van die applikant
se gewraakte optrede wat
tot die besluite aanleiding gegee het nie. Hierdie uitspraak moet dus
nie vertolk word as steun vir die
een of die ander standpunt
daaromtrent nie. Dit bring mee dat die applikant â in beginsel
altans â geregtig is om in die toekoms
verdere tenders vir projekte
aan die munisipaliteit voor te lê, onderhewig aan die bevoegdheid
van die Munisipale Bestuurder om
ingevolge die toepaslike
wetsbepalings en beleid daarmee te handel.
[31]
Wat koste aanbetref, is geen
argument aan my voorgehou waarom die normale reël nie behoort te
geld nie, naamlik dat die suksesvolle
party op ân kostebevel
geregtig is. Voorts is ek namens die applikant versoek om te gelas
dat die koste van twee advokate toegelaat
word. Ek is tevrede dat die
belangrikheid van die saak en die omvang van die geskilpunte wel die
aanstelling van twee advokate regverdig.
Die respondente het dit per
slot van rekening self goed gedink om van die dienste van ân senior
advokaat gebruik te maak.
Bevel
[32]
Weens die redes hierbo
uiteengesit, word die volgende bevel toegestaan:
1.
Die besluite van die Uitvoerende Burgemeesterskomitee van die Eerste
Respondent, soos geneem op 5
Oktober
2007
en 15 November 2007 onderskeidelik, tot die effek dat die Raad van
die Eerste Respondent geen verdere sake met die A
pplikant
sal doen nie, word tersyde gestel.
2.
Die Eerste Respondent word gelas om die koste van die aansoek te
betaal,
insluitend die koste van twee advokate.
B
M Griesel
Regter
[1]
[1]
Fedsure Life Assurance Ltd & Others v Greater Johannesburg
Transitional Metropolitan Council & Others
[1]
Fedsure Life Assurance Ltd & Others v Greater Johannesburg
Transitional Metropolitan Council & Others 1999 (1) SA 374
(CC)
paras 56 en 58. Sien ook
[1] Fedsure Life
Assurance Ltd & Others v Greater Johannesburg Transitional
Metropolitan Council & Others 1999 (1) SA 374
(CC) paras 56 en
58. Sien ook Minister of Local Government, KZN v Umlambo Trading
29CC
[1] Fedsure Life Assurance Ltd &
Others v Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council &
Others 1999 (1) SA 374
(CC) paras 56 en 58. Sien ook Minister of
Local Government, KZN v Umlambo Trading 29CC 2008 (1) SA 396 (HHA)
para 17.
[2]
[2]
Algemene Kennisgewing 868 van 2005, Staatskoerant No 27636.
[3]
[3]
Rekord pp 98â136.
[4]
[4]
Klousule 38.
[5]
[5]
Reg 38 van die FB regulasies.
[6]
[6]
Art 1
[6]
Art 1 gelees met
[6]
Art 1 gelees met art 60 van die Wet.
[7]
[7]
Klousule 47(1)(b). Volgens klousule 47(3) is sub-para (1) egter nie
van toepassing nie op âgifts less than R350 in valueâ.
[8]
[8]
Klousule 50(3)(a),
[8]
Klousule 50(3)(a), gelees met
[8]
Klousule 50(3)(a), gelees met reg 50(4)(a) van die FB regulasies.
[9]
[9]
Sien ook reg 29(7) van die FB regulasies.
[10]
[10]
Art 114(2).
[11]
[11]
Nico Steytler & Jaap de Visser
[11]
Nico Steytler & Jaap de Visser Local Government Law of South
Africa
[11] Nico Steytler & Jaap de
Visser Local Government Law of South Africa (LexisNexis 2007,
losblad uitgawe 1) te 14-29.
[12]
[12]
Art 118(a).
[13]
[13]
G
[13]
Gelees met
[13]
Gelees met reg 6(1) van die FB regulasies.
[14]
[14]
Op cit
[14] Op cit te 14-44 (voetnotas
weggelaat).
[15]
[15]
Para [26]
[15] Para [26] hierbo.