About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 70
|
|
Van den Heever NO v Van der Walt (864/2008) [2008] ZANCHC 70 (14 November 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
864/2008
Saak
Aangehoor:
07/11/2008
Dat
um
gelewer: 14/11/2008
In
die
saak tussen:
Theodor
Wilhelm van den Heever NO
Eiser
e
n
Mathys
Jacobus van der Walt
Verweerder
Coram:
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
eiser, mnr T W van den Heever in sy hoedanigheid as likwidateur van
die BK Buddingtrade 1107 CC
(“
die
BK
”),
het aksie ingestel teen die verweerder, mnr M J van der Walt, vir
die betaling van ‘n bedrag van R4 898 975.00,
rente daarop
teen ‘n koers van 13% per jaar en koste van die geding.
Ter
agtergrond kan op hierdie stadium vermeld word dat dit uit die
stukke blyk dat die BK, waarvan die verweerder en een ander
persoon
skynbaar te alle tersaaklike tye die lede was, op 1 Maart 2003 sy
mynbedrywighede gestaak het. Die BK is op 2 April
2004 voorlopig
gelikwideer, die eiser is op 28 April 2004 as die likwidateur
aangestel en die finale likwidasie was op 14 Mei
2004.
In
sy dagvaarding beskryf die eiser sy skuldoorsaak as geld geleen en
voorgeskiet deur die BK aan die verweerder, welke bedrag
volgens die
eiser betaalbaar is op aanvraag. In hierdie verband is daar dan ook
in die dagvaarding pertinent verwys na ‘n
finansiële
staat van die BK vir die finansiële jaar wat op 28 Februarie
2002 geëindig het, ‘n afskrif van
welke staat aangeheg is
by die dagvaarding.
In
die uiteensetting van die bates van die BK in die betrokke staat,
word die gemelde bedrag van R4 898 975,00 ook aangedui as
‘n
bate in daardie belastingjaar, bestaande uit “
Lenings
aan lede
”.
Word egter dan gelet op die aantekening in hierdie verband in die
state, reflekteer dit dat die betrokke lening aan
“
M
J van der Walt [Mnr]
”
gemaak is, en wel op die volgende basis:
“
Onversekerd
en terugbetaalbaar op die lede se diskressie
(
sic
)
.
Rente
word teen 13% per jaar betaal.
”
Toe
die verweerder kennis
gee van sy voorneme om die aksie te verdedig, het die eiser aansoek
gedoen om summiere vonnis en is daar, bo en behalwe die gebruiklike
beëdigde verklaring ingevolge Hofreël 32(2), nog twee
aanvullende beëdigde verklarings deur die eiser met verlof
van
die Hof geliasseer. Die aanvullende verklarings is toegelaat en
geliasseer om aspekte aan te spreek wat telkens deur die
voorsittende Regter geopper is toe die aansoek om summiere vonnis
aanvanklik op ‘n onbestrede basis op die mosiehofrol
gedien
het. Die betrokke aspekte het, kortliks, geslaan op die vraag of
daar enige aanduiding bestaan dat daar sedert die 2002
finansiële
state verdere verwikkelinge was rondom die betrokke lening en of die
eiser se eis nie reeds verjaar het nie.
In
hierdie verband is dit van belang om daarop te let dat artikel 17(1)
van die Verjaringswet, 68 van 1969 (“die Wet”),
bepaal
dat “
’n
Hof neem nie uit eie beweging kennis van verjaring nie
”.
Die
verweerder het egter, weliswaar op ‘n latere stadium eers,
stappe geneem om die aansoek om summiere vonnis te opponeer
en ‘n
antwoordende beëdigde verklaring geliasseer, waarin nou hy ook
aanspraak maak daarop dat die eis verjaar het.
Die
verklaring is buite die voorgeskrewe tyd geliasseer en daar is geen
aansoek om kondonasie nie. Dit is egter so dat die verweerder
se
prokureur op ‘n stadium onttrek het. Volgens hom het hy toe
‘n ander prokureur se hulp bekom, net om eers die
verklaring
op te stel. Alhoewel daar later weer ‘n toetrede deur sy
aanvanklike prokureurs was, sal ek aanvaar dat hy
vir doeleindes van
die liassering van sy verklaring onverteenwoordig was en sal ek dus
die inhoud van daardie verklaring in oorweging
neem.
Die
verweerder dra die bewyslas om op ‘n oorwig van
waarskynlikhede te bewys dat die verjaringsperiode begin loop het
en verstryk het voordat die eiser se aksie ingestel is (sien
Gericke
v Sack
1978 (1) SA 821
(A) op 827B-828A).
