Hendrick v Padongelukkefonds (A599/2007) [2008] ZAWCHC 158 (7 March 2008)

58 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Delict — Negligence — Road traffic accident — Appellant claimed damages for loss of support following the death of her daughter’s father in a motor vehicle accident — Respondent’s insured driver collided with the deceased while the latter was walking on the road at night — Landdros found no negligence on the part of the driver, attributing the accident to extraordinary circumstances — Appeal against the dismissal of the claim — Court held that the driver was negligent for failing to take earlier evasive action and not braking adequately, resulting in the collision — Appeal upheld, finding the driver liable for the deceased's death and ordering the respondent to pay damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 158
|

|

Hendrick v Padongelukkefonds (A599/2007) [2008] ZAWCHC 158 (7 March 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFREKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.599/2007
DATUM
:
7
MAART 2008
In
die saak tussen:
SARIE
HENDRICK
Appellant
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN,
R
:
Die
appellant het namens haar minderjarige dogter, Abachija, die
respondent in die landdroshof te Bonnievale gedagvaar vir die
betaling van skadevergoeding vir verlies aan onderhoud as gevolg van
die dood van die dogter se vader, mnr Floors Filander (die
oorledene)
in n motorongeluk.
Die
partye het ooreengekom dat die vraag aangaande die versekerde
bestuurder se nalatigheid van die kwantum van eiseres se eis geskei

word. Die appellant se eis is deur die landdros verwerp, vandaar die
huldige appel.
Dit
is gemene saak dat die oorledene en ander persone gedurende die nag
van 22 Augustus 2004 hulle op die pad tussen McGregor en
Bonnievale
naby Drienesrivier bevtnd het. Sommige van die persone het langs die
kant van die pad gefoop terwyl die ooriedene en
nog 'n man op die
ryvlak van die pad geloop het. Die persone was tot h mindere of
meerdere mate onder die invloed van sterk drank.
Blykbaar is dit nie
"n ongewone verskynsel in daardie gebied oor naweke nie.
Die
versekerde bestuurder het die voetgangers van agter genader. Sy
motorvoertuig se ligte het was gedomp en hy het n aantal passasiers

in sy voertuig gehad. Alma! die voetgangers, behalwe die oorledene,
het vir die aankomende voertuig padgegee. Die oorledene is
deur die
linker voorkant in die omgewing van die koplig van die versekerde
voertuig omgery. Hy het op die toneel gesterf.
Die
eiseres se getuies dra niks by om die ongefuk te verklaar nie en ek
vind dit nie nodig om hulle getuienis te herhaal nie.
Die
versekerde bestuurder het getuig dat hy voorheen gehoor het dat mense
in daardie omgewing dfkwels in die pad loop en dat van
hulfe ook al
raakgery is. Hy het verder getuig dat toe hy om 'n draai in die pad
gekom het, het hy twee mans naby die middel van
die pad gesien staan.
Die een man het na sy linkerkant padgegee terwyl die ander een bly
staan het. Hy het sy voet van die versneller
gehaal en na regs
beweeg. Sy getuienis In hierdie verband lui soos volg:
"Nou
u het nie gerem of iets nie, ne? -— Nee, ek het my voet afgehaal
van die 'accelerator' af.
Ja?
— En so effens briek, maar ek het nou nie dood briek getrap nie."
En
verder:
"Ja,
maar soos u getuienis nou is, u het gery u sien hier is twee manne. U
sfaan nie rem aan of so nie, u sien maar die een
ou gaan nou uit die
pad uit. En toe sien u maar die ander ou bly staan? ---Ja.
En
dit is toe wat u besef maar nou moet ek n plan maak en regs beweeg? —
Ja.
Is
dit u getuienis? --- Ja
PI
mevrou."
Hy
het later getuig dat hy onder die indruk was dat die oorledene sou
padgee. Eers toe hy besef die oorledene gaan nie padgee nie,
het hy
met sy vermydende optrede begin.
Die
landdros bevind:
"Soos
reeds gemeld, was die omstandighede van 'n buitengewone aard. Die
bestuurder se reaksietyd was minimaal gewees. Hy het
sy voet van die
versneller gehaal en 'n berekende uitdraaihandeling verrrg. Hy het
nie blindelings in die oorledene vasgery nie.
Die feit dat die
bestuurder nte remme aangeslaan het nie, is nooit behoorlik ondersoek
nie. Die gevolge is dus bloot spekulatief.
Die bestuurder was
gekonfronteer met 'n uiterste gevaartoestand. Na my mening was daar
nie juis veel meer stappe, as wat reeds
geneem was, wat die
bestuurder kon geneem het om die botsing te vermy nie."
Met
hierdie bevinding en gevolgtrekking van die landdros stem ek nie saam
nie. Na my mening, was die versekerde bestuurder in die
volgende
opsigte nalatig: Eerstens, moes hy vroeer met vermydende aksie begin
het. Hy het onredelik opgetree deur te wag met sy
vermydende aksie om
eers vas te stel of die oorledene gaan padgee. Gemeet aan die
standaard van die redelike man, skiet die vermydende
stappe wat hy
daarna geneem het ook tekort.
Op
sy eie getuienis kon hy harder gerem het en was dit op daardie
tydstip vir horn veilig om na die ander kant van die pad oor te

beweeg. Soos dit is, was die wiele van sy voertuig net oor die middel
van die pad toe hy die oorledene getref het. Die waarskynlikhede

toon, na my mening, dat indien die versekerde bestuurder vroeer
vermydende stappe geneem het
T
harder
gerem het en verder na regs geswenk het, sou hy die ongeluk vermy
het.
Dit
volg dat die appel moet slaag. Gevolglik word die volgende bevel
gemaak;
Die
appel slaag met koste en die landdros se bevel word tersyde gestel en
met die voigende vervang:
"Die
oorledene se dood is veroorsaak deur die nalatigheid van die
versekerde bestuurder en die verweerder is aanspreeklik vir
die skade
wat die eiseres mag bewys. Die verweerder word gelas om die eiseres
se koste te betaal."
VELDHUIZEN,
R
NDITA.
R
:
Ek stem saam.
NDITA,
R