About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 78
|
|
Van der Westhuizen and Another v Minister van Veiligheid & Sekuriteit and Another (721/2007) [2008] ZANCHC 78 (19 December 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
721/2007
Saak
Aangehoor:
1-3/12/2008
Dat
um
gelewer: 19/12/2008
In
die
saak tussen:
V
an
der Westhuizen, C C Eerste Eiser
Spangenberg,
M Tweede Eiser
e
n
Minister
van Veiligheid & Sekuriteit
Eerste Verweerder
Konstabel
Desmond Pofadder Tweede Verweerder
Coram:
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
eerste eiser, mnr Christiaan Calitz van der Westhuizen, en die
tweede eiser, mnr Martin Spangenberg, het hierdie aksie ingestel
teen die eerste verweerder, die Minister van Veiligheid en
Sekuriteit (in amptelike hoedanigheid as kabinetslid
verantwoordelik
vir die Suid-Afrikaanse Polisie
diens),
en die tweede verweerder, Konstabel Desmond Pofadder, vir die
verhaal van skadevergoeding voortspruitende uit die onregmatige
arrestasie en aanhouding van die eisers.
In
die besonderhede van vordering is die bedrag van R300 000,00
wat in totaal namens elke eiser gevorder is, opgebreek in
R200 000,00 vir die aantasting van elk van hulle se
“
waardigheid,
goeie naam en reputasie
”
en R100 000,00 vir die aantasting van elkeen se “
reg
op vryheid en menswaardigheid
”.
By die aanvang
van die verhoor het mnr Mene, die advokaat vir beide verweerders,
toegegee dat die arrestasies en aanhouding onregmatig
was en dat die
verweerders dus aanspreeklik sou wees vir sodanige skade as wat die
eisers sou kon bewys. Die verhoor het dus
net op die omvang van die
skade voortgegaan.
Die
toegewing is heeltemal tereg gemaak, want die arrestasies en
aanhouding was duidelik onregmatig. Geen lasbriewe is verkry
nie
en, afgesien daarvan dat die tweede verweerder later erken het dat
hy nie gedink het dat hy optree in die uitoefening van
‘n
statutêre bevoegdheid toe hy die eisers gearresteer het nie,
het dit ook duidelik geblyk uit die getuienis (veral
dan ook van die
kant van die eisers) dat hy nie op grond van die bepalings van
artikel 40(1) van die Strafproseswet, 51 van 1977,
die eisers
regmatiglik sou kon arresteer het nie. Die arrestasies was in elk
geval ook, selfs al sou die tweede verweerder statutêr
die
bevoegdheid gehad het om hulle uit te voer, duidelik nie noodsaaklik
om die eisers voor ‘n Hof te bring, of vir enige
ander geldige
rede nie (sien
Gellman
v Minister of Safety and Security
[2007] ZAGPHC 269
;
2008 (1) SACR 446
(WLD),
Louw
and Another v Minister of Safety and Security and Others
2006
(2) SACR, 178
(T),
Ralekwa
v Minister of Safety and Security
2004 (2) SA 342
(T) en
Olivier
v Minister of Safety and Security and Another
[2008] ZAGPHC 50
;
2008 (2) SACR 387
(W)).
Namens
die eisers is die getuienis aangebied van mnr Le Roux, ‘n
prokureur wat praktiseer in die firma Le Roux en Genote
Ing. te
Kakamas en wat die eisers verteenwoordig het tydens die betrokke
gebeure (en steeds ten tye van die verhoor), asook dié
van
die twee eisers self. Namens die verweerders is slegs die getuienis
van die tweede verweerder aangebied.
In
wat volg
,
behandel ek eerstens die omstandighede rondom die arrestasies.
Behalwe waar hieronder anders aangedui, was die meeste daarvan
gemenesaak of nie werklik betwis nie.
Die
eerste eiser is woonagtig en werksaam, met die verbouing van druiwe
vir die uitvoermark, op sy plaas Wolwehoek in die distrik
van
Kakamas, binne hierdie Hof se regsgebied. Die tweede eiser is ook
daar werksaam, in diens van ‘n maatskappy wat deur
die eerste
eiser bedryf word vir die doeleindes van die boerdery.
Op
Donderdag
14 September 2006 het daar op die plaas ‘n voorval plaasgevind
tussen die eisers en ‘n persoon, wat daartoe gelei
het dat die
betrokke persoon by die Suid-Afrikaanse Polisiediens te Kakamas
kriminele aanklagte teen hulle aanhangig gemaak het.
Op
Vrydag
15 September 2006 het dit tot beide eisers se aandag gekom dat die
polisie hulle wou arresteer op ‘n aanklag van poging
tot
moord. Die eerste eiser was op daardie stadium uitstedig.
Mnr Le Roux het
hulle toe gerusgestel en meegedeel dat hy ‘n reëling sou
tref dat hulle die Maandag, 18 September 2006,
met die polisie
gesels.
Mnr
Le Roux het op Sondag 17 September 2006 by die polisiestasie te
Kakamas ‘n gesprek gevoer met die tweede verweerder,
wat
geblyk het die ondersoekbeampte in die betrokke saak te wees.
Tydens dié gesprek het die tweede verweerder gesê
dat
hy van plan was om die eisers te arresteer. Mnr Le Roux het toe
onderneem om die Maandagoggend om 10:00 met die eisers by
die
polisiestasie te wees om samesprekings te voer, klaarblyklik oor die
sprake dat die eisers gearresteer sou word en om dit
te probeer
voorkom. Die tweede verweerder se reaksie daarop was dat, indien hy
die eisers in die hande sou kry (vermoedelik
voordat hulle die
Maandagoggend met hulle prokureur na die polisiestasie sou gaan), hy
hulle sou arresteer.
Hierop
het mnr Le Roux die tweede verweerder versoek om, as hy dan die
eisers wou arresteer, dit so te doen dat ‘n borgaansoek
nog
op dieselfde dag van die arrestasies gedoen kon word. Die tweede
verweerder se reaksie hierop was dat hy, volgens hom, 48
uur tyd
gehad het voordat hy die eisers voor ‘n Hof hoef te bring ná
hulle arrestasie en dat hy van voorneme was
om daardie tyd te
gebruik.
Op
mnr Le Roux se vraag of hy beswaar sou hê teen borg, was die
tweede verweerder se reaksie dat dit maar met die aanklaer
opgeneem
moes word.
Op
Maandag 18 September 2006 het mnr Le Roux eers met die eisers
gekonsulteer en toe namens elk van hulle ‘n beëdigde
verklaring voorberei om aan die polisie te gee as
waarskuwingsverklarings. Op daardie stadium het mnr Le Roux ook per
telefaks
‘n skrywe gerig aan die Provinsiale Kommissaris van
die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noordkaap, en wel meer
spesifiek
aan die afdeling wat gemoeid is met siviele eise teen die
eerste verweerder. In die betrokke skrywe is duidelik gemaak dat
die
eisers skuld ontken het, dat hulle bekende persone met
gevestigde belange in die omgewing was, dat hulle
waarskuwingsverklarings
reeds gereed was en dat hulle bereid was om
hulle volle samewerking te gee met die ondersoek.
Mnr
Le Roux het ook in die skrywe versoek dat “
nie
voortydig met arrestasie
”
voortgegaan word nie en dat die Provinsiale Kommissaris “
ingryp
in hierdie vergryp van mag
”.
Teen
10:00 die Maandag was mnr Le Roux en die eisers by die
polisiestasie, en so ook ene mnr Olivier, wat verbonde was aan ‘n
plaaslike boerevereniging en wat mnr Le Roux laat saamgaan het as ‘n
onafhanklike waarnemer en met die oog op latere getuienis
aangaande
die samesprekings, indien dit nodig sou raak.
