About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 59
|
|
Henderson and Others v Streeklanddros: Noord Kaap and Another (1332/2007) [2008] ZANCHC 59 (10 October 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
1332/2007
Saak
Aangehoor:
/09/2008
Dat
um
gelewer: 10/10/2008
In
die
saak tussen:
Ross
Kirby Henderson
1ste
Applikant
Freddie
Velelo Witbooi 2de Applikant
Utemeleng
Jack Moroka 3de Applikant
e
n
Die
Streeklanddros: Noord-Kaap
1ste
Respondent
Die
Direkteur van Openbare Vervolging:
Noord-Kaap 2de
Respondent
Coram:
Majiedt
R
et
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
applikante doen aansoek om verlof tot appèl na die Hoogste
Hof van
Appèl
teen die uitspraak van hierdie Hof op 1 Augustus 2008, en die
afwysing van hulle aansoek om die hersiening en tersydestelling
van
hulle skuldigbevindings. Die aansoek om verlof tot appèl
word deur die eerste respondent teengestaan.
Daar was ook ‘n
interlokutore aansoek om:
die
wysiging van die aansoek om verlof tot appèl en van die
kennisgewing van toetrede van die applikante se nuwe prokureurs,
om
die eerste applikant se tweede naam te weerspieël as “
Kirby
”
en die tweede applikant se van as “
Witbooi
”;
en
die
invoeging van die woorde “
een
of meer van
”
tussen die woord en frases “
in
die lig van
”
en “
die
verskeie onreëlmatighede
”
in paragraaf 3.2 van die aansoek om verlof tot appèl.
Die
interlokutore aansoek is nie teengestaan nie en die betrokke
wysigings is toegestaan
.
Vir
s
overre
die aansoek om verlof tot appèl gronde bevat wat slaan op
submissies en argumente wat reeds deurtrap is in argument
by die
aanhoor van die aansoek om hersiening en in die uitspraak, is ek nie
van voorneme om te herhaal wat reeds in die uitspraak
gesê is
nie.
M
nr
Bredenkamp SC het by die aanhoor van hierdie aansoek sy argument
namens die applikante beperk tot slegs die volgende gronde:
Die inligting wat mnr
White aan die eerste applikant sou openbaar het ten aanhore van mnr
Chase.
Die
beweerde geleentheid toe die eerste respondent, die aanklaer en die
ondersoekbeampte saam teenwoordig sou gewees en verkeer
het in die
beheeraanklaer se kantoor.
Die bewering dat die
Staat/Vervolging nagelaat het om inligting wat deel gevorm het van
die sogenaamde Mmabatho-dossier aan
die applikante se
regsverteenwoordigers te openbaar.
Die bewering dat die
besonderhede van die eerste applikant se vorige veroordelings aan
die eerste respondent openbaar is toe
hy destyds, voor die aanvang
van die strafverhoor, die eerste applikant se borgaansoek aangehoor
het.
Sonder
om enigsins te herhaal wat ook reeds in hierdie verband vervat is in
die uitspraak op hersiening sal tog kortliks met die
laasgemelde
aspekte gehandel word.
Mnr
Bredenkamp het die verklaring van mnr White, waarna verwys is in
paragraaf 22.3 van die uitspraak op hersiening, gekritiseer.
Daardie verklaring was wel baie bondig en die relevante gedeelte
daarvan het soos volg gelui:
“
Die
beweringe soos verwat
(
sic
)
in R Henderson en GLEN CHASE se verklaring
(
sic
)
is vals en van alle waarheid ontbloot.”
Mnr
Bredenkamp het aan die hand gedoen dat mnr White die spesifieke
verklarings van die eerste applikant en mnr Chase (waarvan
mnr White
die inhoud ontken het) moes geïdentifiseer het, asook die
bepaalde beweringe daarin waarvan hy verskil het.
Mnr
Bredenkamp het ook verwys daarna dat daar meerdere datums voorkom op
die betrokke verklaring en het aan die hand gedoen dat
dit
verwarring skep in verband met wanneer die verklaring beëdig is
en dat dit gevolglik nie ‘n behoorlik beëdigde
verklaring
is nie.
