Engelbrecht v S (A523/2007) [2008] ZAWCHC 159 (7 March 2008)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking — Accomplice liability — Appellant convicted of housebreaking with intent to steal and theft as an accomplice — Appellant present at crime scene but claimed coercion — Court found no credible basis for her defense — Conviction upheld on appeal — Sentence of twelve months' imprisonment substituted with suspended sentence due to mitigating factors including appellant's status as primary caregiver and first offender.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 159
|

|

Engelbrecht v S (A523/2007) [2008] ZAWCHC 159 (7 March 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.
523/2007
DATUM:
7
MAART 2008
In
die saak tussen:
KAY-MARI
ENGELBRECHT
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
U
ITSPRAAK
VAN
REENEN. R
:
Geriefshalwe
word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die
beskuldigde het op 18 Julie 2007 in die landdroshof van Laaiplek
tereggestaan op 'n aanklag van huisbraak met die opset om te
steel en
diefstal. Die inhoud van die klagte was dat
sy
op 18 Maart 2007 by Noordhoek Primere Skool te Laaiplek ingebreek
het; dit binnegegaan het en daar wederregtelike
en opsetlik
twee groot plastieksakke bevattende pasteie en twee groot
plastieksakke bevattende aartappelskyfies, die eiendom van
of in die
regmatige besit van Clifford Dawn gesteel net. Dit word beweer dat
die totale waarde van die goedere ongeveer R1 000,00
was terwyl die
getuienis was dat dit ongeveer R100,00 was.
Die
beskuldigde, wat deur 'n prokureur verteenwoordig was, het onskuldig
gepleit. Geen pleitverduideiiking was aangebied nie. Die
beskuldigde
is op 18 Julie 2007 skuldig bevind aan die ten laste geiegde misdryf,
nie as hoofdader nie, maar as 'n medepligtige
en gevonnis tot twaalf
maande gevangenisstraf.
Die
beskuldigde appelleer, met verlof van die verhoorhof, na hierdie Hof
teen sowel die skuldigbevinding as vonnis wat haar opgele
is.
Die
skuldigbevinding word aangeveg op sterkte daarvan dat alhoewel dit
erken is dat die beskuldigde tydens die pleging daarvan op
die toneel
van die misdaad teenwoordig was, daar nie "n behoorlike
feitebasis deur die Staat gele is vir 'n
bevinding
dat sy op enige wyse die pleging van die misdryf bevorder het nie.
Die
feite-matrys waarieen daardie submissie beoordeel moet word, is
kortliks die volgende: Die kantoorgedeelte van die Noordhoek
Primere
Skool is van 'n alarmstelsel voorsien en in die kompleks is daar 'n
vertrek waarin snoeperye vir die verkoping aan leerlinge
gehou word.
Daar is tydens die getuienis na hierdie vertrek as die "Snoepie"
verwys. Daardie besigheid is deur privaat
individue bedryf. Tussen
die Snoepie en die buitemuur van die gebou is daar 'n rookkamer. Die
rookkamer het 'n venster wat ongeveer
.5m X .5m groot is. Aan die
buitekant van die rookkamer was daar diefwering gei'nstalleer en die
twee vertrekke was deur Vi geslote
deur van mekaar geskei.
Die
opsigte van die skool, mnr Dawn, het as gevolg van 'n oproep wat hy
van die alarmoperateurs ontvang het, om ongeveer 22h50 op
18 Julie
2007 na die kantoorgebou van die skool gegaan. Terwyl hy dit genader
het, het hy die beskuldigde opgemerk waar sy buitekant
die venster,
wat ongeveer 1,5 meter van die grond af is, gestaan bet. By haar het
daar vier groot plastieksakke gele. Die diefwering
was versteur en
die venster stukkend. Toe Dawn vir die beskuldigde se om "vas te
staan" het n manspersoon, wat binne-in
die gebou was, kop eerste
deur die venster geduik en weggehardloop. Hy kon nie die persoon
identifiseer nie. Die beskuldigde
het nie enige verduideliking aan
horn aangebied vir haar teenwoordigheid op die toneel nie.
Mnr
Dawn het die beskuldigde aan personeellede van die alarmoperateur
oorhandig wat haar polisiestasie toe geneem het. Toe mnr Dawn
die
grootste van die omheimngshekke tot die skoolperseel wou oopsluit,
het die beskuldigde 'n onsuksesvolle poging aangewend om
weg te kom.
Daar
was pasteie en aartappelskyfies 3n die sakke wat naby die beskuldigde
op die grond gevind is. Mnr Dawn het vasgestel dat benewens
die
venster en die diefwerrng wat gebreek was, ook die geslote deur
tussen die rookkarner en die Snoepie oopgetrap was en hy het
die
persone wat die Snoepie bedryf het daarvan in kennis gestel.
Die
beskuldigde se weergawe was dat sy 'n vriend van haar by een van sy
vriende agtergelaat het en op pad huis toe was. Langs die
pad het sy
h
n
wiidvreemde man teegekom by wie sy h "entjie" gevra het
terwyl hy besig was om 'n daggasigaret te rol. Die persoon sou
toe
met dreigemente van Mggaamltke geweld haar oorreed het om horn te
vergesel terwyl hy ingebreek het.
Alhoewel
sy se dat sy teen haar sin daar was en verlig was toe mnr Dawn daar
aangekom het, het sy nie vir horn, die alarmpersoneel
of die polisie
van haar penarie ingelig, soos wat ft mens sou verwag het sy sou
gedoen het nie.
In
die lig daarvan en die feit dat sy haar nie uit die voete gemaak het
terwyl die inbreker binne besig was nie, was die beskuldigde
se
verduideliking vir haar teenwoordigheid, myns insiens tereg, as ft
versinsel deur die landdros verwerp.
As
dit aanvaar word dat die beskuldigde vrywillig daar was, is die
afleiding myns insiens onontsnapbaar dat sy die inbreker vergesel
het
ten einde horn bystand te verleen vir die verwesenl iking van sy
misdadige doel deur horn teen onverwagte aankomelinge te waarsku
en
te help om die gesteelde goedere deur die venster aan te vat - dit
sou stompsinnig wees om brose pasteie van h hoogte van 1,5
meter
grond toe te laat val - en horn te help om die buit weg te dra. Na my
mening konstttueer daardie optrede h gedrag wat neerkom
op h
wederregtelike en opsetlike bevordering van die misdryf van huisbraak
met die opset om te steel en diefstal wat deur die ander
onbekende
persoon gepleeg was. (Sien in die verband C R SNYMAN,
STRAFREG
.
5de Uitgawe, op 272 en verder.)
In
die lig van die voorgaande is ek tevrede dat die Staat wel bewys het
dat die beskuldigde se weergawe nie redelik moontlik waar
kon wees
nie en is ek tevrede dat sy korrek skuldig bevind is op die basis van
medepligtigheid aan die misdryf wat haar in die
klagstaat ten laste
gel£ word.
Gevolglik
is ek van mening dat die appel teen die skuldigbevinding van die hand
gewys behoort te word.
Die
appel teen die vonnis is daarop gebaseer dat die verhoorhof sou
misgetas het deur die beskuldigde se persoonlike omstandighede
te
onder- en die ems van die misdaad te oorbeklemtoon het. Dit word ook
die landdros verwyt dat hy die hoof boosdoener as 'n misdadiger

gekategoriseer het; ongeregverdig die beskuldigde gekoppet het aan 'n
kultuur van met misdadigers assosieer en dat dit sy evaluasie
van wat
'n gepaste vonnis sou wees, wesenlik tot nadeel van die beskuldigde
bei'nvloed het.
Dit
is gemeensaak dat ft hof van appel nie willekeurig met die vonnis van
n verhoorhof inmeng nie: dit word gedoen slegs indien
die vonnis
skokkend onvanpas is en of daar ri wesenlike mistasting begaan is.
Die onderhawige appel teen vonnis skyn slegs op die
laasgenoemde van
die gemelde twee gronde gerig te wees.
Dit
is myns insiens nie nodig om die faktore wat hierbo uiteengesit word,
noukeurig te ontleed nie. Dit is so omdat die landdros
myns insiens
ander wesenlike mistastings begaan het wat betref die opFegging van
vonnis.
Die
eerste is die feit dat die inbreker die beskuldigde se kerel was
eerder verswarend as versagtend inwerk omdat dit sou beteken
dat sy
voordeel uit die diefstal sou getrek het; die tweede is dat die
beskuldigde in p]aas daarvan om haar kerel tot ander insigte
te
bring, horn nie alleen bygestaan het nie, maar aangemoedig het om die
misdryf te pleeg; en derdens, dat dit nie vanuit die uitspraak
op
vonnis blyk dat die verhoorhof 'n ingeligte en onafhanklike
beoordeling gemaak het van die moontlike effek wat die
gevangenissetting
van die beskuldigde op haar vierjarige kind, van
wie sy die primSre versorger is, se beste belange, soos vereis deur
artike! 28(2)
van die Grondwet, gehad het nie.
Daar
skyn nie enige feitebasis te gewees het vir die gevolgtrekkings wat
in die vorige paragraaf uiteengesit word gemaak kon gewees
het nie.
Die derde mistasting in die vorige paragraaf vermetd, is in
S
v M
(Centre for Child Law as
Amicus
Curiae)
2007(2)
SASV 539 deur die grondwetlike hof as Yi mistasting aangemerk van 'n
voldoende graad om heroorweging van die vonnis te regverdig.
In
die lig van die mistastings staan dit hierdie Hof vry om van meet af
aan te besin oor wat n geskikte vonnis behoort te wees met
inagneming
van die beskuldigde se persoonlike omstandighede, die erns van die
misdryf waaraan sy skuldig bevind is en die belange
van die
gemeenskap.
Die
beskuldigde is 'n ongetroude enkel ouer vroeg in haar twintigerjare
en is 'n eerste oortreder. Alhoewel skole sagte teikens
vir inbrake
mag wees en beskerming verdien mag die graad van die beskuldigde se
morele skuld nie buite rekening gelaat word nie.
Die beskuldigde was
nie die hoofdader nie, maar op die getuienis voor die Hof was haar
betrokkenheid beperk tot hulpverlening van
n relatief laer graad as
die van die inbreker self. Verder is al die gesteelde goedere
teruggevind.
Terwyl
dit in gemeenskapsbelang is dat ernstige oortredings gepas gestraf
word, moet straf steeds gei'ndividualiseer word ten einde
te pas by
die behoeftes en omstandighede van *n individuele skuldigbevinde.
Omdat
die beskuldigde die primere versorger van 'n vierjarige kind is, moet
daar oorweging gegee word aan die vraag of die beste
befange van die
kind deur die oplegging van gevangenisstraf aan haar as primere
versorger gedien sou word. Die waarskynlikhede
skyn myns insiens
sterk daarteen te stry.
Dit
is verder die siening van howe in hierdie afdeling dat korttermyn
gevangenisstraf ten opsigte van eerste oortreders vermy behoort
te
word indien dit enigsins moontlik is. (Sien in die verband
S
v CEYLON
1998(1) SASV 122 (K) te 123j-124a en die sake daarin gesiteer.)
In
die lig van die voorgaande is ek van mening dat Vi gepaste vonnis in
die onderhawige saak twaalf maande gevangenisstraf is, die
geheel
waarvan opgeskort word vir 'n periode van vyf (5) jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
huisbraak met
die opset om te steel en diefstal of diefstal of 'n poging daartoe
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ten
slotte ag ek dit my plig om kommentaar te lewer op die deeglike en
objektiewe wyse waarop advokaat
De
Villiers
vir die Staat, soos wat Vi mens alreeds aan gewoond geraak het, sy
taak verrig het.
Gevolglik
word die appel teen die skuldigbevinding van die hand gewys en word
die vonnis wat deur die landdros ople" is, deurgehaal
en vervang
met die volgende vonnis:
"
TWAALF
(12) MAANDE GEVANGENISSTRAF
.
die geheef waarvan opgeskort word vir h periode van vyf (5) jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word
aan
huisbraak met die opset om te steel en diefstal of diefstal of 'n
poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie."
VAN
REENEN, R
CROWE.
WnR
:
Ek stem saam.
CROWE,
WnR