About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 168
|
|
Laing v George Munisipaliteit (395/2008) [2008] ZAWCHC 168 (19 March 2008)
IN
PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
OOSTELIKE
RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING
)
SAAKNOMMER
:
395/2008
DATUM
:
19
MAART 2008
In
die saak tussen
RIAAN
LAING
Applikant
en
GEORGE
MUNISIPALITEIT
Respondent
UITSPRAAK
FOURIE,
R
:
Eiser
en Verweerder net op 22 Februarie 2005, "n skrlftefike
ooreenkoms aangegaan uft hoofde waarvan Verweerder vir Eiser as
wetstoepassingsbeampte aangestel het vir doeleindes van die
betekening van verkeersdagvaardings. Die aanstetling van Eiser, was
volgens die kontrak, terugwerkend van krag vanaf 1 Januarie 2005 tot
31 Desember 2006. As vergoeding vir sy dienste sou Verweerder
"n
bedrag van R30,00 aan Eiser betaal vir elke stel dokumente wat hy sou
beteken.
Uitvoering
is aan die kontrak gegee en net Eiser in die tydperk 1 Januarie 2005
tot 31 Augustus 2005, dagvaardings beteken en n
totale vergoeding van
R147 030,00 van Verweerder ontvang.
Op
4 November 2005 het Verweerder 'n skrywe aan Eiser gerlg waarin hy in
kennis gestel is dat sy dienste opgeskort word en is geen
verdere
dagvaardings vir betekening daarna deur Verweerder aan Eiser
beskikbaar gestel nie. Eiser het hierdie optrede van Verweerder
as "n
repudiasfe van Verweerder se kontraktuele verpligtinge beskou en op
26 Junie 2006 die Verweerder skriftelik in kennis
gestel dat hy die
repudiasie aanvaar.
Eiser
beweer dus dat die kontrak op hierdie wyse beeindig is en vorder hy
skadevergoeding van Verweerder, gelykstaande aan die bedrag
wat hy in
die oorblywende termyn van die kontrak sou verdien het deur die
betekening van dagvaardings, min die uitgawes wat hy
sou gehad het om
betekening van die dagvaardings te bewerkstellig.
Die
verwere wat geopper is teen Eiser se vordering, is wydlopend van
aard, maar met die verloop van die verhoor het Verweerder van
sekere
verwere afstand gedoen. Dit is nie vir my nodig om volledig na die
lywige stel pleitstukke te verwys nie, maar sal ek na
die relevante
gedeeltes daarvan verwys by die verstrekking van my redes vir die
gevolgtrekking waartoe ek gekom het.
Oit
is ook nie nodig om in besondere detai] na die getuienis te verwys
nie, aangesien Eiser die enigste getuie was en groot dele
van sy
getuienis nie werklik deur Verweerder betwis is nie.
Ek
mag verder meld dat aangesien hierdie uitspraak gelewer word op die
voorlaaste dag van 'n besige rondgang, ek nie voornemens
is om
breedvoerige redes vir my bevindings te verskaf nie, maar dit eerder
opsommenderwys te doen. Ek kan egter die partye verseker
dat ek die
argumente wat namens hulle voorgele is, deeglik oorweeg het.
In
paragraaf 11 van die Besonderhede van Vordering word die volgende
bewerings gemaak ten aansien van die repudiasie deur Verweerder,
waarop Eiser as skuldoorsaak steun:
"11.
Gedurende die periode September 2005 tot 26 Junie 2006 het die
Verweerder repudiasie gepleeg deur:
"n
Skrywe aan Eiser te rig op 4 November 2005 waarin die Eiser in
kennis gestel is dat sy dienste opgeskort word
en
11.2
Te versuim om enige dagvaardings of hofdokumente aan die Eiser
beskikbaar te stel vir doelerndes van betekening daarvan, ten
spyte
daarvan dat daar selfs meer dagvaardings of hofdokumente beskikbaar
was vir betekening, as wat gedurende die voorafgaande
agt maande deur
die Eiser suksesvol beteken is.â
Verweerder
pleit as volg hierop in paragraaf 9 van die Verweerskrif:
"9.
9.1 The Defendant admits the contents of paragraph 11.1.
9.2 Defendant
repeats its plea as set out in paragraph 5
supra.
9.3 Defendant
pleads that in the premises it was under no obligation to make
any summonses or other Court documents
available to
Plaintiff for service and
9.4. Defendant
pleads that it was entitled to terminate, alternatively, resile
from the
contract
on the grounds set out in paragraph 5
supra."
Aangesien
Verweerder nie in hierdie paragraaf van die Verweerskrif spesifiek
pleit op die bewering in paragraaf 11,2 van die Besonderhede
van Eis
nie, moet paragraaf 11.2 ingevolge Reel 22(3) geag word erken te
wees.
Soos
blyk uit paragraaf 9.2 van die Verweerskrif, gelees met paragraaf 9.3
daarvan, steun Verweerder op die bewerings in paragraaf
5 van die
Verweerskrif ten einde te beweer dat hy onder geen verpligting was om
enige dagvaardings vir betekening aan Eiser beskikbaar
te stel nfe en
gevolglik regmatig die kontrak beeindig het.
Soos
ek die Verweerskrif verstaan, beweer Verweerder dus dat die versuim
om verdere dagvaardings aan Eiser beskikbaar te stel, regmatig
was,
weens die gronde uiteengesit in paragraaf 5 van die Verweerskrif, en
gevolglik nie 'n repudiasie van Verweerder se kontraktuele
verpligtings daargestel het nie.
Volledigheidshalwe
moet ek verwys na paragraaf 12 van die Besonderhede van Eis, waar
Eiser beweer dat hy op 26 Junie 2006 Verweerder
in kennis gestel het
dat Verweerder se repudiasie aanvaar word en die kontrak daarmee
gekanselleer is. Hierdie bewering word in
paragraaf 10 van die
Verweerskrif erken en is dit ook gemeensaak dat sodanige aanvaarding
van die repudiasie, soos deur Eiser beweer,
ingevolge 'n skrywe van
Eiser se prokureurs aan Verweerder, gedateer 26 Junie 2006
r
geskied het.
Wanneer
gelet word op die verwere waarop Verweerder in paragraaf 5 van die
Verweerskrif steun, blyk dit dat, na afstanddoening van
sekere
verwere, die Verweerder tans net op die verwere vervat in paragrawe
5.3 en 5.4 van die Verweerskrif, staatmaak. Sentraal
tot hierdie
verwere, Is Verweerder se bewering dat nieteenstaande die aanstelling
van Eiser as wetstoepassingsbeampte ingevolge
regulasies uitgevaardig
kragtens die Strafproseswet nr. 51/77, sodanige aanstelling nie vir
Eiser magtig om regsgeldiglik verkeersdagvaardings,
uitgereik weens
oortredings ingevolge die Nasionale Padverkeerswet nr. 93/96, te
beteken nie.
Hierdie
feitelike bewering word deur Eiser ontken, maar aanvaar ek vir
doeleindes van hierdie uitspraak, sonder om 'n beslissing
daaroor te
maak, dat Verweerder se bewerings in hierdie verband korrek is.
In
paragraaf 5.3 steun Verweerder eerstens op die verweer van
onmoontlikheid van prestasie as grondslag. Dit word as volg
gestei:
"The
Defendant pleads that
5.3.1 Due
to no fault of Defendant, the performance of Plaintiff's duties under
the contract i.e. the service and execution of summonses,
court
documents and other process of court relating to offences in terms of
the Road Traffic Act, was impossible to perform from
inception of the
contract.
5.3.2 In
the premises the contract between the parties is void for
impossibility of performance and as a result no obligations have
arisen in respect of the Plaintiff's performance in terms of the
contract, nor in respect of Defendant's agreed counter performance."
In
die notule van die voorverhoor konferensie wat deur die partye gehou
is, word aanvaar dat die bewyslas om hierdie verweer te
bewys, op die
Verweerder rus.
Ten
aansien van hierdie verweer is ek dit eens met mnr Coetsee
r
namens Eiser, dat Verweerder nie behoorlik onderskei tussen die
geldigheid van die betrokke kontrak, enersyds, en die geldigheid
van
die betekening van die dagvaardings andersyds, nie.
Dit
hang saam met die beginsel dat ten einde as "n verweer te kan
kwalifiseer, onmoontlikheid van prestasie absoluut en nie
bloot
relatief moet wees nie. Slegs absotute onmoontlikheid van prestasie
sal die nietigheid van die kontrak tot gevolg he.
Christie,
The
Law of Contract in South Africa
.