Op
daardie stadium was daar heelwat lede van die publiek buite die
polisiestasie teenwoordig en is rassistiese opmerkings teenoor
of
van die eisers gemaak.
Die
tweede verweerder het laat opgedaag, maar uiteindelik is almal van
hulle, en ook twee seniors in rang van die tweede verweerder,
naamlik Kaptein Steenkamp en Kaptein Beukes, in ‘n kantoor in
waar ‘n gesprek toe gevoer is.
Mnr
Le Roux het namens die eisers die standpunt gestel dat die
arrestasie van die eisers onnodig sou wees en dat hulle bereid
was
om hulle volle samewerking te gee. Hy het die verklarings van die
eisers daar beskikbaar gestel aan die tweede verweerder,
dit gestel
dat die eisers skuld ontken het en ook die name en besonderhede
openbaar van onafhanklike ooggetuies wat die eisers
sou kon staaf.
Alhoewel
die tweede verweerder aanvanklik in sy getuienis getuig het dat mnr
Le Roux die betrokke verklarings “
ingegee
”
het, het hy later met die weergawe vorendag gekom dat mnr Le Roux
bloot die verklarings oor die tafel in sy rigting
geskuif het, en
het hy klaarblyklik probeer te kenne gee dat dit nie duidelik was
of mnr Le Roux besig was om die verklarings
aan hom te oorhandig
nie.
Afgesien
van die teenstrydigheid in sy getuienis in hierdie verband, is dit
eenvoudig totaal onwaarskynlik dat die tweede verweerder,
as
ondersoekbeampte, nie dadelik sou besef het dat die betrokke
verklarings vir sy aandag bedoel was nie; destemeer in die
lig van
mnr Le Roux se onbetwiste getuienis dat hy op daardie stadium ook
die inhoud van die betrokke verklarings daar uitgelig
het teenoor
die
polisiebeamptes.
Die tweede
verweerder was egter onversetlik in sy standpunt dat hy met die
arrestasies sou voortgaan, dat hy geen voorkeur aan
die saak of aan
die eisers sou gee nie en dat hy 48 uur tyd sou hê ná
sodanige arrestasies om sy ondersoek in te
doen.
Mnr
Le Roux se getuienis was dat
Kaptein
Steenkamp te kenne gegee het dat hy glad nie met die tweede
verweerder se houding kon saamstem nie en dat hy hom, inteendeel,
daarvan distansieer, en Steenkamp het hom van die samesprekings
onttrek. Hy het verder getuig dat Kaptein Beukes egter die houding
ingeneem dat die ondersoekbeampte in ‘n saak die een was wat
die besluit sou moes neem oor arrestasie aldan nie.
Soos hieronder
ook sal blyk, is ook hierdie getuienis van mnr Le Roux nie in
kruisverhoor aangeval nie, maar het die tweede verweerder
in sy
latere getuienis hierdie rolle en reaksies net mooi omgeruil en
beweer dat Beukes die een was wat hom distansieer het.
Nie veel
draai egter hierom nie.
Mnr
Le Roux het ook daar aan die tweede verweerder die inhoud voorgehou
van instruksies van die Nasionale Kommissaris van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens aangaande omstandighede waaronder
polisiebeamptes arrestasies behoort te vermy. Daarin is vorige
opdragte rakende arrestasies ingetrek en is ondermeer gesê dat
arrestasie “
as
die
absolute
laaste uitweg
beskou moet word
”
wanneer oorweging verleen word aan hoe om ‘n verdagte in ‘n
bepaalde geval voor die Hof te bring.
Daar
is reeds op 30 Mei 2005 deur die Stasiekommissaris van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens te Kakamas ‘n sertifikaat
uitgereik tot die effek dat die inhoud van die betrokke instruksies
met lede opgeneem is.
Hoe
dit ookal sy, die tweede verweerder het toe ná ongeveer ‘n
uur te kenne gegee dat hy die aangeleentheid met
sy eie seniors, by
die speurtak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te Kakamas, wou
gaan bespreek. Hy is daar weg, maar het
die twee verklarings nie
met hom saamgeneem nie. Mnr Le Roux en die eisers het daar bly wag.
Mnr
Le Roux se getuienis was dat hy teen ongeveer 11:30
,
en weer teen ongeveer 12:30, die tweede verweerder op sy selfoon
geskakel het om te verneem of daar al ‘n besluit was.
Volgens
hom het die tweede verweerder telkens meegedeel dat hy nog besig was
om met sy seniors te praat.
Mnr Le Roux se
getuienis was verder dat, kort ná die laaste gesprek tussen
hom en die tweede verweerder, hy weer die
tweede verweerder
geskakel het en hom toe meegedeel het dat hy en die eisers eers sou
vertrek, en dat hy aan die tweede verweerder
sy selfoonnommer en
kantoor telefoonnommer gegee het en onderneem het om dadelik die
eisers weer polisiestasie toe te neem
indien so versoek.
Volgens mnr Le
Roux was die tweede verweerder egter nie bereid om ‘n
onderneming te gee dat hy hom sou skakel nie en het
hy bloot die
houding ingeneem dat mnr Le Roux hom maar weer kon bel.
Die tweede
verweerder se getuienis in hierdie verband was dat hy van slegs een
telefoonoproep van mnr Le Roux in daardie periode
bewus was en dat
hy nie kon onthou of daardie gesprek met hom persoonlik gevoer is
nie, maar dat hy wel kon onthou dat dit,
soos wat hy dit gestel
het, aan hom oorgedra is dat die eisers eers huistoe sou gaan en
dat mnr Le Roux geskakel kon word om
hulle weer na die
polisiestasie terug te neem indien nodig.
Ek moet sê
dat ek my bedenkinge het oor of die tweede verweerder werklik van
die samesprekings weg is om met ‘n oop
gemoed met sy seniors
te gaan konsulteer en aan hulle oor te dra wat die posisie en
standpunt van en namens die eisers was.
Hy
het nie, byvoorbeeld, hulle waarskuwingsverklarings aan sy seniors
gaan voorhou nie. Sy getuienis was bloot dat Andrews
die dossier
deurgegaan het. Daar was nie eers ‘n suggestie dat hy aan
Andrews minstens verduidelik het wat mnr Le Roux
gesê het in
verband met die eiser
s
se weergawes en van die bestaan van onafhanklike ooggetuies en,
selfs van meer belang, van die bestaan van instruksies wat
teen
sulke arrestasies dui nie.
Ek
handel weer later met die laasgemelde aspek, maar ‘n mens
sou ver
wag
het dat, as die tweede verweerder werklik dit wat hy by die
samesprekings gehoor het, ernstig opgeneem het en daardeur beweeg
is om by sy seniors te gaan aanklop om raad, hy daardie inligting
aan sodanige seniors sou oordra.
Toe
die eerste eiser huistoe is vanaf die polisiestasie, het hy opgemerk
dat daar op die toneel van die voorval van 14 September
2006 ‘n
aantal polisiebeamptes en lede van die publiek, wat hy herken het as
prominente lede van ‘n politieke party,
was.
Kort
daarna, net voor 14:00 op die Maandag, is die eerste eiser toe by sy
huis op die plaas Wolwehoek gearresteer. Die eerste
eiser se
getuienis was dat nie net sy vrou by dié geleentheid
teenwoordig was nie, maar ook tussen 15 en 25 van sy werknemers
(of
dan van die maatskappy wat hy bedryf het), en ook ‘n
verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat chemiese produkte
aan
hom en baie ander boere in die omgewing bemark het.
In
kruisverhoor is daar aan die eerste eiser gestel dat slegs die
tweede verweerder en een verdere polisiebeampte op die toneel
was,
en ook slegs een polisievoertuig, en dat slegs die eerste eiser se
vrou teenwoordig was tydens sy arrestasie. Dit het
geblyk dat dié
stellings gemaak is op die spesifieke instruksies van die tweede
verweerder.
Nadat die
tweede verweerder foto’s gesien het wat die eerste eiser se
vrou by daardie geleentheid geneem het, moes hy
egter toegee dat
daar bloot volgens die foto’s al minstens vyf polisiebeamptes
en meerdere polisievoertuie op daardie
toneel moes gewees het,
asook ander persone as die eerste eiser en sy vrou.
Die
houding
wat die tweede verweerder toe ingeslaan het dat hy eintlik nie self
kon onthou van ander polisievoertuie en polisiebeamptes
op die
toneel nie, en maar bloot die toegewing gemaak het op sterkte van
wat die foto’s vertoon, is nie alleen totaal
onwaarskynlik
nie, maar ook strydig met sy latere beslistheid dat geeneen van die
polisiebeamptes op die toneel wit was nie
en dat die wit persone op
die foto’s dus nie polisiebeamptes kon gewees het nie. As hy
hierdie tipe detail kon onthou,
sou hy sekerlik darem kon onthou
het, minstens, of daar afgesien van hom en Inspekteur George en
hulle voertuig, ook nog ‘n
ander polisievoertuig of -
voertuie en ander polisiebeamptes teenwoordig was.
Ewe
onwaarskynlik, en inteendeel ooglopend vals, is die tweede
verweerder se bewering dat hy so gefokus was op die eerste eiser,
dat hy glad nie die klomp ander persone op die toneel of in die
onmiddellike nabyheid sou gesien het nie.
Dit is
duidelik dat daardie mate van polisie-betrokkenheid nie nodig was
nie en geen ander afleiding kan gemaak word nie as
dat dit deel was
van ‘n magsvertoon teenoor en ten koste van die eerste eiser.
In die lig van
die houding van die tweede verweerder tot op daardie stadium, en sy
ooglopende vals getuienis in hierdie verband,
kan daar weinig
twyfel wees dat hy, as ondersoekbeampte, instrumenteel was in
hierdie magsvertoon.
Die eerste
eiser en mnr Le Roux se getuienis was dat die eerste eiser, nadat hy
gearresteer is maar voordat hy in die vangwa weggeneem
is, met sy
selfoon vir mnr Le Roux geskakel het en dat laasgemelde hom versoek
het om die selfoon aan die tweede verweerder te
oorhandig, aangesien
hy met hom wou praat.
Volgens die
eerste eiser het die tweede verweerder egter bloot geweier om met
mnr Le Roux te praat.
In
kruisverhoor is
dit as ‘n feit aan die eerste eiser gestel dat die eerste
eiser nooit aan die tweede verweerder oorgedra het dat Le Roux
met
hom wou praat nie.
In sy latere
getuienis was die tweede verweerder egter nie bereid om verder te
gaan as om te sê dat hy nie so ‘n
versoek kon onthou
nie. Die tweede verweerder het toegegee dat sy advokaat se
stelling dan verkeerd sou wees, en ook uiteindelik
dat daardie
stelling gemaak is op grond van instruksies wat hy vroeër aan
sy advokaat gegee het.
Daar
is toe, met die eerste eiser agterin die vangwa (bakkie), gery na
waar die tweede eiser by sy moeder woonagtig was. Dit
is ‘n
ent verder buite Kakamas as waar die eerste eiser woonagtig is en
gearresteer is, maar blykbaar in dieselfde rigting.
In
dié proses het die polisiebakkie deur ‘n gebied beweeg
waar heelwat van die eerste eiser se werkers woonagtig
was en waar
heelwat van die ander boere in die omgewing woonagtig was. Die
eerste eiser se getuienis was dat die polisievoertuig
stadig beweeg
het en dat die doel daarvan, en van die feit dat hy eerste
gearresteer is, was om hom voor al dié bekendes
te paradeer
waar hy agterin ‘n vangwa gesit het waarin, volgens hom, nog
bloed ook was.
Nadat
die tweede eiser toe ook gearresteer is, is hulle na die
polisiestasie te Kakamas geneem. Daar was alreeds van hulle familie
en vriende teenwoordig, ondermeer die eerste eiser se vader.
Mnr Le Roux
het ook daar opgedaag. Hy het dieselfde verklarings as wat hy
reeds die oggend aan die tweede verweerder probeer
gee het, toe aan
hom oorhandig as die waarskuwingsverklarings van die eisers.
Mnr
Le Roux se getuienis dat die dossier toe voltooi is voordat die
eisers om ongeveer 15:00 in ‘n sel geplaas is
,
is onbetwis gelaat, en so ook die getuienis dat die publiek in die
polisiestasie vanaf die aanklagkantoor kon sien wie in
die sel is.
Mnr
Le Roux het die tweede verweerder
versoek om die dossier na die Landdroskantoor te stuur, sodat ‘n
borgaansoek nog daardie middag gedoen kon word. Hy
het ook die
tweede verweerder meegedeel dat die aanklaer bereid was om die
borgaansoek nog daardie dag te hanteer. Die tweede
verweerder se
reaksie was dat hy die volgende oggend eers die dossier na die
landdroskantoor sou neem. Hy was nie bereid om
hiervoor ‘n
rede te gee nie.
Hierdie
getuienis van mnr Le Roux is nie aangeval nie, maar daar is aan hom
gestel dat sy inmenging tydens die administratiewe
verrigtinge by
die polisiestasie verhoed het dat di
e
eisers betyds Hof toe geneem kon word vir ‘n borgaansoek.
Toe
die tweede verweerder in sy getuienis gevra is om ‘n bietjie
meer spesifiek hieroor te wees, was sy verduideliking
dat beide
eisers die skriftelik uiteensetting van hulle regte eers deurgelees
het nadat mnr Le Roux hulle geadviseer het om
so te doen. Volgens
hom het di
t
meegebring dat die dossier nie betyds gereed was sodat daar nog
binne normale hoftyd ‘n borgaansoek gebring kon word
nie.
Afgesien
daarvan dat verantwoordelike advies soos dat verdagtes hulself van
hulle regte vergewis, natuurlik nooit as inmenging
bestempel kan
word nie, is dit totaal onwaarskynlik dat die lees van ‘n
b
lote
uiteensetting van sodanige regte vanaf 15:00, toe alle
administrasie volgens mnr Le Roux se getuienis afgehandel was, ‘n
vertraging kon meegebring het tot 16:00; wat volgens die getuienis
die einde van normale hofure was.
Die tweede
verweerder kon ook nie verduidelik hoekom hy nie, terwyl die regte
deurgelees is deur die eisers, sou kon aangegaan
het met die ander
administrasie rondom so ‘n proses nie.
Mnr
Le Roux se getuienis dat hy kort na 15:00 reeds by die aanklaer was
en dat dié toe
al
die tweede verweerder geskakel het en deur laasgemelde meegedeel is
dat die dossier nie voor 16:00 gereed sou wees nie, is
ook onbetwis
gelaat.
Afgesien
daarvan dat die tweede verweerder se latere getuienis dat die
aanklaer hom eers ná 16:00 geskakel het, strydig
is met
hierdie onbetwiste getuienis, is dit ook totaal onwaarskynlik. Die
getuienis was duidelik tot die effek dat ‘n
borgaansoek nie
ná 16:00 meer moontlik sou wees nie en dit sou dus geen doel
gedien het vir die aanklaer om eers ná
16:00 te bel om die
dossier te bekom nie.
Die eisers is
toe in ‘n ander sel by die polisiestasie geplaas en vir die
nag daar aangehou.
Ten spyte
daarvan dat daar nog ander oop selle was, is daar deur die loop van
die nag nog vier ander verdagtes by hulle in dieselfde
sel geplaas,
wat gearresteer was op klagtes wat ondermeer met geweld, ‘n
vuurwapen en huisbraak te make gehad het.
Daar was geen
beddens nie en die eisers moes tussen ‘n klomp vuil komberse
en matte iets kies om op te slaap. Daar is
darem later deur
familie vir hulle komberse gebring.
Die
drinkwater
-
en toiletgeriewe was so vuil dat dit onbruikbaar was. Veral vir
die eerste eiser het dit groot ongerief veroorsaak, want
hy moes
weens ‘n onlangse operasie gereeld toegang tot ‘n
toilet hê. Sy versoeke, vanaf 04:00 die Dinsdagoggend
af, om
toegang tot ‘n bruikbare toilet, het op dowe ore geval en hy
moes tot 07:30 die betrokke oggend hiervoor wag.
Die
volgende oggend was daar by die Landdroskantoor ‘n groot
publieke teenwoordigheid, bestaande uit mense wat uitgesproke
teen
die eisers was, asook mense wat hulle geken het en hulle
simpatiekgesind was. Die eisers is ten aanskoue van al dié
mense agter in ‘n polisievangwa daar aangebring en toe in
voetboeie voor almal deur die hofsaal geneem na ‘n
konsultasiekamer.
Op
mnr Le Roux se versoek is die voetboeie later verwyder. Sy
getuienis was dat hy al ongeveer 18 jaar daar praktiseer en dat
dit
beslis nie die reël is dat
aangehoudenes
in voetboeie na die Hof gebring word nie.
Die
tweede verweerder se relaas was dat, in die li
g
van vorige ontsnappings, die Stasiekommissaris ‘n reëling
ingestel het dat alle aangehoudenes geboei ingebring
word, hetsy
met voetboeie of anders met handboeie aanmekaar vasgeboei.
Volgens
hom behoort dié reëling op skrif te wees, maar d
aar
het nooit in die verhoor so ‘n dokument na vore gekom nie.
Dit
val in elk geval vreemd op dat die eisers nie met hulle arrestasie
s
geboei is nie, maar dan in voetboeie na die Hof geneem moes word.
Verder is dit vreemd dat iemand wat so ‘n vlugrisiko
is, dan
die volgende oomblik ongeopponeerd borg sal kry, soos wat hier toe
wel gebeur het. Daar is egter geen getuienis dat
die tweede
verweerder persoonlik hiervoor verantwoordelik was nie.
Die eisers is
uiteindelik teen ongeveer 16:00 die Dinsdagmiddag van 19 September
2006 vrygelaat op borg van R1 000,00 elk,
en hulle het dus
ongeveer 26 uur in aanhouding deurgebring.
Die uiteinde
van die kriminele vervolging van die eisers was dat beide van hulle
ná sluiting van die staatsaak in terme
van artikel 174 van
die Strafproseswet vrygespreek en ontslaan is.
Beide
van hulle het in hierdie verhoor ook hulle verontskuldigende
weergawes van die gebeure van 14 September 2006 onder eed gegee
en
hulle is glad nie in kruisverhoor daaroor aangeval nie.
Die
tweede verweerder het vir die eerste keer in sy getuienis vorendag
gekom met die bewering dat hy die eisers bloot ter nakoming
van
opdragte, en nie in die uitoefening van sy eie diskresie of op grond
van een of ander statutêre magtiging nie, gearresteer
het. Hy
het te kenne gegee dat dié opdragte die gevolg van politieke
druk en inmenging was.
Volgens
die tweede verweerder het
hierdie
opdragte gekom van ene Superintendent Dumas en Kaptein Beukes,
reeds op Vrydag 15 September 2006 al, en van Superintendent
Andrews, wat die Maandagoggend ‘n soortgelyke opdrag gegee
het toe die tweede verweerder die samesprekings by die
polisiestasie verlaat het om met sy seniors te gaan beraadslaag.
Hierdie
weergawe is nooit namens die tweede verweerder in die gesamentlike
verweerskrif van die verweerders gepleit nie. In
die verweerskrif
is inteendeel uitdruklik beweer dat die arrestasies op grond van
artikel 40(1)(b) van die Strafproseswet geskied
het en daarom
regmatig was.
Ewe belangrik
is dat hierdie weergawe ook nooit gestel is aan enige van die
eisers of mnr Le Roux nie; dit terwyl die strekking
van veral mnr
Le Roux se getuienis was dat die tweede verweerder deurentyd
duidelik gemaak het dat die besluit in sy diskresie
as
ondersoekbeampte berus het.
Andersom
gestel, die beeld wat van die kant van die eisers geskep is rakende
die tweede verweerder se uitlatings en houding
oor die vraag of die
eisers gearresteer moes word, was totaal onversoenbaar met die
beeld wat ‘n mens sou verwag het
waar die tweede verweerder
opdrag ge
had
het om die eisers te arresteer en glad nie besig was om in die
uitoefening van sy eie diskresie op te tree nie.
Die gevolge
van ‘n versuim om getuienis aan te val wat onversoenbaar is
met die kruisondervraer se saak, is geyk:
“
It
is true that it does not follow merely from the fact that if a
witness’ evidence is uncontradicted that it must be accepted.
It may be so lacking improbability as to justify its rejection. But
where a witness’ evidence is uncontradicted, plausible
and
unchallenged in any major respect there is no justification for
submitting it to an unduly critical analysis, ...
”
Per
Smalberger AR in
Pezutto
v Dreyer and Others
[1992] ZASCA 46
;
1992 (3) SA 379
(AD) op 391E-F.
Daar
was hoegenaamd niks onwaarskynliks in hierdie (of enige ander
)
gedeelte van die getuienis van enige van die eisers of mnr Le Roux
nie. Inteendeel, hulle het elkeen op my ‘n baie
goeie indruk
as getuies gemaak.
Hulle
beskrywing van die tweede verweerder se houding word tot ‘n
groot mate gestaaf deur sy eie optrede tydens die gebeure.
Hy
het, byvoorbeeld, nooit tydens die samesprekings die Maandagoggend
geopper dat hy opdrag ontvang het om die eisers te arresteer
nie.
Een van die persone wat vo
lgens
hom so opdrag gegee het, Kaptein Beukes, was teenwoordig.
Op die eisers
se saak was Beukes juis die een wat by die betrokke samesprekings
gesê het dat dit die ondersoekbeampte
se besluit was om te
arresteer of nie. Dit is nooit betwis nie. Ten spyte hiervan was
dit later die tweede verweerder se
getuienis dat Beukes tydens die
samesprekings die houding ingeneem het dat hy nie die arrestasie
van die eisers kon ondersteun
nie.
Op enige van
hierdie twee weergawes sou ‘n mens egter ‘n reaksie van
die kant van die tweede verweerder verwag het
by die samesprekings.
Indien hy dan
gevoel het dat dit nie gepas sou wees om dit in die teenwoordigheid
van die eisers en mnr Le Roux te doen nie,
sou ‘n mens verwag
het dat die tweede verweerder ‘n geleentheid sou versoek het
om privaat met Beukes te praat
om hom te konfronteer met sy vroeëre
opdragte.
Niks
het die tweede verweerder in elk geval verhoed om hom daar te
beroep op die soortgelyk
e
opdrag wat hy volgens hom van Dumas ontvang het nie.
Die tweede
verweerder het ook nie enige melding gemaak van sulke opdragte
tydens sy gesprek met mnr Le Roux die Sondag nie;
en teen daardie
tyd het hy al volgens hom reeds van beide Dumas en Beukes dieselfde
opdrag ontvang.
Nodeloos om te
sê, kon die tweede verweerder glad nie in getuienis sy
optrede in hierdie verband bevredigend verduidelik
nie. Hy het
eers beweer dat hy nie kon onthou of hy by die samesprekings die
Maandagoggend gemeld het dat hy opdrag gehad
het om die eisers te
arresteer nie.
Kort
daarna het hy egter aangevoer dat hy dit nie gedoen het nie, omdat
hy gevoel het dat dit d
isrespekvol
sou gewees het om sy senior in rang daar te konfronteer met ‘n
vroeëre opdrag wat heeltemal onversoenbaar
was met die houding
wat die senior die Maandagoggend daar ingeslaan het.
Ek
keer op hierdie stadium
terug na die instruksie van die Nasionale Kommissaris waarna reeds
verwys is. Ek het reeds daarop gewys dat daar al in 2005
te kenne
gegee is, in ‘n sertifikaat, dat dié instruksies aan
lede in daardie gebied voorgehou is.
Die
tweede verweerder het egter in sy getuienis
ontken
dat hy ten tye van die gebeure van die instruksies bewus was en
aangevoer dat dit eers twee weke ná die arrestasies
met hom
en ander lede behandel is.
Die feit van
die saak is egter dat dit onbetwis staan dat dié instruksies
ten tye van die samesprekings die Maandagoggend
pertinent onder die
tweede verweerder se aandag gebring is deur mnr Le Roux.
Die
tweede verweerder het op sy eie weergawe nie toe die moeite gedoen
om die instruksies te bestudeer nie en het dit, soos
reeds gemeld,
klaarblyklik
ook nie met sy seniors bespreek toe hy na bewering hulle advies
gaan soek het nie.
Hy
was dus reeds toe bewus van die instruksies en
is
gewaarsku dat, as hy die eisers strydig met daardie instruksies sou
arresteer, ‘n siviele eis sou volg.
Dit
is eenvoudig ondenkbaar dat, waar die tweede verweerder hierdie
inligting ontvang het die Maandagoggend, hy nie wie ookal
hom
voorheen opdrag gegee het om die eisers te arresteer, en wie ookal
hom daarna so ‘n opdrag
sou
probeer gee, minstens attent sou gemaak het en sou uitgevra het oor
die bestaan en effek van sodanige instruksies nie.
Dit
maak die tweede verweerder se beweringe aangaande sulke opdragte nog
meer onwaarskynlik. Die tweede verweerder was in elk
geval ‘n
uiters swak getuie. Hy het homself en sy instruksies aan sy
regsverteenwoordiger weerspreek en hom voortdurend
skuldig gemaak
aan deursigtige pogings om vrae te ontwyk. Ek het nie die minste
huiwering nie om sy weergawe te verwerp vir
soverre strydig met dié
van enige van die eisers of mnr Le Roux.
Ek
meen dat mnr V
an
Niekerk SC, wat namens die eisers verskyn het, korrek was in sy
submissie dat daar in die optrede van die tweede verweerder
heelwat
aanduidings van kwaadwilligheid was. Inteendeel, mnr Mene het
toegegee dat, as ek die tweede verweerder se weergawe
en
verduidelikings as ongeloofwaardig bevind, daar op die eisers se
weergawe wel kwaadwilligheid in die arrestasies en aanhouding
was.
Die
tweede verweerder se houding die Vrydag en die Maandagoggend dat hy
die reg gehad het om die eisers te arresteer en dat
hy 48 uur tyd
sou hê om hulle voor ‘n Hof te bring
,
en derhalwe nie sou meewerk tot ‘n vroeëre borgaansoek
nie, is aanduidend hiervan.
Die
feit dat die eisers uiteindelik in ruim minder as 48 uur kon
aansoek doen om borgtog, doen geen afbre
uk
daaraan dat dit tot op daardie stadium, en duidelik ook ten tye van
die arrestasies, die tweede verweerder se houding was
nie.
Om
die waarheid te sê, ek meen dat die feit dat die eisers
vinniger voor die Hof gekom het, eerder die gevolg was van
druk wat
mnr Le Roux en die aanklaer (laasgemelde met sy telefoonoproep) op
die tweede verweerder geplaas het, as wat dit aanduidend
was van ‘n
verandering van houding
of
inisiatief aan die kant van die tweede verweerder.
Die
gesloer met die administrasie en die beskikbaarstelling van die
dossier, en die ongeloofwaardige verduidelikings daarvoor,
dui ook
hierop. Dat die tweede verweerder die proses beslis nie sou
bespoedig het nie,
sou klop met presies dit wat hy vroeër gesê het, naamlik
dat hy die 48 uur periode sou gebruik (en, by implikasie,
dat die
eisers dus dié volle periode in aanhouding sou bly).
‘
n
Verdere aanduiding van ‘n kwaadwillige gesindheid aan die
kant van die tweede verweerder is die feit dat hy die arrestasies
nie net onregmatig uitgevoer het nie, maar in weerwil daarvan dat
hy attent gemaak is op die eisers se weergawe (en op die
feit dat
daar stawing daarvoor beskikbaar was) en op die gemelde
instruksies, en uitdruklik gewaarsku is oor ‘n siviele
eis.
Die
magsvertoon met die aantal voertuie en polisiebeamptes by die
eerste eiser se arres, was ook volgens my oordeel bereken
op groter
“
publisiteit
”
van daardie arrestasie, en gevolglik groter gepaardgaande
vernedering.
Die
tweede verweerder se versuim om mnr Le Roux te skakel en in te lig
van die voorgenome arrestasies, en om dit so moontlik
te maak dat
die eisers darem nie tuis en openbaar gearresteer word nie, was net
‘n verdere manifestasie van sy kwaadwillige
gesindheid. Hy
moes sekerlik besef het dat arrestasie tuis vir die eisers baie
meer publisiteit en vernedering sou beteken.
Omdat
die tweede verweerder deurentyd opgetree het in die uitvoering van
sy pligte
as ‘n polisiebeampte, moet hierdie gesindheid ook voor die
eerste verweerder se deur gelê word. Bykomstig hiertoe
is
daar nog die feit dat mnr Le Roux tot vandag toe nog nie eers soveel
as ‘n antwoord ontvang het op die skrywe wat hy
die
Maandagoggend aan die Provinsiale Kommissaris gerig het nie.
Vir sover
Beukes en Steenkamp nie, toe hulle die Maandagoggend moes besef het
wat die tweede verweerder se houding was, daadwerklike
stappe geneem
het om hom te stop nie, moet ook daardie versuim voor die deur van
die eerste verweerder gelê word.
Ek
is egter nie bereid om te bevind dat die arrestasies uitgevoer is
ter uitvoering of bevrediging van een of ander politieke
opdrag of
agenda nie. Die enigste direkte getuienis hiervoor is die
ongeloofwaardige weergawe van die tweede verweerder. Die
blote
teenwoordigheid van bepaalde persone die Maandagoggend en die
Dinsdag by die Landdroskantoor, kan nie hiervoor genoegsame
stawing
wees nie en kan ook nie op die getuienis bevind word deur die tweede
verweerder of enige ander polisiebeampte gereël
of veroorsaak
te gewees het nie.
Alhoewel
moontlik ietwat meer aanloklik, is ek ook nie bereid om op die
beskikbare getuienis te bevind dat die feit dat die eerste
eiser,
wat die naaste aan die polisiestasie woonagtig was, eerste
gearresteer is, in plaas van oppad terug vanaf die tweede eiser
se
arrestasie, op die waarskynlikhede kwaadwillig was en met die opset
om hom bykomend te verneder en te “
paradeer
”
nie.
Dit
is ewe waarskynlik dat die volgorde
onbeplan
of bloot ondeurdag was. Inteendeel, die polisie was juis op
daardie stadium volgens die eerste eiser by die toneel
van die
beweerde misdaad en dit mag moontlik om daardie rede wees dat
sommer dadelik eerste na die eerste eiser se woning op
dieselfde
plaas gegaan is.
Die feit dat
dié volgorde vir die eerste eiser bykomende tyd en
blootstelling agterin die vangwa gekos het, kan egter
nie weggedink
word nie en sal in ag geneem word by die oorweging van sy skade.
Dit
bring my by die feit dat die eisers in voetboeie ten aanskoue van
die publiek deur die hofsaal geneem is die Dinsdagoggend,
en by die
vraag of dit kwaadwillig
lik,
en met die opset om die eisers te verneder, geskied het.
Daar is geen
getuienis dat die tweede verweerder enige aandeel hierin gehad het
nie. Wat die eerste verweerder betref, is dit
seker moontlik dat
‘n ander polisiebeampte net so kwaadwillig teenoor die eisers
was en met daardie gesindheid toe voetboeie
aan hulle gesit het of
laat sit het. Daar is egter nie getuienis tot hierdie effek nie.
Volgens
mnr Le Roux se getuienis, wat ek ook ten aansien hiervan
ongekwalifiseerd as geloofwaardig aanvaar, was dit in sy
ondervinding nie die “
reël
”
dat verdagtes in voetboeie Hof toe geneem word nie. Dit bly egter
dan steeds ‘n ope vraag wie in hierdie geval
op die betrokke
werkswyse besluit het, en waarom.
Dit
het ook geblyk dat daar geen ander manier was om die eisers vanaf
die vangwa by die konsultasiekamer te kry as om hulle
deur die
hofsaal,
waar daar noodwendig lede van die publiek sou wees, te neem nie.
Weereens
aanvaar ek egter dat hierdie behandeling vir die eisers net nog
verdere vernedering en krenking moes ingehou het, al
sou dit dan
ook nie kwaadwilliglik geskied het nie.
Ek
neem wel in die guns van die verweerders in ag dat familie toegelaat
is om vir die eisers ondermeer komberse te neem.
Mnr van Niekerk
het toegegee dat dit onnodig sou wees om vir doeleindes van die
oorweging van die omvang van die skade die onderskeid
te tref waarna
reeds hierbo in paragraaf 2 verwys is en dat een globale bedrag
toegeken behoort te word ten aansien van die arrestasies
sowel as
die aanhouding van die eisers.
Ek
meen verder dat daar ‘n onderskeid getref behoort te word
tussen die twee eisers vir hierdie doeleindes. Sò ‘n
onderskeid sou geregverdig wees in die lig van nie alleen hulle
verskillende persoonlike omstandighede nie, maar ook in die lig
van
die feite van hulle arrestasies en aanhouding.
Wat laasgemelde
betref, is die tweede verweerder nie ten aanskoue van familie of
werknemers gearresteer nie. Hy het ‘n
korter rit agterin die
vangwa beleef en het darem ook nie die bykomende ongerief gehad wat
die onbeskikbaarheid van bruikbare
toiletgeriewe in besonder vir die
eerste eiser ingehou het weens sy gesondheidstoestand nie. Hy is
ook nie onderwerp aan die
magsvertoon waarna ek reeds hierbo verwys
het nie.
Wat hulle
persoonlike omstandighede betref, is daar selfs nog groter rede vir
‘n onderskeid tussen die eisers wat die omvang
van hulle skade
betref.
Die
eerste eiser is 44 jaar oud, teenoor die tweede eiser se 27 jarige
ouderdom. Die eerste eiser is boonop ‘n getroude
man wat al
die vader van drie kinders van 20 jaar, 19 jaar en 16 jaar oud is.
Die tweede eiser
was
blykbaar nog ‘n ongetroude man wat by sy moeder woonagtig
was.
Alhoewel
beide van hulle vir alle praktiese doeleindes boorling
e
van Kakamas was en is, is daar tog ‘n redelike verskil tussen
hulle wat betref hulle posisies en die aansien wat hulle
al verwerf
het in die oë van die gemeenskap.
Die
eerste eiser
,
as die heelwat ouer persoon, het uiteraard al heelwat meer vermag.
Hy het as jongman, ná die voltooiing van matriek
en van sy
militêre diensplig, begin boer op grond wat hy by sy vader
gehuur het. Vandaar het hy homself stelselmatig
opgewerk, onder
andere deur die oprigting en latere verkoop van ‘n
groente-groothandelbesigheid en die bedryf van ‘n
besigheid
vir die vervoer van plaasarbeiders, tot waar hy vandag is.
Deur sy
maatskappy verbou hy druiwe vir die uitvoermark en in ‘n
goeie seisoen is daar sowat 950 werknemers in diens van
die
maatskappy. Hy is ook ‘n direkteur en 30% aandeelhouer in ‘n
verkoelingsonderneming wat deur boere in die
omgewing benut word
vir die stoor van druiwe. Hy was vir ‘n tyd ook ‘n
bestuurslid van die plaaslike boerevereniging
en van sy kerk.
Verder het die
eerste eiser aansien verwerf as sakeman toe hy ‘n sakesentrum
te Kakamas ontwikkel het wat gelei het tot
die totstandkoming van
‘n hele paar nuwe besighede en heelwat werksgeleenthede vir
die plaaslike gemeenskap.
Die
tweede eiser het
,
nadat hy matriek voltooi het, vir twee jaar studeer aan die
landboukollege te Worcester, en sedertdien is hy in diens van
die
eerste eiser (of die maatskappy) as ‘n plaasbestuurder. Hy
is verder ‘n goeie rugbyspeler en sy suster is
ook woonagtig
te Kakamas. Sy vader is sedert hierdie gebeure oorlede. Sy
getuienis dat hy alombekend is in Kakamas staan
onbetwis.
Beide eisers
het getuig dat hulle die arrestasies en aanhouding as geweldig
traumaties beleef het. Die eerste eiser het sigbaar
aangedaan
geraak toe hy gevra is om sy gevoelens in hierdie verband te
beskryf. Hy het die gebeure beskryf as ‘n skok,
ontnugtering
en vernedering. Dieselfde is basies getuig deur die tweede eiser,
wat steeds as gevolg van die gebeure probleme
ervaar met
slapeloosheid.
In
kruisverhoor en in argument het mnr Mene gesuggereer dat beide
eisers op hulle weergawe hulle arrestasies moes verwag het
en nie
so daardeur getref kon gewees het nie. Selfs op die tweede
verweerder se weergawe egter moes daar hoop gebly het dat
hulle nie
gearresteer sou word nie, veral toe hy te kenne gegee het dat hy
met sy seniors wou gaan raadpleeg.
Selfs al sou
hulle egter ook die arrestasies voorsien het, meen ek dat dit te
verstane is dat die werklikheid daarvan om gearresteer
te word,
agterin ‘n vangwa vervoer te word en dan in ‘n sel
geboender te word, enige beskaafde persoon sou skok
en skud.
Vir die eerste
eiser was daar nog die verdere bekommernis van die impak van die
gebeure op sy familie, en veral dan op sy vader
en sy kinders.