Nie
een van hierdie punte van kritiek was gronde wat deur die applikante
aangevoer is vir die hersiening en tersydestelling van
hulle
skuldigbevindings nie. Daar is nooit in die applikante se
funderende stukke aangevoer dat die eerste respondent op hierdie
gronde verkeerdelik die inhoud van die betrokke verklaring as
getuienis toegelaat het nie (Die verklaring, bewysstuk “QQ”,
is tydens die betrokke aansoek om rekusering voor die eerste
respondent geplaas).
Dit
is geykte reg dat ‘n applikant sy of haar saak in fundering
moet uitmaak en dat beëdigde verklarings in aansoekverrigtinge
die beweringe moet bevat waarop gesteun word, soos in die geval van
‘n pleitstuk, maar dan ook nog daarby die getuienis
waarop
gesteun word om sodanige beweringe te bewys.
Ten
spyte daarvan dat die eerste respondent boonop in sy antwoordende
beëdigde verklaring pertinent verwys het na die verklaring
van
mnr White en daarop gesteun het, het die applikante verkies om nie
te repliseer nie en is dus ook nooit op daardie stadium
die
geleentheid benut om met mnr White se verklaring te handel nie.
Selfs al sou daar
egter ook nou gelet word op mnr Bredenkamp se kritiek, en selfs al
sou ook aanvaar word dat daar meriete in
is, sou dit nog nie die
saak vir die applikante verder neem nie.
Die rede hiervoor is
eenvoudig dat die applikante se saak in hierdie verband in totaal
berus het op hoorsê-getuienis. Geen
basis hoegenaamd is in
die getuienis gelê vir waarom daar nie van die kant van die
applikante van mnr White ‘n eedsverklaring
verkry kon word om
te bevestig dat hy wel gehoor het hoe die eerste respondent die
uitlatings maak en dat hy wel vir die eerste
applikant daarvan
vertel het nie.
Indien
vervalste,
onjuiste of nie-verbandhoudende verklarings van die eerste applikant
en mnr Chase aan mnr White voorgelê is voordat
hy sy kriptiese
verklaring afgelê het, soos mnr Bredenkamp op ‘n stadium
bespiegel het, en mnr White gevolglik nooit
bedoel het om die inhoud
van hulle ware verklarings te ontken nie, sou mnr White mos geen
probleem gehad het om die eerste applikant
te voorsien van ‘n
beëdigde verklaring ter bevestiging van die inhoud van die ware
verklarings van die eerste applikant
en mnr Chase wat voor die
eerste respondent gedien het en waarin hulle gehandel het met wat
mnr White ten aanhore van mnr Chase
aan die eerste applikant sou
gesê het van die eerste respondent nie.
Op
die eerste applikant se eie weergawe was mnr White ‘n
vertroueling van hom. Op sy eie weergawe het mnr White hom aan
huis
besoek en het hulle twee ooreengekom dat hy vir mnr White sou help
met die bedrog beweringe teen hom, as mnr White hom van
die beweerde
sielkundige verslag sou voorsien.
Die applikante het dus
geen toelaatbare getuienis ten aansien van hierdie beweringe voor
die eerste respondent geplaas nie. Geen
feitegeskil kon dus in
werklikheid ontstaan het vir soverre dit hierdie aspek betref nie en
die applikante kon nie die eerste
respondent verkwalik daarvoor dat
hy onder die omstandighede nie die aangeleentheid na getuienis
verwys het ten aansien van hierdie
beweringe nie.
Wat
betref die beweerde gelyktydige teenwoordigheid van die eerste
respondent
,
die aanklaer en die ondersoekbeampte in die beheeraanklaer se
kantoor, het mnr Bredenkamp basies drie submissies gemaak, naamlik:
dat
die eerste respondent
verkeerdelik geweier het om daardie geskilpunt na getuienis te
verwys;
dat die inhoud van
die twee verklarings van kaptein Dare hieroor botsend was; en
dat hierdie Hof
verkeerdelik gewig verleen het daaraan dat die applikante nooit op
hersiening versoek het dat mondelinge getuienis
aangebied word ten
aansien van hierdie feitedispuut nie.
Weereens
is dit so dat die
eerste
respondent se weiering om hierdie geskilpunt vir mondelinge
getuienis te verwys, nie ‘n grond van hersiening was
nie.
Geeneen van die applikante het hulle hieroor bekla in fundering nie.
Soos reeds gemeld, is
ek nie van voorneme om hierin te handel met wat reeds in hierdie Hof
se uitspraak gesê is met betrekking
tot die waarskynlikhede en
geloofwaardigheid van hierdie beweringe nie.
Wat betref kaptein
Dare se verklarings, het mnr Bredenkamp later toegegee dat die
stelling van kaptein Dare dat hy dikwels in
daardie kantoor was maar
geen kennis gedra het van so ‘n voorval nie, in die een
verklaring, en die stelling dat hy die
plaasvind van so ‘n
voorval ontken, in die ander verklaring, nie noodwendig botsend is
nie.
Daar is niks wat in
die weg van die applikante gestaan het om op hersiening aansoek te
doen om oor hierdie geskilpunt getuienis
aan te bied nie.
Ook met die sogenaamde
Mmabatho-dossier is reeds vollediglik gehandel in hierdie Hof se
uitspraak op hersiening.
Daar
is geen getuienis hoegenaamd van die kant van die applikante dat
kaptein Dare van die nuwe inhoud van die Mmabatho-dossier
bewus was
voor die skuldigbevindings nie, of oor wanneer die verdere inligting
op daardie dossier geplaas is (nadat die dossier
wel reeds by die
aanvang van die strafverhoor aan die applikante beskikbaar gemaak
is) nie. Geen saak is dus uitgemaak dat kaptein
Dare die betrokke
inligting van die applikante weerhou het totdat hulle skuldig bevind
is nie.
Daar is ook op geen
stadium voor hulle skuldigbevindings van die kant van die applikante
stappe geneem om verdere insae in die
betrokke dossier te verkry
nie.
Dat
die eerste respondent moontlik verkeerdelik mag bespiegel het oor
die inhoud van kaptein Dare se latere verklaring in die
aansoek om
verbeurdverklaring, doen hieraan geen afbreuk nie. Die feit bly dat
daar geen getuienis van die kant van die applikante
(voor die eerste
respondent) was dat die inligting waarna kaptein Dare in sy latere
verklaring (ná die skuldigbevindings,
tydens die aansoek om
verbeurdverklarings) verwys het, reeds voor die skuldigbevindings
bestaan het en beskikbaar gestel kon
en moes gewees het nie.
Dit blyk in elk geval
glad nie so duidelik te wees dat daar ‘n verskil is tussen die
getuienis van die getuie mnr Vincent
Smous in die strafverhoor en
die verklaring van mnr Smous waarna kaptein Dare in sy latere
verklaring verwys het nie.
Dit bring my dan
laastens by die argument rakende die eerste respondent se beweerde
kennis van die eerste applikant se vorige
veroordelings.
Ook
hiermee is vollediglik gehandel in die uitspraak op hersiening. Die
argument wat op die stadium van hierdie aansoek om verlof
tot appèl
vir die eerste keer gevoer is namens die applikante, is dat dit
onbestaanbaar is met die Grondwet, en die beginsels
van ‘n
regverdige verhoor, dat ‘n voorsittende beampte voor
skuldigbevinding insae in ‘n beskuldigde se vorige
veroordelings kan hê, dat daar in die regspraak tans ‘n
“
neiging
”
in hierdie rigting is en dat dit tyd geword het dat die Hoogste Hof
van Appèl of die Konstitusionele Hof hieroor
uitsluitsel gee.