5de uitgawe, bladsy 93, stel dit as volg met verwysing na
Digests
45.1.1375:
"The
impossibility must be absolute as opposed to relative. If I promise
to do something which, in general, can be done, but
which I cannot
do, I am liable on the contract."
Die
betrokke regulasies maak uitdruklik voorsiening vir die aanstelling
van verskillende kategoriee" van persone om verkeersdagvaardings
te kan beteken en is prestasie ingevolge hierdie kontrak dus nie in
'n absolute sin onmoontlik nie. Daarbenewens, soos Christie
in sy
aangehaalde werk dit verder stel te bladsy 93, moet die beginsel dat
onmoontlikheid van prestasie die nietigheid van 'n kontrak
tot gevolg
het, die knre buig voor "n strydige bedoeling van die partye.
Die geleerde skrywer stel dit as voig:
"The
principle must give way to the contrary common intention of the
parties. This intention may be expressed, as
when a seller
expressly represents or promises that the
merx
exists.
If it is found not to have been in existence at the time the contract
was made, he wiH be liable for damages for breach
of his promise or
for his false representation if fraudulent or negligent."
In
die onderhawige geval is daar 'n duidelike teenstrydige bedoeling van
die partye te vind in klousule 4 van die kontrak. Dit lees
as volg:
"Qualification
to execute work
The
employee shall be responsible for obtaining and holding the
qualifications necessary for him to execute this contract including
but not limited to being a peace officer in terms of the Criminal
Procedure Act 51/77."
Daarkragtens
het die partye dus ooreengekom dat Eiser die verpligtfng het om die
nodige kwalifikasie te bekom ten einde uitvoering
aan die kontrak te
gee. Dit moet saamgelees word met klousule 15 van die kontrak, wat
aan Verweerder die reg gee om die kontrak
te kanselleer indien Eiser
sou versuim om sy verpligtinge ingevolge die kontrak na te kom.
Ek
moet byvoeg dat dit gemeensaak is dat Verweerder nie uit hoofde van
Klousule 4, getees met klousule 15, teen die Eiser opgetree
het weens
enige beweerde kontrakbreuk deur horn nie. Dit volg dus dat die
partye, ingevolge klousule 4, gelees met klousule 15,
by noodwendige
Implikasie ooreengekom het dat die afwesigheid van die nodige
kwalifikasie nie die nietigheid van die kontrak tot
gevolg sou he
nie. Die verweer van onmoontlikheid van prestasie kan derhaiwe nie
slaag nie.
In
paragraaf 5.4 van die gewysigde Verweerskrif, steun Verweerder op die
aanwesigheid van 'n opskortende, alternatiewelik ontbindende,
voorwaarde in die kontrak ten einde te beweer dat die kontrak nie in
werking getree het nie, alternatiewelik verval het. Dit word
as votg
gestel in die Verweerskrif:
"5.4
5.4.1
Defendant further pleads that the contract was subject to the
express, alternatively legally implied, further alternativeEy
tacit
suspensive condition that the Plaintiff shall, within a reasonable
period of time after the signature of the contract by
the parties
obtain and hold the qualifications necessary for him to execute the
contract, failing which the contract would be
of no force or effect.
5.4.2
Defendant further pleads that the Plaintiff had failed within a
reasonable period of time, to obtain and/or to hold the
qualifications necessary for him to execute the contract and that
the contract has therefore failed, alternatively,
5.4.3.
The contract was subject to the express, alternatively legally
implied, further alternatively, tacit, resolutive condition,
that
should the Plaintiff not within a reasonable period of time, after
the conclusion of the contract, obtain and hold the qualifications
necessary for him to execute the contract, the contract would lapse.
5.4.4
The Plaintiff did not within a reasonable period of time, after the
conclusion of the contract, obtain and/or hold the qualifications
necessary to execute the contract and the contract has therefore
lapsed on or about November 2005 and is of no force or effect."
Die
partye is dit eens dat die bewyslas ten aansien van hierdie verweer
ook op Verweerder rus. Dit behoef geen betoog dat die
kontrak nie 'n
uttdruklike beding bevat wat dit onderworpe stel aan 'n opskortende
of ontbindende voorwaarde van hierdie aard
nie.
Daarbenewens
bevat die kontrak in Klousule 4, waarna ek reeds verwys het, 'n
uitdruklike term wat direk in stryd met die aanwesigheid
van 'n
stMswyende of regtens inbegrepe opskortende of ontbindende
voorwaarde van hierdie aard sou wees.
Verder
bepaal Klousule 17 van die kontrak ook dat:
"This
agreement constitutes the whole agreement between the parties as to
the subject matter hereof and no agreements, representations
or
warranties between the parties, other than those set out herein, are
binding on the parties."
Die
inlees van 'n opskortende of ontbindende voorwaarde van die aard
waarop Verweerder steun
t
sal, na my mening, regtens onhoudbaar wees, in die lig van die
uitdruklike bepallngs van Klousule 4 en die aanwesigheid van
Klousule 17 in die kontrak.
Christie
in sy aangehaalde werk stel dit as volg te bladsy 197:
"The
parol evidence rule does not prevent the leading of evidence to show
that the written contract was subject to a condition
precedent not
expressed in the document, provided the condition is not
inconsistent with the terms of the document, which is
perhaps
another way of saying that the condition must be a true condition,
suspending the operation of the contract, without
varying any of its
terms and not a so-called condition which is really a term of the
contract. The proper place for a so-called
condition of this type is
in the document in which the parties have agreed to include all the
terms of their contract. A so-called
condition suspending some of
the terms of a contract must of necessity be hit by the rule, if on
the face of the document ail
the terms are operative
contemporaneously. If the condition is a true one, it does not
matter whether it is positive or negative
In form, but it is
difficult to see how evidence of a resolutive condition could ever
be given without contradicting or varying
the terms of the written
document."
Ek
kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die oorblywende verwere
waarop Verweerder hom beroep in paragraaf 5.3 en 5.4 van die
Verweerskrif, nie regtens 'n verweer teen Eiser se skuldoorsaak,
gegrond op Verweerder se repudiering van die ooreenkoms, daarstel
nie.
Mnr
van der Merwe, namens Verweerder, het egter verder geargumenteer dat
by "n behoorlike vertolking van die pleitstukke
van Verweerder,
dit vatbaar is vir die volgende verweer, naamlik dat aangesien Eiser
op die stadium van die beweerde repudiasie
deur Verweerder, nie die
bevoegdheid gehad het om regsgeldiglik dagvaardings te kon beteken
nie, die repudiasie van Verweerder
nie 'n onregmatige repudiasie
daargestel het waarop Eiser kan steun nie.
Ek
vind dit moeilik om te sien hoe daar ruimte vir so 'n verweer kan
wees, veral in die lig van die inhoud van paragrawe 9 en
10 van die
Verweerskrif, waarin die repudiasie en aanvaarding daarvan, waarop
Eiser steun, uitdruklik deur Verweerder erken word.
Hoe dit ook a!
sy, en selfs as argumentshalwe aanvaar word dat so 'n verweer wel
gepleit is, is ek van oordeel dat dit nie meriete
het nie.
Soos
mnr Coetsee, na my mening tereg, betoog het met verwysing na die
opsomming in
Amler's
Precedents of
Pleadings
,
bladsy 101, is dit nie 'n voorvereiste in 'n eis vir
skadevergoeding, vir die Eiser om te beweer dat hy sy kontraktuele
verpligtinge
nagekom het nie.
Daarbenewens
is die verpligting van 'n kontrakparty om nie sy of haar
kontraktuele verpligtinge te repudieer nie, nie 'n verpligting
wat
onderneem word in ruil vir die nakoming van sy/haar verpligtinge
deur die ander kontrakparty nie.
Anders
gestel, daar is geen wederkerigheid tussen 'n party se verpligting
om nie sy kontrakverpligtinge te repudieer, en die nakoming
deur die
ander party van sy/haar kontrakverpligtinge nie.
In
Dawnford
Investments CC & Another v Schuurman,
1994(2)
SA
412 (N) word dit as volg gestel:
"The
ex
lege
obligation
not to commit an anticipatory breach of an agreement (oftewel om
repudiasie te pleeg), flows from the requirement of
bona
fides
to
which our contracts are subject and is not one which is undertaken
in exchange for the performance of another obligation by
the other
contracting party."
Christie
stel dit as volg te bladsy 421, voetnoot 145, van sy aangehaalde
werk:
"The
duty not to repudiate arises ex
lege
and
is not reciprocal to any of the obligations under the contract."
Ek
vereenselwig my respekvol met hierdie menings en bevind dus dat
indien argumentshalwe aanvaar word dat Eiser nie by kontraksluiting
die bevoegdheid gehad het om regsgeldiglik dagvaardings te kon
beteken nie, dit nie tot gevofg gehad het dat Verweerder se erkende
repudiasie, regmatig was nie.
In
die tig van my voormelde bevindings volg dit dat Verweerder nie 'n
regsgeldige verweer teen die meriete van Eiser se eis het
nie.
Wat
dan oorbly, is die vraag of Eiser bewys het dat hy op
skadevergoeding weens Verweerder se kontrakbreuk geregtig is. In
hierdie
verband voer Verweerder aan dat Eiser nie sy bewyslas ten
aansien van die bewys van skade gekwyt het nie.
Eiser
se getuienis oor die skade wat hy gely het, is wesenlik onbetwis.
Dit toon dat hy gedurende die tydperk 1 Januarie 2005
tot 31
Augustus 2005, toe dagvaardings aan horn beskikbaar gestel is vir
betekening, gemiddeld R18378.75 per maand uit die kontrak
verdien
het.
Die
bewering van Eiser in paragraaf 11.2 van die Besonderhede van Eis,
dat daar vir die oorblywende termyn van die kontrak selfs
meer
dagvaardings beskikbaar sou wees vir betekening, as gedurende die
voormelde tydperk van agt maande, is ook onbetwis.
Derhalwe
voer Eiser met oortuiging aan dat hy ten minste R18 378,75 per maand
sou verdien het gedurende die oorblywende termyn
van die kontrak,
dit wil se, vanaf 1 September 2005 tot 31 Desember 2006. Dit beloop
n totale bedrag van R294 060.
Mnr
van der Merwe betoog dat aangesien, soos blyk uit die dokumentasie
voor die hof, Eiser die beskikbare hoeveelheid dagvaardings
sou moes
deel met twee ander kontrakteurs, Eiser nie bewys het watter
hoeveelheid dagvaardings hy inderdaad sou ontvang het tydens
die
oorblywende termyn van die kontrak nie.
Hierdie
submissie hou egter nie rekening met Eiser se onbetwisde getuienis
in hierdie verband en die voormelde erkenning van die
bewering in
paragraaf 11.2 van die Besonderhede van Eis nie.
Na
my mening het Eiser op *n gerieflike oorwig van waarskynlikhede
bewys dat hy gemiddeld R18 378,75 per maand sou verdien
het
tydens die onverstreke termyn van die kontrak, as Verweerder
voortgegaan het om dagvaardings vir betekening aan horn beskikbaar
te stel.
Eiser
het verder getuig dat hy gemiddeld R3 000 per maand sou spandeer het
aan uitgawes in die proses om dagvaardings tydens die
oorblywende
termyn van die kontrak te beteken. Sy uitgawes sou dus 'n totaal van
R48 000,00 beloop het, met gevolg dat hy skade
ten bedrae van R246
060,00 gely het.
Mnr
van der Merwe het betoog dat Eiser ten aansien van die brandstof- en
telefoonuitgawes waaroor hy getuig het, nie hierdie urtgawes
met
voldoende presiesheid bewys het nie. Na my oordeel het Eiser wel met
voldoende presiesheid sy uitgawes bewys. Die brandstofuitgawes
het
hy met verwysing na die diensboekie van sy voerturg en die duurste
dieselprys gedurende die tydperk wat deur sy eis gedek
word,
bevestig. Alhoewel hy nie in staat was om sy telefoonuitgawes met
dokumentasie te staaf nie
T
blyk 'n bedrag van R200,00 per maand wat hy daarvoor begroot het,
redelik te wees. In ieder geval, blyk dit dat sy beraming van
die
brandstofuitgawes per maand oordrewe is, veraE as in ag geneem word
dat hy die voertuig vir net ongeveer 50% van die afstand
afgele, vir
doeleindes van hierdie kontrak sou gebruik het.
Ek
bevind derhalwe dat Eiser op "n oorwig van waarskynlikhede
bewys het dat Verweerder se kontrakbreuk vir hom skade in die
bedrag
van R246 060,00 berokken het.
Mnr
van der Merwe het ook betoog dat enige skade wat Eiser gely het, nie
kousaal verbind is met enige kontrakbreuk van die Verweerder
nie.
Die eerste been van die kousaliteitstoets is feitelike kousaliteit,
wat beste geTJIustreer word deur die "but for test".
Met
ander woorde, "would the Plaintiff have suffered the loss but
for the Defendant's breach". Soos verduidelik in
Thoroughbred
Breeders Association v Price Waterhouse
,
2001(4) SA 511 (HHA) par 66:
"It
is sufficient for the Plaintiff to prove that the Defendant's breach
was a cause of the loss
r
even
if there was another contributing cause."
Na
my mening het Eiser bewys dat daar 'n direkte feitelike kousale
verband is tussen Verweerder se repudiasie, met die gevolglike
beeindigtng van die kontrak by aanvaarding van die repudiasie deur
Eiser, en die skade wat Eiser gely het. Anders gestel, as
dit nie
was vir Verweerder se repudiasie nie, sou Eiser nie hierdie skade
gely het nie.
Vir
soverre hierdie kousaliteitsargument van Verweerder gegrond is op
die beweerde gebrekkige aanstelling van Eiser, en selfs
as
argumentshalwe aanvaar word dat Eiser nie uit hoofde van sy huidige
aanstelling regsgeldige betekening van dagvaardings kon
bewerkstellig nie, beteken dit nie, soos reeds aangedui, dat hy
absoluut onbevoeg was om die nodige kwalifikasie te bekom nie.
Soos
blyk uit die betrokke regulasies, is daar ander kategoriee waaronder
Eiser se aanstelling kon resorteer, ten einde dagvaardings
geldig te
kan beteken. As Verweerder die oog-lopende roete gevolg het, indien
Verweerder van oordeeJ was dat Eiser se aanstelling
gebrekkig is,
naamlik om Eiser ingevolge klousule 15 van die kontrak aan te maan
om sy kontraktuele verpligtinge uit hoofde van
klousule 4 na te kom,
kon Eiser die nodige stappe geneem het om
r
n
aanstelling ingevolge een van die ander beskikbare kategoriee"
te probeer bekom.
Die
vraag waarom hierdie roete nie deur Verweerder gevolg is nie, bly
egter onbeantwoord. Hoe dit ook al sy, bly Verweerder se
kontrakbreuk by wyse van die repudiasie van die kontrak, ft
causa
sine qua non
van
die Eiser se verlies en is daar, na my mening, aan die eerste been
van die kousaliteitstoets voldoen.
Die
tweede been is juridiese kousaliteit, en is die toets vir die
aanwesigheid daarvan as volg gestel deur Corbett HR
,
in
International
Shipping Company fPtv) Ltd v Bent lev
,
1990(1) SA, (A) te 700 I:
"The
second enquiry then arises,
viz
whether
the
wrongful act is linked sufficiently closely or
directly to the
loss for legal liability to ensue or
whether, as it is said, the
loss is too remote.
This is basically a juridical problem in
the
solution of which considerations of policy play a
part.
This
is sometimes called "legal
causation'."
Hieraan
is daar, na my mening, ook voldoen aangesien die skade wat Eiser
gely het, die gebruiklike of te verwagte skade is wat
sou
voortspruit uit die repudiasie van Verweerder se kontraktuele
verpligting om dagvaardings vir betekening aan Eiser beskikbaar
te
stel.
Dit
volg derhalwe dat Eiser met sy eis moet slaag. As suksesvoile party
is hy op sy koste geregtig. Eiser het aansoek gedoen vir
r
n
bestraffende kostebevel en 'n aantal gronde hiervoor aangevoer. Ek
het hierdie gronde individuee! en kumulatief oorweeg, maar
is nie
oortuig dat dit 'n bestraffende kostebevel regverdig nie.
Wat
die ess vir
moratore
rente
op die eisbedrag betref, blyk dit dat die eis eers in die
Besonderhede van Eis behoorlik gekwantifiseer is, met gevolg dat
sodanige rente eers van datum van betekening van die dagvaarding
bereken behoort te word.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak;
Verweerder
word gelas om die bedrag van R246 060,00 aan Eiser te betaal
as skadevergoeding tesame met rente daarop teen
'n koers van 15,5%
per jaar, bereken vanaf datum van betekening van dagvaarding tot
datum van finale betaling.
Verweerder
word gelas om Eiser se gedingskoste te betaal.
FOURIE, R