Afgri Bedryfs Beperk v Heyns NO and Others (901/2005) [2008] ZANCHC 66 (31 October 2008)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Default judgment — Application for rescission — Applicants must show good cause for default and a bona fide defense with prospects of success — Respondents failed to provide a reasonable explanation for their absence at trial and did not demonstrate a bona fide defense — Application for rescission dismissed. The applicant, Afgri Bedryfs Beperk, sought default judgment against the respondents for amounts due under two installment sale agreements. The respondents later applied to have the default judgments set aside, claiming they were unaware of the trial dates. The court found that the respondents did not provide a reasonable explanation for their default and failed to establish a bona fide defense with prospects of success. The legal issue was whether the respondents could successfully rescind the default judgments based on their explanations and defenses. The court concluded that the explanations were insufficient and the defenses lacked merit, leading to the dismissal of the application for rescission.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 66
|

|

Afgri Bedryfs Beperk v Heyns NO and Others (901/2005) [2008] ZANCHC 66 (31 October 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
901/2005
Saak
Aangehoor:
24/10/2008
Dat
um
gelewer: 31/10/2008
In
die
saak tussen:
Afgri
Bedryfs Beperk
Eiser
e
n
Johannes
Hendrikus Scheepers Heyns NO 1ste Verweerder
Johannes
Hendrikus Scheepers Heyns NO 2de Verweerder
Johannes
Hendrikus Scheepers Heyns NO 3de Verweerder
Johannes
Hendrikus Scheepers Heyns 4de Verweerder
Coram:
Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
eiser
,
Afgri Bedryfs Beperk, het in hierdie Hof ‘n aksie ingestel
teen die vier verweerders. Die aksie is gebaseer op twee
afbetalingsverkoopooreenkomste ingevolge waarvan die eiser aan die
Best Grain & Feeds Trust, verteenwoordig deur mnr J H S
Heyns in
sy hoedanigheid as enigste trustee daarvan (die eerste verweerder),
telkens ‘n trekker verkoop het. Die gemelde
mnr Scheepers is
op sterkte van borgstellings ook as tweede, derde en vierde
verweerders aangespreek, in die geval van onderskeidelik
die tweede
en derde verweerders in sy hoedanigheid as enigste trustee van die
Green Gold Trust en die 616 Trust, en as vierde
verweerder in sy
persoonlike hoedanigheid.
Toe
daar van die kant van die verweerder kennis gegee is van voorneme om
die aksie te verdedig, het die eiser aansoek gedoen om
summiere
vonnis. Nadat die verweerders ‘n opponerende beëdigde
verklaring in daardie aansoek afgelewer het, is daar
by ooreenkoms
aan die verweerders verlof verleen om die aksie te verdedig.
Die
aksie is later vir verhoor terrolle geplaas vir 25, 26 en 27
September 2007. Op 25 September 2007 was daar egter geen verskyning

deur of namens enige van die verweerders nie en is daar by verstek
vonnisse teen die verweerders verleen vir die bedrae van R157
788,43
en R403 628,94, synde die twee bedrae wat deur die eiser gevorder is
ingevolge die twee onderskeie afbetalingsverkoopooreenkomste.
Die
verweerders doen nou aansoek om tersydestelling van hierdie vonnisse
en om verlof om die aksie verder te verdedig. Omdat
die vonnisse
nie verleen is ingevolge die bepalings van Hofreël 31 nie, en
die bepalings van Hofreël 42 ook nie enige
basis bied vir die
tersydestelling daarvan nie, kan die aansoek om tersydestelling
slegs gebaseer wees op die gemenereg (sien
Lodhi
2 Properties Investments CC v Bondev Developments
2007 (6) SA 87
(SCA) op 94). Die toets wat in hierdie verband geld,
is soos volg beskryf in
Colyn
v Tiger Food Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape)
2003
(6) SA 1
(SCA) op 9C-F:

I turn
now to the relief under the common law. In order to succeed an
applicant for rescission of a judgment taken against him by
default
must show good cause ………
………
the
Courts generally expect an applicant to show good cause (a) by giving
a reasonable explanation of his default; (b) by showing
that his
application is made bona fide; and (c) by showing that he has a bona
fide defence to the plaintiff's claim which prima
facie has some
prospect of success ……….

