About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 321
|
|
Van Rooyen v S (SS55/2007) [2008] ZAWCHC 321 (14 April 2008)
IN
DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(OOSTELIKE RONDGAANDE
PLAASLIKE AFDELING, GEHOU TE KNYSNA )
SAAKNOMMER
:
SS.55/2007
DATUM
:
14
MEI 2008
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
HEINRICH
URWYLER VAN ROOYEN
V 0 N N I S
N C ERASMUS. R
:
Die vonnis in enige saak
is seer sekerlik die moeilikste faset van enige strafverrigtinge en
die redes daarvoor is, na my mening,
dit wat die volgende insluit:
In ons regsproses is daar nie noodwendig voorgeskrewe vonnisse vir
spesifieke misdrywe nie, veral
vir die misdrywe waaraan u skuldig
bevind is, het die strafoplegger, in die geval myself,
'n
wye diskresie wat strek van vrylating, selfs op die skuldigbevinding
van
'n
ernstige
aanklag tot die swaarste vonnis wat
'n
Hof in hierdie land kan ople, naamlik lewenslange gevangenisstraf op
enige van die aanklagtes. Vir die vonnisoplegger is dit
moeilik en
somtyds pynlik om te besluit waar om dit te peil want uiteindelik is
dit ek, as mens met gevoelens, wat die reg het
om te besluit oor u
en u lewe en die pad vorentoe en ek sal in my taak faal as ek nie
deurentyd in die oorweging van
'n
gepaste
vonnis altyd voor oe hou dat u wat gevonnis staan te word hier staan
of sit as
'n
strafwaardige mens. Ek gaan poog om in die vonnisuitspraak probeer
aan te dui hoe ek die balans skep tussen al die faktore wat
ek in ag
moet neem. Ek is nie van voornemens om al u persoonlike
omstandighede te lys nie. Dit is op die rekord.
U is
'n
relatiewe jong persoon wat, so blyk dit op die oog af, goed gevorder
het op die lewenspad. U het u skoolloopbaan voltooi. U het
'n
produktiewe werk gehad. U was
'n
kind vir u ouers, in die huis, wat u kant gebring het. U het
uitgeblink op sportgebied. U was
'n
pa vir drie minderjarige kinders en
'n
broer vir
drie ander broers.
Ons het gehoor van u
kollegas by u werk, onder andere, James van Rooyen, dat u
'n
gemoedelike mens was met wie almal oor die weg kon kom. Ons weet nie
hoekom u hierdie misdrywe gepleeg het nie.
Aan die ander kant is
daar in die bree, twee slagoffers wat hul lewe verloor het. Altwee
in die fleur van hulle lewe. Jessica
Wheeler was nog
'n
kind, inteendeel ek sien sy was omtrent die ouderdom van -
'n
klein bietjie ouer as my eie kind. Sy was ook
'n
kind, soos u, vir haar ouers. Victoria Stadler is haar ma se enigste
kind, die enigste kleinkind in daardie uitgebreide gesin.
Ek wonder
net watter effek dit op die grootouers sou he, die ouma met wie sy
elke dag sou wees.
Ek dink mev Stadler het
daardie gesinsverbande goed opgesom toe sy gese het, by implikasie,
dat sy hier staan as die ma wat
'n
dogter aan die dood afgestaan het, maar u ma sit vandag hier van
'n
seun wat die tronkdeure voor oopstaan. Dit is
'n
tragedie. Dit is
'n
tragedie waarin drie families se lewens verwoes is en dit is
onomkeerbaar. Dit is
'n
tragedie wat
'n
gemeenskap
geruk het. Dit is
'n
tragedie wat verhoudings in die gemeenskap verwoes het.
Ek is getaak om verskeie
faktore in ag te neem wanneer ek
'n
vonnis
bepaal en een daarvan is om u as persoon te meet teenoor dit wat
gebeur het en watter impak dit op die gemeenskap in die
bree het.
Ons het tot
'n
mate reeds gehandel met u as persoon en ek wil onmiddellik byvoeg
dat ek glo nie dat daar
'n
persoon is wat nie sy wyse van optrede kan verander nie.