Die
verweerder se saak in hierdie verband is baie eenvoudig. Hy betwis
nie dat hy die betrokke bedrag
by
die BK geleen het (op die terme weerspieël in die 2002
finansiële state) nie, maar voer bloot aan dat, omdat die
BK op
1 Maart 2003 sy mynbedrywighede gestaak het, die eis op daardie
datum opeisbaar en betaalbaar geraak het en die verjaringsperiode
gevolglik op daardie datum begin loop het.
Die eiser se
aksie is ingestel toe die dagvaarding op 19 Junie 2008 op die
verweerder beteken is.
In
betoogshoofde
namens die eiser is, betreffende die aspek van verjaring, die
volgende aan die hand gedoen:
Die eis het
eers opeisbaar geraak, en die verjarings-periode het gevolglik eers
begin loop, toe die eiser betaling van die
verweerder aangevra het,
en dit het eers geskied met die instel van die aksie.
Die
enigste denkbare vroeëre stadium waarop die lening opeisbaar
kon geraak het, en die verjaringsperiode kon begin loop
het, sou
gewees het toe die eiser, in sy hoedanigheid as likwidateur, op 5
Junie 2008, by die nagaan van die betrokke finansiële
state
bewus geraak het van die feit dat die BK die betrokke bedrag aan
die verweerder geleen het. Die verweerder het hierdie
inligting
van die eiser weerhou en die eiser kon nie redelikerwys vroeër
daarvan bewus geraak het nie.
Laastens
is namens die eiser aan die hand gedoen, met ‘n beroep op die
bepalings van artikel 13(1)(a) van die Wet, dat
die likwidasie van
die BK in elk geval die voltooiing van verjaring uitgestel het.
Artikel
12(1) van die Wet bepaal dat “
Behoudens
die bepalings van subartikels (2), (3) en (4), begin verjaring loop
sodra die skuld opeisbaar is
”.
Die bepalings van subartikel (4) speel nie in hierdie geval ‘n
rol nie, maar ek sal later terugkeer na dié
van subartikels
(2) en (3).
‘
n
Skuld sal opeisbaar wees wanneer die skuldeiser se skuldoorsaak
voltooid is, en dit sal die geval wees wanneer “
the
creditor is in a position to claim payment forthwith, and ... the
debtor does not have a defence to the claim for immediate
payment
”
(sien
Prescription
in South African Law
,
Saner, 3-44 en
Deloitte
Haskins & Sells Consultants (Pty) Ltd v Bowthorpe Hellerman
Deutsch (Pty) Ltd
[1990] ZASCA 136
;
1991 (1) SA 525
(AD) op 532H). In
Abrahamse
& Sons v SA Railways & Harbours
1933 (CPD) 626 is die benadering in hierdie verband soos volg
toegelig:
“
The
proper legal meaning of the expression ‘cause of action’
is the entire set of facts which gives rise to an enforceable
claim
and includes every fact which is material to be proved to entitle a
plaintiff to succeed in his claim. It includes all that
a plaintiff
must set out in his declaration in order to disclose a cause of
action.
Such
cause of action does not ‘arise’ or ‘accrue’
until the occurrence of the last of such facts
...
”
(my emphasis
)
Sien
ook:
Evins
v Shield Insurance Co Ltd
1980 (2) SA 814
(A) op 838.
Die
ooreenkoms dat die lening terugbetaalbaar sou wees “
op
die lede se diskressie
”,
kan niks anders beteken nie as dat die bedoeling was dat die lening
terugbetaalbaar sou wees op aanvraag.
Dit
is nie op die stukke in dispuut nie dat die onderhawige skuld op
geen vroeëre stadium aangevra is as op die stadium toe
die
dagvaarding uitgereik is en die aksie ingestel is nie.
Soos
reeds gemeld, is die argument in hierdie verband namens die eiser
dat aanvraag of aanmaning die eerste keer geskied het toe
die
dagvaarding beteken is (en die aksie ingestel is) en dat die
verjaringsperiode dus nie voor daardie stadium kon begin loop
het
nie.
Op
die oog af sou dit so eenvoudig kon lyk, maar die vraag ontstaan of
die beginsel dat ‘n skuldeiser nie deur sy/haar gedrag
die
loop van verjaring mag uitstel nie, nie hier toepassing vind
nie(sien
Benson
and Another v Walters and Others
1981 (4) SA 42
(C) op 49G en
Minister
of Finance and Others v Gore NO
2007 (1) SA 111
(SCA) op 119H-I).
In
Uitenhage
Municipality v Molloy
[1997] ZASCA 112
;
1998 (2) SA 735
(SCA) is die
ratio
hiervoor op 742 -743 soos volg verduidelik:
“
One of
the main purposes of the Prescription Act is to protect a debtor from
old claims against which it cannot effectively defend
itself because
of loss of records or witnesses caused by the lapse of time. If
creditors are allowed by their deliberate or negligent
acts to delay
the pursuit of their claims without incurring the consequences of
prescription, that purpose would be subverted.
