S v Lottering (45/2004) [2008] ZANCHC 67 (7 November 2008)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to 15 years imprisonment, with 3 years to run concurrently with an existing sentence for attempted murder — Appellant contended that the trial court failed to adequately consider the cumulative effect of the sentences and his personal circumstances — Court found that the trial judge properly considered the seriousness of the crime, the appellant's youth, and mitigating factors, concluding that the sentence was not shockingly inappropriate — Appeal dismissed and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 67
|

|

S v Lottering (45/2004) [2008] ZANCHC 67 (7 November 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
45 /2004
Saak
Aangehoor:
27/10/2008
Dat
um
gelewer: 07/11/2008
In
die
saak tussen:
Sam
Lottering
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Bosielo
WnRP et Olivier R et Steyn WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Di
e
appellant het in die Streekhof tereggestaan op ‘n aanklag van
verkragting ten aansien waarvan die voorgeskrewe vonnis
ingevolge
die bepalings van artikel 51(1) (gelees met Deel I van Bylae 2) van
die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, lewenslange
gevangenisstraf
was.
Die
appellant het op die aanklag skuldig gepleit en, nadat hy
ooreenkomstig sy skriftelike pleitverduideliking skuldig bevind
is,
is die saak na die Hooggeregshof verwys vir die doeleindes van
vonnis. Majiedt R het toe bevind dat daar wesenlike en dwingende

omstandighede bestaan het wat die oplegging van ‘n mindere
vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig het en het die appellant

15 jaar gevangenisstraf opgelê, waarvan 3 jaar samelopend
uitgedien moet word met ‘n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf

wat die appellant toe reeds besig was om uit te dien op ‘n
skuldigbevinding aan poging tot moord.
Die appellant
kom nou met die verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen
die vonnis. Die gronde wat in hierdie verband
namens die appellant
aangevoer word, is:
dat die
verhoorhof onvoldoende oorweging verleen het aan die kumulatiewe
effek van die vonnis wat die appellant besig was om
uit te dien en
die opgelegde vonnis;
dat die erns
van die misdryf oorbeklemtoon is ten koste van die appellant se
persoonlike omstandighede; en
dat die vonnis
skokkend onvanpas is.
Die
misdaad wat die appellant gepleeg het was inderdaad uiters ernstig.
Hy, sy mede-beskuldigde en nog twee ander mans het die
betrokke aand
toevallig by die klaagster verbygeloop terwyl sy besig was om huis
toe te stap. Daar is toe sommer eenvoudig op
die ingewing van die
oomblik besluit om haar te verkrag. Sy het vergeefs probeer
weghardloop toe die appellant haar gejaag het,
maar het geval. Die
appellant het haar toe teruggedwing en sy is uiteindelik ‘n
ent daarvandaan deur al vier die mans verkrag.
Die klaagster
was ten tye van die voorval sterk onder die invloed van drank. Sy
was dus ‘n weerlose slagoffer.
Net hoe
vreesbevange sy moes gewees het, blyk uit die feit dat sy, nog
voordat sy verkrag is, die mans gesmeek het om haar nie
seer te maak
nie. Dit blyk dan ook uit die getuienis dat die klaagster blywende
psigiese letsels oorgehou het van die voorval.
Die
verhoorregter het sodanige versagtende aspekte as wat daar was ten
aansien van dié barbaarse aanval wel in ag geneem.
So is
daar byvoorbeeld in ag geneem dat die aanval onbepland plaasgevind
het, maar die nonchalante wyse waarop daar sommer spontaan
besluit
is om dié wrede verkragting te pleeg, het beslis ook ‘n
verswarende perspektief.
Daar
is ook in die guns van die appellant en sy mede-beskuldigde in ag
geneem dat die klaagster geen ernstige beserings opgedoen
het nie.
Inteendeel, afgesien van wat die geneesheer beskryf het as “
minimale
tekens van genitale beserings

het die klaagster geen fisiese beserings hoegenaamd tydens die
voorval opgedoen nie.
Na
my oordeel was die appellant ietwat gelukkig dat daar in sy guns
aanvaar is dat die feit dat hy skuldig gepleit het, aanduidend
was
van berou aan sy kant. Sy pleitverduideliking bevat geen verklaring
van berou nie. Die naaste wat hieraan gekom is, is
die opmerking
van die proefbeampte, in ‘n verslag, dat die appellant “
insig
toon in die gevolge van sy huidige oortreding
”.
Die gevolge waarin die appellant aldus insig getoon het, kon net
soseer maar die feit gewees het dat hy gestraf gaan
word vir sy
daad, en kan nie vertolk word as ondubbelsinnige getuienis van
opregte berou nie. ‘n Blote pleit van skuldig,
sondermeer, is
nie noodwendig ‘n aanduiding van opregte berou nie (sien
S
v M
2007 (2) SACR 60
(W) para [76],
S
v Martin
1996 (2) SACR 378
(W) op 383 en
S
v Stanley
1996 (2) SACR 570
(A) op 576-577).
Die
appellant se jeugdigheid ten tye van die pleging van die misdaad is
behoorlik deur die verhoorregter oorweeg en in sy guns
in ag geneem
.
Die feit dat hy ten tye van die pleging van die misdaad ‘n
jeugdige was, terwyl hy ten tye van die verhoor en sy vonnis
reeds
20 jaar oud was, het nie beteken dat die verhoorregter die appellant
bloot moes vonnis asof hy steeds 17 jaar oud was nie
(sien
S
v Theron
1986 (1) SA 884
(A)).
Na
my oordeel word die appellant se jeugdigheid ten tye van die pleging
van die misdaad egter totaal oorskadu deur die feit dat
hy as een
van ‘n groep aanvallers die misdaad gepleeg het (sien
S
v Masemola
,
‘n ongerapporteerde uitspraak op appèl in hierdie
Afdeling op 27 Maart 1998 in saaknommer CA&R 37/98, bl 10)
en
deur die erns van die misdaad (sien
S
v Senatsi and Another
2006 (2) SACR 291
(SCA)).
Die
appellant was voorts na my oordeel gelukkig dat die verhoorregter
bereid was om sy veroordeling aan poging tot moord weg te
dink en
hom as ‘n eerste oortreder te beskou. Alhoewel sy
skuldigbevinding aan poging tot moord blykbaar geskied het ná

pleging van die onderhawige misdryf, sou die verhoorregter geregtig
gewees het om daarop te let as ‘n verswarende faktor
(sien
R
v Zonele and Others
1959 (3) SA 319
(A) en
S
v Ngidi and Others
1991 (1) SACR 589
(A) op 596 D).
Ek is voorts
van oordeel dat daar behoorlik gelet is op die appellant se
persoonlike omstandighede. Dit blyk uit die volledige
wyse waarmee
daarmee gehandel is in die uitspraak, en uit die feit dat die
verhoorhof beskik het oor ‘n gedetaileerde
proefbeampteverslag. Ek kan ook geen aanduiding in die vonnis vind
daarvan dat die appellant se persoonlike omstandighede
onderbeklemtoon
is nie.
Die
verhoorregter het wel deeglik gelet op die kumulatiewe effek van die
twee vonnisse en daar bestaan na my mening geen basis
waarop bevind
sou kon word dat die verhoorregter sy diskresie in hierdie verband
nie behoorlik uitgeoefen het nie. Die feit
dat 3 jaar van die
appellant se vonnis samelopend met ‘n bestaande vonnis
uitgedien gaan word, sal in effek beteken dat
hy slegs 12 jaar
gevangenisstraf uitdien op hierdie uiters ernstige aanklag.
Na my oordeel
is daar geen mistasting begaan in die oorweging van die vonnis nie
en kan daar nie met die vonnis ingemeng word
op die basis dat dit
skokkend onvanpas is nie.
Bygevolg word
die volgende bevel hierin gemaak:
Die appèl
misluk en die vonnis word bekragtig.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
_____
L O BOSIELO
WAARNEMENDE
REGTER-PRESIDENT
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
E
J
S STEYN
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
P J Cloete
Regshulpsentrum,
KIMBERLEY
Nms
Respondente
: Adv
L van Dyk
Direkteur van Openbare
Vervolgings, KIMBERLEY