As ons na die misdrywe
kyk waaraan u skuldig bevind is en die wyse waarop dit gepleeg is,
dan het ek probeer dink hoe ek dit kan
stel en ek is van mening die
wyse en die gevolge van wat u gedoen het, verminder ons almal as
mens. Ongelukkig moet ek van die
detail van die misdrywe bespreek en
ek praat direk met u, mnr Van Rooyen, wanneer ek die vonnis
bespreek.
Ek dink aan die laaste
oomblikke van Jessica Wheeler. In my ervaring het ek reeds wrede
aanvalle gesien en van die wreedste moorde
ervaar op verskeie vlakke
van die regsproses. Sommige gevalle waar ek vir die Staat verskyn
het en in ander gevalle waar ek die
verdediging waargeneem het en in
vele gevalle waar ek op die regbank gesit het en my ervaring op die
regbank strek reeds vanuit
die 80's.
Dit is nie soos
normaalweg gese sou word een van die wreedste moorde wat ek al
teegekom het met soveel bloed en vlees wat rondgeskiet
is of
uitmekaar geblaas is met bomme nie, maar die dood van
'n
mens bly die dood van
'n
mens en die wreedaardige neem van
'n
lewe bly die wreedaardige neem van die lewe, maar ek probeer myself
indink wanneer ek moet peil dit wat u gedoen het, hoe u eers
of op
'n
stadium haar onsedelik aangerand het. Ons weet nie of sy gelewe het
op daardie stadium nie, maar ons weet sy het haar lewe gelaat
deurdat sy grond letterlik moes eet. Geen mens, dink ek, sal dit
sommer net afmaak as net nog
'n
moord nie. Dan word sy, die liggaam, naak gelaat in die elemente,
hier reg langs die hoofstraat, in die kerkhof. Die vraag is
het u
bedoel omdat sy selfs in die dood ook nog verder verontwaardig moet
word of het u net absoluut geen gevoel vir u medemens
nie, selfs in
die dood.
Dit is verder
ge'illustreer, natuurlik, in die Stadler geval. Sy word verwurg. Die
liggaam word daar in die bos soos
'n
ding weggegooi en ek gaan nie weer - ek het genoeg kommentaar
gelewer oor die optrede van die polisie op die meriete van die
saak.
Daar gelaat vir die elemente. Die vraag by my is as vonnisoplegger
watter tipe mens doen dit en dit is in daardie konteks
wat ek die
erns van die misdaad moet meet as een van die faktore wat ek in ag
moet neem vir die oplegging van vonnis.
Die gemeenskap wat dit
ervaar of aanhoor of daarvan lees in die media, roep uit om wraak en
se normaalweg so
'n
persoon moet jy of permanent verwyder uit die gemeenskap of sommige
mense roep steeds uit dat so
'n
persoon met die dood besoek moet word. Dit is wat die gemeenskap
verwag die howe moet doen, wanneer iemand sulke misdrywe pleeg.
Dit
is juis daar waar die rol van die Hof inkom en die doel van
'n
hof by vonnisoplegging kan nooit wees om wraak te neem nie, dan sal
jy anargie kry en dit is vir my gelaat om in my gemoed, voordat
ek
'n
vonnis uitspraak, te onderskei tussen dit wat die gemeenskap wens,
in daardie wraakgevoel wat hulle uitspreek en dit wat ek sien
as die
belang van die gemeenskap.
Die belang van die
gemeenskap, na my mening, is dat daar harmonie moet wees, dat mense
in vrede met mekaar moet saamleef, maar
ook waar iemand
'n
wandaad gepleeg het teenoor
'n
lid van die gemeenskap of die bree gemeenskap, dat daar
genoegdoening moet wees. Daar moet
'n
mate van wees "betaal vir dit wat jy gedoen het" en ek se
geensins daarby dat die vergelding of die genoegdoening moet
enigsins die ander faktore oorskadu nie, maar ek kan nie my daarteen
blind staar dat die gemeenskap uitroep na vergelding nie.
Daar kom
'n
tyd - en by spesifieke misdade - wanneer die skaal effens swaarder
moet weeg ten gunste van die roep na vergelding. Ek sal daarby
terugkom.
