Abrahams v S (A146/2007) [2008] ZAWCHC 173 (11 April 2008)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Attempted rape — Appellant convicted of rape and other charges — Appeal against convictions and sentences — Evidence of complainants assessed — Conviction for attempted rape substituted due to insufficient evidence of penetration — Sentences on other charges upheld. The appellant was convicted in the Regional Court on three charges: the rape of his biological daughter, the rape of his stepdaughter, and the violation of a protection order. He pleaded not guilty and was sentenced to a cumulative effective term of ten years' imprisonment. The appeal raised issues regarding the credibility of the complainants' testimonies and the sufficiency of evidence for the rape conviction. The court found that the evidence presented did not establish penetration in the case of the stepdaughter, leading to a substitution of the conviction for attempted rape. The sentences for the other charges were deemed appropriate and upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 173
|

|

Abrahams v S (A146/2007) [2008] ZAWCHC 173 (11 April 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.
146/2007
DATUM:
11
APRIL
2008
In
die saak tussen:
ABRAHAM
ABRAHAMS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
THRING.
R:
Die
appeflant net in die Streekhof op drie aanklagte tereggestaan.
Aanklag 1 was die verkragting van sy eie biologiese dogter toe
sy
tussen tien en 12 jaar oud was. Haar naam is Amarushia Abrahams.
Aanklag 2 was verkragting van die appellant se stiefdogter
toe sy
tussen tien en 17 jaar oud was. Haar naam is Chandice Abrahams.
Aanklag 3 was ft oortreding van artikel 17(a) van die Wet
op
Gesinsgeweld,
No.166
van 1998 deurdat die appellant na bewering die bepalmgs van 'n
gesinsgeweldinterdik
oortree net deurdat hy sy gemelde stiefdogter, Chandice, agiervolg
het en gedreig het
om
haar dood te maak. Op aldrie van hierdie aanklagte het die appellant
onskuldig gepleit. By sy verhoor is hy deur 'n prokureur

verteenwoordig.
Aan
die einde van die verhoor het die streeklanddros horn soos volg
skuldig bevind: op aanklag 1 is hy aan onsedelike aanranding
skuldig
bevind en gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf ten opsigte daarvan.
Op aanklagte 2 en 3 is hy skuldig bevind, soos aangekla.
Op aanklag
2, die aanklag van verkragting van Chandice, is hy tot tien jaar
gevangenisstraf gevonnis, en op aanklag 3, die verbreking
van die
gesinsgeweldinterdik, is hy tot drie maande gevangenisstraf gevonnis.
Die landdros egter gelas dat die vonnisse op aanklagte
1 en 3
samelopend met die op aanklag 2 deur die appellant uitgedien moet
word. Effektieweiik is die appellant dus tot gevangenisstraf
vir tien
jaar gevonnis
Op
22 Augustus 2006 het die appellant by die landdros aansoek gedoen om
verlof om teen sy skufdigbevindings en vonnisse te appelleer,
en
sodanige verlof is toegestaan.
in
die aansoek om verlof om te appelleer is die gronde van die
voorgenome appel op ft uiters kriptiese wyse uiteengesit, naamlik

soos volg:
"
Ad
skuldiabevindinq
Dat
die agbare Hof het fouteer deur te bevind dat die staat hul saak bo
redelike twyfel bewys het.
Die
agbare Hof het fouteer deur nie die klaagsters se getuienis met die
nodige versigtigheid te benader nie.
Die
agbare Hof het fouteer deur te bevind dat die klaagsters
geloofwaardige getuies was.
Die
agbare Hof het fouteer deur te bevind dat appltkant n
ongeloofwaardige getuie was.
Ad
Vonnis
1.
Die agbare landdros het die persoonlike omstandighede van die
applikant onderbeklemtoon.
Hierdie
manier om gronde van appel voor ft hof te plaas, is onvoldoende en
onaanvaarbaar. Dit is byna niksseggend. Heelwat meer
besonderhede as
dit word vereis. Die Hof van appel, die landdros en die staat moet
deur middel van die gronde van die voorgenome
appel in ft posisie
geplaas word om te weet wat presies die spesisfieke gronde is waarop
die appel gebaseer gaart word. Vae algemene
stellmgs is nie
aanvaarbaar nie. (Sien artikel 309B(3}(a) van die Strafproseswet,
No.51 van 1977 en
5
v McKENZIE
.
2003(2) SA 616 (K) op 618j-619b.) Na heelwat huiwering het ons egter
besluit om die appellant se advokaat toe te laat om die appel

desnieteenstaande voort te sit en om dit nie van die rol te skrap
nie.
Dte
vernaamste getuies vtr die staat was die twee jong dogters, wat die
klaagsters was. Die appellant se biologiese dogter, Amarushia

(aanklag
1),
was
14 jaar oud toe sy voor die fanddros getuig het. Haar halfsuster, die
appellant se stiefdogter, Chandice (aanklagte 2 en 3),
was destyds 18
jaar oud. In sy uitspraak het die landdros hulle getuienis met die
nodige versigUgheid as kinders en enkelgetuies
benader. Hulle albei
het horn as intelligente en bevredrgende getuies beindruk. Hulle
getuienis lees op die rekord oortuigend en
daar is niks op rekord wat
'n mens die landdros se indrukke in twyfel laat trek nie. Hy het
hulle getuienis as die waarheid aanvaar.
Dje enigste kritiek wat
moontlik teen die klaagsters, as getuies, ingebring kan word is dat
hulle eers in Junie 2001 oor die appellant
se langdurige voorafgaande
opt rede met hulle gekfa het. Hulle het hulle versuim egter
verduidelik deur te se dat hulle vir die
appellant bang was. Die
landdros het hierdie verduideliking aanvaar. Ek kan geen fout daarmee
vind nie. Chandice het trouens
getuig dat die appellant haar
herhaaldelik met die dood gedreig het indien sy enigiets aan
enigiernand oor sy seksuele opt rede
met haar sou vertel. Amarushia
het getuig dat sy stilgebly het omdat sy te bang, te skaam en te hart
seer was om met enigiernand
daaroor te praat.
Die
landdros het die appellant se ontkenning dat hy op enige stadium
enige onsedelike daad met enigeen van die twee dogters sou
gepleeg
het as bo redelike twyfel vals en leuenagtig verwerp. Ek kan geen
fout met die landdros se geloofwaardigheidsbevindings
vind nie. Na my
oordeel is die skuldigbevinding van die appellant op aanklagte 1 en 3
volkome korrek en in orde.
Op
aanklag 2, egter, waarop die appellant aan die verkragting van
Chandice skuldig bevind is, het die landdros, na my oordeel,
misgetas. Chandice het op geen stadium in haar getuienis duidelik
gese dat die appellant haar ooit werklik gepenetreer het nie.
Op die
beste vir die staat beskou, is haar getuienis in hierdie opsig
dubbeisinnig en kom dit eintlik, myns insiens, daarop neer
dat die
appellant nie verder gegaan het as om te probeer om haar te verkrag
nie. In haar hoofgetuienis het sy die volgende gese:
"En
toe kom hy in die kamer in en toe my neergesit op die bed en hy het
my skool skirt opgelig en my panty afgetrek en vir
horn uitgetrek en
toe is dit wat hy mos nou bo-op my gele het en my ... (tussenbeide)
En
wat het hy gedoen? — Hy het probeer om sy penrs in my vagina in te
forseer.
Ja?
—- En toe het hy op en af bewegings gedoen."
Aan
die einde van haar getuienis in antwoord op vrae van die landdros,
verskyn ook die volgende passasie in die rekord:
"Nou
toe op daardie stadium toe hy die op en af bewegings maak, waar was
sy privaatdeel gewees? -— Teenaan myne.
Se
weer? --- Teenaan myne.
Teenaan
of binne-in? — Dit was half binne-in
my.
Want
ek het die indruk gekry na aanleiding van die vrae deur die prokureur
dat hy het, jy weet, seks is - die prokureur het jou
gevra - seks is
wanneer die man mos sy privaatdeel binne-in die vrou se
privaatdeel, dit is mos wat algemeen aanvaar
word. Verstaan u
dit, dit is die enigste omskrywing. Mej Van Wyk het jou gevra
daaromtrent en jy het gese hy het dit probeer insit,
maar jy het horn
weggestoot. Dit was te seer, toe haal hy dit uit en toe le hy nog
bo-op jou en toe maak hy op en af bewegings?
--- Ja.
Wat
presies het daar gebeur? Hy het probeer om mos nou sy penis te
forseer in my en toe het ek vir horn weggestoot. Toe sit hy dit
weer
in. Toe het hy dit nie weer probeer in te forseer nie en daai is wat
hy toe die op en af bewegings doen.
Nou
wanneer daarna het dit vir die eerste keer plaasgevind waar hy sy
manlike deel ten voile in jou gesit het of het dit ooit gebeur
waar
hy sy manfike deel ten voile in jou geplaas het? —- Nee, nie
eintlik nie, want hy het meeste dan forseer hy maar dan kry
ek nie
kans om vir horn weg te stoot nie want ek kry seer en ek het net
gehuil.
Dit
is nou vir my (onduidelik). Kyk, die manlike deel word - kyk net gou
hier - die manlike deel word mos nou in die vagina ingesit.
Verstaan
u dit, dan word dit mos nou gepenetreer en dan is dit soos jy nou se
die man maak mos nou die op en af bewegings, ne?
—- Ja.
Se
nou vfr my hy het dit nooit werkfik in jou vagina gedruk nie en dan
die op en af bewegings gemaak nie of het hy slegs net met
u
gepenetreer tot voorlangs en dan uitgehaal of dan net so op en af
bewegings gemaak? — Ja.
Wat
het gebeur? --- Hy kon nooit sy penis heeltemaf by my ingesit het
nie.
Goed,
ek wil nie he daar moet onduidelikhede wees nie, verstaan, want ek
wil nie he jy moet weer terugkom nie, ek gaan dit nou op
rekord
plaas, is dit jou getuienis dat hy het nooit sy privaatdeel ten voile
in jou vagina geplaas nie? — Ja.
Het
hy of het hy nie? —- Hy het dit in - hy het dit nie."
Soos
ek reeds gese het, van hierdie getuienis kan daar, na my oordeel, nie
bo redelike twyfel bevind word dat die appellant op enige
stadium
daarin geslaag het om die klaagster Chandice te penetreer nie. Die
mediese getuienis is wel tot die effek dat Chandice
se maagdevlies
nie meer intak was nie. Toe sy medies ondersoek is, was sy egter
reeds 16 jaar oud en dit volg natuurlik nie noodwendig
dat haar
maagdevlies deur enige optrede van die appellant verwyder of beskadig
is nie.
Die
punt dat die staat nie daarin geslaag het om bo redelike twyfel te
bewys dat Chandice deur die appellant gepenetreer is nie,
is nie op
appel pertinent geneem nie. Dit is glad nie in die aansoek om verlof
om te appeileer of in die gronde tot daardie aansoek
genoem nie. Dit
is ook nie En die appellant se advokaat se hoofde van argument genoem
nie.
Hierdie
Hof het metemin inherente hersieningsmagte ingevolge artikel 304(4)
van die Strafproseswet, No.51 van 1977. Ons is van voornemens
om
daardie magte in hierdie aangeleentheid uit te oefen en om die
skuldigbevinding op aanklag 2 na poging tot verkragting te verander

wat wel, na my oordeel, bo redelike twyfel op die getuienis bewys is.
Dit sal moontlik n effek op vonnis he.
Wat
vonnis op aanklagte
1
en
3 betref, is die vonnisse wat die landdros opgele het, myns insiens,
heeltemal vanpas. Hy het geensins misgetas nie en ek kan
geen fout
daarmee vind nie. Verswarende faktore is die volgende: die klaagsters
was albei jong kinders van omtrent tten jaar oud
toe die appellant
met sy mishandeling van hulle begin het. Hy het met sy optrede oor n
tydperk van jare volhard. Hy het sy vertrouensposisie
as hul pa en
stiefpa, onderskeidelik, misbruik. in heelwat gevalle is die
klaagsters in hulle eie huis deur die appellant misbruik,
waar hulle
behoort veilig te kon gevoel het, en die appellant het op gewetenlose
wyse sy spore probeer toevee deur Chandice met
die dood te dreig
indien sy enigiernand oor sy dade sou vertel het.
Versagtende
omstandighede Is die feit dat die dogters nie ernstige fisiese leed
opgedoen het nie en die appellant se byna skoon
rekord.
Op
aanklag 2 staan dit hierdie Hof natuurlik nou vry om enige vonnis op
te le wat die Hof mag goeddink. Ek dink dat die
vonnis
op hierdie aanklag minder as tien jaar gevangenisstraf behoort te
wees. Die gevolg daarvan is natuurlik om die kumulatiewe
effek van
die vonnisse te verminder.
Gevolglik
word die appel teen die appellant se skuldigbevindings en vonnisse op
aanklagte 1 en 3 van die hand gewys. Op hersiening
word die appellant
se skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 egter ter syde gestel en
met die volgende skuldigbevinding en vonnis
vervang:
"Aanklag
2:
SKULDIG
aan poging tot verkragting. Vonnis:
SEWE
(7)
JAAR
GEVANGENISSTRAF
."
Daar
word gelas dat drie jaar van die vonnis op aanklag 1 gelyktydig met
die vonnis op aanklag 2 uitgedien moet word.
THRING,
J
N
C ERASMUS, R
:
Ek stem saam.
N
C ERASMUS, R