Vir
die gerief van verwysing en vir doeleindes van duidelikheid sal daar
ook verder hierin na die partye verwys word soos in die
aksie, dit
wil sê na die respondent in hierdie aansoek as eiser en na die
eerste tot vierde applikante in die aansoek as,
onderskeidelik, die
eerste tot vierde verweerders.
REDELIKE
VERDUIDELIKING
Die
verweerders se saak vir die tersydestelling van die verstekvonnisse
is uitgemaak en vervat in ‘n beëdigde verklaring
van mnr
Heyns, beide in sy persoonlike hoedanigheid as vierde verweerder, en
in sy hoedanighede as die enigste trustee van die
Best
Grain & Feeds Trust (eerste verweerder), die Green Gold Trust
(tweede verweerder) en die 616 Trust (derde verweerder).
Daaruit
blyk dit dat mnr Heyns op ongeveer 27 Augustus 2007 die mandaat van
mnr Wayne Williams, die verweerders se prokureur te
Bloemfontein,
beëindig het. Voortvloeiende daaruit het die verweerders se
korrespondent-prokureur te Kimberley ook onttrek,
en dit is nie in
geskil dat mnr Heyns die betrokke kennisgewing van onttrekking
ontvang het nie. Daar is egter toe alreeds solank
terug as op 30
Maart 2007, en dus baie lank voor die beëindiging van die
mandaat en die ontrekking, aan die verweerders
se prokureur kennis
gegee van die voormelde verhoordatums.
Mnr
Heyns ontken dit nie en gee toe dat mnr Williams wel vroeër die
gemelde verhoordatums aan hom oorgedra het. Al wat mnr
Heyns
aanvoer ter verduideliking van die afwesigheid van die verweerders
by die aanvang van die verhoor, is:

In
die stadium was ek vas onder die indruk dat die verhoor gesk
eduleer
is om plaas te vind vanaf 25 – 27 Oktober 2007”.

Vir
die een of ander rede was ek egter onder die verkeerde
bona
fide
indruk dat die verhoor vanaf 25 – 27 Oktober 2007 sou
plaasvind”.
Daar
is nie eers gepoog om te verduidelik waarom en hoe mnr Heyns onder
sodanige indruk sou gekom het nie; dit ten spyte daarvan
dat die
korrekte verhoordatums aan hom oorgedra is deur sy prokureur.
So ‘n “
verduideliking

kan net nooit as redelik vir doeleindes van ‘n aansoek om
tersydestelling van ‘n vonnis beskou word nie.
In hierdie
verband kan ook gelet word op
Silber
v Ozen Wholesalers (Pty) Ltd
1954 (2) SA 345
(AD) op 353A en G-H, waar bevind is dat die blote
bewering van “
forgetfulness

onvoldoende was.
In
elk geval is mnr Heyns se weergawe hier
oor
totaal onwaarskynlik. Die datums wat hy volgens hom gemeen het die
verhoordatums was, sou gestrek het van ‘n Donderdag
tot ‘n
Saterdag, wat hy tog nooit kon gedink het kon reg wees nie.
Verder
het hy op sy eie weergawe dan gewag tot 18 Oktober 2007 om by sy
gewese prokureur te probeer dokumentasie kry om na ‘n
ander
prokureur te neem. As hy werklik onder die indruk was dat die
verhoor op 25 Oktober sou begin, sou nòg hy nòg
enige
nuwe prokureur tot ‘n week voor die verhoor gewag het met die
verkryging van dié dokumentasie.
BONA FIDE
AANSOEK
Na
my oordeel is daar heelwat aanduidings dat die aansoek om
tersydestelling
moontlik nie
bona
fide
mag wees nie, en heel moontlik gemik mag wees op ‘n verdere
vertraging in die afhandeling van die eiser se aksie.
In
hierdie verband is dit van belang om te let op die geskiedenis van
die gedingvoering in hierdie aksie. Dit het die aflewering
van ‘n
kennisgewing van belet geverg om die verweerders sover te kry om die
verweerskrif en teeneis te liasseer. ‘n
Versoek om nadere
besonderhede wat reeds op 20 Junie 2006 afgelewer is namens die
eiser, is eenvoudig nooit beantwoord nie.
Op
10 Augustus 2007 is daar namens die eiser ‘n kennisgewing
ingevolge Hofreël 37(4) afgelewer, en wel met die oog
op ‘n
voorverhoorkonferensie wat op 23 Augustus 2007 in Bloemfontein sou
plaasvind. Geen skriftelike antwoord is op die
kennisgewing ontvang
nie en toe die inhoud daarvan by die konferensie behandel is met die
prokureur wat die verweerders daar
verteenwoordig het, kon hy geen
insette lewer nie en het hy “
bloot
meegedeel dat sy kliënt versuim om aan hom instruksies te gee
”.
Mnr Heyns ontken in sy repliserende eedsverklaring dat daar versuim
is om instruksies aan die betrokke prokureur te
gee, maar omdat hy
nie self die konferensie bygewoon het nie, kan hy natuurlik nie
ontken dat sy prokureur so gesê het
nie.
Daar
het ook ‘n onaanvaarbare lang tyd verloop tussen die datum
waarop mnr Heyns bewus geraak het van die verstek-vonnisse
en die
stadium waarop verdere stappe geneem is. Volgens mnr Heyns het hy
op 18 Oktober 2007 van die verstekvonnisse bewus geraak.
Hy het toe
volgens hom gekontak met Swanepoel Prokureurs te Hartswater wat hom
verwys het na ‘n firma in Kimberley. Hy
meld nie op watter
datum hy die prokureurs te Hartswater gekontak het nie, maar wel dat
‘n afspraak met die prokureurs
te Kimberley gereël is vir
eers 29 November 2007.
Dit blyk dat
daar daarna verdere vertragings was, maar dat dit moontlik nie voor
die deur van die verweerders gelê kan word
nie.
BONA FIDE
VERWEER WAT PRIMA FACIE VOORUITSIGTE VAN SUKSES HET
Waar
‘n applikant om tersydestelling ‘n redelike
verduideliking kan aantoon vir die versuim wat gelei het tot die