Die faktore wat ek nou
vir u geskets het, staan tradisioneel bekend in ons reg as die trits
in
ZINN
,
'n
verwysing na
'n
ou hofbeslissing en ek is nie van voornemens om na hofbeslissings te
verwys nie. In
'n
gemeenskap soos ons waar ons strewe om
'n
gemeenskap te skep wat omgee;
'n
gemeenskap
wil skep waar ons begrip het selfs vir die wat wandade pleeg teen
die gemeenskap;
'n
gemeenskap wat streef daarna om oortreders te rehabiliteer om hulle
gedragswyse te verander ten goede van die gemeenskap, kan
die genade
aspek nooit onderskat word nie en daarom, wanneer ek vandag hierdie
vonnis oorweeg, sal ek sover dit in my vermoe
is, elke feit, faktor
en omstandigheid wat ek in ag neem, temper met
'n
mate van genade en probeer tot, wat ek van mening is,
'n
regverdige vonnis is.
Ek het reeds gepraat oor
die hoofdoel van vonnis en dit is die rehabilitasie en uiteindelike
herintegrasie, indien moontlik, van
'n
oortreder maar daar is ook ander faktore wat daarmee saamgaan en dit
is die vergeldingsaspek. Daarmee saam is daar
'n
afskrikkingselement en ek verskil in beginsel met diegene wat
argumenteer dat afskrikking gelee is in die vonnis wat die Hof
ople.
Daar is
'n
mate van afskrikking, ja, maar dit kan nie die enigste doel of die
hoofdoel van vonnis wees nie. Afskrikking in die Strafreg
kan nie le
in die vonnisse wat die howe ople nie. Dit moet Newer wees dat die
oortreder moet seker wees daarvan dat hy vervolg
gaan word na die
pleging van
'n
misdryf; dat hy gevind sal word - en ek kom terug na daardie element
- dat hy vreesloos vervolg sal word en dat daar
'n
sekerheid is dat hy regverdig skuldig bevind sal word.
Sonder
daardie elemente sal die strafregstelsel faal om op enige wyse
afskrikking te he. Die afskrikkingswaarde van die vonnis
moet die
sekerheid by die oortreder wees dat wanneer ek die dag deur die
ander proses gegaan het, gaan die howe my vonnis aan
die hand van al
die omstandighede en as ek ernstige misdrywe pleeg, dan kan ek seker
wees dat daar met my ferm opgetree sal word.
So, wanneer ek vandag
vir u gaan vonnis, wil ek nie se deur die vonnis dat die wat moord
pleeg, onsedelike aanrandings pleeg sal
tot sekere termyne gevonnis
word nie, maar wat moet seker wees is dat die howe nie sal skroom om
swaar vonnisse op te le ter
beskerming en in die belang van die bree
gemeenskap nie en
'n
term soos oorvol tronke en gebrek aan rehabilitasie in die tronke en
daardie tipe argumente is bysaak. Dit is vir die Staat om
te sien
dat hulle daardie dinge regmaak. Die howe se rol is om op te tree in
belang van die gemeenskap.
Nou moet ek hierdie
doelstellings wat ek vir u probeer skets het en ander faktore
probeer bymekaar sit en bepaal wat is
'n
gepaste
vonnis. Dit is gemene saak dat ek langtermyn gevangenisstraf moet
ople. U advokaat het dit toegegee. Die vraag is slegs
hoe lank.
Ek wil afskop met die
selfoonaanklag en die brand van die motor aanklag, regsverydeling
(aanklag 3) en die opsetlike saakbeskadiging
(aanklag 6).
U
het daardie misdrywe
gepleeg om te voorkom
dat u uiteindelik suksesvol vervolg word. Met die SMS,
regsverydelingsaanklag, was dit
'n
poging om
die polisie te mislei om werklik agter te kom wat daardie oggend
gebeur het en die brand van die motor het ek bevind,
die enigste
afleiding was dit was om u spore dood te vee. Soos ek netnou vir u
gese het, een van die stappe in
'n
effektiewe
strafregstelsel is juis daardie opsporing en aan die man bring van
'n
oortreder en daarom, na my mening, moet dit ontmoet word met direkte
gevangenisstraf. Dit is juis een van daardie vooraf elemente
wat die
effektiewe funksionering van
'n
strafregstelsel wat ondermyn is deur hierdie twee insidente Ek gaan
egter aan die einde van die dag in ag neem dat beide insidente
is
gepleeg vir dieselfde misdryf met dieselfde motief en ek gaan
probeer die effek van die vonnis wat ek ople temper met die
gebruikmaking van sekere artikels in die Wet, waarna ek later sal
terugkom.