Beide eisers
het beskryf hoe die gebeure hulle vertroue in die polisie geraak
het; veral die tweede eiser wie se vader jare
lank in die polisie
gedien het en wat dus in so ‘n huis grootgeword het.
Mnr
van Niekerk het, alhoewel hy volgens hom steeds van die eerste eiser
instruksies gehad het om die toekenning van die volle
geëisde
skade van R300 000,00 te eis, aan die hand gedoen dat ‘n
toekenning van R150 000,00 per eiser nie
as onredelik
aangemerk sou kon word nie. Daarteenoor het mnr Mene betoog dat ‘n
toekenning van slegs R15 000,00 per
eiser billik en korrek sou
wees.
Beide
mnr van Niekerk en mnr Mene het my na voorbeelde van toekennings van
skade in soortgelyke gevalle verwys. Alhoewel vorige
beslissings
hieroor sekerlik relevant is, kan die toekennings wat daarin gemaak
is nie sondermeer beskou word as ‘n maatstaf
wat noodwendig
gevolg moet word nie (sien
Minister
of Safety and Security v Seymour
2006 (6) SA 320
(SCA) op 325B-326A).
So
het mnr Mene byvoorbeeld verwys na die saak van
Maphalala
v Minister of Law and Order
,
‘n ongerapporteerde uitspraak van die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof op 10 Februarie 1995 onder
saaknommer 29537/93. In daardie geval is die eiser vir 150 dae
aangehou in eensame opsluiting en ook nog gemartel. Skadevergoeding
in ‘n bedrag van R145 000.00 is destyds toegeken.
Mnr
Mene het geargumenteer dat dié bedrag, aangepas volgens die
verbruikersprysindeks (“
VPI”
),
nou in die omgewing van R345 000,00 sou beloop het en dat,
indien die laasgemelde bedrag dan deur die 150 dae van aanhouding
gedeel sou word, dit sou beteken dat daardie toekenning vandag maar
net sowat R2 300,00 per dag sou beloop het.
Hierdie
benadering kan nie korrek wees nie en daar kan nooit sprake wees
van so ‘n “
daily
tariff
”
nie (sien
Bouwer
v Minister of Safety and Security en ‘n Ander
,
‘n ongerapporteerde uitspraak wat op 8 Desember 2008 in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling gelewer is in saaknommer
27479/21003).
Aan
die ander kant van die spektrum van toekennings het mnr Mene my ook
verwys na twee ongerapporteerde uitsprake in die Vrystaatse
Provinsiale Afdeling, naamlik
Minister
of Safety and Security v Moloi
(saakno
A262/2005, gelewer op 28 Februarie 2008) en
Lebaka v Minister of Safety and Security and Another
(saakno A114/2007, gelewer op 18 Februarie 2008), in beide waarvan
op appél skadevergoeding van R15 000,00 toegeken
is.
Beide
gevalle is egter te onderskei op die feite. In die
Moloi
-saak
was daar, behalwe vir ‘n polisiebeampte se onredelike
weiering om te kyk na ‘n brief wat die eiser geglo het
hom
geregtig gemaak het op toegang tot ‘n huis, nie werklik
sprake van kwaadwillige optrede van die omvang hier tersprake
nie.
Daardie eiser is ook nie ten aanskoue van familie of andere
gearresteer nie. Hy was ‘n werklose man wat ook geen
getuienis voor die Hof geplaas het van hoe hy sy arrestasie en
aanhouding beleef het nie. Hy is vir net meer as ‘n dag
lank
aangehou.
In
die
Lebaka
-geval
het die eiser twee dae in aanhouding deurgebring. Daar was geen
sprake van kwaadwilligheid nie. Die betrokke eiser
was ‘n
skrynwerker wat al by twee geleenthede gedien het as ‘n
munisipale raadslid. Hy was egter al by ‘n
vorige
geleentheid ook in aanhouding weens dieselfde tipe oortreding,
naamlik gesinsgeweld, en die Hof het bevind dat hy hoflik
behandel
is en nie tydens sy aanhouding blootgestel is aan
“adverse
conditions
”
nie.
Mnr
Mene het my verder verwys na die beslissing in
Seria
v Minister of Safety and Security and Others
2005 (5) SA 130
(C), waar die eiser ongeveer twintig ure aangehou
is en ‘n bedrag van R50 000,00 skadevergoeding in
Oktober 2004
toegeken is, wat aangepas volgens die VPI tans in die
omgewing van R66 000,00 sou beloop het. Dié saak is
egter
van die onderhawige geval te onderskei, hoofsaaklik omdat in
daardie geval uitdruklik bevind is dat daar geen sprake was van
kwaadwilligheid aan die kant van die polisie nie. In daardie geval
was daar ‘n lasbrief vir die eiser se inhegtenisname,
maar is
daar ‘n ooreenkoms bereik dat dit nie uitgevoer sou word nie,
en was die polisiebeampte wat die arrestasie gaan
uitvoer het, nie
van dié reëling bewus nie.
Ek
meen dat die teenwoordigheid en omvang van kwaadwilligheid by
onregmatige arrestasie en aanhouding ‘n wesenlike rol behoort
te speel by die oorweging van die omvang van die skadevergoeding
(sien bladsy 30 van die verslag in die
Bouwer
-saak).
In
Louw
and Another v Minister of Safety and Security, supra
,
is bevind dat die polisie die eisers met ‘n kwaadwillige
motief gearresteer het en aangehou het, naamlik om hulle ‘n
les te leer, en dat die polisie se versuim om ag te slaan op die
eisers se verduideliking ‘n blatante versuim van hulle
pligte
was. Dan het die polisie ook nog in daardie geval toe bedriegtelik
gepoog om ‘n verklaring te vervals, aangesien
die bestaande
een nooit die arrestasies sou kon regverdig nie.
Die
twee eisers is in daardie geval ten aanskou
e
van publiek gearresteer en saam met geharde misdadigers toegesluit
in wat beskryf is as “
appalling
conditions
”.
Hulle is vir twintig ure aangehou. Aan elk van hulle is R75 000,0
skadevergoeding toegeken, wat volgens die
VPI nou in die omgewing
van R102 750,00 sou beloop het.
In
Gellman
v Minister of Safety and Security, supra,
is R80 000,00 skadevergoeding op 2 November 2007 toegeken. Dit
sou aangepas ‘n bedrag van ongeveer R96 800,00
beloop
het. In daardie geval is die eiser, wat ‘n toegelate
prokureur was, maar wat op daardie stadium meer ‘n
besigheidsman was, by die polisiestasie gearresteer. Hy is egter
daarna in boeie voor sy werknemers by ‘n fabriek geparadeer.
Hy is vir net meer as 48 ure aangehou ten aanskoue van, onder
andere, sy kollegas (ander prokureurs). Hy het nie toegang gehad
tot sy medikasie (vir ‘n hartprobleem) nie en het volgens hom
“
extreme
stress
”
ervaar tydens sy aanhouding. Ook in daardie geval is bevind dat die
polisiebeampte gepoog het
“to
build up as serious a dossier as he could
”.
Dit
bring my weer by die
Bouwer
-saak
waarna reeds verwys is. Daar is R200 000,00 algemene skade
toegeken vir die onregmatige arrestasie en aanhouding van
die eiser,
vir ‘n periode van drie dae en drie nagte. In daardie geval
is die eiser gearresteer op sterkte van ‘n
lasbrief wat deur
die polisie verkry is nadat hulle inligting aan die landdros
voorgelê het wat tot hulle kennis nie gesubstansieer
kon word
nie. Die arrestasie is ook uitgevoer reëlreg strydig met ‘n
opdrag van die senior staatsaanklaer dat nie
daarmee voortgegaan
moes word voordat die uitslag van ‘n verdere lykskouing
beskikbaar was nie.
