About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 75
|
|
AMSA SA (Edms) Bpk v Frabert BK (1425/08) [2008] ZANCHC 75 (12 December 2008)
Reportable: Yes / No
Circulate to Judges:
Yes / No
Circulate to
Magistrates: Yes / No
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 1425/08
Datum
verhoor: 2008-12-05
Datum
gelewer: 2008-12-12
In
die saak van
:
AMSA
SA (EDMS) BPK
APPLIKANT
versus
FRABERT
BK
RESPONDENT
UITSPRAAK
MAJIEDT R
Hierdie
is ‘n bestrede dringende aansoek vir die voorlopige likwidasie
van die Respondent. Alhoewel die Applikant aanvanklik
sy aansoek
geloods het
met
toepassing van die normale voorgeskrewe tydperke en betekening, het
hy die aansoek omskep in ‘n dringende aansoek a.g.v.
die
veranderde situasie van die Respondent waarna ek aanstons sal
verwys. By ‘n vorige geleentheid, en wel op 21 Oktober
2008,
was die saak ook voor my op ‘n bestrede, dringende basis en
het ek die volgende bevel verleen:
“
1.
Die
aansoek word uitgestel na die Bestrede Mosiehofrol op ‘n datum
soos deur die Griffier bepaal en toegeken. Die Griffier
word versoek
om die vroegste moontlike datum op daardie Rol toe te ken.
Koste staan oor vir latere beregting.
Die partye word gemagtig om, indien
hulle dit goed sou ag, die stukke aan te vul.
Die Respondent word gelas om voor/op
14 November 2008 die bedrag van R3 856 579.00 oor te
betaal in die trustrekening
van die Applikant se prokureurs van
rekord, hangende die finale afhandeling van hierdie likwidasie
aansoek.
Indien die voormelde bedrag nie
inbetaal is teen 14 November 2008 nie of indien dit blyk dat die
Respondent die Nasionale Kredietreguleerder
se verbod teen die
bedryf van ‘n mikro-gelduitleenbesigheid oortree, word die
Applikant gemagtig om op dieselfde stukke,
aangevul waar nodig, die
Hof te nader vir ‘n bevel.
Redes vir hierdie bevel sal verskaf
word indien skriftelik aangevra binne 14 dae vanaf hierdie bevel.”
Die
rede waarom die Applikant hierdie aansoek omskep het in ‘n
dringende aansoek is omdat die Applikant bewus geword het
dat die
Respondent se registrasie as ‘n mikro-uitlener by die
Nasionale Kredietreguleerder op 15 Oktober 2008 gekanselleer
is.
Hierdie is dan ook
een
van die vernaamste gronde waarop die Applikant steun vir sy aansoek
vir die voorlopige likwidasie van die Respondent, aangesien
die
Applikant die submissie maak dat die
substratum
van die Respondent se bestaan as ‘n besigheid verval het.
Die
partye hiertoe is beide betrokke in die
mikro-finansieringsindustrie. Die Applikant het ingevolge
skriftelike ooreenkomste
‘n eksklusiewe konsessiereg (in
Engels “
franchise”
)
gegee aan die Respondent en daarvolgens is bedryfstelsels,
sagteware, bedryfsmetodiek, ‘n geregistreerde handelsmerk en
handelsnaam (“
Cash
Wise”
)
asook opleiding verskaf. Ingevolge die voormelde
vryevergunningsooreenkomste het die partye ooreengekom dat die
Respondent
as teenprestasie rentedeel betalings van 3.5% van enige
bedrag geld wat deur die Respondent op enige gegewe tyd aan sy
kliënte
uitgeleen word uit sy rente-inkomste aan die Applikant
sal oorbetaal. Die Respondent bedryf ingevolge hierdie voormelde
ooreenkomste
‘n aantal Cash Wise mikro-uitleen takke,
hoofsaaklik in die noordwestelike gedeelte van die Noord-Kaap.
Verder
is daar tussen die
Applikant
se verteenwoordiger en die Respondent se verteenwoordiger (Joubert)
ook ‘n leningsooreenkoms aangegaan ingevolge
waarvan die
Applikant R300 000,00 aan die Respondent geleen het. Die terme
van hierdie lening is beliggaam in ‘n
skriftelike
leningsooreenkoms en was klaarblyklik aan die Respondent voorgeskiet
ten einde hom by te staan met die betaling van
sekere agterstallige
belastings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”).
Hierdie leningsooreenkoms is namens
die Respondent onderteken op 23
Desember 2005. Daarmee saam het Joubert hom verbind as ‘n
onbeperkte borg ten gunste van
die Applikant ingevolge hierdie
leningsooreenkoms. Ek moet uitwys dat in terme van die onderskeie
vryevergunnings-ooreenkomste
waarna ek vroeër verwys het,
Joubert hom insgelyks verbind het ten gunste van die Applikant as ‘n
borg en mede-hoofskuldenaar
van die Respondent se verpligtinge
teenoor die Applikant. As verdere sekuriteit het die Respondent ook
aan die Applikant ingevolge
die leningsooreenkoms van 23 Desember
2005 ‘n sessie van sy reg, titel en belang in die mikroleen
ondernemings aan die
Applikant verskaf. Ek ag dit gerade om hierdie
bepaalde klousule in die leningsooreenkoms volledig aan te haal as
volg:
“
Sessie van
die lener se reg, titel en belang in die mikroleen ondernemings wat
die lener by die Uitlener onder Vryevergunningsooreenkoms
bedryf.
In die geval van wanbetaling sal die Uitlener geregtig (wees) om
besit en beheer te neem van die mikroleen ondernemings
ten einde die
skulde te verhaal, en sal die Uitlener in so ‘n geval die
besighede bedraf ooreenkomstig die bedryfstelsel
tans in plek en
geregtig wees om risiko analises te doen op al die ondernemings van
die Lener ten einde sy (Uitlener) regte en
die ondernemings se
vooruitgeskatte suksesse te bepaal”.
Die
Respondent voer aan dat hierdie gepoogde voorlopige likwidasie deur
die Applikant nie
bona
fide
is
en bloot ‘n poging is om die Respondent se ondernemings oor te
neem vir homself.
Daar
is ‘n dispuut op die stukke voor my aangaande die bedrag van
verskuldigdheid van die Respondent teenoor die Applikant.
Wat egter
vas staan is dat die Respondent ‘n aansienlike bedrag geld
verskuldig is aan die Applikant. Ek moet nou alreeds
uitwys dat,
alhoewel die Respondent herhaaldelik die bedrag van verskuldigdheid
in geskil plaas, hyself (by monde van die deponent
Joubert) nooit
self ‘n bedrag van verskuldigdheid voorhou nie. Dit is die
Applikant se saak dat hy ‘n gelikwideerde
vordering van
R3 856 579,00 teen die Respondent het. Die Applikant stel
die bedrag as volg saam:
a) R3 250 166,45 as
agterstallige rentedeel soos bereken op 30 April 2008;
b) R424 980,83
uitstaande ingevolge die leningsooreenkoms vroeër na verwys en
soos bereken soos op 1 Mei 2008;
c) R181 433,39
ten aansien van sekere tjeks wat Respondent aan Applikant gegee het
en wat nie gehonoreer is deur die Respondent
se bank nie.
Die
groot geskilpunt tussen die partye aangaande die bedrag van
verskuldigdheid is dat die Respondent beweer dat, teenstrydig
met
die partye se skriftelike vryevergunningsooreenkomste, die Applikant
vir ongeveer ‘n jaar na 2005 ‘n rentedeel
van 5% in
stede van 3,5% gehef het. Selfs as ‘n mens hierdie weergawe
van die Respondent aanvaar, dan bly die Respondent
steeds ‘n
bedrag van R2 114 374,66 verskuldig aan die Applikant. Só
‘n herberekening maak voorsiening
vir diskontering van die
rentedeelbetaling van 5% na 3,5%.
Op 12
Junie 2008 is ‘n verdere skriftelike ooreenkoms aangegaan
tussen die Applikant en Joubert ingevolge waarvan Joubert
sy
ledebelang in die Respondent oorgedra het aan De Beer van die
Applikant. In daardie ooreenkoms het Joubert namens die Respondent
skriftelik erken dat die Respondent BK en ook hyself (Joubert) in sy
persoonlike hoedanigheid as borg en mede-hoofskuldenaar
aan die
Applikant ‘n bedrag van R3 856 579,00 verskuldig is.
Ek is dit eens met Applikant se advokaat, Mnr.
Ströh SC (wat
hierin bygestaan is deur Mnr. N de Wet) dat die voormelde nie net ‘n
erkenning van die bedrag van verskuldigdheid
is aan die kant van
Joubert namens en ten behoewe van die Respondent nie, maar ook ‘n
erkenning is van die gelikwideerde
aard van die vordering wat die
Applikant het.
Joubert
het die nodige CK dokumente onderteken ingevolge waarvan hy sy
ledebelang in die Respondent sou oordra aan De Beer van
die
Applikant. Aangesien die registrasienommer van die Respondent op
die ondertekende CK dokumente egter verkeerd was, het die
Registrateur van Beslote Korporasies geweier om die wysiging van die
ledebelang te registreer soos ooreengekom. Joubert het
toe
eensklaps geweier om die gekorrigeerde CK dokumente te onderteken,
omrede hy toe ewe skielik nou die berekening van die verskuldigde
bedrag bevraagteken het.
In
die an
twoordende
stukke voor die Hof beweer Joubert nou dat hy onder dwang was om die
bepaalde ooreenkoms van 12 Junie 2008 te onderteken.
Hy voer
naamlik aan dat hy te Centurion by die Applikant se prokureur
gedreig is om die dokumente te onderteken, waarna hy toe
sekere
eiendomsbeskrywings en ander inligting aan die Applikant se
prokureur verskaf het. Die ooreenkoms is toe opgestel en
dit sowel
as die CK dokumente vir die oordrag van die ledebelang is deur
Joubert onderteken. Hierdie beweringe van dwang word
heftig deur
die Applikant ontken in repliek. Intussen het Joubert en die
Respondent dagvaarding uitgereik in die Transvaalse
Provinsiale
Afdeling onder saaknommer 52883/08 teen die Applikant en De Beer
waarin hierdie beweringe van dwang herhaal word
en waarin gevra word
dat die ooreenkoms tussen die partye, gedateer 12 Junie 2008,
tersyde gestel word deur daardie Hof.
Die
agtergrondfeite wat ek in die paragrawe hierbo uiteengesit het, is
grootliks onbetwis, of indien betwis, bevind ek dat sodanige
feitegeskille wat opgewerp word deur die Respondent nie
bona
fide
is
nie.
Vergelyk:
Room
Hire Co. (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3)
SA 1155 (T)
te
1163 – 1165;
Plason-Evans
Paints v Van Riebeeck Paints 1984 (3) SA 623 (A)
te
634 I.
Ek bereg gevolglik
hierdie aansoek op die feitebasis soos hierbo uiteengesit.
Uit
hoofde van die voormelde benadering ten aansien van die
agtergrondfeite, kan ek nou alreeds tot die bevinding kom dat die
Applikant inderdaad ‘n gelikwideerde vordering het teen die
Respondent in ‘n bedrag wat hom kwalifiseer as ‘n
skuldeiser vir al die tersaaklike bepalings vervat in die
Maatskappyewet, 61 van 1973 (“
die
Maatskappyewet”
).
Ek
wend my vervolgens na die Respondent se verweer van dwang ten
aansien van die ooreenkoms gesluit op 12 Junie 2008 tussen die
partye. Na my mening is hierdie verweer vergesog, hoogs
onwaarskynlik en kan dit met veiligheid verwerp word vir doeleindes
van hierdie aansoek. Ek sê so omrede die volgende aspekte in
die weergawe voorgehou deur Joubert in sy antwoordende
eedsverklaring namens die Respondent die wenkbroue laat lig:
a) Volgens
Joubert was die doel van sy reis vanaf Upington na Centurion om die
netelige aspekte rondom die agterstallige rentedeel
betalings te
bespreek met die Applikant;
b) Hy
reis af na Centurion, welwetende dat die Applikant se prokureur
teenwoordig gaan wees by die vergadering
,
maar word hyself nie vergesel deur sy eie prokureur nie;
c) Hy verskaf aan die
Applikant se prokureur sekere eiendomsbeskrywings vir invoeging in
die ooreenkoms wat op skrif gestel word
later;
d) Joubert verlaat die
vergadering en keer na ‘n uur terug waartydens hy die
skriftelike ooreenkoms onderteken;
e) Op
‘n latere stadium plaas Joubert se prokureur
slegs
die berekening van die verskuldigde bedrag in geskil, maar opper op
geen stadium in daaropvolgende korrespondensie enige bewerings
van
dwang waaronder Joubert na bewering die ooreenkoms sou onderteken het
nie
;
f)
Joubert
werp vir die eerste keer die verweer van dwang op in sy antwoordende
eedsverklaring in hierdie verrigtinge
.
Bowendien
en in elk geval, selfs al word Joubert se weergawe soos dit tans
daar uitsien in sy eedsverklaring en ook in die dagvaarding
uitgereik in die Transvaalse Provinsiale Afdeling, aanvaar vir
doeleindes van hierdie uitspraak, is ek die mening toegedaan dat
daar geen eisoorsaak openbaar word nie soos tereg deur Mnr. Ströh
namens die Applikant aangevoer, omrede:
a) Die
Applikant daarvolgens nie die Respondent met
wederregtelike
optrede gedreig het nie;
b) Die beweerde dwang nie
redelik is nie; en
c) Die Respondent het nie
by die sluiting van die kontrak daarteen beswaar gemaak nie.
In
hierdie verband het Nugent AR die posisie as volg bespreek in
Medscheme
Holdings (Pty) Ltd and another v Bhamjee 2005 (5) SA 339 (SCA)
te
346 A – D (part [18])
“
[18] English and American law
both recognise that economic pressure may, in appropriate cases,
constitute duress that allows for
the avoidance of a contract. As
pointed out by Van den Heever AJ in Van den Berg & Kie
Rekenkundige Beamptes v Boomprops 1028
BK
1999 (1) SA 780
(T), that
principle has yet to be authoritatively accepted in our law. While
there would seem to be no principled reason why the
threat of
economic ruin should not, in appropriate cases, be recognised as
duress, such cases are likely to be rare. (The point
is underlined
by the dearth of English cases in which economic duress was found to
have existed.) For it is not unlawful, in general,
to cause economic
harm, or even to cause economic ruin, to another, nor can it
generally be unconscionable to do so in a competitive
economy. In
commercial bargaining the exercise of free will (if that can ever
exist in any pure form of the term) is always fettered
to some degree
by the expectation of gain or the fear of loss. I agree with Van den
Heever AJ (in Van den Berg & Kie Rekenkundige
Beamptes at 795E -
796A) that hard bargaining is not the equivalent of duress, and that
is so even where the bargain is the product
of an imbalance in
bargaining power. Something more - which is absent in this case -
would need to exist for economic bargaining
to be illegitimate or
unconscionable and thus to constitute duress.”
In
Wessels,
The Law of Contract
,
te paragraaf 1167 sit hy die voorvereistes vir die verweer van dwang
by kontraksluiting as volg uiteen:
“
In order to
set aside a contract of violence or fear, our law requires the
following elements:
1. Actual violence or reasonable fear;
2. The fear
must by caused by the threat of some considerable evil to the party
or his family;
3. It must be a
threat of an im
minent
or inevitable evil;
4. The threat or
intimidation must be
contra
bonos mores
;
5. The moral pressure used must have
caused damage”
Sien
verder ook:
Christie:
The Law of Contract in South Africa, 5de uitgawe
te 302;
Kerr:
The Principles of the Law of Contract, 6de uitgawe
te
318 – 319.
Samevattend dus, wat
betref die verweer van dwang, bevind ek dat dit op die
waarskynlikhede verwerp kan word en dat die ooreenkoms
gesluit
tussen die partye op 12 Junie 2008 wel geldig is en dus aanvaar word
vir doeleindes van hierdie uitspraak.
Mnr.
Ströh het aan die hand gedoen dat die Applikant ‘n saak
uitgemaak het vir die voorlopige likwidasie van die Applikant
en het
selfs
aan
die hand gedoen dat die Hof nou met al die feite tot sy beskikking,
kan oorweeg om ‘n finale bevel uit te reik. Dit
is sy
submissie dat die Respondent op twee gronde gelikwideer kan word,
naamlik dat hy nie sy skuld kan betaal nie soos vereis
in
art 354(1)(c) van die Maatskappyewet en verder dat sy
bestaansreg (substratum) daarmee heen is en dat dit gevolglik reg
en
billik is dat hy op hierdie basis gelikwideer word. Namens die
Respondent het Mnr. van Rensburg moedig probeer aantoon dat
die
Respondent nie kommersieel insolvent is nie en dat dit nie reg en
billik sal wees dat die Respondent nou in likwidasie, selfs
voorlopig, geplaas word nie. Hy het daarna verwys dat die
Respondent, alhoewel sy bestaansreg as mikro-uitlener weliswaar
verval het, nog steeds besigheid kan bedryf en dat die uitreiking
van ‘n likwidasiebevel op hierdie stadium die Respondent
se
invorderings van uitstaande lenings vanaf sy kliënte erg in die
wiele sal ry. Daar is op die stukke ‘n groot feitegeskil
geskep tussen Joubert en De Beer aangaande laasgenoemde en sy
kollega Heyneke se besoeke aan die verskillende takke van die
Respondent na die aanhoor van die saak op 21 Oktober 2008. Dit is
na my mening nie nodig om hierdie feitegeskille te behandel
of
daaroor te beslis nie. Die feit van die saak is dat, selfs op
Respondent se eie weergawe, hy:
a) Ingevolge
die Nasionale
Krediet
Reguleerder se beslissing van 15 Oktober 2008 nou nie meer kan
besigheid doen as ‘n mikro-uitlener nie, aangesien
sy
registrasie ingetrek is; en
b) Dit
onomwonde
vasstaan dat die Respondent sekere van die Cash Wise besighede
vervreem het, sonder die Applikant se medewete en toestemming.
Dit
is na my mening nie nodig om te bepaal of die Respondent wel ‘n
teenwaarde ontvang het vir die vervreemding van die
besighede aan
derde partye nie. Wat wel bewese is, is dat daardeur die Applikant
se beheer as konsessiereggewer ingevolge die
eklusiewe konsessie
(vryevergunnings) ooreenkomste waarna ek vroeër verwys het,
heeltemal ondermyn word en dat die klandisiewaarde
van die besighede
op die tersaaklike plekke besig is om heeltemal vernietig te word.
Dit veroorsaak, na my mening, dat daar ‘n
verdere basis is vir
die dringendheid van hierdie aansoek, soos wat die Applikant tereg
voorgehou het, d.w.s. bo en behalwe die
verval van die Respondent se
substratum
,
meegebring deur die intrekking van sy registrasie.
Ek is dit eens met Mnr.
Ströh, namens die Applikant, dat die afleiding geregverdig is
dat die Respondent nie sy skulde kan
betaal nie soos vereis in
art 354(1)(c) van die Maatskappyewet uit hoofde van die
volgende feite, kumulatief in ag geneem:
a) Die gedishonoreerde
tjeks wat die Respondent aan die Applikant gelewer het;
b) Die uitstaande lening
waarop slegs twee betalings van R2 000,00 elk gemaak is;
c) Die uitstaande
rentedeel (hierdie is weliswaar in geskil maar op Respondent se eie
weergawe is hy ‘n aansienlike bedrag
verskuldig in hierdie
verband aan die Applikant);
d) Die bedrae geld wat
die Respondent verskuldig is aan SAID;
e) Die weiering van
Joubert om sy ledebelang oor te teken aan De Beer soos ooreengekom op
12 Junie 2008; en
f) Die versuim en
onvermoë van die Respondent om te voldoen aan die Hofbevel wat
ek uitgereik het op 21 Oktober 2008 en waarna
ek later hierin sal
verwys.
Die
partye is
ad
idem
dat
met die intrekking van die registrasie van die Respondent as ‘n
kredietverskaffer is die Respondent se hoofdoel en bestaansreg
as
besigheid daarmee heen. Hierdie intrekking van die registrasie van
die Respondent as kredietverskaffer, soos gelas deur die
Nasionale
Kredietreguleerder op 15 Oktober 2008, het klaarblyklik gevolg nadat
die Respondent, ten spyte van vorige waarskuwings,
sekere onwettige
praktyke gevolg het in die loop van sy besigheid as ‘n
mikro-uitlener. ‘n Bevel van intrekking
van registrasie is by
verstek verleen nadat die Respondent, ten spyte van behoorlike
kennisgewing, versuim het om verskyning
aan te teken of om die
aangeleentheid te opponeer. Dit is geykte reg dat dit reg en billik
sal wees om ‘n maatskappy te
likwideer as sy substratum
verdwyn het; daarmee word bedoel dat die realisering van die
maatskapy se oogmerk/e soos bepaal met
verwysing na die maatskappy
se akte van oprigting objektief onmoontlik geword het. Dieselfde
geld natuurlik vir ‘n beslote
korporasie.
In
Alpha
Bank Bpk en andere v Registrateur van Banke en andere 1996 (1)
SA 330 (A)
te
344 C-D het Olivier AR hierdie konsep as volg gestel:
“
Afgesien van
alle ander faktore, is dit ook nooit betwis dat Alpha Bank se
substratum as bank verval het nie. Dit sal nooit weer
as bank kan
handeldryf nie. Dit alleen is 'n goeie rede vir die verlening van 'n
finale likwidasiebevel.”
Sien
in die algemeen verder ook:
Meskin:
Henochsberg on the Companies Act
Vol
1
te
704 – 705.
In
die onderhawige geval is ek tevrede dat dit reg en billik sal wees
om die Respondent onder likwidasie te plaas
,
omrede die Respondent nie sy skulde kan betaal nie en ook omdat sy
substratum
verval
het. ‘n Likwidateur sal die sake van die Respondent volledig
kan ondersoek, sal die bates van die Respondent, veral
die
uitstaande vorderings teen leners, kan verhaal en sal ook die nodige
stappe kan doen om krediteure se skulde eweredig en
volgens voorkeur
van eise te delg. Daar is groot gewag gemaak deur Mnr. Van Rensburg
dat die Respondent uniek geplaas is om
die uitstaande vorderings
teen sy leners in te vorder. Na my mening is hierdie submissie
heeltemal oordrewe. Daar is geen rede
om te vermoed dat ‘n
likwidateur, behoorlik bygestaan deur kundiges, nie so goed of selfs
beter hierdie invorderings sal
kan behartig nie.
[19.1]
Dit
is nodig om kortliks te verwys na die bevel van 21 Oktober 2008 wat
volledig by die inleidende gedeelte van hierdie uitspraak
aangehaal
is. Ek het daardie bevel uitgereik, omrede ek die mening toegedaan
was dat die aansoek
op
daardie stadium
nie so dringend was dat dit dadelik afgehandel moes word nie. Verder
is die bevel, veral wat betref par. 4 daarvan, gemaak
ooreenkomstig ‘n onderneming wat onder eed in dier voege gemaak
is deur Joubert namens die Respondent in sy eerste antwoordende
eedsverklaring. Daar is op daardie stadium aangevoer namens die
Respondent dat hy in staat is om so ‘n inbetaling te maak
aan
sy eie prokureur sonder erkenning van aanspreeklikheid. Ek was die
mening toegedaan dat só ‘n bevel dienstig
is, met die
geringe wysiging dat die inbetaling nie by die Respondent se
prokureur nie, maar by die Applikant se prokureur, gemaak
moes word.
Ek het dan ook ruim geleentheid gebied aan die Respondent om dié
inbetaling te kan maak. Dit is gemene saak
dat op datum hiervan glad
niks inbetaal is ooreenkomstig die bevel nie. Daar is namens die
Respondent aangevoer dat die tyd wat
verskaf is te kort was. Die
versuim om enige bedrag in te betaal, terwyl die Respondent onder eed
aanvoer dat ‘n bruto bedrag
van nagenoeg R1.8 miljoen en ‘n
netto bedrag van ongeveer R1 miljoen wel ingevorder is, slaan na
my mening op ‘n
gebrek aan
bona
fides
aan
die kant van die Respondent.
[19.2] Die
Respondent het nou redes aangevra vir die bevel wat ek gemaak het en
soos in par 6 in die vooruitskouing gestel
is. Sodanige redes
is laat aangevra en is daar nou ‘n substantiewe kondonasie
aansoek wat klaarblyklik in die Mosiehof ter
rolle geplaas sal word.
Ek aanvaar, en Mnr. van Rensburg het aldus bevestig, dat hierdie
aanvra van redes ten doel het om aansoek
te doen vir verlof om te
appelleer teen die bevel van 21 Oktober 2008. Daar is by my geen
twyfel nie dat die bevel soos verwoord
en hierbo uiteengesit, glad
nie ‘n finale bevel is nie en duidelik op ‘n tussentydse
basis gemaak is, inteendeel die
bevel self lees so in par 4 waar
dit verwys na: “….
hangende
die finale afhandeling van die likwidasie aansoek.”
Gevolglik is so ‘n bevel nie appelleerbaar nie. Dit maak in
elk geval nie saak of die Respondent daarteen mag appelleer
nie, want
dit is ‘n sydelingse aspek. Al vraag wat nou beslis moet word
is of daar genoegsame gronde uitgemaak is vir ‘n
likwidasiebevel teen die Respondent.
Inaggenome
die feite en omstandighede hierin soos dit op die stukke verskyn en
op grond van die regsbasis soos hierinvantevore
uiteengesit, is ek
die mening toegedaan dat die Applikant daarin geslaag het om
voldoende
gronde aan te toon vir die likwidasie van die Respondent. Ek ag dit
nodig om,
ex
abundante cautela
op
hierdie stadium bloot ‘n voorlopige bevel uit te reik.
Die volgende bevel word
hierin uitgereik:
A. DIE
KENNISGEWING VAN MOSIE IN HIERDIE SAAK
,
GELIASSEER OP 8 OKTOBER 2008, WORD GEWYSIG INGEVOLGE REËL 28(10)
DEUR DIE VERVANGING DAARVAN MET DIE GEWYSIGDE KENNISGEWING
VAN MOSIE
GEDATEER 17 OKTOBER 2008.
B. DIE RESPONDENT WORD
IN DIE HANDE VAN DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF ONDER VOORLOPIGE
LIKWIDASIE GEPLAAS.
C. ‘N
BEVEL NISI WORD UITGEREIK WAARVOLGENS DIE RESPONDENT ASOOK ANDER
BELANGHEBBENDE PARTYE AANGESÊ WORD OM OP/VOOR
DIE 16
DE
DAG VAN JANUARIE 2009 OM 10H00 VOOR HIERDIE HOF REDES AAN TE VOER
WAAROM DIE RESPONDENT NIE FINAAL GELIKWIDEER SAL WORD NIE.
D. HIERDIE
BEVEL MOET ONVERWYLD OP DIE RESPONDENT BETEKEN WORD BY SY
GEREGISTREERDE ADRES EN OOK EEN MAAL IN DIE STAATSKOERANT SOWEL
AS
DIE VOLKSBLAD GEPULISEER WORD.
E. DIE KOSTE VAN
HIERDIE AANSOEK SAL KOSTE IN DIE LIKWIDASIE WEES.
___________
_
SA MAJIEDT
REGTER
Namens
Applikant
: Adv
JH Ströh SC bygestaan deur Adv HN de Wet
in opdrag van Van de
Wall & Vennote, Kimberley
Namens
Respondent
: Adv
FV van Rensburg
in opdrag van Elliot Maris Wilmans & Hay,
Kimberley