Aanklag 1 is
'n
onsedelike aanrandingsaanklag. Die Hof sal faal as ek nie gaan kyk
na die inhoud van die aanklag en my blind staar aan die benaming
wat
daaraan gegee is nie. Die enigste rede hoekom dit
'n
benaming het wat normaalweg as minder ernstig beskou word as
byvoorbeeld verkragting as gevolg van
'n
diskriminasiepraktyk waar, as jy een liggaamsopening gebruik met
'n
seksuele doel, dan is dit verkragting, as jy
'n
ander gebruik is dit
'n
minder misdryf. Na my mening is daar geen plek vir so
'n
onderskeiding wanneer dit by vonnis kom nie. Die anale penetrasie
van Jessica Wheeler, na my mening, moet gesien word in dieselfde
lig
as wat die howe
'n
verkragtingaanklag sou sien. Ek gaan derhalwe
'n
vonnis wat, na my mening, gepas is by daardie tipe daad en die
enigste gepaste vonnis, met inagneming van al die omstandighede
en
die doelstellings wat ek aangestip het, is een van langtermyn
gevangenisstraf.
Dit bring my by die twee
moordaanklagte. Ons het gister die debat gehad oor lewenslange
gevangenisstraf. Dit is so dat in die
laaste tien jaar is daar
lewenslange gevangenisstraf opgele aan mense in hierdie land soos
nooit tevore nie. Ons het van
'n
paar honderd persone wat lewenslange gevangenisstraf uitdien gegroei
tot bykans 8 000 in tien jaar. Elke vonnis, moet ek aanvaar,
is
opgele op sy eie meriete. Na my mening egter moet lewenslange
gevangenisstraf slegs opgele word wanneer die Hof van mening
is dat
die swaarste vonnis gepas is. Voor die afskaffing van die
doodsvonnis, sou u sekerlik vandag hier gestaan het en die regter
sou verplig gewees het om die doodsvonnis op te le, want daar is nie
versagtende omstandighede aangevoer nie. Dit is die reg
soos hy
was.
Lewenslange
gevangenisstraf, na my mening, is in die plek van die doodsvonnis
die swaarste vonnis wat
'n
hof kan ople. So, net op grond daarvan sou dit volg dat ek moet
lewenslange gevangenisstraf oorweeg. Egter in die oorweging van
lewenslange gevangenisstraf, sal ek dit slegs ople as ek van mening
is dat die persoon permanent uit die gemeenskap verwyder
moet word,
as gevolg van die faktore soos wat ek netnou vir u geskets het,
byvoorbeeld dat daar vir my aanduidings moet wees
dat die
beskuldigde se gedragswyse sal verander en binne
'n
bepaalde tydperk wat ek kan ople terug kan herintegreer word.
Nou wat het ons hier. Ek
kon nie anders nie, mnr Van Rooyen, om op te merk wat u optrede in
hierdie hof is nie. U arrogansie het
my geensins be'indruk nie. U
toon geen berou ten opsigte van die dade wat die Hof bevind het u
gepleeg het nie. Ek het somtyds
deur die verhoor die indruk gekry
asof u trots was op wat u gedoen het. Daarin alleen moet vir my
'n
aanduiding
wees dat u self nie besef dat u die nodigheid het om te verander
nie. Ek het reeds gehandel met die erns van die aanklagte.
Ek het
reeds gehandel met die wreedheid daarvan en die vraag is gister aan
u advokaat gevra - en ek verstaan sy instruksies -
wat sou u beweeg
die een oomblik is u hierdie liefdevolle, vriendelike man op die
feite en die volgende oomblik het u in die
monster verander van
daardie ernstige misdade. Daar is niks wat vir my
'n
aanduiding gee op die feite, wat dit gevolg het nie, behalwe dat u
in twee gevalle die geneigdheid getoon het om dit te doen
en in die
afwesigheid van enigiets, moet ek aanvaar dat daardie moontlikheid
bestaan dat u dit weer gaan doen.
