About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 64
|
|
S v Seeikoei (CA&R 57/2008) [2008] ZANCHC 64 (14 October 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
Ca&R 57/2008
Saak
Aangehoor:
10/10/2008
Dat
um
gelewer: 14/10/2008
In
die
saak tussen:
Patrick
Seeikoei
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Olivier
R et Steyn WnR
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan poging tot roof met
verswarende omstandighede en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf
.
Hy kom nou met verlof in hoër beroep teen die
skuldigbevinding.
Dit
is geykte reg dat ‘n Hof van appèl nie ligtelik sal
inmeng met die feite- en geloofwaardigheidsbevindinge van
‘n
verhoorhof nie en slegs so sal doen waar dit duidelik verkeerd is
(sien
R
v Dhlumayo and Another
1948 (2) SA 677
(A) op 705,
S
v Hadebe and Others
1997 (2) SA 642
(A) op 654f en
S
v Monyane and Others
2008 (1) SACR 543
(SCA) op 547j-548a).
Die
S
taat
se saak was kortliks dat die klaer die betrokke aand vanaf sy
besigheid in Delportshoop na sy woning gery het in sy bakkie,
toe hy
‘n manspersoon opgemerk het wat stadig aanstap in dieselfde
rigting as waarin hy gery het. By sy huis aangekom,
het die klaer
sy bakkie parkeer en terugbeweeg na die hek van die perseel om dit
toe te maak. Op daardie stadium was die betrokke
persoon ook reeds
omtrent by die hek en het hy die klaer aan sy arm gegryp, ‘n
metaal- voorwerp (wat die klaer aanvaar
het ‘n vuurwapen was)
teen sy kop gedruk en gesê hy soek geld. Nog ‘n man,
wat agter struike weggekruip het,
het toe uitgekom en van agter die
klaer teen sy kop getik met ‘n kierie of ‘n stok en vir
hom gesê “
ek
het jou
”.
Die klaer het op
daardie stadium opgemerk dat daar ook twee persone by sy vrou was,
en dat sy ook aangehou is met wat voorgekom
het ‘n vuurwapen
te wees.
Die
eerste persoon, dit wil sê die persoon wat eerste die klaer
aangeval het, het toe die klaer gelos en in die rigting
van die
bakkie beweeg om te gaan voel of die deur daarvan gesluit was. Op
daardie stadium het die klaer losgeruk en geskree
om hulp. Al vier
die persone het toe in verskillende rigtings op vlug geslaan.
Die
polisie is ontbied en met hul aankoms het die klaer aan hulle
rapporteer dat hy en sy vrou deur vier mans aangeval is en het
hy
aan hulle ‘n beskrywing gegee van die eerste aanvaller.
Dit was gemenesaak dat
die polisie toe die appellant in die omgewing van ‘n motorhawe
of vulstasie aangetref het, ongeveer
400 meter vanaf die klaer se
woning. Die appellant is toe agter in ‘n polisievangwa
vervoer na die huis van die klaer,
waar laasgemelde hom uitgeken het
as die eerste persoon wat hom aangeval het.
Die
appellant het ontken dat hy enigsins by die voorval betrokke was.
Sy weergawe was dat hy vanaf Vryburg na Kimberley onderweg
was met
saamrygeleenthede, dat hy in dié proses in Delportshoop
afgelaai is en dat hy kort daarna deur die polisie gearresteer
is.
Dit is so dat die
getuienis van die klaer met versigtigheid beoordeel moes word, beide
omdat hy ‘n enkelgetuie was en, veral,
omdat sy getuienis in
geskil was vir soverre dit die identiteit van die appellant betref
het.
Die
streeklanddros het bevind dat die klaer ‘n goeie getuie was,
maar het in elk geval ook versigtige oorweging verleen
aan die vraag
of die klaer se uitkenning van die appellant nie alleen
geloofwaardig was nie, maar inderdaad ook betroubaar.
In
hierdie verband is dit van belang, eerstens, dat dit duidelik uit
die getuienis blyk dat die klaer voldoende tyd gehad het
om die
betrokke aanvaller waar te neem. Hy het hom eerstens in die straat
waargeneem, terwyl hy aangedrentel het in die rigting
van die klaer
se huis. Daar was ‘n goeie rede waarom die klaer op daardie
stadium reeds die moeite gedoen het om versigtig
te kyk na die
persoon, naamlik dat die klaer ook vroeër die slagoffer van ‘n
roof was.
By
die hek het die klaer hom weer op ‘n afstand van 5 tot 6 meter
waargeneem en gesien hoe die
aanvaller
“
vroetel
so aan sy hande
”.
Dit was onbetwis dat daar ook voldoende beligting was, in die vorm
van ‘n straatlig.
Die
klaer het weer die geleentheid gehad om behoorlik na die aanvaller
te kyk op die stadium toe hy van hom wegbeweeg het na die
voertuig.
Dit
blyk verder duidelik uit die getuienis van die klaer dat hy en die
betrokke aanvaller in die proses van die aanval by tye
baie naby
mekaar was en afstand sou dus ook nie ‘n probleem kon gewees
het vir waarneming nie.
Dat
die klaer die aanvaller behoorlik waargeneem het, blyk dan ook uit
sy beskrywing van die kenmerke waaraan hy die appellant
as die
betrokke aanvaller geëien het toe hy hom weer in die
polisievoertuig waargeneem het. Die klaer het haarfyn beskryf
hoe
die aanvaller ongeveer net so lank soos hyself was, dat sy gesig
donker en skraal gelaatstrekke vertoon het, dat hy ‘n
yl baard
gehad het en wat sy kleredrag was.
