About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 184
|
|
Human v S (A205/2002) [2008] ZAWCHC 184 (25 April 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.205/2002
DATUM
:
25
APRIL 2008
In
die saak tussen:
TREVOR
HUMAN
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
LE
GRANGE, R:
Die
Appellant (beskuldigde 2) is in die streekhof te Worcester saam met
twee ander skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.
Die
appellant is tot n termyn van 15 jaar direkte gevangenisstraf
gevonnis en was dit ook gelas dat vyf jaar van die gevangenisstraf
gesamentlik uitgedien moet word met
'
n
vonnis wat die appellant op daardie stadium besig was om uit te dien.
Die appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding
en die
opgelegde vonnis.
Mnr
Stamper
,
wat namens die appellant verskyn, het hoofsaaklik aangevoer dat die
verhoorlanddros fouteer het om te bevEnd dat die Staat hul
saak bo
redelike twyfel bewys het en die weergawe van die appellant te
verwerp as vals. Hy het geargumenteer dat daar geen direkte
getuienis
is wat die appellant verbind met die pleging van die misdryf nte en
dat die enkelgetuie, mnr Henry William Daniels, wat
die appellant
naby die rooftoneel plaas, se getuienis nie betroubaar in alle
wesenlike omstandighede is nie.
Hy
het ook aangevoer dat die verhoorlanddros se versuim om ft bevinding
te maak oor die toelaatbaarheid van sekere hoorsegetuienis
en die
afle van kaptein De Villiers se getuienis, die appellant se reg tot
ft billike verhoor aangetas het.
Met
betrekking tot vonnis was aangevoer dat die verhoorlanddros gefouteer
het om te steun op die bepalings van die algemene Regswysigingswet,
Wet 105 van 1997, aangesien die misdryf, toe dit gepleeg was, hierdie
wetgewing nog nie in werktng getree het nie. Me
Boovsen
,
wat namens die Staat verskyn, het aangevoer dat die verhoorlanddros
nie misgetas het met sy bevindinge nie. Sy het ook aangevoer
dat die
opgelegde vonnis nie skokkend onvanpas is nie.
Die
Staat in die Hof a
quo
het
altesaam tien getuies geroep om hul saak teen die appellant en sy
mede-beskuldigdes te bewys. Die appellant het in sy saak getuig
asook
sy broer, Ashtey Human. DEt dien gemeld te word dat die beskuldigde 4
tydens die verhoor oorlede is en was die verrigtinge
teen horn
gestaak. Beskuldigde 1, Donovan Krige en beskuldigde 3, Alistair
Faure, het hul swygreg uitgeoefen en geen verdedigingsgetutes
geroep
nie.
Dit
is gemeensaak dat die oggend van 11 Maart 1997 om ongeveer halfnege
die oggend was Lolita Johnson, Ebrahim Salie en Henry Fllander,
wat
almal werknemers was by die plaaslike munisipaliteit beroof van
kontant in die bedrag van R122 141,37. Johnson, wat as klerk
by die
munisipaliteit werksaam was, is die oggend vergesel deur Salie en
Filander te voet na die bank om die gelde te gaan bank.
Hulle was
kort daarna gedreig met ft vuurwapen en oorrompel deur vier bruinmans
wat hoofsaaklik in swart geklee was.
Mev
Elizabeth Frieslaar se voertuig, 'n roomkleurige Honda Ballade met
registrasienommer CW.1277,was dieseifde oggend kort voor
die pleging
van die roof deur beskuldigde 3, Alistair Faur, geleen en is enke)e
minute voor en onmiddellik na voltooiing van die
roof in die
onmiddellike omgewing van die munisipale kantore waar die rooftog
plaasgevind het gesien. Henry William Daniels het
die oggend van die
rooftog tussen 20 oor agt en 25 oor agt verby die munisipale kantore
gedraf.
Die
entgste geskilpunt in hierdie saak is dat die appellant ontken dat hy
een van die rowers was of kort voor die pleging van die
misdryf
Daniels in Frieslaar se voertuig by die munisipale kantore gesien
het.