Na my mening, is daar
nie
'n
rede vir my om
'n
bepaalde vonnis op te le met
'n
bepaalde uitkoms waarin ek die tevredenheid sal he dat ek die belang
van die gemeenskap kan beskerm nie en ek het netnou vir
u
verduidelik wat ek bedoel by die belang van die gemeenskap.
Ek is van mening, mnr
Van Rooyen, dat op die aanklagte waarop u skuldig bevind is, met
inagneming van al die faktore, selfs met
inagneming van die
genade-aspek dat u permanent uit die gemeenskap verwyder moet word.
Ek is seker daarvan dat hierdie vonnisuitspraak
sal eendag, indien u
oorweeg sal word vir parool, aan die paneel voorgele word. Wanneer
ek lewenslange gevangenisstraf ople bedoel
ek die res van u
natuurlike lewe, behalwe as daar omstandighede ontstaan met verloop
van tyd dat
'n
ingeligte besluit gemaak kan word dat dit in die belang van die
gemeenskap is dat u vrygelaat kan word.
Gevolglik is ek gereed
om vir u vonnis op te le, maar voordat ek dit doen, wil ek net
'n
aspek onder die aandag bring van die slagoffers en hul
naasbestaandes. Daar is ernstige kritiek wat uitgespreek word, met
of
sonder meriete, teen die vrylating van persone wat lewenslange
gevangenisstraf uitdien op
'n
stadium op
parool. Soos die posisie tans is, moet
'n
persoon wat lewenslange gevangenisstraf uitdien, ten minste 25 jaar
van daardie vonnis uitdien waarna hy in oorweging kan kom
vir
parool, tot voor 2004 was dit 20 jaar, of wanneer die persoon die
ouderdom van 65 jaar bereik. Die Strafproseswet bepaal
dat die
slagoffers en hul naasbestaandes in gevalle van moord
'n
direkte inset kan lewer by parool en die families se aandag word
gevestig op die bepalings van artikel 299A van die Strafproseswet,
wat bepaal dat u die reg het om u besonderhede aan die Kommissaris
van Korrektiewe Dienste voor te le en wanneer die beskuldigde
ook al
in die toekoms oorweeg sou word vir enige vorm van vrylating, dat u
eers daarin geken word en dat u
'n
inset kan lewer. U kan u besonderhede aan die aanklaer beskikbaar
stel en die Staat word versoek om die proses aan die gang te
sit om
die besonderhede van die naastebestaandes aan die Kommissaris deur
te stuur.
Mnr Van Rooyen, in die
lig van al die aspekte wat ek vroeer genoem het, word u as volg
gevonnis:
Op aanklag 1, onsedelike
aanrandingaanklag,
TWINTIG
(20) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 2, moord op
Jessica Wheeler,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 3,
regsverydeling,
DRIE
(3) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 5, moord op
Victoria Stadler,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 6, opsetlike
saakbeskadiging,
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Kragtens die bepalings
van artikel 280(2) van die Strafproseswet word dit gelas dat die
vonnisse opgele op aanklagte 3 en 6 samelopend
sal wees. Die totale
vonnis is een van twee keer lewenslange gevangenisstraf en
'n
verdere 28 jaar. Die drie jaar en die vyf jaar is samelopend, met
ander woorde, dit word gelyktydig uitgedien, maar in terme
van die
reg, wanneer
'n
persoon lewenslange gevangenisstraf het, al is dit ook hoeveel, dien
u slegs een lewenslange gevangenisstraf uit, juis
omdat
lewenslank beteken lewenslank. Dit sal slegs van toepassing raak
wanneer dit by parool of klassifikasie en so
meer kom in die
gevangenis, maar ek is seker u pa sal u daardie detail verduidelik.
Ek noem dit net vir u sodat u weet. Dit is
die vonnis van die Hof.
