About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 164
|
|
Botha v Fruit & Veg City Knysna (14944/2007) [2008] ZAWCHC 164 (13 March 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER 14944/2007
DATUM: 13
MAART 2008
In
die saak tussen:
ALETTA
HELENA JOHANNA BOTHA Eiseres
en
FRUIT
& VEG CITY KNYSNA Verweerder
UITSPRAAK
FOURIE,
R
:
Die
eiseres, 'n 69-jarige gekwalifiseerde verpleegster, vorder
skadevergoeding van verweerder vir 'n besering wat sy aan haar
regtervoet opgedoen het. Sy beweer dat sy kort na 8:00 voormiddag op
30 Desember 2003 verweerder se winkeF te Knysna besoek het
om
inkopies te doen. Terwyl sy daar was het 'n trollie, gelaai met
aartappelsakkies, haar voet raakgery met die gevolglike besering
van
haar regtervoet wat, weens die gevolge daarvan, haar geregtig maak
op die betaling van skadevergoeding. Die partye het ooreengekom
dat
indien bevind sou word dat eiseres in verweerder se winkel beseer
is, soos deur haar beweer, die verweerder middeJIik aanspreeklik
teenoor haar sal wees op die grondslag dat sy die besering opgedoen
het weens die optrede van 'n werknemer van verweerder, wat
in diens
van die verweerder was en binne sy diensbestek met verweerder
opgetree het.
By
die aanvang van die verhoor het ek, op versoek van die partye,
ingevolge Reel 33(4) gelas dat die meriete van eiseres se aksie,
insluitende haar beweerde bydraende nalatigheid, vooraf beslis word
en dat die kwantum van haar skadevergoedingseis oorstaan
vir latere
beregting, indien nodig.
Ek
het die verhoor van die aksie tydens die siviele rondgang te
Mosselbaai aangehoor en aangesien daar verskeie ander sake is
wat
nog my aandag verg, is ek nie voornemens om in hierdie uitspraak in
enige detail na die pleitstukke te verwys of uitgebreide
redes vir
my bevinding te verskaf nie. Ek gaan dus voort om 'n bondige
opsomming van my redes te verskaf.
Dit
word nie betwis dat eiseres die besering, waaroor sy getuig het, aan
haar regtervoet opgedoen het nie. Die volgende vraag
is waar en op
watter datum sy beseer is. Sy beweer dit was op 30 Desember 2003
toe sy verweerder se winkel te Knysna besoek
het. Haar onbetwiste
getuienis is dat sy op hierdie datum die verweerder se winkel te
Knysna besoek het net na 8:00 voormiddag
om inkopies te doen. Haar
getuienis dat sy die winkel besoek het om versuikerde vrugte te koop
vir 'n funksie op 31 Desember
2003 by die aftree-oord waar sy
werksaam was, is ook nie betwis nie.
DieseEfde
geld vir haar getuienis dat sy op gemelde datum en tyd inderdaad
hierdie items aangekoop het, dit laat weeg het by 'n
skaal in
verweerder se winkel en daarvoor betaal het by die betaalpunt. Haar
getuienis in hierdie verband word in ieder geval
ook gestaaf deur
haar eggenoot wat getuig het dat sy horn meegedeel het dat sy die
items hierdie betrokke dag by verweerder se
winkel sou gaan koop vir
die oujaarsfunksie by die betrokke aftree-oord,
Eiseres
se getuienis aangaande die datum en pEek waar sy beseer is, is
aanvanklik deur verweerder bevraagteken. Verweerder het
deur middel
van sy lid en bestuurder, mnr Hanekom
r
aangevoer dat eiseres eers aan die einde van Februarie 2004 die
voorval aan horn gerapporteer het en hy ook van oordeel was dat
dit
onwaarskynlik is dat 'n trolfie volgepak met aartappelsakkies oor
haar voet kon ry
p
soos deur haar beskryf.
Tydens
kruisverhoor het Hanekom egter toegegee dat hy nie kan betwis dat
eiseres wel die besering aan haar regtervoet, soos getoon
op die
foto's voor die Hof, opgedoen het, asook nie kan betwis dat die
betrokke besering inderdaad op 30 Desember 2003 deur haar
opgedoen
is nie. Wat hy egter betwis, het Hanekom getuig, is dat eiseres
hierdie besering in verweerder se winkel te Knysna opgedoen
het.
Die
wesenlike geskilpunt, na afhandeling van die getuienis, was dus of
eiseres die betrokke besering op die wyse, soos deur haar
beskryf,
in verweerder se winkel te Knysna opgedoen het.
Tydens
betoog egter het mnr
Van
der Merwe
,
namens verweerder, toegegee dat eiseres wel bewys het dat sy die
besering aan haar voet op 30 Desember 2003 in verweerder se
winkel
te Knysna, en nie elders nie, opgedoen het. Hy het egter betoog dat
eiseres as enkelgetuie van die betrokke voorval, nie
op Vi oorwig
van waarskynlikhede bewys het dat die betrokke voorval plaasgevind
het soos deur haar beskryf me.
Dit
is wel so, soos betoog deur mnr
Van
der Merwe
,
dat Yi enkelgetuie se getuienrs met versigtigheid benader moet word.
Dit
is in wese n reel van die logika en in
S
v SAULS EN ANDERE
1981(3) SA 172 (A) word dit as volg gestel te 180E-G:
"There
is no rule of thumb, test or formula to apply when it comes to a
consideration of the credibility of a single witness.
The trial
judge will weigh his evidence, will consider its merits and demerits
and having done so, will decide whether it is
trustworthy and
whether, despite the fact that there are shortcomings or defects or
contradictions in the testimony, he is satisfied
that the truth has
been told. It has been said more than once that the exercise of
caution must not be allowed to displace the
exercise of common
sense."
Dit
volg dus dat die enkelgetuie se getuienis beoordeel moet word aan
die hand van die getuienis as h geheel en teen die agtergrond
van
die waarskynlikhede van die saak. In Vi artikel wat NICHOLAS, AR in
die
SA
LAW JOURNAL
geskryf het, stel hy dit as volg veral met verwysing na die
beslissing in
R
v KRISTUSAMY
1945 AA 549 te 556:
'The
question is not whether a witness is wholly truthful in all that he
says, but whether the Court can be satisfied beyond a
reasonable
doubt in a criminal case or on a balance of probabilities in a civil
matter, that the story which the witness tells
is a true one in its
essential features.
1
'
Let
'n mens nou op die eiseres se weergawe, is dit relatief eenvoudig.
Sy het by die skaal gestaan waar die versuikerde vrugte
wat sy
gekoop het
f
geweeg is, toe 'n trollie
r
wat hoog gepak was met aartappelsakkies, haar van agter genader en
oor haar regtervoet, wat naaste aan die gangetjie was waarlangs
die
trollie aangekom het, beweeg het. Haar regtervoet het in die proses
onder die pallet op die trollie, waarop die aartappelsakkies
gepak
was, vasgekiem geraak en is sy beseer.
Dit
is gemene saak dat die uitleg van die betrokke area in verweerder se
winkel, wel is soos eiseres dit beskryf het. Soos ek
reeds gemeld
het
r
bevestig haar eggenoot ook dat sy die oggend versuikerde lekkers in
verweerder se winkel gaan koop het. Dit volg dus dat sy haar
wel in
die betrokke area in die winkel, waar sy se die voorval plaasgevind
het, sou bevind het. Die uitlegplan, Bewysstuk A,
toon dan ook dat
die skaal, prakties gesproke, gedeeltelik in die gangetjie was
waardeur "n trollie sou moes beweeg.
Dit
volg derhalwe dat eiseres, wanneer sy by die skaal sou staan terwyl
haar items geweeg word, gedeeltelik in die gangetjie sou
staan
waarlangs so 'n trollie sou beweeg het.
Die
volg, opsommenderwys, na my mening, dat eiseres se weergawe oor hoe
die voorval plaasgevind het, geheel en al versoenbaar
is met die
objektiewe ligging van die betrokke area in verweerder se winkel.
Dit
moet verder in ag geneem word dat Hanekom in sy getuienis toegegee
het dat eiseres se voet wel beseer sou kon gewees het soos
deur haar
beskryf in haar getuienis, naamEik dat haar voet onder die gemelde
pallet beland het en die bewegende pallet haar voet
sou vasgeklem en
beseer het.
Dit
volg dus dat eiseres se weergawe oor die meganiese wyse waarop haar
beserfng veroorsaak is, ook versoenbaar is met die objektiewe
waarskynlikhede.
Mnr
Van
der Merwe
het egter gesubmitteer dat eiseres 'n onbetroubare getuie was en nie
daarin geslaag het om te bewys dat die voorval inderdaad
plaasgevind
het soos deur haar beskryf nie. Mnr
Van
der Merwe
was in hierdie verband genoop om te argumenteer dat dit waarskynlik
is dat eiseres die oggend op 'n ander wyse self haar voet
in
verweerder se winkel beseer het, byvoorbeefd, deur die voet teen 'n
rak of trollie te stamp en mettertyd, nadat haar mediese
koste
geeskaieer het, die blaam voor verweerder se deur wil ie ten einde
met In eis vir skadevergoeding te slaag.
Daar
moet natuurlik, soos betoog deur mnr
Mouton
,
namens eiseres, onmiddellik daarop gelet word dat hierdie hipotese
nooit aan eiseres gestel is nie. Dit kom ook op suiwer spekulasie
neer, sonder enige basis wat daarvoor gele is in die getuienis. Dit
sal onthou word dat Hanekom inderdaad pertinent daaroor was
dat
eiseres nie hierdie besering in verweerder se winkel opgedoen het
nie. Dit is seker so dat hy hierdie steliing gemaak het
aan die hand
van sy siening aangaande eiseres se beskrywing oor hoe die voorval
sou gebeur het, maar is die probleem steeds dat
die gemelde hipotese
nie aan eiseres gestel is ten einde haar in staat te steE om in haar
getuienis daarmee te handel nie.
Hoe
dit ook al sy, is ek in ieder geval nie oortuig dat hierdie hipotese
aan die hand van die getuienis as 'n geheel 'n meer aanvaarbare
alternatief as die eiseres se weergawe van hoe sy beseer is,
daarstel nie. Soos dit al dikwels deur ons howe gestel is, sal ft
litigant sy of haar
onus
in
ft siviele saak kwyt deur die Hof te oortuig dat die
afleiding wat hy of sy voorstaan, die mees voor-die-hand-liggende
en aanvaarbare afleiding is van
'n
aantal
moontlike afleidings.
Die
afleiding wat verweerder dus voorstaan
r
is dat eiseres haarself, sonder skuld van die verweerder of sy
werknemers, beseer het en nou verweerder aanspreeklik wil hou
vir
die finansiele gevolge van die besering. Die behels natuurlik verder
die aanname dat eiseres nie alleenlik 'n valse eis teen
verweerder
ingedien het nie, maar klaarblyklik ook meineed gepleeg het deur
onder eed te getuig dat sy beseer is deur 'n trollie
wat deur
verweerder se werknemer gestoot is.
Eiseres
is ti statige dame van 69 jaar wat my beindruk het. Sy het haar
deurtastende kruisverhoor goed deurstaan en was bereid
om, waar
nodig, toegewings te maak. Die kern van haar weergawe het egter
konstant gebly en het die logiese en duidelike wyse
waarop sy haar
getuienis afgele het, my gunstig beindruk. Die huiwerigheid of
vaagheid wat dikwels by bejaarde getures waargeneem
word, was in
haar geval heeltemal afwesig. Soos ek reeds gemeld het, is eiseres
se weergawe versoenbaar met die objektiewe ligging
van die area waar
sy se die voorval plaasgevind het en word die wyse waarop sy s^ sy
beseer is, ook deur Hanekom van verweerder
as redelik moontlik
aanvaar.
Ek
is bewus daarvan dat die blote optrede van ft getuie in die
getuiebank nie as die grondslag kan dien vir die aanvaarding van
sodanige getuienis nie, maar dien dit in hierdie geval we! as
onderskraging vir my mening dat eiseres se weergawe as die
waarskynlike
weergawe van die betrokke gebeure aanvaar behoort te
word. Anders gestel, dien eiseres se optrede in die getuiebank as
onderskraging
vir my gevolgtrekking dat haar weergawe by verre die
mees voor-die-hand-liggende of aanvaarbare weergawe is, veral as dit
getoets
word teen verweerder se ongesubstansieerde hipotese.
Inteendeel, vind ek dit uiters onwaarskynlik dat hierdie bejaarde
dame,
welwetende volgens hierdie hipotese dat daar geen getuienis of
geen getuie hoegenaamd van so ft voorval is nie, dit sou fabriseer
en met soveel oorfeg ten aansien van tyd, plek en wyse, dit op
bedrieglike wyse as die waarheid sou voorstel. Dit, in omstandighede
waar die getuienis toon dat sy geen motief hoegenaamd gehad het om
juis verweerder se winkel te teiken nie.
Mnr
Van
der Merwe
het betoog dat eiseres se weergawe in ieder geval as onbetroubaar
verwerp moet word, in besonder aan die hand van die volgende:
Eerstens, weens, wat hy beskryf het as eiseres se "verskeidenheid
van verduidelikings" oor hoe sy beseer is. In hierdie
verband
het mnr
Van
der Merwe
ook verwys na paragraaf 4 van eiseres se
besonderhede van vordering waarin beweer word dat eiseres beseer is
"when an unknown person employed by defendant pushed a trolley
loaded with potatoes over plaintiffs foot".
Die
kritiek hierteen is dat die bewering voorgee dat dit die trolfie en,
by noodwendige implikasie, die wiel van die trollie is
wat haar
beseer het, terwyl sy getuig het dat dit inderdaad die pallet op die
trollie was wat haar voet beseer het. As egter
gelet word op eiseres
se getuienis, is dit so dat sy na die trollie verwys het wat haar
voet beseer het. Toe dit egter in kruisverhoor
aan haar verduidelik
is dat dit 'n pallet is wat op hierdie tipe vurkhysertrollie rus,
soos gesien kan word op die foto's , was
dit duidelik dat sy na die
geheel van die vurkhysertroElie en pallet as 'n trollie verwys het.
Daar kan dus, na my mening
r
geen nadetige afleiding teen eiseres gemaak word weens haar
verwysing na 'n trollie as die voorwerp wat haar beseer het nie.
Daarbenewens
het eiseres, volgens my waarneming
r
nie haar skuldig gemaak aan "n beweerde verskeidenheid van
verduidelikings, soos betoog deur mnr
Van
der Merwe
nie.
Tweedens,
het mnr
Van
der Merwe
verwys na die getuienis van mnr Botha, die eiseres se eggenoot. In
besonder het hy verwys na die feit dat mnr Botha getuig het
dat
eiseres vir horn gese het dat die betrokke trollie haar van voor af
genader het en nadat sy daardeur raakgery is, het dit
agter haar tot
stilstand gekom.
Toe
eiseres hieroor in kruisondervraging gekonfronteer is, het sy getuig
dat sy vir haar man gese het dat die trollie van die
voordeur se
kant af gekom het. Die uitlegplan toon dan ook dat indien die
trollie vanaf die voordeur se kant gekom het, dit die
eiseres van
agter, en nie van voor, sou genader het.
Daar
bestaan dus na my mening die redelike moontlikheid dat daar 'n
misverstand tussen eiseres en haar man was, naamlik dat sy
vir horn
gese het dat die trollie haar van die voordeur, en nie van haar
voorkant af nie, genader het. Dit is ook insiggewend
dat eiseres
bygevoeg het dat haar man, soos gebruiklik, weer nie behoorlik gelet
het op wat sy horn vertel het nie. Ek is dus
van oordeel dat hierdie
getuienis van mnr Botha nie ft nadelige afleiding teen eiseres
regverdig nie; inteendeel, soos ek reeds
aangedui het, word eiseres
se weergawe in wesenlike opsigte gestaaf deur haar eggenoot se
getuienis.
Derdens,
het mnr
Van
der Merwe
sterk gesteun op verweerder se getuie, mnr Loggenberg. Dit moet
natuurlik steeds in gedagte gehou word dat verweerder geen getuie
geroep het wat eerstehands kon getuig oor die gebeure in verweerder
se winkel op 30 Desember 2003 waarby eiseres betrokke was
nie.
Loggenberg
het wel getuig oor 'n geleentheid in Februarie 2004, toe eiseres hom
sou genader het en met horn gepraat het oor die
voorval waarin sy
beseer is. Volgens hom sou eiseres hom gevra het dat hy moet se dat
hy die persoon is wat die trollie gestoot
het, sodat sy haar
vergoedingseis kon afhandel. Eiseres het so 'n gesprek ontken.
Ek
moet dadelik se dat ek nie beindruk was met Loggenberg se getuienis
nie. Eerstens was hy vaag oor belangrike aspekte van sy
weergawe. Hy
gee voor dat die geleentheid hom helder voor die oe staan, maar kan
nie se of dit die voor-of namiddag was wat eiseres
met hom sou
gepraat het nie. Volgens hom onthou hy spesifiek dat dit in
Februarie 2004 was, maar kan nie eers onthou of dit vroeg
of laat in
Februarie 2004 was nie.
Daarbenewens
getuig hy dat hy besef het dat wat eiseres hom vra om te doen,
verkeerd is en hy haar toe versoek het om hom na die
kantoor te
vergesef sodat hy dit aan Hanekom kon oordra. Hy se dat eiseres
geweier het om hom te vergesel, maar val dit vreemd
op dat hy nie
daarna dit oorweeg het om eiseres se vreemde bedrieglike optrede
r
volgens hom, we! aan Hanekom te rapporteer nie.
Dit
is verder vreemd dat hy die optrede van eiseres nie aan enige van sy
kollegas genoem het nie. Volgens hom het hy eers daaraan
gedink om
dit te rapporteer toe hy in Mei 2004 ft berig oor die besering wat
eiseres in die winkel sou opgedoen het, gelees het.
Dit
is verder van belang om daarop te let dat Loggenberg getuig het dat
eiseres ook aan hom sou gese het dat die trollie by die
blindings
van die stoorkamerdeur uitgestoot is voordat sy beseer is. Dit sou
beteken dat die trollie vir eiseres van voor en
nie van agter nie,
soos deur haar getuig, genader het voordat sy beseer is Wat egter
insiggewend is, is dat dit nie aan eiseres
gestel is dat Loggenberg
hierdie getuienis sou afle nie. Wat verder insiggewend is, is dat
Hanekom nie getuig het dat Loggenberg
dit vir hom gese het nie, toe
hy wel die voorval met eiseres in Mei 2004 aan Hanekom gerapporteer
het.
In
hierdie omstandighede bevind ek dat ek nie in die afwesigheid van
onafhanklike stawing met veiligheid kan staatmaak op die
getuienis
van Loggenberg nie, veral vir soverre hy getuig het oor wat eiseres
vir hom sou gese het.
Mnr
Van
der Merwe
het ook gesteun op die onwaarskynlikheid dat slegs een persoon, soos
getuig deur eiseres, die betrokke trollie vol aartappelsakke
sou
gestoot het. Volgens Hanekom, was dit die opleiding en beleid in die
winkel dat twee persone, een voor en een agter, "n
volgepakte
trollie moes stoot. Dit is egter gemene saak dat 30 Desember 2003
een van die besigste dae van die jaar in die verweerder
se winkel
was en kan die redelike moontlikheid dus nie uitgesluit word dat die
ander werkers besig was en een werker alleen die
trolfie sou gestoot
het, met gevolg dat dit nie met veiligheid beheer kon word nie en
met eiseres gebots het.
Verweerder
se getuie, mnr Wynand, het wel getuig dat 'n trollie volgelaai met
aartappelsakke te swaar is vir een persoon om te
stoot, maar
bygevoeg dat hy nooit probeer het om so 'n trollie alleen te stoot
nie. Ons weet dus nie as Yi feit dat Yi trollie
wat volgepak is met
aartappelsakkies, te swaar is vir een persoon om te stoot nie. Daar
is ook nie duidelikheid oor die hoeveelheid
sakkies wat op 30
Desember 2003 op die betrokke trollie sou gewees het nie. Eiseres
het wel getuig dat dit hoog gelaai was, maar
kon daar net sowei
minder as die maksimum hoeveelheid sakkies op die trollie gewees
het. Dit sou tot gevolg gehad het dat die
troflie makliker gestoot
kon gewees het as 'n volgepakte trollie en dat een persoon dit sou
kon hanteer het. Alles in ag genome,
kan ek nie bevind dat dit
onwaarskynlik is dat slegs een persoon die betrokke trollie gestoot
het nie.
Samevattend
is ek van oordeel dat eiseres wel die toets van h bevredigende
enkelgetuie deurstaan het en op ft oorwig van waarskynlikhede
bewys
het dat sy inderdaad op 30 Desember 2003 deur Yi trollie, gestoot
deur
r
n
werknemer van verweerder, beseer is op die wyse soos deur haar
beskryf.
Daar
is verder geen bewys dat eiseres enigsins bydraend nalatig was ten
aansien van die plaasvind van hierdie voorval nie. Dit
volg dus dat
eiseres moet slaag met die meriete van haar aksie. As suksesvolle
party is sy uiteraard ook op haar gedingskoste
geregtig.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
1.
Dit word verklaar dat verweerder aanspreekMk is vir die betaling van
sodanige skadevergoeding as wat eiseres mag bewys sy op
geregtig is
voortspruitende uit die besering wat sy aan haar regtervoet opgedoen
het in verweerder se winkel te Knysna op 30
Desember 2003.
2.
Verweerder word gelas om eiseres se ooreengekome of getakseerde
gedingskoste ten aansien van die beregting van die geskilpunt
oor
die meriefe van haar eis, te betaal, tesame met rente op soda nig e
kostebedrag teen 15,5% per jaar, bereken vanaf 'n datum
14 dae na
datum van die takseermeester se
allocatur
of
die datum waarop die part ye op die kostebedrag ooreengekom het.
FOURIE, R