Die
Hof het bevind dat die betrokke polisiebeamptes geweet het dat
daar, op die inligting tot hulle beskikking, gee
n
vooruitsig van ‘n suksesvolle vervolging was nie en is bevind
dat hulle inderdaad deur “
malice
”
gemotiveer was.
Die
Hof het verdere aanduidings van kwaadwilligheid gevind in die
versuim van die polisie om te reageer op ‘n aanbod dat
die
eiser gekontak kon word deur bemiddeling van ‘n senior
polisie
-offisier,
Direkteur Grobler.
Die
betrokke eiser is bedrieg
telik
gelok na ‘n polisiebeampte se kantoor en toe daar ten
aanskoue van die publiek gearresteer en geboei. Dit was veral
vir
hom, wat self ‘n senior polisie-offisier met baie jare diens
was, ‘n besondere vernedering, soos ook sy plasing
in die
selle.
In
Schabort
v Minister of Safety and Security
,
‘n ongerapporteerde uitspraak wat op 15 Desember 2005 in die
Vrystaatse Afdeling gelewer is, is skadevergoeding in ‘n
bedrag van R200 000,00 toegeken. Aangepas sou dit nou op min
of meer R245 000,00 neergekom het.
Alhoewel daar
vanselfsprekend verskille is tussen die feite van daardie saak en
dié van die onderhawige geval, is daar
ook belangrike
ooreenkomste.
Die
betrokke eiser was ook ‘n gesiene besigheidsman met
uitgebreide boerderybedrywighede. Hy was ‘n gegradueerde
persoon en toegelate prokureur. Hy het op die direksies en besture
van verskeie instansies gedien.
Die
eiser is gearresteer ten aanskoue van sy vrou en by sy werksplek.
Daar was drie tot vyf polisievoertuie en minstens vier
polisiebeamptes betrokke.
Die eiser is
die nag aangehou in ‘n sel saam met vyftien of sestien ander
persone, terwyl die sel bedoel was vir vier
persone. Die fontein
waar hulle moes water drink, is deur almal gebruik as urinaal en
die sel het gestink. Daar was nie
genoeg matrasse en komberse vir
almal om op die vloer te slaap nie en die sel was so oorvol dat,
toe hulle gaan lê het
om te slaap, hulle liggame aan mekaar
geraak het. Die eiser is gedreig dat hy gesodomiseer en aangerand
sou word en hy en
sy prokureur was genoop om ‘n bedrag geld
oor te betaal aan die sogenaamde leiers in die sel en om ‘n
ooreenkoms
aan te gaan met een van die ander aangehoudenes om die
eiser te beskerm.
Die
eiser is die volgende oggend Hof toe geneem, waar hy dadelik
ontslaan is. Selfs daarna is hy egter eers vir nog ongeveer
‘n
uur aangehou voordat hy op aandrang van vriende vrygelaat is. In
totaal het hy net minder as ‘n dag in aanhouding
deurgebring.
Die insident
het gelei tot sielkundige probleme by die eiser, wat moontlik met
terapie sou verbeter. Die feit dat hy begin
het om sy boerdery- en
sakebedrywighede in te kort, het gestrook met die simptome van sy
sielkundige toestand, soos byvoorbeeld
die onttrekking van mense en
ook depressie. Die eiser het in elk geval ook internasionaal
aansien en besigheid verloor toe
‘n kontrak opgeskort is as
‘n direkte gevolg van die betrokke voorval en die
gepaardgaande publisiteit.
Afgesien
van die ooreenkomste wat reeds uit die voorgaande blyk, is daar ook
prominente ooreenkomste in sekere van die feite
wat Kruger R bevind
het verswarend te wees:
Die
polisiebeampte het die eiser gearresteer ten spyte van ‘n
opdrag van ‘n polisie-offisier, ene Liebenberg,
om dit nie
te doen nie. In die onderhawige geval het die tweede verweerder
ook geen ag geslaan op wat Kaptein Steenkamp
(of dan op sy
weergawe Kaptein Beukes) gesê het nie.
Die
betrokke ondersoekbeampte het sy selfoon afgeskakel sodat reëlings
nie getref kon word vir ‘n borgaansoek nie.
In die
onderhawige geval het die tweede verweerder nie vir mnr Le Roux
geskakel om hom te waarsku oor die arrestasies nie
en het hy die
bring van ‘n borgaansoek opsetlik vertraag.
Kruger
R het
uitdruklik bevind dat die voormelde aanduidend van kwaadwilligheid
was.
Dit
is bekend dat ons Howe in die verlede redelik konserwatief was in
die toekennings wat in gevalle van onregmatige arrestasie
en
aanhouding gemaak is. In
Manase
v Minister of Safety and Security and Another
2003 (1) SA 567
(CkHC) is byvoorbeeld “
net
”
R90 000,00 toegeken vir ‘n arrestasie, aanhouding en
vervolging wat bevind is kwaadwillig te gewees het en
waar die eiser
49 dae lank in aanhouding verkeer het. Dié toekenning is in
2002 gemaak en sou nou op R123 300,00
neergekom het.
In
die
Seymour
-saak
waarna reeds verwys is, het die Hoogste Hof van Appél in 2006
bevind dat ‘n toekenning van R90 000,00
gepas sou wees
waar ‘n 63 jarige man vir vyf dae in aanhouding was. Daardie
toekenning sou nou op ongeveer R114 300,00
neergekom het. Dit
moet egter in gedagte gehou word dat vier van dié dae in ‘n
hospitaal in aanhouding deurgebring
is. Afgesien van ‘n
gesloer om die betrokke eiser by mediese behandeling en ‘n
hospitaal te kry, was daar ook geen
sprake van kwaadwilligheid nie
en hy is nie onderwerp aan onnodige vernedering wat nie normaalweg
en noodwendig deel van die
arrestasie en aanhouding hoef te gewees
het nie.
Dit is daarom
dat dit so gevaarlik is om dogmaties toekennings wat in ander sake
gemaak is, te volg.
Ek meen dat,
alles inaggenome, dit in hierdie geval billik sou wees om aan die
eerste eiser skadevergoeding in die bedrag van
R130 000,00 toe
te ken en aan die tweede eiser die bedrag van R100 000,00.
Daar
is geen rede waarom die eisers nie op hulle koste geregtig sal wees
nie en dit is ook nie geargumenteer nie. Die meriete
is by die
aanvang van die verhoor toegegee en die toekennings wat ek gaan
maak, sal beteken dat hulle ook op
quantum
substantiewe sukses behaal het.
Bygevolg word
die volgende bevele hierin gemaak:
1.
Dit
word gelas dat die verweerders, gesamentlik en afsonderlik, die een
betaal die ander pro tanto kwytgeskeld te word, aan die
eerste eiser
sal betaal:
d
ie
bedrag van R130 000,00;
r
ente
op die voormelde bedrag a tempore morae; en
k
oste
van die geding.
Dit
word gelas dat die verweerders, gesamentlik en afsonderlik, die een
betaal die ander pro tanto kwytgeskeld te word, aan die
tweede eiser
sal betaal:
d
ie
bedrag van R100 000,00;
r
ente
op die voormelde bedrag a tempore morae; en
k
oste
van die geding.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
/Eiser: Adv
van Niekerk, SC
In
opdrag van
/Namens: Duncan
& Rothman, KIMBERLEY
Nms
Respondent/Verweerder:
Adv
Mene
In
opdrag van
/Namens: Die
Staatsprokureur, KIMBERLEY