NC
ERASMUS, R
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER:
SS55/2007
DATUM:
14
MEI 2008
In die saak tussen:
HEINRICK URWYLER VAN
ROOYEN
Applikant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
(AANSOEK VIR VERLOF OM
TE APPELLEER)
N C ERASMUS, R
:
Ek het die voordeel
gehad om die volledige aansoek, soos mnr
Price
dit vanoggend voorgehou het, wat hy net op uitgebrei het vanmore
reeds gister te ontvang. Ek het ook die geleentheid gehad om
al die
punte geopper daarin te oorweeg. Ek het ongelukkig nie enige
dokumente van die Staat gister gekry nie, aangesien mnr
Price
dit gister voorberei het en dit was op my versoek dat hy dit vir my
voor die tyd aflewer. Ek het ook gereel dat
'n
afskrif van die uitspraak by horn uitkom kort nadat ek dit gelewer
het.
Die toestaan van verlof
tot appel deur
'n
verhoorhof is
'n
moeilike
beslissing. Die vraag wat beantwoord moet word, is of daar
'n
redelike vooruitsig is dat
'n
ander hof, synde
'n
hof van appel, op die feite tot
'n
ander gevolgtrekking kan kom. Dit is moeilik, juis omdat dit die
verhoorregter se beslissing was dat hy of sy bo redelike twyfel
oortuig is in
'n
geval soos hierdie van die skuld van die beskuldigde aan die hand
van die getuienis.
Hier is feitevrae en
regsvrae geopper in die stukke en ek is gelaat om beide te oorweeg
aan die hand van die feitevrae; aspekte
soos geloofwaardigheid wat
die Staat na verwys het; die feit dat dit bevind is op objektiewe
getuienis en/of onbetwiste getuienis
en/of ander
omstandigheidsgetuienis. Wat die regsvrae aanbetref, moet ek in ag
neem die vorige presedente van ons howe op daardie
punte met
inagneming
van
die feite.
Dan is daar vanoggend
deur mnr
Price
'n
aspek geopper wat nie noodwendig uit die verlof tot appel dokument
spreek nie. Dit is die feit dat die beskuldigde die maksimum
vonnis
opgele is en dat die beslissing op omstandigheidsgetuienis gebaseer
is. Na my mening kan dit op sigself, die feit dat
'n
hof slegs omstandigheidsgetuienis bevind het en die maksimum vonnis
opgele is, nie
'n
grond wees om verlof toe te staan nie, maar dat die toets moet wees
op
'n
evaluering en in die meeste gevalle, soos in hierdie geval,
'n
herevaluering van jou eie uitspraak aan die hand van die getuienis
of daar
'n
redelike vooruitsig is, anders sal die verhoorhof sy plig versuim.
Daar is
'n
spesifieke rede of redes waarom, wanneer daar gepoog word om
geappelleer te word van
'n
hoerhof na
'n
hof van appel daar verlof toegestaan word.
Ek sal en ek het verder
oorgebuig ten gunste van die toestaan van verlof omdat dit
'n
basiese reg is om te appelleer, behalwe as die Hof van mening is dat
daar nie gronde is nie. So, ek neig meer in my gemoed om
verlof toe
te staan, nie omdat die beskuldigde getroos moet word of omdat jy
bevind het op omstandigheidsgetuienis nie, maar
omdat ek besef dat
ek feilbaar is.
Die Appelhof het reeds
in 1966 in
TSHBALALA
op 297 gehandel met die kwessie van omstandigheidsgetuienis en die
maksimum vonnis wat in daardie geval die doodsvonnis is en
wat ek
vroeer uitgespel het, is na mening die sentimente wat deur die
Appelhof uitgespreek is.
Soos
ek aan die begin gese het, was ek bevoorreg om die dokumente voor
die tyd te ontvang. Ek weerhou my daarvan om op enkel en
elke
bewering te antwoord omdat daar nog
'n
proses is
wat gevolg moet word of
'n
appel of petisie, sou ek weier, en ek wil nie daardie prosesse
onnodig be'invloed deur kommentaar wat ek lewer in hierdie
verlofaansoek
nie.
Ek het egter elk van
hierdie aspekte nagegaan in die rekord, na die ontvangs van die
aansoek gister, en ek is van mening dat daar
geen redelike
vooruitsig bestaan dat
'n
hof van appel tot
'n
ander gevolgtrekking kan kom as waartoe ek gekom het nie. Gevolglik
word die
AANSOEK
OM VERLOF VAN DIE HAND GEWYS.
NC
ERASMUS, R