Hierdie
betoog is gevoer teen die agtergrond van, maar sonder verwysing na,
die gesag dat dit nie noodwendig en altyd fataal onreëlmatig
is
dat vorige veroordelings tot ‘n voorsittende beampte se kennis
kom voor skuldigbevinding nie (sien byvoorbeeld
S
v Maputle and Another
2003 (2) SACR 15
(SCA), paragraaf [7]).
Ek meen dat die
antwoord op hierdie betoog eenvoudig is dat die applikante nie
toegelaat behoort te word om op hierdie stadium,
en meer spesifiek
deur middel van ingryping in die strafverhoor voor die afhandeling
daarvan, te verwag dat hierdie Hof op hersiening
op hierdie basis
moet ingryp nie.
Daar
is reeds in die uitspraak op hersiening gehandel met die tydsverloop
vanaf die stadium toe die eerste applikant by die aanvang
van die
strafverhoor op 28 Oktober 1999 bewus geraak het daarvan dat
dieselfde voorsittende beampte (wat sy borgaansoek bereg
het) die
verhoor sou hanteer, totdat daar eers op 14 November 2005 op hierdie
basis versoek is dat die eerste respondent hom
moes rekuseer.
Mnr
Bredenkamp se antwoord hierop was, eerstens, dat die eerste
applikant volgens hom wel dadelik sy regsverteenwoordigers hierop
bedag gemaak het en dat hy toe geadviseer is dat hy eers bewyse
daarvoor moes kry.
Dit is baie vreemd dat
sy advokaat nie toe reeds dadelik, sommer voordat op die aanklagte
gepleit is, die probleem net minstens
onder die aandag van die
eerste respondent sou gebring het as dit deur die eerste applikant
onder sy aandag gebring is nie.
Dit net terloops.
Selfs
op die eerste applikant se eie weergawe, soos vervat in sy
funderende verklaring in die hersieningsaansoek, het hy toe egter
steeds geen stappe geneem om die sogenaamde bewyse (wat tog mos
maklik beskikbaar moes gewees het in die vorm van die hofrekord
of
die hofboek) te bekom nie. Dit was eers later dat hy, volgens hom
as gevolg van die eerste respondent se “
optrede
”
deur te weier om homself te rekuseer, “
verder
ondersoek ingestel en die bewyse gevind het dat
(hy)
inderdaad
op 19 Augustus 1997 ... voor die Agbare Landdros in
(sy)
borgaansoek
verskyn het
”.
Daar
is nooit bewyse voorgelê dat die eerste respondent
destyds
tydens die borgaansoek kennis gekry het van die eerste applikant se
vorige veroordelings nie en dat die borg nie byvoorbeeld
onbestrede
toegestaan is nie. Die eerste respondent het egter, omdat hy
volgens hom teen 2005 nie meer kon onthou nie, nie die
eerste
applikant se beweringe tot dié effek betwis nie.
Mnr Bredenkamp het
aangevoer dat die eerste applikant se versuim om vroeër stappe
te neem om die sogenaamde bewyse te kry,
toegeskryf kan word daaraan
dat daar in dié tyd heelwat uitstelle en ander aansoeke in
die verhoor was.
Na
my oordeel is dit geen verduideliking nie. Die eerste applikant as
regsgeleerde was duidelik bewus van die erns en moontlike
implikasies daarvan dat ‘n voorsittende beampte kennis dra van
‘n beskuldigde se vorige veroordelings. Daarom dat
hy volgens
hom dit dadelik onder sy regsverteenwoordiger se aandag gebring het.
Die uitstelle (meesal op versoek van die applikante)
en ander
aansoeke kon mos op geen wyse vir die eerste applikant verhoed het
om self, of met behulp van sy regsverteenwoordiger,
die bewyse
intussen te bekom nie.
Mnr
van der Walt, die advokaat vir die eerste respondent, het aangevoer
dat hierdie optrede van die eerste applikant neergekom
het op
berusting, en inderdaad op ‘n keuse-uitoefening, om die
verhoor voor die eerste respondent te laat voortgaan. Mnr
Bredenkamp se antwoord, steeds vanuit die vertrekpunt dat insae tot
vorige veroordelings ‘n noodwendig fatale onreëlmatigheid
behoort te wees, was dat sodanige onreëlmatigheid nie deur
berusting as’t ware gekondoneer kon word nie.
