About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 42
|
|
Saamwerk Soutwerke (Edms) Bpk v Sans Cuici Agri (Edms) Bpk (1176/2008) [2008] ZANCHC 42 (19 September 2008)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 1176/2008
Datum
Verhoor: 2008-09-05
Datum
Gelewer: 2008-09-19
In
die saak van
:
SAAMWERK
SOUTWERKE (EDMS) BPK
APPLIKANT
versus
SAN
S
CUICI AGRI (EDMS) BPK RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Op 20 Augustus
2008 het die Applikant op ‘n dringende,
ex
parte
basis, ‘n bevel in kamers verkry waarvolgens die Respondent
gelas is om ‘n plaashek oop te sluit en oop te hou sodat
die
Applikant toegang tot ‘n sekere grondgedeelte (hierna
saaklikheidshalwe bloot na verwys as “
die
eiendom”
)
kon bekom ten einde sy mynreg uit te oefen. Verder is die Respondent
verbied om op enige wyse in te meng met die Applikant se
toegang tot
die grond en die uitoefening van sy mynreg.
Die voormelde
bevel het eers
om
ongeveer 20h30 op 20 Augustus 2008 tot Mnr. Stefanus Malan, die
besturende direkteur van die Respondent (“
Malan”
),
se kennis gekom (luidens sy opponerende eedsverklaring). Daar is
toe op die volgende dag (21/8/08) stukke namens die Respondent
geliasseer vir die heroorweging van die aansoek ingevolge Hofreël
6(12)(c). Daarvolgens is ‘n kennisgewing geliasseer
waarin
aangevra is dat die bevel van 20 Augustus 2008 tersyde gestel word
en dat die aansoek
sine
die
uitgestel
word. ‘n Meegaande opponerende eedsverklaring van Malan is
ook geliasseer.
Op 21 Augustus 2008, is ‘n
bevel uitgereik dat:
a) die aansoek vir heroorweging
ingevolge art 6(12)(c) uitgestel word na 5 September 2008;
b) die tussentydse
bevel van 20 Augustus 2008 bly staan, onderhewig daaraan dat die
Applikant verbied word om hangende die afhandeling
van die aansoek op
5 September 2008 enige sout (reeds ontgin of ontgin te word) van die
eiendom te verwyder; en
c) daar is
geleentheid gebied aan die Respondent om, indien hy so verkies, ‘n
aanvullende opponerende eedsverklaring te liasseer
voor of op 27
Augustus 2008 en ‘n soortgelyke geleentheid is gebied aan die
Applikant vir die liassering van ‘n repliserende
eedsverklaring
voor of op 1 September 2008, indien hy so verkies.
Die Respondent
het ‘n aanvullende opponerende eedsverklaring geliasseer binne
die tydsraamwerk soos in die hofbevel van
21 Augustus 2008 hierbo
bepaal. Daarin vul Malan namens die Respondent die beweringe in sy
vorige opponerende eedsverklaring
aan en heg hy ook eedsverklarings
aan van sy prokureur en van sy seun en dogter aangaande die
verwydering van sout op die eiendom.
In die aanvullende opponerende
eedsverklaring verwys Malan ook na ‘n voorwaardelike
teenaansoek, wat ek aanstons breedvoerig
sal bespreek.
Die Applikant het
‘n repliserende eedsverklaring, gedateer 4 September 2008,
maar eers deur my ontvang ongeveer ‘n
uur voor die aanvang van
die verrigtinge op 5 September 2008, geliasseer.
Hierdie verrigtinge is die jongste
in ‘n lang reeks hofsake tussen die partye. Helaas is dit
“nog het einde niet”
want, soos wat later hieruit sal
blyk, sal die partye verseker nog weer ‘n draai of twee in
hierdie Hof kom maak.
‘
n Kort
agtergrondskets van die partye se voormelde skermutselinge is nodig:
7.1 ‘n
Regsentiteit bekend as Saamwerk Soutwerke BK, het voorheen sout
ontgin op Respondent se plaas, Eenzaamheid (“
die
eiendom
”).
Die sout is gemyn ooreenkomstig ‘n notariële minerale
huurkontrak tussen die voormelde BK en die eienaars
van die eiendom.