verstekvonnis, sal dit steeds vir sodanige applikant nodig wees om
aan te toon dat hy of sy ‘n
bona
fide
verweer het wat
prima
facie
darem “
some
prospect of success

het. Waar so ‘n applikant ‘n swak verduideliking het,
sal die applikant egter verder moet gaan en moet aantoon
dat daar

not
merely some prospect, but a good prospect of success ...

is (sien
Colyn
v Tiger Food Industries Ltd t/a Meadow Feed Mills (Cape), supra
,
op 9I-10A).
In die
funderende eedsverklaring in hierdie aansoek is gepoog om ‘n
saak vir tersydestelling van die vonnisse uit te maak
met verwysing
na, en steun op, die gemelde verweerskrif en teeneis, sowel as die
inhoud van die opponerende beëdigde verklaring
wat destyds
geliasseer is in die aansoek om summiere vonnis.
Wat
die verweerskrif betref, neem dit hoegenaamd die saak vir doeleindes
van hierdie aansoek vir die verweerders verder nie.
Die verste wat
daarin gegaan is, is om te pleit dat die eerste verweerder alle
bedrae wat ingevolge die afbetalingsverkoop-ooreenkomste
aan die
eiser verskuldig was, betaal het (iets wat, soos hieronder sal blyk,
nie alleen strydig is met die inhoud van die opponerende
verklaring
in die aansoek om summiere vonnis nie, maar ten aansien waarvan ook
geen besonderhede of bewyse voorgehou is nie -
vergelyk
Silber
v Ozen WHolesalers (Pty) Ltd, supra
,
op 352G). Verder is bloot ontken dat die eiser sy pligte ingevolge
die ooreenkomste nagekom het, weereens sonder om enige besonderhede

in hierdie verband te verstrek.
In
die opponerende eedsverklaring in die aansoek om summiere vonnis is
daar ten aansien van beide die eisbedrae die volgende verklaar:

5.1 Ek
erken dat die ooreenkomste aangeheg as Aanhangsels ‘B’ en
‘G’ tot die Eiser se besonderhede van vordering
met die
Eiser aangegaan is.
5.2 Ek
ontken egter dat die gelde wat deur die Eiser geëis word ten
aansien van hierdie rekeninge deur die Best Grain &
Feeds Trust
betaalbaar is of dat die Eiser geregtig is om sodanige bedrae van die
Eiser
(
sic
)
te
eis”.
Ten
aansien van die vonnisbedrag van R157 788,43 is daar, wat dié
verklaring betref, met hierdie beweringe volstaan.
Dit sou
natuurlik, met selfs die grootste verbeeldingsvlug, nooit geag kon
word vir die doeleindes van daardie vonnisbedrag
aanduidend te wees
van enige vooruitsig op sukses nie; laat staan nog ‘n goeie
vooruitsig op sukses.
Wat
die vonnisbedrag van R403 628,94 betref, is daar egter wel
verder gegaan in die opponerende eedsverklaring en is aangevoer:
dat
Mnr
Joubert, ‘n rekenmeester in diens van die eiser, voor
sluiting van die betrokke afbetalingsverkoopooreenkoms aan mnr

Heyns oorgedra het dat daar ‘n bedrag van R182 401,26 tot die
krediet van die eerste verweerder beskikbaar was;
dat
Mnr Joubert “
toegestem
(het)
daartoe dat hierdie bedrag kan dien as deposito in terme van ‘n
afbetalings-verkoopooreenkoms wat ek dan met die Eiser
sou
aangaan
”;
dat

die
depositobedrag wat betaalbaar was ... presies dieselfde bedrag
(was)
as wat Mnr Joubert te kenne gegee het beskikbaar was tot krediet
van die Best Grain & Feeds Trust
”;
dat
die betrokke afbetalingsverkoopooreenkoms dan op hierdie basis
onderteken is en aanvaar is dat die betrokke bedrag aangewend
sou
word as deposito, “
soos
deur Mnr Joubert onderneem en bevestig is
”;
dat
mnr
Heyns, nadat hy gedurende September 2003 meegedeel is dat die
betrokke bedrag nog uitstaande was, kontak gemaak het met
mnr Piet
Smit van die eiser se kantore te Rustenburg, wat onderneem het om
die aangeleentheid te ondersoek; en
dat
mnr Smit gedurende November 2003 mnr Heyns meegedeel het dat hy

slegs
‘n gedeelte van die gelde wat op daardie stadium aan my
(
sic
)
beskikbaar was opgespoor het

en nie kon verklaar wat met die bedrag van R182 401,26 gebeur
het nie.
Die verweerders
het natuurlik geen bevestigende eedsverklarings van mnr Joubert of
mnr Smit bekom nie.
Dié
persone is egter wel namens die eiser genader. Mnr Joubert het geen
herinnering daaraan dat hy enige sodanige mededelings
aan mnr Heyns
gemaak het nie. Mnr Smit ontken die bewering dat hy slegs ‘n
gedeelte van die uitstaande gelde sou kon opspoor
en bevestig dat hy
nooit enige bewys kon vind daarvan dat die eiser ‘n bedrag van
R182 041,26 om Best Grain &
Feeds Trust verskuldig was nie.
Ook
die deponent vir die eiser, mnr P L Jansen van Rensburg, het alle
beskikbare inligting nagegaan, en stel dit onomwonde dat

Op
geen stadium hoegenaamd het ‘n bedrag van R182 401,26 aan
Best Grain & Feeds Trust beskikbaar geraak, of was
sodanige
bedrag uitstaande en deur
(eiser)
verskuldig
aan Best Grain & Feeds Trust nie. Daardie bedrag kom eenvoudig
nie voor op enige van die rekeningstate ten opsigte
van
(Best Grain & Feeds Trust)
nie
”.
Na
my oordeel is die bewering wat destyds in die opponerende
eedsverklaring gemaak is in hierdie verband nou tot sodanige mate

weerlê dat dit op die stukke duidelik nie waar kan wees nie.
Op die minste egter, en vir soverre daar ‘n feitedispuut
in
hierdie verband mag bestaan, moet die benadering bevestig in die
Staatsdiensliga
van Suid-Afrika en Andere v Minister van Waterwese
1990
(2) SA 440
(NC) op 443G in hierdie verband gevolg word, want die
verweerders versoek regshulp waarvan die effek finaal van aard sal
wees.
Dit beteken dat die deponent vir die eiser se beweringe
hieroor aanvaar moet word, asook dié van mnre Joubert en
Smit.
Daar is ook
nooit van die kant van die verweerders aansoek gedoen dat enige
aspek hierin verwys word na getuienis nie.
In
die lig van die voorgaande is dit nie nodig om in diepte in te gaan
op die vraag of mnr Heyns se beweringe in hierdie verband
nie getref
sou word deur die
Parol
-getuienisreël,
of deur die bepalings van klousule 20 van die twee
afbetalingsverkoop-ooreenkomste, nie.
Mev
Erasmus, die advokaat namens die verweerders, het in haar
betoogshoofde die submissie gemaak dat, omdat dit uit die skedules

by die twee afbetalingsverkoopooreenkomste blyk dat die aanvanklike
betalings, wat in terme van klousule 6 van die ooreenkomste
gemaak
moes word, duidelik afgetrek is van die kontantprys in die
berekening van die hoofskuld wat dan uiteindelik in paaiemente

afbetaal sou word, daar “
aanvaar
kan word

dat die aanvanklike betalings wel gemaak is. Ek het verskeie
probleme met dié submissie.
In
die eerste plek is dit reëlreg in stryd met wat die verweerders
se saak is ten aansien van die vonnisbedrag van R403 628,94

(wat slaan op die aankoop van die Massey Ferguson trekker). Dit is
juis die verweerder se saak dat die aanvanklike betaling
in daardie
geval veronderstel was om gedelg te word uit ‘n krediet ten
gunste van die Best Grain & Feeds Trust, dat
dit nie gedoen is
nie en dat die betrokke Trust dus geregtig is op betaling van
daardie bedrag, hetsy aan die Trust of aan die
eiser (as sodanige
aanvanklike betaling). Dit blyk duidelik uit die opponerende
eedsverklaring in die aansoek om summiere vonnis
en uit die teeneis.
Tweedens
kan ek in elk geval nie saamstem daarmee dat sodanige berekening van
die paaiemente by ‘n verhoor van die aksie
die afleiding sou
regverdig, op ‘n oorwig van waarskynlikhede, dat die
aanvanklike betalings wel gemaak is nie. Dit moet
onthou word dat
die bewyslas in hierdie verband dan sou rus op die party wat
betaling beweer (sien
Pillay
v Krishna and Another
1946 (AD) 946 op 958 en
Birgin
Bower Investments (Pty) Ltd v Marketing International
203 (3) SA 382
(W) para [25]).
Die
berekeninge in die skedules is duidelik gedoen op die
veronderstelling
dat die aanvanklike betaling by ondertekening van die
afbetalingsverkoopooreenkomste gemaak sou word, soos in klousule 6
in
die vooruitsig gestel. Dit sou, inteendeel, nie moontlik gewees
het om die verdere paaiemente op enige ander wyse te bereken en

uiteen te sit nie.
In
argument het mev Erasmus aangevoer dat die skedules tot die twee
afbetalingsverkoopooreenkomste inherent teenstrydig is deurdat
dit
in die een skedule die hoofskuld aantoon as ‘n balans ná
aftrekking van die deposito en in die ander skedule
nie. Ek kan nie
hiermee saamstem nie. Na my oordeel blyk dit duidelik uit die
skedules, wanneer hulle saamgelees word, wat
die totale
kontantbedrag was, wat die BTW daarop was, watter bedrag daarteen in
verrekening gebring sou word as deposito en watter
bedrag
uiteindelik oorgebly het om die paaiemente te delg, by welke bedrag
natuurlik dan die aangeduide finansieringskoste gevoeg
sou moes
word.
Dit
is verder insiggewend dat die verweerders ook nie eers gepoog het om
te beweer dat enige van die ooreengekome paaiemente al
betaal is
nie, die wanbetaling waarvan in elk geval op grond van die
versnellingsklousule (klousule 14.1.2) sou gelei het tot
die
opeisbaarheid van die volle uitstaande bedrag.
Dit
bring my by die teeneis waarop die verweerders, soos reeds gemeld,
ook steun. Wat betref die teeneis vir die bedrag van R182 401,26,

het ek reeds daarmee gehandel.
Dan
eis die Best Grain & Feeds Trust (dit wil sê die eerste
verweerder en hoofskuldenaar, soos verteenwoordig deur mnr
Heyns as
enigste trustee) in die teeneis ook van die eiser betaling van die
bedrag van R802 494,33 uit hoofde van mielies
en koring wat die
Best Grain & Feeds Trust uit hoofde van ‘n mondelinge
ooreenkoms aan die eiser sou gelewer het.
In die funderende
eedsverklaring beskryf mnr Heyns die verhouding wat tussen Best
Grain & Feeds Trust en die eiser bestaan
het. Hy verklaar dat
die Trust mielies en koring aan die eiser sou lewer teen
ooreengekome tariewe.
Dit
opsigself sou moontlik die indruk kon skep dat die Trust dan op
betaling van die produkte geregtig sou wees.
Mnr Heyns gaan dan egter verder en sê dat die lewering van
d

produkte geskied het “
na
aanleiding van ooreenkomste tussen Best Grain & Feeds Trust en
verskeie boere as leweransiers
”,
wat sekerlik die vraag sou laat ontstaan of die betaling nie die
boere/leweransiers sou toekom nie.
Hierdie
vermoede
word
op die verweerders se eie saak versterk waar mnr Heyns dan verder
verklaar dat die betrokke Trust “
as
tussenganger tussen die Eiser en die boere/leweransiers ... opgetree
het
”.
Dit is presies
wat die deponent vir die eiser dan ook in sy antwoordende
eedsverklaring sê:

Best
Grain & Feeds trust is aangestel as ‘n leier van ‘n
sogenaamde ‘Bestuurde Boere Groep’, wat behels
het dat hy
namens die groep boere hulle belange by eiser sou verteenwoordig met
betrekking tot aansoeke om produksie finansiering,
versekering en
bemarkings-afsette vir graan deur hulle geproduseer”.

Die
boere groepleier sou bloot aankope van graan deur eiser, as agent van
die boere, vanaf die boere fasiliteer en die betrokke
boer sou die
verkoper bly, en eiser die koper”.
Die
deponent vir die eiser het dan ook
verder gegaan en die kontrak waaruit dié verhouding tussen
die eiser en die betrokke Trust gespruit het, aangeheg by sy

verklaring, uit welke kontrak dit baie duidelik blyk dat die Trust
net ‘n agent vir die boere/leweransiers sou wees en
waarin
geen aanduiding is dat die Trust op enige basis geregtig sou wees om
betaling vir die produkte te ontvang nie. As agent
sou die Trust
natuurlik nie
locus
standi
kon hê om betaling te eis vir die produkte nie (sien
Sentrakoop
Handelaars Bpk v Lourens and Another
1991 (3) SA 540
(W), 544H,
Kudu
Granite Holdings Ltd v Caterna Ltd and Another
2007 (6) SA 615
(W) op 619 A en
S.W.A.
Amalgameerde Afslaers (Eiendoms) Bpk v Louw
1956 (1) SA 346
(AD) op 355B-D).
Die verweerders
se enigste reaksie hierop in repliek is dat daar hieroor dan ‘n
dispuut is wat op verhoor bereg moet word.
Geen kommentaar word
gelewer op die skriftelike kontrak nie. Dit is nie eers naastenby
goed genoeg om aan te toon dat daar
enige vooruitsig van sukses
hoegenaamd met dié eis bestaan nie.
Laastens
eis die Best Grain & Feeds Trust in die teeneis bestuursfooie in
die totale bedrag van R142 940,06 van die eiser.
Die eiser se
reaksie is dat die kwessie van bestuursfooie gereël word in
dieselfde skriftelike kontrak, ingevolge waarvan
dit eers betaalbaar
sou wees wanneer bepaalde dokumentasie en verslae ingedien is deur
die Best Grain & Feeds Trust, dat
dit nie gedoen is nie en dat
die betrokke gelde dus nog nie betaalbaar is nie.
Dat
dit die skema was wat betref die bestuursfooie, blyk dan ook
duidelik uit die betrokke kontrak. Weereens is die verweerder
se
enigste reaksie hierop bloot om te verklaar dat daar dan ‘n
dispuut hieroor tussen die partye bestaan. Daar is weereens
nie
gehandel met die inhoud van die kontrak waarvan ‘n afskrif
aangeheg is nie.
Daar
is geen saak uitgemaak dat enige van die teeneise enige vooruitsig
van sukses hoegenaamd het nie; laat staan nog ‘n
goeie
vooruitsig van sukses. Daar is in elk geval nie met die teeneise
gehandel toe die verstekvonnisse verleen is nie en niks
verhoed dus
die verweerders om daarmee voort te gaan nie.
In
die omstandighede kan die aansoek nie slaag nie. Daar is geen rede
waarom die koste nie die uitslag behoort te volg nie.
Ek meen egter
nie dat daar, soos deur mnr Bergenthuin SC namens die eiser aan die
hand gedoen, genoegsame gronde bestaan vir
‘n bestraffende
kostebevel nie. Die verweerders se lakse hantering van hulle
verpligtinge op ‘n vroeër stadium
maak dit aanloklik,
maar het nie ‘n direkte invloed gehad op die verstekvonnisse
of die verloop van hierdie aansoek nie.
Die volgende
bevel word dus hierin gemaak:
Die
aansoek word afgewys met koste, welke koste betaalbaar sal wees deur
die verweerders
(applikante in die aansoek om tersydestelling) gesamentlik en
afsonderlik, die een betaal die ander
pro
tonto
kwytgeskeld te word.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
e: Adv
S L Erasmus
In
opdrag van
: Haarhoffs
ing, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv
Bergenthuin SC
In
opdrag van
: Van
de Wall & Vennote, KIMBERLEY