About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 160
|
|
Meyer v S (A264/2005) [2008] ZAWCHC 160 (7 March 2008)
RAPFORTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.264/05
DATUM
:
7
MAART 2008
In
die saak tussen:
RASHAAD
MEYER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
THRING,
R
:
Aangesien
die appellant in hierdie aangeleentheid blykbaar Afrikaanssprekend
is, is ek van voornemens om die uitspraak in Afrikaans
te lewer.
Die
appellant het in die streekhof op vier aanktagte van verkragting en
een aanklag van onsedelike aanranding voorgekom. Aan die
einde van
die verhoor is hy aan hierdie vyf aanklagte skuldig bevind,
nieteenstaande sy pleit van onskuldig. Hy is egter aan 'n
sesde
aanklag van onsedelike aanranding onskuldtg bevind.
Die
klaagsters in al die aanklagte waarop hy skuldig bevind is was vier
jong dogters, atmal ver onder die ouderdom van 16 jaar ten
tyde van
die pleging van die betrokke misdade. Huile ouderdomme was destyds 5,
6, 8 en 13 jaar onderskeidelik. Twee van huile was
die appellant se
biologiese dogters
T
die ander twee was die dogters van 'n vrou met wie die appellant
destyds
r
n
saamleefverhouding gehad net.
Op
22 Julie 2002 net die streeklanddros die volgende vonnis die
appellant opgele: op die vier aanklagte van verkragting is hy tot
tien jaar gevangenisstraf op elke aanklag gevonnis; op die aanklag
van onsedelike aanranding is hy tot ses jaar gevangenisstraf
gevonnis; die landdros het egter beveel dat 16 jaar van die totaie
tydperk gevangenisstraf met die res moes saamloop. Effektiewelik
dus
is 'n vonnis in totaal van 30 jaar gevangenisstraf die appellant
opgele.
Met
verlof van die streeklanddros appelleer die appellant teen die
vonnisse alleen. Ek is daarvan oortuig dat die appellant hoegenaamd
nie in die streekhof gevonnis behoort te gewees net nie, en dat 'n
ernstige onreeimatigheid in hierdie verband plaasgevind het.
Die feit
dat die slagoffers in die vier aanklagte van verkragting almal
dogters van onder die ouderdom van 16 jaar was
T
het tot gevofg gehad dat hierdie misdade onder Deel I van Bylae 2 tot
die Strafregwysigingswet, No. 105 van 1997, sorteer. Artikel
52(1)
van die Wet, soos deur artikel 34(b) van die Wysigingswet op
Regterlike Aangeleenthede, No. 62 van 2000 met mgang van 23
Maart
2001 vervang Es, lui in sy tersaaklike gedeeltes tans, en het ook op
22 Julie 2002, toe vonnis opgele is, soos volg getui:
"Indien
'n streekhof, na -
....
'n
pleit van onskuldig,
'n
beskuldigde skuldig bevind het aan n misdryf bedoel in
(i)
Deel
I van Bylae 2 ....
staak
die hof die verrigtinge en verwys die beskuldigde vir vonnis soos
beoog in artikel 51(1)... na
Yi
Hoe
Hof wat regsbevoegdheid het."
Artikel
51(1) van die Wet bepaal dan soos volg:
'Ondanks
enige ander wet maar behoudens sub-artikels (3) en (6) moet 'n Hoe
Hof -
(a) ....
(b) indien
die aangeleentheid kragtens artikel 52(1) na horn vir vonnis verwys
is nadat die betrokke persoon skuldig bevtnd is aan
'n misdryf in
Deel I van Bylae 2 bedoel,
die
persoon tot lewenslange gevangenisstraf vonnis."
Die
effek van hierdie bepalings is om die bevoegdheid van n streekhof om
in sulke gevalle vonnis op te le
f
te verwyder en
om dit in die Hooggeregshof uitsluitlik te
setel.
In
DIREKTEUR
VAN OPENBARE VERVOLGINGS. TRANSVAAL v MAKWETSJA
.
2004(2) SASV 1 (T) het BERTELSMAN, R op 1 Ob-c (para. [23]) gese dat
-
"...
h
n
streekhof geen diskresie meer het om te oordeel of die misdryf ten
opsigte waarvan die beskuldigde skuEdig bevind is, wanneer
die
misdryf in Dee! I van die Tweede Bylae vermeld word, lewenslange
gevangenisstraf regverdig (wat die regsbevoegdheid van 'n
streekhof
te bowe gaan) en of daar in die alternatief wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat 'n ligter vonnis gepas sou
maak."
Op
10d (para. [24]) het die geieerde Regter bevind dat die
streeklanddros na skuldigbevinding in so n geval
functus
officio
is.
Op 11e-f (para. [30]) het die geleerde Regter horn verder soos volg
uitgelaat:
"Die
agbare streekhoflanddros kon dus die beskuldigde nie self gevonnis
het nie
P
maar moes die verrigtinge na skuldigbevinding gestaak het en die
beskuldigde vir vonnis na die Hooggeregshof verwys het."
Hierdie
was 'n besiissing van die Volbank van die Transvaal Provinsiale
Afdeling van hierdie Hof. Die besiissing is ongeveer drie
maande
later in
S
v MAKHUBE
,
2004(1) SASV 99 (T) gevolg. DE VELLIERS, R het in daardie saak op
101e-g die volgende gese:
â
Dit
is duidelik dat die appellant deur die streekhof skuldtg bevind is
aan n misdryf bedoel in Deel I van Bylae 2 van die Wet, naamlik
verkragting, waar die siagoffer
'n
meisie onder die ouderdom van 16 jaar is
.
Dit
volg dan uit die bewoording van artikel 52(1) dat die streekhof na
skuldigbevinding die verrigtinge moes gestaak het en die
appellant
vir vonnis moes verwys het soos beoog in art ike
J
51{1)
na 'n Hooggeregshof wat regsbevoegdhetd het. Oat dit die korrekte
uitleg van artikel 52(1) is, word bevestig deur 'n onfangse
VoEbank-beslissing van hierdie Hof in
Direkteur
van Qpenbare Vervolginqs, Transvaal v Makwetsia
saaknommer A391/2002 wat gedurende Maart 2003 geJewer is."
MAKWETSJA
se saak is ook in
S
v LIAU
,
2005(1) SASV 498 (T) gevolg. Daarin het DU PLESSIS, R bevind dat in
sulke omstandighede 'n streeklanddros wat self vonnis ople
ultra
vires
optree,
en dat die vonnis wat hy so ople nietig is.
Op
sterkte van hierdie beslissings en van die duidelike wetsbepalings
waarna ek verwys het, kan daar myns insiens geen twyfel wees
dat die
vonnis wat die streeklanddros die appellant opgele het, ongeoorloof,
ultra
vires
en
onbevoeg was. Omdat hy nog me deur n bevoegde Hof gevonnis is nie,
kan die appellant se appel nie deur hierdie Hof aangehoor
word nie,
en dit moet gevolglik van die rol geskrap word.
Hierdie
Hof het egter hersieningsbevoegdheid ingevolge artikel 304(4) van die
Strafproseswet, No. 51 van 1977. Daarkragtens kan
die vonnis
tersyde gestel word en kan hierdie Hof die bevel maak wat die
streekhof behoort te gemaak het (
LIAU
se saak,
supra
op
503g-h).
Gevolglik
is ek van voornemens om 'n soortgelyke bevel in hierdie geval te maak
as die wat in
LIAU
se saak,
supra
gemaak
is, naamlik die volgende:
1.
Die
appel word van die roi geskrap.
2.
Die
vonnis wat die streekhof opgele het word
ter syde gestel en
vervang met die volgende bevel: "Ingevolge artikel 52(1) van die
Strafwysigingswet, No.105 van 1997, word
die verrigtinge gestaak en
word die beskuldigde na die Hooggeregshof wat regsbevoegdheid het vir
vonnis verwys, soos beoog in artikel
51(1) van die gemelde Wet."
THRING,
R
DE
SWARDT, WnR
:
Ek stem saam.
DE
SWARDT, WnR