Malan beweer in sy opponerende stukke dat die BK egter nooit oor die
vereiste magtiging vanaf die owerhede beskik
het om die sout te
ontgin nie en vir dié rede (só beweer Malan) het die
ontginde southope op die plaas bly lê
in hope vanaf November
2004 tot die onlangse verlede. Die voormelde beweringe deur Malan is
nie ernstig betwis deur die Applikant
se deponent, Du Toit, nie.
7.2 Na verstryking van die voormelde
huurkontrak en wel gedurende Desember 2004, het Malan ‘n
toegangshek tot die eiendom
gesluit. Die BK het ‘n
spoliasie-aansoek in hierdie Hof gebring, welke aansoek suksesvol
was.
7.3 Hierna het die huidige Respondent
en Malan (persoonlik) ‘n aansoek in hierdie Hof gebring vir die
uitsetting van onder
andere die BK vanaf die eiendom, welke aansoek
eweneens suksesvol was.
7.4 Gedurende Mei 2005 het die
Applikant ‘n aansoek vir die myn van sout op die eiendom
ingedien en Malan het in sy persoonlike
hoedanigheid ‘n
soortgelyke aansoek ingedien, ongeveer 13 dae voor dié van die
Applikant. Ek sal later handel met
hierdie betrokke aspek.
7.5 Malan is in kennis gestel dat sy
voormelde aansoek afgewys is op 29 Augustus 2006. Hy het daarna
onverwyld appél aangeteken
teen sodanige afwysing
ooreenkomstig die wetlike voorskrifte.
7.6 Op 6 Desember 2006, terwyl Malan
se voormelde appél nog hangende was, het die Minister van
Minerale en Energie die Applikant
se aansoek vir ‘n mynreg
toegestaan.
7.7 Geen uitvoering is egter gegee
aan die voormelde verleende mynreg nie en het die Applikant, sonder
dat die Respondent of Malan
daarvan kennis gekry het of ‘n
party daartoe was, ‘n aansoek gebring by hierdie Hof om die
Minister te verplig om die
verleende mynreg uit te voer. Dié
aansoek is op 20 April 2007 toegestaan.
7.8 Nadat Malan
bewus geword het van die aansoek en die bevel soos voormeld, het hy
namens die Respondent dadelik aansoek gedoen
vir die tersydestelling
van die bevel en is die bevel dan ook tersyde gestel op 16 November
2007.
7.9 Die Applikant het op sy beurt
weer teen die voormelde tersydestellingsbevel appél
aangeteken, welke appél nog
hangende is in hierdie Hof
(uiteraard na ‘n Volbank).
7.10 Op 16 Julie
2008 het die Minister Malan se appél teen die weiering van sy
aansoek (sien para 7.5
supra
)
afgewys en is die Applikant se mynreg notarieel uitgevoer,
ooreenkomstig sy suksesvolle aansoek (sien para. 7.6,
supra
).
7.11 Hierna het
die Applikant sy onderhawige aansoek na hierdie Hof gerig,
ex
parte
en
op ‘n dringende basis, soos alreeds vermeld. Malan, wat die
onsuksesvolle aansoeker was ten aansien van ‘n mynreg
op
dieselfde eiendom, is ook nie as ‘n party gesiteer nie.
Namens die Respondent het Mnr.
Wessels SC die rede vir ‘n voorwaardelike teenaansoek en
gepaardgaande kondonasie-aansoek
as volg gemotiveer tydens sy
betoog:
Daar bestaan ‘n verdeeldheid
van siening in ons Howe aangaande die vraag of ‘n party wat die
heroorweging van ‘n
hofbevel in sy afwesigheid verleen aanvra
ingevolge Reël 6(12)(c), geregtig is om ondersteunende
eedsverklarings te liasseer.
In
ISDN
Solutions (Pty) Ltd v CSDN Solutions CC and Others 1996(4) SA 484(W)
te
487 D-C het Faber WnR aangedui dat dit wenslik is dat só ‘n
party ‘n eedsverklaring liasseer:
“
Something
need be said about procedure. Although no hard and fast rule need be
laid down, it seems desirable that a party seeking
to invoke the Rule
ought in an affidavit to detail the form of reconsideration required
and the circumstances upon which it is
based.
