S v Witbooi (CA&R 63/2008) [2008] ZANCHC 71 (14 November 2008)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentence for rape — Appellant convicted of rape and sentenced to 15 years imprisonment — Appeal against sentence based on misapplication of minimum sentence provisions — Court finds that the appropriate minimum sentence was 10 years imprisonment as per the Criminal Law Amendment Act — Sentencing court erred in imposing a heavier sentence without justifiable reasons — Sentence of 15 years set aside and replaced with 10 years imprisonment, backdated to date of arrest.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 71
|

|

S v Witbooi (CA&R 63/2008) [2008] ZANCHC 71 (14 November 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 63/2008
Saak
Aangehoor:
10/11/2008
Dat
um
gelewer: 14/11/2008
In
die
saak tussen:
Ronnie
Witbooi
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Olivier
R et Steyn WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan verkragting en
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf
.
Hy kom nou in hoër beroep teen die vonnis.
Dit
is gemenesaak dat die Streeklanddros ‘n mistasting begaan het
deur, by die oorweging van vonnis, van die standpunt uit
te gaan dat
die toepaslike voorgeskrewe vonnis minstens 15 jaar gevangenisstraf
was, terwyl dit in werklikheid ingevolge die
bepalings van artikel
51(2)(b)(i), gelees met Deel III van Bylae 2, van die
Strafregwysigingsweg, 105 van 1997, slegs 10 jaar
gevangenisstraf
was. Dit volg dus dat die opgelegde vonnis tersyde gestel sal moet
word en dat ‘n nuwe vonnis in die
plek daarvan opgelê
sal moet word,
Namens
die appellant is aangevoer dat die voorgeskrewe vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf “
onder
die omstandighede skokkend swaar en onvanpas

sou wees, terwyl daar namens die respondent aangevoer is dat ‘n
termyn van 15 jaar gevangenisstraf steeds ‘n
gepaste vonnis
sou wees.
Die
feitebasis waarop die appellant se skuldigbevinding berus, is baie
kortliks dat hy die klaagster, sy eie suster, opgetel het
waar sy op
‘n matras in ‘n dronkslaap gelê het buite hulle
huis, haar die huis ingedra het, haar aangerand
het en haar toe
verkrag het.
Daar is na my
oordeel verskeie verswarende omstandighede rondom die misdaad wat
die appellant gepleeg het. Dit is, in die eerste
plek, na my
oordeel beslis verswarend dat die slagoffer die appellant se eie
jonger suster was, teenoor wie hy sekerlik in ‘n

vertrouensverhouding gestaan het. Sy was boonop weerloos besope,
tot so ‘n mate dat sy, soos reeds gemeld, in ‘n

dronkslaap op ‘n matras gelê het.
Die appellant
het boonop die klaagster in die proses aangerand, onder andere deur
haar te wurg, en het ‘n handdoek of stuk
materiaal in haar
mond gedruk om haar gille stil te kry.
Selfs die
tussenkoms van die appellant se vriend, mnr Dawid Goeieman, het hom
nie oorreed om op te hou met sy aanval en om af
te sien daarvan om
die klaagster te verkrag nie. Inteendeel, toe mnr Goeieman die
appellant aangespreek het oor wat hy besig
was om te doen, het hy
gedreig om hom aan te rand.
Daar
is wel ook faktore wat as versagtend aangemerk kan word. Die
appellant het op 32-jarige ouderdom nog slegs een vorige

veroordeling gehad, wat hoegenaamd nie verbandhoudend was nie en wat
ook
al reeds ongeveer 7 jaar oud was.
Die
appellant het, alhoewel hy slegs tot in standerd 3 op skool gevorder
het, klaarblyklik ‘n bestendige werk as bouer gehad
en het met
sy inkomste ‘n bydrae gelewer tot die huishouding. Hy is
ongetroud en het geen kinders nie.
Die
appellant het verder byna 10 maande verhoorafwagtend inhegtenis
verkeer voordat hy gevonnis is.
Laastens
kan daar in ag geneem word dat die klaagster nie enige ernstige
fisiese beserings opgedoen het nie. In die lig daarvan
dat die
bepalings van artikel 51(3)(aA)(ii) van die voormelde Wet eers op 31
Desember 2007, en dus ruim ná die pleging
van die onderhawige
misdaad en vonnisoplegging, in werking getree het, is dit nie nodig
om te oorweeg of daardie bepalings sou
verhoed het dat die
afwesigheid van ook ernstige beserings versagtend in aanmerking
geneem word nie.
Ek
is egter van oordeel dat, alles inaggenome, enige versagtende
faktore wat daar mag wees tot sodanige mate deur die verswarende

faktore geneutraliseer, of selfs oorskadu, word, dat daar nie in
hierdie geval, as ‘n geheel beskou (sien
S
v Malgas
2001 (1) SACR 469
(SCA) op 482c-d), wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat ‘n afwyking van die voorgeskrewe
minimum vonnis van
10 jaar gevangenisstraf sou regverdig nie.
Anders gestel, ek meen dat ‘n vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf onder hierdie
omstandighede hoegenaamd nie as
onbillik aangemerk sou kon word nie.
Ek meen egter
nie dat ‘n vonnis van meer as 10 jaar gevangenisstraf in die
omstandighede nodig of geroepe is nie, en 15
jaar gevangenisstraf
sal na my oordeel buite verhouding swaar en onbillik teenoor die
appellant wees.
In die
omstandighede word die volgende bevel dus hierin gemaak:
Die vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met een
van 10 jaar gevangenisstraf, welke gevangenisstraf
teruggedateer word
na 16 September 2003.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam
:
________________________
E J S STEYN
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
App
ellant: Adv
P J Cloete
Namens
: Regshulpsentrum,
KIMBERLEY
Nms
Respondent
: Adv
Q H Hollander
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY