About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 68
|
|
S v Kampi (53/2003) [2008] ZANCHC 68 (7 November 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
53/2003
Saak
Aangehoor:
27/10/2008
Dat
um
gelewer: 07/11/2008
In
die
saak tussen:
JAN
KOLISIWE KAMPI
Appellant
e
n
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
Bosielo
WnRP et Olivier R et Steyn WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant het in die Karoo Rondgaande Plaaslike Afdeling voor Lacock
R tereggestaan op ‘n aanklag van moord, ten aansien
waarvan
die voorgeskrewe vonnis ingevolge die bepalings van artikel
51(2)(a)(i)
(gelees met Deel II van Bylae 2) van die Strafregwysigingswet, 105
van 1997, gevangenisstraf vir ‘n tydperk van minstens
15 jaar
was.
Die
appellant het op die aanklag skuldig gepleit en is op die basis van
sy pleitverduideliking, die inhoud waarvan uiteraard deur
die
advokaat vir die vervolging aanvaar is, skuldig bevind. Hy is
gevonnis tot 18 jaar gevangenisstraf.
Die
appellant kom nou met verlof van die Hof
a
quo
in hoër beroep teen sy vonnis.
Die submissies
namens die appellant is basies:
dat die erns
van die misdryf en die belange van die gemeenskap ten koste van die
appellant se persoonlike omstandighede oorbeklemtoon
is;
dat
verkeerdelik bevind is dat die appellant in weerwraak opgetree het;
dat die
verhoorhof wesenlike en dwingende omstandighede moes bevind het wat
‘n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum
sou regverdig;
en
dat die vonnis
skokkend onvanpas is.
Wat
die kwessie van weerwraak betref, is namens die appellant aan die
hand gedoen dat die appellant “
betrek
”
is by ‘n argument wat plaasgevind het tussen die oorledene en
die appellant se broer en dat die appellant toe in
woede die
oorledene aangeval het.
Kyk ‘n
mens egter na die appellant se pleitverduideliking, blyk die posisie
glad nie so eenvoudig te wees nie. Daarin het
hy, ondermeer, die
volgende verklaar:
“
Ek was
later baie kwaad en ek het weer onthou van die meswond wat die
oorledene my die vorige jaar toegedoen het.
Ek
het besluit, in my woede, dat ek die oorledene ook wou seermaak soos
hy my seergemaak het. Ek het ‘n mes uitgehaal en
die oorlede
verskeie wonde toegedien, ...”
.
Hieruit
blyk dit baie duidelik dat, alhoewel die appellant tot ‘n mate
geprovokeer mag gewees het deur die argument waarby
hy betrokke
geraak het, hy inderdaad op sy eie weergawe berekend opgetree het in
sy “
besluit
”,
en dat daardie besluit geneem is as gevolg van die feit dat die
oorledene hom by ‘n vorige geleentheid beseer
het.
B
loot
hierdie feit alleen bring al na my oordeel mee dat die betrokke
misdaad uiters ernstig van aard was. Die appellant was ook
nie
tevrede om die oorledene net een meswond toe te dien nie. Hy het
hom inderdaad drie meswonde toegedien, een waarvan die
borskas
binnegedring het en die fatale wond was. Ek stem saam met die
opmerking van Lacock R dat die appellant waarskynlik gelukkig
was om
weg te kom met ‘n bevinding dat die aanval geloods is met
dolus
eventualis
en nie met direkte opset om te dood nie. Dit blyk uit die
lykskouingsverslag dat een van die wonde in die oorledene se gesig
was en dat die fatale wond in die middel aan die voorkant van die
borskas geleë is. Dit is inderdaad moeilik om te aanvaar
dat
die appellant onder hierdie omstandighede nie kon bedoel het om die
oorlede te dood nie.
Dit
is verder sonder twyfel verswarend dat die appellant dit goedgedink
het om dié meedoënlose aanval op die oorledene
te loods
in die teenwoordigheid van die oorledene se vierjarige seuntjie.
Dit het uit die getuienis van die moeder van die kind
geblyk dat die
gebeure inderdaad die kind psigies nadelig beïnvloed het.
Verder
verswarend is die feit dat, toe die oorledene se saamleefmaat (met
wie hy vir nege jaar in ‘n vaste verhouding was)
moes aanskou
hoe die oorledene bebloed in haar rigting aankom, met die jong
seuntjie agterna, die appellant toe nog boonop klippe
opgetel het om
haar mee te gooi.
Ek
meen verder dat die appellant ietwat gelukkig was dat daar in sy
guns bevind is dat hy berou gehad het oor sy optrede, bloot
omdat hy
skuldig gepleit het. Dit is opmerklik dat die appellant se
pleitverduideliking geen verklaring van berou bevat nie.
Dit blyk
ook uit die vonnis-uitspraak dat die bevinding van berou gegrond is
bloot op die feit dat die appellant skuldig gepleit
het, en nie op
enige ander manifestasie van sodanige beweerde berou nie. In
S
v M
2007 (2) SACR 60
(W) is bevind dat die blote feit dat ‘n
beskuldigde skuldig gepleit het ‘n “
insufficiently
demonstrable manifestation of genuine remorse
”
was en dat dit net soseer bloot ‘n aanduiding mag wees
daarvan dat die beskuldigde besef het dat die getuienis
teen hom of
haar oorweldigend was en dat daar geen sin in sou wees om skuld te
ontken nie (sien ondermeer paragraaf [76] van
die betrokke verslag,
asook
S
v Martin
1996 (2) SACR 378
(W) op 383 en
S
v Stanley
1996 (2) SACR 570
(A) op 576-577).
Daar
is werklik geen meriete in die submissie wat in die betoogshoofde
namens die appellant gemaak is, dat die gedeelte van die
vonnis-uitspraak waarin die appellant se persoonlike omstandighede
behandel is korter is as die gedeelte van die uitspraak waarin
daar
gehandel is met die erns van die misdaad en die belange van die
gemeenskap, aanduidend sou wees daarvan dat daar nie voldoende
oorweging verleen is aan die appellant se persoonlike omstandighede
nie.
Na my oordeel
is daar geen mistasting begaan by die oorweging van vonnis nie en,
alhoewel dit inderdaad ‘n swaar vonnis
is, beskou ek dit nie
as skokkend onvanpas nie. Daar bestaan volgens my geen basis waarop
ingemeng kan word met die wyse waarop
die verhoorregter sy diskresie
ten aansien van vonnis uitgeoefen het nie.
Bygevolg word
die volgende bevel gemaak:
Die
appèl
misluk en die opgelegde vonnis word bekragtig.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
_________
L
O BOSIELO
WAARNEMENDE
REGTER-PRESIDENT
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
E
J S STEYN
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
D van Tonder
Regshulpraad, KIMBERLEY
Nms
Respondente
: Adv
C G Jansen
Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY
: