About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 327
|
|
S v Lawrence (SS 222/2005) [2008] ZAWCHC 327 (21 April 2008)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
: SS222/2005
DATUM: 21
APRIL
2008
DIE
STAAT
teen
JOHAN
JACOBUS LAWRENCE
VON
N I S
YEKISO,
R:
Om
'n gepaste vonnis te bepaal is 'n baie moeilike taak. Enige
voorsittende beampte asook my assessore wat hier langs my sit. sal
vir u kan se dat vonnisopleggingverrigtinge die moeilikste taak is in
enige strafverrigtinge. Ek moet begin deur te se die benadering
tot n
gepaste vonnis deur 'n Hof geskied
via
riglyne
neergele deur howe oor die jare. Elke saak het natuurlik sy eie
besondere meriete en elke beskuldigde se persoonlike omstandighede
sal uniek wees.
Die
vasstelling van 'n gepaste vonnis is by tye die moeilikste fase van
'n strafverhoor en die oplegging daarvan is h onaangename
verpligting
wat die Hof moet nakom. Ek verwys na die saak van
S
v RABIE
waar Holmes. AR die volgende opmerking maak:
"Punishment
should fit the criminal as well as the crime, be fair to society and
be blended with a measure of mercy according
to the circumstances of
each case."
Die
passasie wat ek netnou aangehaal het weerspieel die faktore waarna u
advokaat, mnr
Maartens
,
verwys het op Donderdag toe hy betoog het. naamlik die faktore wat
die howe in aanmerking neem en die proses van vasstelling van
'n
gepaste vonnis en die, soos mnr
Maartens
op Donderdag behoorlik uiteengesit het, behels u persoonlike
omstandighede, die ems van die misdryf asook die belang van die
gemeenskap.
Mnr
Lawrence, u is tans 41 jaar oud. U is geskei. In die aard van die
saak ek begin met u persoonlike omstandighede in die bepaling
van wat
hopelik 'n gepaste vonnis sal wees. Ek het netnou gese u is 41 jaar
oud. U is geskei en daar is twee dogters, onderskeidelik
13 en 9
jaar oud gebore uit u destydse huwelik. U sal geskei word van hulle
vir etlike jare as gevolg van die tipe vonnis wat ek
aan die einde
van die verrigtinge sal ople.
U
staag u matriek in 1985 en sedert 1986 bou u vir uself 'n rekord op
in die Suid-Afnkaanse Polisiediens. U bereik die rang van
inspekteur.
U het soveel jare 'n belangrike en, by tye, hoogs gevaarlike werk tot
diens van die gemeenskap verrig. Dit is bekend
dat potisiewerk. veral
in die hutdige misdaadoorvloedige era, n swaar tol eis van ons
polisielede.
U
is nie die soort van persoon wat as 'n potensiele residivis krimineel
gesien kan word. Mnr
Maartens
argumenteer dat die situasie van die dag eenmalig van aard was Die
Hof gaan akkoord daarmee en ons wens ook om mnr
Maartens
te fasiliteer met 'n gebalanseerde betoog met realistiese
vonnisvoorstelle. Dit word ook met mnr
Maartens
akkoord gegaan dat u nie die tipe oortreder is wat by wyse van
voorkomende of rehabihterende oogmerk gestraf behoort te word nie.
Die
vonnis sal wel, weereens tereg soos mnr
Maartens
argumenteer,
'n vergeldingbehoeftes van die gemeenskap moet vervul sowel as 'n
algemeen afskrikkende boodskap. Die Hof die beskuldigde
gepleeg,
sodanig ernstig van aard is dat lang termyn gevangenisstraf die
enigste gepaste vonnis vir hom daarvoor is. Die oorledene
was geen
bedreiging vir die beskuldigde die dag nie. Hy het geen poging
aangewend om homself te verweer nie. Die beskuldigde was
nugter en
vry van enige medikasie van enige aard. Die doodskoot was doelgerig
en laat geen twyfel aangaande beskuldigde se opsetvorm
nie.
Sy
eie kinders skree op hom om nie te skiet nie. Die vrouens in
Meakerstraat skree ook op hom om dit nie te doen nie. maar
beskuldigde
gaan net voort met doelgerigtheid om hierdie weerlose man
om die lewe te bring. Die neem van 'n ander se lewe. die mees
belangrikste
besitting wat elkeen van ons het, moet gesien word as
die ernstigste misdaad wat b mens kan pleeg
Die
Hof was voorsien deur die oorledene se Evangelis broer van n
indrukwekkende huldeblyk van die oorledene. Daar is twee kinders
nou
vaderloos en dit is duidelik dat die brutale wegneem van hulle vader
traumatiese gevolge inhou vir hulle. Die oorledene het
sy plek
volgestaan oor 'n bree front in sy samelewing. Sy dood laat beslis ft
gevoelvolle leemte. Aan die ander kant kan dit nie
geignoreer word
dat die oorledene met die aanknoop van die verhouding met u gewese
eggenote met die aanknoop van die verhouding
met u gewese eggenote op
'n moreel verkeerde en potensiele gevaarskeppende terrein begewe het
nie. Saam met al sy goeie eienskappe,
blyk daar h negatiewe sy te
gewees het in soverre dit sy verhoudings met vroue aanbetref het. Dit
is nou met verwysing na die oorledene.
U
gewese eggenote het *n groot veroorsakende rol in hierdie drama
gespeel. Haar huweliksontrou, wat owerspel ingesluit het, het
sedert
die jaar 2000 bekend geraak aan u. Oor die tydperk sedert die 8
September 2000 brief ontdek was tot kort voor die tragedie
van 8
November 2003 het sy met die beskuldigde se gevoelens woer-woer
gespeel.
Die
Hof vind dit moeilik om die vrou se optrede te verstaan Die
beskuldigde was op vele geleenthede genader met aanduidings dat
sy
haar weer wil verander om sodoende versoening tussen hulle weer te
bring. Keer op keer soos beskuldigde seker hoop opgebou het
dat hulle
gesinslewe normaalweg weer sou hervat kon word om dan maar weer te
vind dat oorledene nog steeds die rol in haar lewe
gespeel het.
Kort
voor die moord gee u gewese vrou nog indikasie dat daar kanse op n
versoening is. Die dag van 8 November 2003 het u gewese
eggenote nie
net psigies geknou deur u te se u moet jouself vrek maak nie,
verwysende na u, u moes ook oor die telefoon hoor dat
die oorledene
nie net nog in die prentjie was nie, maar dat hy ook 'n rol wou speel
in u reg tot toegang tot u kinders.
Die
ontploffing van emosies wat die beskuldigde teweeggebring het, is
verstaanbaar maar uiteraard was die daaropvolgende optrede
nie
verskoonbaar nie. Die Staat se getuienis skep 'n scenario van 'n
beskuldigde in 'n hoogs emosionele en woedende toestand. Die
Hof is
tevrede dat hy hier te doen het met h verminderde graad van
toerekeningsvatbaarheid wat dus versagtende inwerk vir die
beskuldigde.
Beskuldigde
was klaarblyklik hoogs ontsteld. Sy oe was groot in sy kop en hy was
papnat gesweet. U gewese eggenote het getuig dat
sy vir u nog nie in
so "n toestand beleef het nie. In die saak van
S
v Mdindela
1977 (3) SA 322
(OVS) maak Steyn, R die volgende opmerkings in 'n
soortgelyke situasie van huweliksontrouheid en, na my mening, hierdie
passasie
is vermeldbaar waar Steyn, R se:
"It
can truthfully be said that next to life itself, the affectionate and
unfailing fidelity of his wife is man's most precious
personal
possession. A deprivation thereof, or a firm, or be it enormous
conviction of such deprivation, usually causes
deep distress and
often also the great wrath born of hurt pride."
Desnieteenstaande
hierdie verminderde graad van toerekeningsvatbaarheid is die erns van
die misdaad as sulks dat dit. saam met die
gemeenskapsbelange, die
Hof geen keuse laat anders dan as om n langtermyn gevangenisstraf op
te le nie.
Die
broer van die oorledene getuig dat alhoewel hy as Christen die
beskuldigde onvoorwaardelik vergewe het, oorledene se mense 'n
verwagting het, en tereg ook. dat die beskuldigde swaar gestraf moet
word
Mnr
Maartens
,
soos reeds aangedui, toon 'n realistiese siening tot straf. Die
beskuldigde verdien tronkstraf, argumenteer hy, maar die versoek
is
dat die termyn nie 15 jaar moet oorskry nie.
Die
Staat aan die ander kant argumenteer ook vir direkte gevangenisstraf
en stel 'n langer termyn van 20 jaar voor Ten eerstens
wens die Hof
aandag te skenk aan die vonnisse wat opgele moet word ten opsigte van
aanklagtes 2, 3, 4 en 6. dit bevind is aan oortreding
van artikel
1(1) van die Algemene Regswysigingswet, 50 van 1956. Klagte 3 behels
huisbraak met die doel om te betree en betreding;
5 en 6 die
onwettige besit van vuurwapen asook ammunisie. Al vier die misdrywe
is eintlik gepleeg in wat feitlik gesien kan word
as
voorbereidingshandeling om die moord te laat geskied het.
Die
Hof is van mening dat die strawwe wat hiervoor opgel£ moet word
ingevolge artikel 280(2) van die Strafproseswet. Wet 51
van 1977.
lasgewing saam uitgedien kan word met die vonnis op die moordaanklag.
Vir
praktiese redes word vir van die vier misdrywe afsonderlik strawwe
opgele en dit is as volg:
Ten
opsigte van aanklag 2, u word dan gevonnis tot
EEN
(1) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
ten opsigte van aanklag 3, u word gevonnis tot
EEN
(1) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
ten opsigte van aanklag 5. u word ook gevonnis tot
EEN
(1) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
ten opsigte van aanklag 6, dit wil se onwettige besit van ammunisie,
u word ten opsigte van hierdie aanklagte tot
SES
(6) MAANDE GEVANGENISSTRAF
gevonnis.
Soos
ek alreeds gese" het, al hierdie vonnisse sal samelopend
uitgedien word met die vonnis wat opgele sal word ten opsigte
van
aanklag 4, dit wil se die moord aanklag.
Dit
word dan gelas dat al vier die vonnisse saam uitgedien sal word en
ingevolge die bogemelde bepalings van die Strafproseswet,
met die
vonnis wat opgele sal word ten opsigte van aanklag 4, met ander
woorde die moordaanklag.
Daar
is twee laaste aspekte wat die Hof wil uitlig alvorens oplegging van
vonnis vir die moord uitgespreek word. Beskuldigde se
16 Januarie
2002 vorige veroordelings, ten opsigte van rig van vuurwapen, het
plaasgevind tydens die storm en drang van hierdie
huwelik met sy
konflik geskiedenis. Dit speel ft rol egter in die sin dat dit
daarop dui dat jy nie geskroom het om 'n vuurwapen
in te span nie.
Jou
eie vuurwapen was dan ook ontneem vanwee Yi skietinsident oor 'n
yskas by die woonplek van u gewese eggenote. Die wapen was
op die
stadium van die moord nog in die polisie se besit vir ballistiese
toetse.
Laastens
wens die Hof uiting te gee aan die genade-element waarna Holmes, AR
verwys het. Die Hof wens die volgende opmerking op
rekord te plaas:
Indien tergelegenertyd ft hofaansoek tot die Hof gerig word
ingevolge die bepalings van artikel 276(A)(3)
para (a)(ii) van die
Strafproseswet. die Hof genee" sal wees om so h omskepping te
oorweeg. Dit beteken in kort, mnr Lawrence,
dat die Hof 'n indikasie
gee dat die Hof, indien u die stadium bereik waar u oorblywende
vonnistermyn vyf jaar of minder is,
'n aansoek om omskepping vir die
restant van die vonnis na korrektiewe toesig oorweeg sal word. Dit
sal dus tot 'n groot mate
van u self afhang op sterkte van hoe u
uself in die gevangenis gaan gedra op die laaste vyf jaar by wyse
van korrektiewe toesig
uitgedien sal word of nie.
Die
vonnis wat die Hof u ople is een van
AGTIEN
(18) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Ten
opsigte van u bevoegdheid om 'n vuurwapenlisensie te besit, maak die
Hof geen andersleidende bevel in terme van artikel 103.
Wet 60 van
2000. Soos reeds aangedui, die vonnisse wat opgele is ten opsigte
van aanklagte 2, 3, 5 en 6 sal samelopend uitgedien
word met die
vonnis wat opgele is ten opsigte van aanklag 4, naamlik die van 18
jaar gevangenisstraf.
YEKISO,
R