Dit
is so dat die een polisiebeampte se beskrywing van die hemp wat die
appellant ten tye van sy arrestasie aangehad het, tot
‘n mate
verskil het van die beskrywing van die hemp wat die klaer in sy
getuienis verstrek het. Hierdie verskil gaan egter
maar bloot oor
die presiese kleur en breedte van die strepe op die hemp. Dit staan
egter nog steeds vas dat die appellant gearresteer
is in ‘n
gestreepte hemp, en dat die klaer ook getuig het dat die eerste
aanvaller ‘n gestreepte hemp gedra het.
Verder
is die appellant gearresteer in ‘n vaal hoed en ‘n blou
broek,
presies soos wat die klaer hom in sy getuienis en aan die polisie
beskryf het.
Van
wesenlike belang as stawing vir die klaer se uitkenning van die
appellant as die eerste aanvaller, is die getuienis van
staatsweë
dat daar in een van die broeksakke van die appellant ‘n “
wit,
deurskynende chirurgiese handskoen
”
gevind is. Dit sluit perfek aan by die getuienis van die klaer dat
dit hom opgeval het dat die eerste aanvaller se “
hand
was lig van kleur
”,
terwyl die aanvaller self donker van kleur was.
Die
Staat se getuienis was verder, by monde van twee polisiebeamptes,
dat hulle die appellant aangetref het waar hy uitasem was
en gehyg
het, en dat sy hart vinnig geklop het. Alhoewel die appellant
aanvanklik ontken het dat sy hart vinnig sou geklop het
en te kenne
gegee dat hy heeltemal rustig was toe die polisie by hom aangekom
het, het hy later toegegee dat dit miskien reg
kon wees, en
aangevoer dat hy geskok was.
Die appellant het
probeer te kenne gee, klaarblyklik, dat die polisie die handskoen
nie in sy sak gekry het nie, maar dit bloot
daar op die toneel, waar
die appellant aangebring is by die klaer se huis en gevisenteer is,
tevoorskyn gebring het en toe te
kenne gegee het dat dit in sy sak
gekry is. Dit is totaal vergesog dat die polisiebeamptes, wat glad
nie eers die appellant
geken het nie, ‘n begeerte sou hê
om hom op so ‘n wyse valslik te inkrimineer, en dan toevallig
ook nog ‘n
gepaste wit handskoen byderhand sou gehad het om
dit mee te doen.
Die
strydigheid tussen Konstabel Mothudi se getuienis en sy verklarings
oor wie van die polisiebeamptes die handskoen gevind het,
is na my
oordeel bevredigend verduidelik en was nie verder van wesenlike
belang nie
In
hierdie verband moet dit in
gedagte gehou word dat die klaer nie in sy beskrywing aan die
polisie gemeld het dat die eerste aanvaller ‘n handskoen
aangehad het nie. Inteendeel, dit was ook nie die klaer se
getuienis nie. Hy was baie duidelik daaroor dat hy nie kon sê
of die aanvaller inderdaad ‘n handskoen gedra het nie, en
bloot maar kon opmerk dat die aanvaller se hand heelwat ligter
van
kleur as die aanvaller self was. Dit was teen hierdie agtergrond
dat hy in kruisverhoor gesê het, toe vir hom gevra
is wat die
aanvaller se hand so lig van kleur sou laat lyk het, “
Al
wat ek kan dink is dat hy ‘n handskoen aangehad het
”.
Die appellant was ook
in ander opsigte duidelik ‘n swak getuie. Hy het homself
weerspreek oor meerdere aspekte. Hy het
sy regsverteenwoordiger se
stellings weerspreek met betrekking tot of hy binne of buite die
polisievoertuig was op die stadium
toe die klaer hom uitgeken het.
Die
appellant se weergawe met betrekking tot hoe hy op Delportshoop
beland het, was totaal onwaarskynlik. Daar is geen rede
waarom hy
sou besluit het om ‘n roete (vanaf Vryburg na Kimberley) te
volg wat dubbeld sover was as wat nodig was nie.
Teen hierdie
agtergrond is dit insiggewend dat hy dan ook, toe die
polisiebeamptes met hulle aankoms by hom wou weet vanwaar
hy gekom
het, nie in staat was om ‘n korrekte aanduiding te gee van die
rigting waaruit hy daar sou aangekom het indien
hy van Vryburg gekom
het nie.
Na my oordeel bestaan
daar geen gronde vir inmenging in die streeklanddros se feite- en
geloofwaardigheidsbevindinge nie.
Dit
is so dat die klaer klaarblyklik nie self die voorwerp wat die
appellant teen sy kop gedruk het, waargeneem het nie, maar
bloot kon
sê dat dit soos metaal gevoel het en dat hy aanvaar het dat
dit ‘n vuurwapen was. Die betrokke voorwerp
is egter duidelik
teen die kop van die klaer gedruk om by hom die indruk te wek dat
dit ‘n vuurwapen was, terwyl daar van
hom geld geëis is.
In elk geval is dit op die getuienis duidelik dat die appellant
opgetree het as een van ‘n groep
van vier persone, wat
opgetree het om die klaer en sy vrou te onderwerp, en dat daar in
elk geval ook minstens een ander vuurwapen
betrokke was.
In die lig van die
voorgaande kan die appèl na my mening nie slaag nie en word
die volgende bevel gemaak:
Die appèl
misluk en die skuldigbevinding word bekragtig.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam
:
________________________
E J S STEYN
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
:
In
opdrag van
:
Nms Respondente
In
opdrag van
: