About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 60
|
|
Saamwerk Soutwerke (Edms) Bpk v Sans Cuici Agri (Edms) Bpk (1176/2008) [2008] ZANCHC 60 (31 October 2008)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 1176/2008
Datum
Verhoor: 2008-10-24
Datum
Gelewer: 2008-10-31
In
die saak van
:
SAAMWERK
SOUTWERKE (EDMS) BPK
APPLIKANT
versus
SAN
S
CUICI AGRI (EDMS) BPK RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
IN DIE AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER
MAJIEDT R:
Die Applikant
doen aansoek om verlof om te appelleer teen my uitspraak en bevele
van 19 September 2008 waarvolgens ek, by
‘n
heroorweging ingevolge reël 6(12)(c) van ‘n bevel
nisi
verleen
op ‘n dringende,
ex
parte
-basis
in kamers deur Moloi WnR, sodanige bevel tersyde gestel het en
‘n bestraffende kostebevel op ‘n prokureur-kliënt
skaal teen die Applikant gemaak het.
‘
n Redelike vooruitsig op
sukses op appél is, soos nou reeds welbekend, ‘n
voorvereiste vir verlof om te appelleer.
Sien:
Westinghouse
Brake and Equipment v Bilger Engineering 1986(2) SA 555 (A)
te 560 H-I.
Soos Harms AR
tereg, met respek, aantoon in
Mogale
and others v Seima 2008(5) SA 637 (SCA)
te
par [2] (638 I-J), moet ‘n appél gemik wees teen ‘n
uitspraak en ‘n bevel en nie teen sydelingse
aspekte wat
gedurende betoë te berde gebring is nie.
‘
n Hele
aantal gronde van appél is voorgehou deur die Applikant in sy
kennisgewing,
welke nader toegelig is deur die Applikant se advokaat, Mnr.
Tredoux, in sy skriftelike en mondelinge betoë.
‘n
Beduidende aantal van die gronde gaan juis mank aan die gebrek
waarteen Harms AR waarsku in
Mogale
and Others v Seima,
supra
.
‘n Kompliserende faktor is dat Mnr. Tredoux nie in die
hoofaansoek self verskyn het nie. As voorbeeld kan verwys word
na
die appélgrond dat ek glad nie die repliserende
eedsverklarings, wat ongeveer ‘n uur voor die aanvang van die
verhoor tot my beskikking gekom het, deurgelees het nie en nie
daarop ag geslaan het nie. Hierdie inligting het Mnr. Tredoux
klaarblyklik vanaf Mnr. Smit, wat toe vir die Applikant verskyn het,
bekom. Hierdie inligting is onjuis, aangesien ek vir Mnr.
Smit
tydens die verhoor pertinent meegedeel het dat ek die repliserende
eedsverklarings deurgelees het, alhoewel nie só
volledig as
wat ek graag sou wou doen nie.
‘
n Hele
aantal van die appélgronde en submissies handel met sydelings
relevante aspekte. Die
ratio
decidendi
van
die uitspraak is dat die
ex
parte
bevel
nisi
op
heroorweging tersyde gestel moes word, omrede die Applikant versuim
het om wesenlik relevante aspekte te openbaar in sy
ex
parte
aansoek.
Tot dié beslissing is daar gekom vanweë twee
hoofoorweginge, naamlik:
4.1 Applikant se
versweë werklike motivering met die
ex
parte
aansoek,
naamlik om die opgehoopte southope te verwyder vanaf Respondent se
grond (onregmatiglik só volgens my bevinding);
en
4.2 die feit dat
Applikant nie as ‘n regsentiteit bestaan het toe sy aansoek vir
‘n mynreg ingedien is nie, m.a.w. die
aansoek is nie ingedien
deur ‘n “
persoon”
soos
bedoel in art 22(1) van die Mineral and Petroleum Resources
Development Act, 29 van 2002, (“
die
Wet”
)
nie.
In hierdie uitspraak handel ek
grootliks slegs met hierdie kernbevindings.
Die aansoek is op
uiters dringende basis en
ex
parte
in
kamers voor Moloi WnR gebring. Dis geykte reg dat absolute goeder
trou vereis word by
ex
parte
aansoeke.
In hierdie geval het die Applikant heeltemal tekort geskiet vir die
redes vervat in para. 16 van my uitspraak in die
hoofaansoek.
Mnr. Tredoux het
aangevoer dat
daar
nie bewys is dat opgehoopte sout wel verwyder is op onregmatige wyse
nie. Hierdie submissie verloor buite die oog dat die
benadering
soos uiteengesit in
Plascon
Evans Paints (Pty) Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984(3)
SA 620 (A)
te 634 G – 635 C hier toegepas is. Op die
Respondent se stukke is sodanige verwydering wel bewys, na my
mening.
Wat onregmatigheid aanbetref kan die Applikant se gepoogde
steun op sy tans verleende mynreg as magtiging vir sodanige
verwydering,
tog nooit opgaan nie. Ek is die mening toegedaan dat
daar geen redelike vooruitsig bestaan dat ‘n ander Hof anders
mag
bevind nie.
Op die Applikant
se eie weergawe en tot sy vooraf kennis het die Applikant maatskappy
nog nie bestaan op
16
Mei 2005
toe in sy naam aansoek gedoen is vir ‘n mynreg nie, want
Applikant is eers op
1
Julie 2005
geregistreer as ‘n maatskappy. My inagneming van Du Toit se
vooraf kennis hieraangaande soos blyk uit ‘n eedsverklaring
jurat
10
Oktober 2007 in saaknr 540/2007 was gebaseer op die gesag in
Boyce
NO v Bloem and Others 1960(3) SA 855 (T)
te 863 C-d. Ek verskil met Mnr. Tredoux dat ‘n ander Hof
mag bevind dat ek verkeerd was met hierdie benadering en
dat die
voormelde gewysde nie as gesag dien vir só ‘n
benadering nie.
Daar is na my
mening dus geen redelike vooruitsigte van sukses in die voorgenome
appél nie. Ek ag dit nodig om vlugtig
met
twee
ander submissies wat gaan oor prosedurele aangeleenthede, te handel.
8.1 Mnr. Tredoux
het aangevoer dat Moloi WnR alreeds op 21 Augustus 2008 (d.w.s. die
volgende dag), sy oorspronklike
ex
parte
bevel
ooreenkomstig reël 6(12)(c) in heroorweging geneem het. Volgens
sy submissie kon daar toe nie wéér op
5 September 2008,
‘n verdere heroorweging van die bevel plaasvind nie. Hierdie
is ‘n wanopvatting. Al wat Moloi WnR
gedoen het op 21 Augustus
2008, was om die verdere proses ingevolge reël 6(12)(c) te
reguleer deur die aansoek vir heroorweging
uit te stel na 5 September
2008, te reël vir die liassering van verdere stukke en dat die
Applikant in die interim verbied
word om sout te verwyder. Daar was
inderwaarheid geen heroorweging soos bedoel in reël 6(12)(c)
nie.
8.2 Mnr. Tredoux
het verder aan die hand gedoen dat ek gefouteer het deur
nie
die Respondent se voorwaardelike teenaansoek af te wys met koste nie.
Hierdie is eweneens ‘n wanopvatting. Die Respondent
het sy
teenaansoek gebring op voorwaarde dat die Hof die benadering volg
waarkragtens geen verdere eedsverklarings geliasseer mag
word nie en
dat die oorspronklike aansoek op sy eie, sonder enigiets verder,
oorweeg moet word. Ek het egter die teenoorgestelde
benadering
nagevolg en het verdere eedsverklarings toegelaat.
Die
voorwaarde vir die teenaansoek het dus weggeval en is daar nie
voortgegaan met die teenaansoek nie.
Opsommenderwys
dus – selfs al is daar ‘n moontlikheid dat die Applikant
kan slaag met sy submissies op
sommige
van die aantal sydelingse aspekte, sou dit bloot akademies van aard
wees. Wat die kernbevindinge aanbetref meen ek dat
daar geen
redelike vooruitsigte op sukses in die voorgenome appél
bestaan nie, vir die redes hierbo uiteengesit.
BEVEL
Die aansoek vir verlof om te
appelleer word afgewys met koste.
_______________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV
JC TREDOUX
IN OPDRAG
VAN :
VAN
DE WALL EN VENNOTE
NAMENS
RESPONDENT : ADV MH WESSELS SC
IN OPDRAG
VAN :
DUNCAN
& ROTHMAN