Die
verhoorlanddros het die Staat se getuienis sowel as die van die
appellant en sy broer opgesom en geevalueer en tot die volgende
slotsom gekom:
"Daar
is natuurlik die getuienis van beskuldigde 2 en ook van sy broer wat
dit wat Daniels gese het, in s eke re opsigte
inderdaad nie so kan
wees nie. Ek gaan hoegenaamd nie probeer om enige redes te vind vir
daardie aspek nie. Die getuienis van
beskuldigde 2 se broer word in
elk gevaf gestaaf dear die tydkaart uitgereik deur die firma Hextex
en ai neem die Hof die getuienis
van die beskuldigde 2 hieromtrent
in aanmerking en die getuienis aan die Staat se kant nie, daardeur
in diskrediet gebring kan
word nie. Ek is ook nie be re id om te
aanvaar dat beskuldigde 2 se getuienis en die van sy broer my moet
beweeg om te aanvaar
dat dit wat Daniels aan die Hof getuig het, nie
die waarheid is nie. Daar moet onthou word dat hier gewerk word met
tye en dit
is 'n tang tyd gelede wat hierdie gebeure plaasgevind
het. Dit kan heel moonttik wees dat die getuie Daniels horn ietwat
misgis
het met die tyd. Dit kan seifs wees dat hy horn misgis het
met die dag waarop hy by die huis van beskuldigde 2 se broer sou
gewees
het. Dit is moontlikhede en ek is steeds van oordeef dat sou
daardie moontiikhede op sy getuienis van toepassing gemaak word, dat
dit nie per se betoken dat ek nou moet aanvaar dat hy nie die
waarheid aan die Hof vertei het nie. fnteendeef, is die Hof nog
steeds van oordeel dat sy getuienis 'n duidetike en korrekte beeld
skep van wat die betrokke dag daar sou gebeur het. Aan die
einde is
die Hof dan eoriuig dat daardie betrokke dag wef 'n roof gepleeg was
en dat die geld hier ter sprake gesteef was met
die hulp van 'n
vuurwapen of vuurwapens. Dat die vier manspersone wat
verantwoordeiik was vir hierdie daad, korrek ge'identifiseer
was en
dat die getuienis van Faure, Daniels genoegsame bewys is van die
skuld van at drie beskuidigdes."
Na
deurlees van die oorkonde, stem ek met hierdie bevinding van die
verhoorlanddros saam. Die getuienis van Hermanus Christiaan
Swart is
insiggewend en grotendeels nie in dispuut nie. Sy weergawe is
kortliks dat die oggend van die voorval was hy sittend
in sy
voertuig wat geparkeer was in die straat aanliggend tot die
munisipale kantore naby die bank. Hy het na sy regterkant gekyk
en
twee bruinmans, beide in swart geklee, by borne op die munisipale
parkeerterrein sien staan. Beide het hoofbedekkings, wat
hy as pette
of keppies beskryf het, op hul hoofde gehad. Hy het die rooftog voor
horn sien afspeel. Hy het sy voertuig verlaat
en nader gehardloop om
hulp te gaan verleen, maar toe hy
h
n
voorwerp wat vir hom soos ft vuurwapen gelyk het, waarneem het hy
wyslik besluit om die aftog te blaas.
In
die loop van die rooftog het hy nog twee soortgelyke geklede
manspersone op die parkeerterrein waar die rooftog plaasgevind
het,
opgemerk en besef dat daar vier persone betrokke was by die roof.
Die rowers het onmiddellik na afloop van die gebeure tussen
die
munisipaliteit en die biblioteekgeboue gehardloop en buite sig
verdwyn.
Swart
het na sy voertuig teruggekeer en in die naby omgewing 'n wit Honda
Ballade voertuig se bande hoor skree toe dit wegtrek.
Die
voertuig het oor n stopstraat gejaag tot waar dit by 'n rooi robot
gestop het. Hy het die voertuig agtervolg en langs
dit gestop. Hy
het vier manspersone in die voertuig waargeneem, waar hulle besig
was om swart Mere te verwissel. Die registrasienommer
van hierdie
voertuig was CW.1277. Die maak en die kleur stem ooreen met die
voertuig wat Frieslaar vroeer die oggend aan beskuldigde
3 geleen
het. Swart kon egter nie die gesigte van die persone behoorlik
waarneem nie.
Mev
Frieslaar het getutg dat haar roomkleurige Honda Ballade met die
registrasienommer CW.1277, aan beskuldigde 3, Allistair Faure,
geleen was die oggend van die voorval. Hy het haar voertuig agtuur
die oggend kom haal en hy het dit weer voor nege dieselfde
oggend
teruggebring.
Dit
is ook nie in geskil dat 'n palmafdruk van die appellant bo die
buite regteragterdeur van die voertuig gevind was nie.
Henry
William Daniels se weergawe was kortliks dat hy bevriend was met die
appellant en die ander beskuidigdes. Die oggend van
die voorval het
hy gaan draf. Om ongeveer tussen 20 en 25 oor agt die oggend het hy
in Beringstraat by die ingang na die munisipale
kantore verbygedraf.
Hy het Frieslaar se voertuig, wat goed aan horn bekend was, opgemerk
waar dit by die munisipale gebou indraai
in die rigting van die
biblioteek. Die appellant en sy mede-beskuldigdes was die
insittendes van die motor.
Hy
getuig dat hy ongeveer 7 meter van die voertuig was toe hy die
appellant en sy mede-beskuldigdes waarneem. Volgens horn, het
Alistair Faure (beskuldigde 3) bestuur, terwyl die appellant in die
voorste passasiersitplek gesit het. Beide van hulfe was geklee
in
swart baadjies.
Danieis
getuig dat hy vir beskuldigde 3 gegroet het wie horn met
]
n
hand gebaar teruggegroet het. Hy het verder aangedraf. Hy het later
verneem van die rooftog by die munisipale kantore en dat
die Honda
voertuig daarmee geassosieer word. Hy het toe sy waarneminge van die
oggend aan die polisie gaan vermeld.
In
kruisverhoor was Daniels uitgevra oor sy besoek aan die appellant in
die gevangenis. Hy het hierdie besoek erken en die omstandighede
rondom dit verduidelik. Volgens Daniels se weergawe was hy een
Saterdag by appellant se broer se woning om te braai. 'n
Telefoongesprek
het toe plaasgevind en was hy nader geroep om met
die appellant oor die telefoon te praat. Tydens hierdie gesprek het
die appellant
versoek dat Daniels horn saam met n familielid in die
tronk kom besoek. Hy het aan hierdie versoek voldoen en tydens
besoek in
die gevangenis het appellant horn meegedeel dat hy in
besit is van sy getuieverklaring. Die appellant het ook daar
verneern dat
hy 'n staatsgetuie gaan wees.
Die
appellant se weergawe is kortliks dat hy geen kennis dra van die
rooftog nie en was by sy woning. Hy erken dat Daniels hom
een
Saterdag in die gevangenis kom besoek het. Daniels het hom toe
meegedeel dat hy jammer is om teen hom te getuig. Hy het vir
Daniels
meegedeel dat hy niks vir hom te se het nie en dat hy moet loop.
Daniels was ook verder gekruisverhoor oor die datums
en tye wat hy
by die appellant se broer se woning was.
Mnr
Swart, myns insiens, het nie probeer om sy weergawe aan te dik of te
amplifeer in die Hof a
quo
nie
en was die verhoorlanddros korrek om sy weergawe te aanvaar. Daar is
geen twyfel by my dat die persone wat hy waargeneem het
tydens die
rooftog by die munisipale gebou dieselfde persone is wat hy later
waargeneem het toe hulle weggejaag het met mev Frieslaar
se voertuig
nie
Die
eerlikheid en betroubaarheid van sy getuienis word verder weerspieel
dat hy nie probeer het om n beskrywing te gee van die
rowers se
gesigte nie. Die verhoorlanddros het ook nie gefouteer om die
getuienis van Daniels te aanvaar nie.
Daniels,
volgens my
f
was ook 'n eerlike en betroubare getuie en is die uitkenning van die
appellant en sy mede-beskuldigdes in Frieslaar se voertuig
die
oggend by die munisipale kantore betroubaar Die kritiek teen sy
getuienis is sonder meriete. Daar is geen direkte getuienis
dat die
appellant die klaers beroof het nie.
Die
getuienis van Daniels en Swart is omstandigheids-getuienis. Die
toets by omstandigheidsgetuienis is of die afleiding wat gesoek
word, die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is. In
hierdie verband sien
R
v BLOM
1939 AD 188
asook
S
v REDDY AND OTHERS
1996(2) SASV 1 waar die volgende bevind is deur die Hof:
"In
assessing circumstantial evidence one needs to be careful not to
approach such evidence upon a piece-meat basis and to
subject each
individual piece of evidence to a consideration or whether it
excludes the reasonable possibility that the explanation
given by an
accused is true. The evidence needs to be considered in its
totality. It is only then that one can apply the oft-quoted
dictum
in R v Blom
1939 AD 188
at 202-3, namely -
The
evidence sought to be drawn must be consistent with at! the proved
facts, if it is not then inference cannot be drawn.
The
proved facts should be such that they exclude every reasonable
inference from them save the one sought to be drawn. If they
do not
exclude other reasonable inferences, then there must be a doubt
that whether the inference sought to be drawn, is not
correct."
Die
verhoorlanddros het 'n volledige uitspraak gelewer en met elk van
die geskilpunte gehandel. Sy benadering in die evaiuering
van die
omstandigheidsgetuienis kan nie gekritiseer word nie. Hy het nie
elke brokkie getuienis afsonderlik betrag nie. Dit is
duidelik uit
die sinvolle en deurdagte uitspraak van die verhoorlanddros dat hy
al die getuienis in sy totaEiteit deeglik oorweeg
en beoordeel het.
Indien die welbekende beginsels rakende die evaiuering van
omstandigheidsgetuienis waarna verwys is, toegepas
word op hierdie
getuienis alleen, dan is die appellant se ontkenning van sy
betrokkenheid by die gewapende roof vafs en behoort
sy weergawe
verwerp te word.
Ek
is derhalwe van mening dat in die omstandighede van hierdie saak,
dit is nie eers nodig is om met die getuienis van Ricardo
Foote wat
die appellant en sy mede-beskuEdigdes se betrokkenheid by die
rooftog verder aanspreek mee te handel nie.
In
die gevolg kan appellant se appel op die skuldigbevinding nie slaag
nie en moet dit van die hand gewys word.
Ten
opstgte van vonnis is aangevoer deur mnr Campher dat die Hof
a
quo
misgetas
het deur te steun op die Strafwysigingswet, Wet 105 van 1997,
aangesien hierdie wetswysiging nog nie in werking was ten
tye van
die rooftog nie. Myns insiens is hierdie argument sonder meriete.
Die verhoorlanddros het nie op hierdie bepalings van
die
Strafwysigingswet gesteun nie, maar stegs daarna verwys en gebruik
gemaak van sy eie strafjurisdiksie wat 15 jaar is.
Die
verhoorlanddros het myns insiens deeglike oorweging gegee aan die
appellant se persoonlike omstandighede, die belange van
die
gemeenskap en die ems van die misdryf. Die appellant het op daardie
stadium n vonnis van 13 jaar gevangenisstraf uitgedien
vir
'n
soortgelyke
misdryf. Die misdryf waaraan die appellant homsetf skuldig gemaak
het, is ernstig en is die opgelegde vonnis
r
volgens my, nie skokkend onvanpas of buitensporig swaar nie. Ek kan
ook nie vind dat die verhoorlanddros sy vonnisdiskresie op
n
onbehoorlike wyse uitgeoefen het nie
Dit
volg dat die appel ten opsigte van die vonnis ook nie kan slaag nie.
Derhalwe
sal ek die volgende bevel voorstel: Die appel ten opsigte van die
skuldigbevinding en vonnis
WORD
VAN DIE HAND GEWYS.
LE GRANGE, R
LOUW,
R
:
Ek stem saam en dit word so beveel. Ek wil ook die advokate bedank
vir huhe behulpsame en insiggewende betoe, julle het ons gehelp
om
die geskilpunte behoorlik te oorweeg.
LOUW,
R