”
In hierdie
geval is dit totaal duister wanneer die geld aan die verweerder
geleen sou gewees het. Ons weet net dat dit iewers
voor 28
Februarie 2002 moes gewees het. Dit is nie eers bekend of dit uit
een groot bedrag of meerdere bedrae bestaan het nie.
Dit
is teen die agtergrond van hierdie beginsel dat daar gekyk moet word
na die gesag dat, by ‘n lening wat op aanvraag
terugbetaalbaar
is, die verjaringsperiode sal begin loop op die datum waarop die
lening aangegaan is, en nie eers wanneer aanvraag
geskied, hetsy by
wyse van aanmaning of andersins, nie.
“
A loan
without agreement as to a time for repayment is at common law
repayable on demand. Although by no means linguistically clear,
the
phrase ‘payable on demand’ is used in this context in our
law to mean that no specific demand for repayment is
necessary and
the debt is repayable as soon as it is incurred. When suing for
repayment there is no need to allege a demand and
such a demand is
not part of the plaintiff’s cause of action
.”
Per
Selikowitz J
in
Standard
Bank of SA Ltd v Oneanate Investments (Pty) Ltd
1995 (4) SA 510
(C) op 546I-547A.
Vergelyk
ook:
Damont,
NO v Van Zyl
1962 (4) SA 47
(C),
Ridley
v Marais
1939 AD 5
,
Fluxman
v Brittain
1941 AD 273
op 293-293 en
Phasha
v Southern Metropolitan Local Council of the Greater Johannesburg
Metropolitan Council
2000 (2) SA 455
(w) OP 470A-B.
Selfs
waar aanmaning beskou sou word as ‘n element van die
skuldoorsaak, en nie as ‘n blote prosedurele formaliteit
nie,
sou steeds nie toegelaat word dat ‘n skuldeiser, waar die reg
en vermoë om aan te maan binne sy/haar uitsluitlike
diskresie
en bevoegdheid berus het, die aanvang van die verjaringstermyn
eenvoudig arbitrêr uitstel deur die oomblik van
aanmaning of
aanvraag te vertraag nie (sien
Uitenhage
Municipality v Molloy, supra
,
op 743 en
Santam
Ltd v Ethwar
[1998] ZASCA 102
;
1999 (2) SA 244
(SCA) op 253e-f).
Op
dié basis sou dan vir doeleindes van artikel 12 (1) van die
Wet van die standpunt uitgegaan moes word dat die verjaringstermyn
laatstens teen 28 Februarie 2002 moes begin loop het en dat dit in
die normale gang van sake teen einde Februarie 2005 moes verstryk
het. Dit het mnr Van Nierkerk SC, wat nie die gemelde betoogshoofde
opgestel het nie maar wat namens die eiser verskyn het,
van meet af
aan heel korrek toegegee.
Teen
hierdie agtergrond sou die eiser se argument op grond van artikel
13(1) van die Wet hom ook nie ver bring nie. Ook dit het
mnr Van
Niekerk van die begin af toegegee. Selfs al sou die BK in die
periode tussen die voorlopige likwidasie daarvan en die
aanstelling
van die eiser as likwidateur verhinder gewees het om stappe te neem
om die lening op te roep, het die belemmering
weggeval toe die
likwidateur op 28 April 2004 aangestel is en sou die
verjaringstermyn, indien dit begin loop het op 28 Februarie
2002,
dan op die laatste verstryk het teen 28 Maart 2005 (sien
Mattioda
Construction (SA) (Pty) Ltd v Everite Ltd
1980 (3) SA 157
(W) en
Knysna
Hotel CC v Coetzee NO
[1997] ZASCA 114
;
1998 (2) SA 743
(SCA) op 754F-755A).
Daar
is nog ‘n ander manier om daarna te kyk, en wel een wat nie
namens die eiser geopper is nie en wat sou meebring dat
die
verjaringsperiode in die normale gang van sake eers heelwat later
sou verstryk het as die datum waarop die BK uiteindelik
gelikwideer
is.
Die
verweerder het die betrokke finansiële state op 14 Julie 2003
onderteken en daar sou geargumenteer kon word dat sy ondertekening
daarvan ‘n stilswyende erkenning was van die feit dat hy die
betrokke bedrag aan die BK verskuldig was. Dit sou die loop
van
verjaring in terme van artikel 14(1) van die Wet gestuit het, wat
dan sou beteken het dat verjaring op daardie datum van
nuuts af sou
begin loop het vir ‘n periode van 3 jaar.
In so ‘n
geval sou die bepalings van artikel 13(1) geen rol speel nie en sou
die verjaringstermyn steeds verstryk het lank
voordat aksie ingestel
is.
D
aar
is geen regsbasis vir of logika in die verweerder se submissie dat
die verjaringstermyn behoort te begin loop op die datum
waarop die
BK sy mynbedrywighede gestaak het nie. Die BK het steeds bestaan en
die lede daarvan sou steeds in staat gewees het
om te besluit of
terugbetaling van die lening aangevra moet word of nie. In die lig
van die slotsom waartoe egter reeds gekom
is rakende die verstryking
van die verjaringstermyn, hoef nie hieraan verdere oorweging verleen
te word nie.
Mnr
Van Niekerk het toegegee dat die verweerder op die voormelde basis
‘n suksesvolle verweer sou hê. Daar kan ook
geen twyfel
wees nie dat die BK, deur sy lede en tot likwidasie, deeglik bewus
was van die identiteit van die skuldenaar en van
die feite waaruit
die skuld ontstaan het nie. Hierdie kennis moet sekerlik die
likwidateur toegereken word, want ander sou
die likwidateur as eiser
in ‘n beter posisie geplaas word as waarin die BK sou gewees
het.
Selfs al sou
dié benadering egter nie gevolg word nie, meen ek dat die
eiser se verduideliking vir waarom hy nie vroeër
van die skuld
bewus kon geraak het nie, baie vaag is en beslis nie die toestaan
van ‘n drastiese remedie soos summiere
vonnis sou regverdig
nie.
Selfs al sou
aanvaar word dat die verdere inligting wat die eiser op 20 Junie
2005 ontvang het ook vir die eerste keer die betrokke
finansiële
state ingesluit het (iets wat die eiser nie pertinent sê nie),
is die eiser se verduideliking vir waarom
hy eers op 5 Junie 2008
daardie state nagegaan het enersyds onlogies en andersyds hoegenaamd
nie aanduidend van die redelike
optrede wat ‘n mens van ‘n
persoon in sy posisie sou verwag nie.
Die
bewering dat daar onvoldoende fondse vir litigasie was, sou
natuurlik nooit ‘n verduideliking kon gewees het nie en
sou
nie die eiser verhoed het om die state dadelik na te gaan nie.
Die
doen
van rekonsiliasies sou ook nooit kon verduidelik waarom daar nie
vroeër na die state kon gekyk gewees het nie.
In die
omstandighede meen ek dus dat verlof aan die verweerder verleen
behoort te word om die aksie te verdedig en dat die eiser
se aansoek
dus nie kan slaag nie.
Ek
sien geen rede waarom die koste van die aansoek moet oorstaan vir
latere beregting, of deel moet word van die koste in die
geding,
nie. Die feit is dat die verweerder aanspraak maak op ‘n
verweer wat op alle aanduidings ook in ‘n verhoor
suksesvol
sou wees. Die eiser het nou reeds die geleentheid gehad om, in
aanvullende verklarings wat toegelaat is, alles voor
die Hof te
plaas wat ‘n invloed sou kon hê op die vraag of sy eis
verjaar het. Indien die eiser geglo het dat hy
die vraag in ‘n
verhoor beter sou kon aanspreek, of besef het dat die verweerder
moontlik vir doeleindes van summiere vonnis
op dié basis ‘n
bona
fide
verweer aangedui het, het die eiser meer as genoeg geleentheid gehad
om sy aansoek om summiere vonnis te laat vaar. In plaas
daarvan is
daar in betoogshoofde op argumente staatgemaak wat mnr Van Niekerk
in betoog moes toegee onhoudbaar was.
Daar
was vir die een of ander rede, ten spyte van die hertoetrede van die
verweerder se prokureurs, geen verskyning namens hom
by die aanhoor
van hierdie aansoek nie, en geen betoogshoofde is ook namens hom
geliasseer nie. In die omstandighede meen ek
dat hierdie bevel
liefs ook op die verwe
erder
beteken moet word ooreenkomstig die Hofreëls.
Bygevolg word
die volgende bevele gemaak:
Die aansoek
om summiere vonnis word met koste afgewys.
Verlof
word aan die verweerder verleen om die aksie te verdedig en verdere
pleitstukke en kennisgewings sal afgelewer word asof
die
kennisgewing van voorneme om te verdedig afgelewer is op die datum
waarop hierdie bevel op die verweerder beteken word.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Eiser: Adv
J C van Niekerk SC
In
opdrag van
: Haarhoffs
Ing.
Nms Respondent:
In
opdrag van
: Engelsman,
Magabane Ing