Na
my oordeel is dit – en was dit ook by die aanhoor van die
hersieningsaansoek – egter onnodig om te beslis oor die
vraag
of insae in vorige veroordelings voor skuldigbevinding altyd ‘n
regskending
per
se
sou wees en of berusting en/of ‘n keuse van die kant van die
beskuldigde hierop ‘n invloed sou kon hê.
‘
n
Beskuldigde wat meer as ses jaar lank geen stappe geneem het om te
verhoed dat ‘n voorsittende beampte wat insae gehad
het in sy
of haar vorige veroordelings voortgaan met die verhoor nie, kan tog
sekerlik nie verwag dat ‘n Hof op hersiening
dan die
uitsonderlike stap moet neem om reeds voor finalisering van die
verrigtinge in die verhoorhof in te gryp en te beslis
oor ‘n
regsvraag soos hierdie nie. Daar is reeds in die uitspraak op
hersiening gewys op die geykte benadering dat die
hersiening van
verrigtinge voor afhandeling daarvan slegs in uitsonderlike
omstandighede sal geskied.
Om,
in die bepaalde omstandighede van hierdie saak, die eerste applikant
toe te laat om op hierdie grondslag en op hierdie stadium
te versoek
dat sy skuldigbevindings tersyde gestel word, sou die presedent kon
skep dat beskuldigdes wat kennis dra van ‘n
onreëlmatigheid
maar eers kan wag om te kyk hoe die wind waai en hoe dit verloop by
uitspraak, en hulle dan, indien dit
vir hulle verkeerd loop, van ‘n
Hof op hersiening kan verwag om in die verrigtinge in te gryp
voordat dit afgehandel en
hulle gevonnis is.
Niks
sou natuurlik die eerste applikant verhoed om ná afhandeling
van die verhoor op hierdie basis stappe te neem om teen
sy
skuldigbevindings te appelleer nie.
Na
my oordeel is daar geen vooruitsig van ‘n suksesvolle appèl
teen hierdie Hof se uitspraak op hersiening nie.
Selfs
indien dit steeds vir doeleindes van ‘n aansoek soos hierdie
relevant sou wees of die aangeleentheid een is wat van
wesenlike
belang vir een of meer van die partye is (sien
Janit
v Van den Heever and Another NNO (no 2)
2001 (1) SA 1062
(W) en
Westinghouse
Brake & Equipment (Pty) Ltd v Bilger Engineering (Pty) Ltd
1986 (2) SA 555
(A) op 560-561), sou ek nie hierdie aangeleentheid
beskou as een wat binne daardie spesiale kategorie val nie.
Dit
is van geen groter belang vir enige van hierdie applikante as wat
die geval sou wees by enige ander applikant wat aansoek
doen om
verlof tot appèl nie. Die feit dat die applikante skuldig
bevind is aan betreklik ernstige misdade, doen hieraan
geen afbreuk
nie. Enige ander slotsom sou beteken dat enige applikant (om verlof
tot appèl) wat skuldig bevind is aan
‘n misdaad of
misdade wat beskou sou kon word as betreklik ernstig, noodwendig
geregtig sou wees op verlof tot appèl.
Die aansoek om verlof
tot appèl kan gevolglik na my oordeel nie slaag nie. Daar is
geen rede waarom die koste daarvan
nie die uitslag behoort te volg
nie, en dit is ook nie aan die hand gedoen nie.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin gemaak:
Die aansoek om
verlof tot appèl word afgewys.
Die
applikante word gelas om die koste van die eerste respondent hierin
te betaal, gesamentlik en afsonderlik, die een te betaal
die ander
pro
tanto
kwytgeskeld te word.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
S A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
Bredenkamp, SC
In
opdrag van
: Du
Toit – Bomela, KIMBERLEY
Nms
Respondente
: Adv
van der Walt
In
opdrag van
: Duncan
& Rothman, KIMBERLEY