About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 156
|
|
Ndala v S (A648/2007) [2008] ZAWCHC 156 (7 March 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.648/2007
DATUM
:
7
MAART 2008
In
die saak tussen:
REHOMBA
NDALA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN.
R
:
Die
appellant is op 19 Julie 2007 in die landdroshof van die Strand
skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Hy is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die
verhoorhof appelleer die appellant nou teen sy skuldigbevinding.
Die
klaer, mnr Miguel Solari, sy vrou en kinders het op die oggend van
11 Maart 2007 sy huis in Millerstraat,
Gordonsbaai,
verlaat. Hulle het later die dag na kerk teruggekeer. Dit was al
donker. Die klaer het die kinders in die huis ingeneem
en die ligte
aangeskakel. Sy vrou het horn telefonies meegedeef dat daar ft per
soon onder hulle rubberboot skinl. Die klaer het
ondersoek ingestel
en die appellant onder die boot gevind.
Op
'n vraag van die klaer het die appellant horn meegedeel dat hy
haweloos is. Die appeflant is beveel om die perseel te verJaat.
Toe
hy n ent weg is, het die klaer ft groot sak, ft doos en h klein sak
onder die boot gemerk. Hy het getuig dat toe hy die appellant
daarna
vra, het die appellant eienaarskap erken en toe hy die groot sak
optel, het van die inhoud uitgeval. Die klaer het dit as
sy eiendom
herken.
Die
appellant sou daarop gese het dit is nie sy eiendom nie en het
weggeloop. Die klaer het horn bevee! om stil te staan en sy vrou
gevra om die polisie te skakel.
Hy
getuig dat die appellant, toe hy hoor dat die polisie geroep gaan
word, weggehardloop. Die appellant is later aangekeer en in
hegtenis
geneem. Die klaer het later vasgestel dat die slot van die
motorhuisdeur, wat hy daardie oggend gesluit het, afgebreek
is.
Tydens kruisondervraging is die klaer se polisieverklaring,
wat hy blykbaar dieselfde aand afgele het, aan hom
gestel.
In
die verklaring meld hy dat die appellant na drank geruik het en aan
hom genoem het dat hy onder die boot slaap. Wat presies daarna
gebeur
het, is nie heeltemal duidelik nie. Ore klaer getuig:
"When
I saw the stuff there I went straight away outside my road and I
called him. From where I was he was maybe a few metres
away. I called
him and he came back; and I said to him: Is this stuff yours?' He
said to me straight away : 'Yes'. Then when we
went in the back I
start to pull aside the bag. That is when I shouted 'is this yours".
Then he looked and picked up the stuff.
He looked and said: 'No, no,
this is not mine...' and he left it there under the what-you-call-it,
the rubber duck, and that is
when I saw it was mine; and that is when
I stopped him."
Hierdie
volgorde van gebeure verskil van sy verklaring. Volgens sy verklaring
het hy eers gemerk dat die appellant "had a box
and paper bag.
in the box was a brand new insect killer which belongs to me".
Eers daarna het hy aan die persoon gevra
wat hy in sy werf soek
waarop die appellant geantwoord het dat hy daar slaap.
Oor
die presiese verloop van die gesprek en gebeure wat tussen die
appellant en die klaer plaasgevind het, dra die klaer se vrou
nie
enigsins by om klarigheid te gee nie.
Volgens
die appellant was hy hierdie betrokke aand te dronk om sy gewone
staapplek te haal. Hy het toe onder die boot ingekruip
en aan die
slaap geraak. Nadat die klaer horn wakker gemaak het, het hy geloop.
Die klaer het horn teruggeroep en gevra of dit
sy goed is wat onder
die boot is. Hy het toe gese "Nee, dit is nie my goed nie, ek
ken nie die goed nie". Hierdie weergawe
van die appellant is nie
in kruisondervraging afgebreek nie.
Die
enigste vraag wat die verhoorhof moes beslis, is of hierdie
omstandigheidsgetuienis die afleiding, as synde die enigste redelike
afleiding, wat gemaak kan word wat met al die getuienis strook
T
regverdig dat die appellant by die klaer se motorhuis ingebreek en
die goedere gesteel het. Die landdros het in n kort uitspraak
gemeen
dat hierdie vraag bevestigend beantwoord moet word. Daar is, na my
mening, tussen die appellant se dronkenskap en die klaer
se
taalvreemdheid bale ruimte vir mrsverstand tussen die twee.
Die
redelike moontlikheid dat iemand anders gedurende die loop van die
dag
by
die
motorhuis ingebreek het en besluit het om die goedere onder die boot
te versteek sodat dit later, wanneer dit donker is, verwyder
kan
word, kan nie uitgesluit word nie. Daar is 'n sterk suspisie dat dit
die appellant is, maar suspisie is nie genoegsaam om 'n
skuldigbevinding te fundeer nie, Na my mening kan die
skuldigbevinding nie staande bly nie.
Gevoiglik
SLAAG
DIE APPeL EN WORD DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS TER SYDE GESTEL.
VELDHUIZEN,
R