In
The
Reclamation Group (Pty) Ltd v Smit and Others 2004(1) SA215 SECLD
het
die Hof opponerende, repliserende en selfs dupliserende
eedsverklaring toegelaat.
Froneman R maak die volgende
opmerkings aangaande hierdie aspek te 218 D-F:
“
The
result of all this is that the reconsideration of the matter needs to
be done on the basis of a set of circumstances quite different
to
that under which the original ex parte order was obtained.
Reconsideration need not always take this form but Rule 6(12)(c)
is
widely formulated and in my view permits a reconsideration in this
manner (cf Lourenco and Others v Ferela (Pty) Ltd and Others
(No 1)
1998 (3) SA 281 (T) at 290A - H). The consequences of this are
twofold. The first is that the issues are to be reconsidered
in the
light of the fact that both sides of the story are now before court.
The second is that the execution of the original order
may have had
the effect that those issues are not exactly the same as the issues
before Court when the original application was
heard.”
‘
n
Teenoorgestelde mening is egter uitgespreek deur Joffe R in
Rhino
Hotel and Resort (Pty) Ltd v Forbes and Others 2001(1) SA 1180
(W)
te
1182 E:
“
Where
rule 6(12)(c) is utilised, the original application is reconsidered
on its own without reference to anything else.”
Ek verkies die
benadering in die
ISDN
Solutions
en
Reclamation
Group
beslissings hierbo. Die oogmerk van dié reël is dan
juis om aan ‘n gegriefde party ‘n meganisme te bied:
“…
.
to redress imbalances in, and injustices and oppression flowing from
an order granted as a matter of urgency in his absence.
In
circumstances of urgency where an affected party is not present,
factors which might conceivably impact on the content and form
of an
order may not be known to either the applicant for urgent relief or
the Judge required to determine it”
(per Faber WnR, in
die
ISDN
Solutions
saak,
supra
,
te 487 D).
Sien ook:
National
Director of Public Prosecutions v Braun and Another 2007(1) SA 189
(C)
te 194B.
Dit is derhalwe na
my mening, met respek, beswaarlik haalbaar om, soos Joffe R dit
benader, die oorspronklike aansoek te heroorweeg
“
without
reference to anything else”
(in die
Rhino
Hotel
saak,
supra
).
Volgens Mnr.
Wessels is die voorwaardelike teenaansoek en kondonasie-aansoek as’t
ware dus as ‘n voorwaardelike alternatief
gebring indien
hierdie Hof die benadering van Joffe R in die
Rhino
Hotel
saak sou volg. Gegewe my voorafgaande bevindinge is dit derhalwe
nie nodig om enigsins verder te handel met die voorwaardelike
teenaansoek nie. Ek volstaan deur bloot daarop te wys dat dié
voorwaardelike teenaansoek gemik was daarop om die hofbevel
van
20 Augustus 2008 herroep of opgeskort te kry, hangende die
finale beregting van hersieningsaansoeke wat ingestel sou
word vir
die tersydestelling van die Minister se afwysing van Malan se appél
en vir die tersydestelling van die besluit
om Applikant se aansoek
vir ‘n mynreg toe te staan.
Gevolglik is daar nou voor hierdie
Hof:
11.1 Enersyds, ‘n aansoek vir
heroorweging van die hofbevel van 20 Augustus 2008, aangevra
deur die Respondent; en
11.2 Andersyds, ‘n aansoek deur
Applikant, vir uitstel van die bekragtiging van die tussentydse bevel
van 20 Augustus 2008
en ‘n gepaardgaande kostebevel. Daarmee
saam vra die Applikant vir kondonasie van die laat liassering van sy
repliserende
eedsverklaring.
Ek is dit eens
met Mnr. Wessels dat die benadering in
Plascon-Evans
Paints (Pty) Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984(3) SA 620 (A)
te
634 G – 635 C ook geld by reël
6(12)(c)-aansoeke. Ek pas dan ook hierdie benadering
in
casu
toe.
Dit is ‘n
geykte beginsel dat
uberrimae
fides
‘n
absolute vereiste is wanneer ‘n Applikant ‘n Hof nader
op ‘n
ex
parte
basis. Alle tersaaklike feite, tot die kennis van ‘n
Applikant
moet
openbaar word.
Sien in die algemeen:
United Watch
and Diamond Co Ltd v Disa Hotels Ltd 1972(4) SA 409 (C)
te
413 D;
Absa Bank Ltd v
Ntsane 2007(3) SA 554 (T)
te
563 I (par. 50).
Vir die redes wat
later volg, is ek die mening toegedaan dat die Applikant versuim het
om sekere wesenlik tersaaklike feite te openbaar
tydens sy
ex
parte
aansoek.
Ek ag dit nodig
om eers kortliks te handel met Mnr. Smit
,
namens die Applikant, se submissies. Hy het aan die hand gedoen dat
kondonasie aan die Applikant verleen behoort te word en
dat die saak
uitgestel moet word tot die keerdag van 17 Oktober 2008 of tot
‘n vervroegde keerdag en dat die Applikant
intussen toegelaat
moet word om te myn op die eiendom kragtens sy verleende mynreg.
Hierdie submissie is grootliks gebaseer
daarop dat:
a) die Applikant
na Mnr. Smit se submissie huidiglik die enigste houer van ‘n
mynreg op die eiendom
is; en
b) die Respondent
versuim het om, soos die hofbevel van 20 Augustus 2008 bepaal het,
drie dae kennis te gee van die vervroeging
van die keerdag; en
c) die Respondent nie ‘n saak
vir dringendheid uitgemaak het vir die heroorwegingsaansoek nie en
dat die kennisgewing daarvan
aan die Applikant heeltemal te kort
skiet; en
d) laastens en in die algemeen, dat
die Respondent nie ‘n saak uitgemaak het vir die heroorweging
van die hofbevel nie.
Alhoewel ek
heeltemal bereid is om kondonasie te verleen aan die Applikant vir
die laat liassering van die repliserende eedsverklaring,
meen ek
dat
daar hoegenaamd geen rede bestaan waarom die verrigtinge nou verder
uitgestel moet word nie. Daar is ‘n volledige stel
eedsverklarings vanaf beide partye voor my en
al
die tersaaklike feite is nou voor my (anders as wat die geval was
voor Moloi WnR toe hy die bevel op 20 Augustus 2008 toegestaan
het, soos wat ek sal aantoon). Boonop en in elk geval is daar
verskeie kardinale oorweginge wat my daartoe noop om eerder die
aangeleentheid nou af te handel. Daardie oorweginge slaan grootliks
op die feit dat ‘n aantal wesenlik tersaaklike feite
nie aan
Moloi WnR geopenbaar is op 20 Augustus 2008 nie. Ek bespreek
vervolgens hierdie feite.
16.1 Mnr. Wessels
het gesubmitteer dat die dringende,
ex
parte
aansoek bloot maar ‘n dekmantel was om die opgehoopte sout
vanaf die eiendom te verwyder. Daar is veel te sê vir hierdie
submissie. Die Applikant ontken nie dat hy basies al die opgehoopte
sout vanaf die eiendom verwyder het nie. Wat onrusbarend
is, is die
feit dat sodanige verwydering klaarblyiklik onverpoosd voortgegaan
het, selfs ná die bevel van 21 Augustus
2008, waarvolgens
die Applikant belet is om enige sout verder vanaf die eiendom te
verwyder (sien para. 3(b) hierbo). Op
die Respondent se stukke
staan dit vas dat sodanige verwydering ná die verlening van
die voormelde hofbevel plaasgevind
het. Die eedsverklarings van
Malan se dogter, Elsofé, en van sy seun, Stephanus, sowel as
dié van sy prokureur,
Mnr. PS Lange en meegaande
lugfoto’s wat Mnr. Lange op 25 Augustus 2008 van die
soutpan geneem het, bevestig dié
aspek.
16.2 Die Applikant
het, by monde van Mnr. Smit, gesteun op die bepalings vervat in
art 5(3)(c) van die Mineral and Petroleum
Resources Development
Act, 29 van 2002 (”
die
Wet”
)
as magtiging vir die verwydering van die southope vanaf die eiendom.
Artikel 5(3)(c) lees as volg:
“
(3)
Subject to this Act, any holder of a prospecting right, a mining
right, exploration right or production right may-
(a) ……
(b) ….....
c) remove and dispose of any such
mineral found during the course of prospecting, mining, exploration
or production, as the case
may be;
16.3 Mnr. Smit se
beroep op art 5(3)(c) is heeltemal misplaas. Dit is gemene saak
dat die opgehoopte sout gemyn is tussen
2002 en 2004 ingevolge ‘n
notariële minerale huurkontrak en sonder dat die destydse
Saamwerk Soutwerke BK ‘n geldige
mynpermit daarvoor gehad het.
Hierdie beweringe is nooit betwis nie; in elk geval aanvaar ek die
Respondent
se
beweringe hieraangaande vir soverre dit in geskil mag wees op grond
van die
Plascon
Evans
-benadering.
Bowendien
en
in elk geval het die Applikant nooit gesteun op sodanige mynpermit
nie en skitter só ‘n permit in sy afwesigheid
op die
Applikant se stukke.
Gevolglik dus kon
Saamwerk Soutwerke BK nooit regtens aanspraak maak op die ontginde
sout nie. Dít staaf
ook
die Respondent se beweringe dat die sout juis opgehoop het en nooit
verwyder kon word nie, omrede die BK nooit ‘n mynpermit
bekom
het nie. Die opgehoopte sout het óf aan die Staat (onder die
huidige wetsbepalings) óf moontlik aan die eienaars
van die
eiendom (onder die vorige wetsbepalings) behoort, maar beslis nie aan
Saamwerk Soutwerke BK nie. Daar bestaan ook glad
geen magtiging vir
die huidige Applikant om die opgehoopte sout te verwyder nie. Sy
nuut verleende mynreg kan tog nooit dien as
magtiging om sout wat
reeds gedurende November 2004 en vroeër ontgin is, te verwyder
nie.
16.4
Vir
die voormelde redes meen ek Mnr. Wessels is korrek in sy submissie
dat:
a) die Applikant hoegenaamd geen
magtiging uit hoofde van sy tans verleende mynreg gehad het om die
sout te verwyder nie; en
b) die Applikant
gruwelik versuim het om in sy dringende
ex
parte
aansoek
van 20 Augustus 2008 aan Moloi WnR die korrekte en volledige
agtergrondfeite (soos in para. 7.1 tot 7.11 hierbo vermeld)
en sy
voorneme om die opgehoopte sout te verwyder, te openbaar.
16.5
Ek
is dit eens met Mnr. Wessels dat, indien die korrekte en volledige
stel agtergrondfeite sowel as Applikant se voorneme om onwettig
die
opgehoopte sout te verwyder (sodanige onwettigheid sou myns insiens
blyk uit die agtergrondfeite se openbaarmaking), dan sou
Moloi WnR,
met respek, nie ‘n tussentydse bevel uitgereik het op 20
Augustus 2008 nie.
Die aspek in
para. 16 hierbo behandel, gooi uiteraard ‘n donker
skaduwee oor Applikant se
bona
fides
hierin.
Belangriker nog – dit stel
per
se
gronde
daar vir die tersydestelling van die
ex
parte
tussentydse bevel. Daar is egter nog verdere gronde waarop die
tussentydse bevel tersyde gestel behoort te word:
17.1 Die aansoek
is op uiters dringende basis op 20 Augustus 2008 gebring sonder om
kennis te gee, op grond daarvan dat die Applikant
(by monde van du
Toit) gevrees het dat Malan sy dreigement sou uitvoer om die southope
te “
saboteer”
.
Hierdie grond van dringendheid gaan glad nie op nie:
a) eerstens lê
die sout natuurlik al vanaf November 2004 op die eiendom en kon Malan
lankal dit gesaboteer het indien dit
sy oogmerk was; en
b) selfs op
Applikant se weergawe, by monde van ene Mnr. Hendriksz, ‘n
konsultant, sou Malan al op 19 Augustus 2008 kennis
gekry het van
Applikant se (nuut verleende) mynreg en kon hy toé al sy
gevreesde sabotasie uitgevoer het.
17.2 Du Toit
beweer in Applikant se funderende eedsverklaring dat die Applikant
reeds op
16
Mei 2005
aansoek vir ‘n mynreg gedoen het. Dié bewering is egter
duidelik verkeerd, aangesien die Applikant eers op
1
Julie 2005
geregistreer is. Daar was dus nie aansoek gedoen deur ‘n
“
persoon”
soos bedoel in art 22(1) van die Wet nie – Applikant het
naamlik op 16 Mei 2005 nog nie bestaan as ‘n (regs)persoon
nie.
17.3 Verder word
beweer in par
a.
20 van die funderende eedsverklaring dat Saamwerk Soutwerke BK na ‘n
private maatskappy (die huidige Applikant) omgeskakel
is. Hierdie
bewering is nie net onjuis nie, maar is tot die deponent, du Toit,
se vooraf kennis verkeerd, wat ‘n onvermydelike
afleiding
regverdig dat dit ‘n doelbewuste valsheid is. Ek sê so
omrede dieselfde deponent, du Toit, op 10 Oktober
2007 in ‘n
dupliserende eedsverklaring namens die huidige Applikant in
saaknr 540/2007 in hierdie Hof onder eed as volg
verklaar het:
“
Die
rekenmeester het egter in oorleg met die lede van die BK (hier word
natuurlik verwys na Saamwerk Soutwerke BK) aanbeveel dat
die BK
gederegistreer moet word en dat ‘n nuwe maatskappy opgerig moet
word. Dit is gedoen, maar ek was nie bewus daarvan
nie”.
Ek is geregtig om
kennis te neem van vorige getuienis (by wyse van eedsverklarings),
nie as getuienis in hierdie saak nie, maar
bloot as tersaaklike
vorige beweringe;
Vergelyk:
Boyce
N.O. v Bloem and Others 1960(3) SA 855 (T)
te
863 C-D.
Ek kry die indruk (ek stel dit niks
hoër nie) dat die onwaarheid doelbewus voorgehou is om die
gedagte tuis te bring dat die
huidige Applikant die regsopvolger is
van die destydse BK, asof dít die Applikant nou sou magtig om
die opgehoopte sout
te verwyder.
17.4 Die Applikant
het verder beweer in sy funderende stukke dat Malan, as wettige
okkupeerder van dié eiendom, nie sy samewerking
wou verleen om
mee te doen aan konsultasies soos beoog in art 5(4)(c) van die
Wet nie. Indien vir doeleindes van hierdie
uitspraak aanvaar word
dat dit wel die geval is (ek maak doelbewus nie ‘n bevinding
hieraangaande nie), dan kan dit nooit
‘n basis vorm vir die
aangevraagde regshulp nie. In só ‘n geval moet die
houer van ‘n mynreg (soos Applikant
hierin) die Hof nader vir
‘n bevel om die okkupeerder óf te verplig om deel te
neem aan samesprekings óf om
‘n verklarende bevel te
bekom dat sodanige samesprekings geag word plaas te gevind het.
17.5 Die Applikant
se dringende,
ex
parte
aansoek voor Moloi WnR op 20 Augustus 2008 was primêr
daarop gemik om toegang tot die eiendom te bekom en om
Malan/Respondent
te belet om met die Applikant se mynbedrywighede in
te meng. Artikel 54 van die Wet bied egter ‘n
breedvoerige remedie
in dié verband. Applikant het glad nie
van dié artikel se bepalings gebruik gemaak nie en het
inteendeel nie eers
melding daarvan gemaak nie. Boonop is die gronde
vir dringendheid aangevoer deur die Applikant op 20 Augustus 2008
ernstig onder
verdenking, soos ek hierbo aangetoon het.
Ek is die
respekvolle mening toegedaan dat, indien al hierdie korrekte,
volledige tersaaklike feite, soos voormeld, voor Moloi WnR
geplaas gewees het, die Applikant nie ‘n tussentydse bevel sou
bekom het nie. Die prentjie lyk nou heeltemal anders as
dié
voorgehou aan Moloi WnR op ‘n dringende,
ex
parte
basis.
In ‘n aansoek vir heroorweging
ingevolge Reël 6(12)(c) het ‘n Hof ‘n wye
diskresie en kan die bevel
óf ten volle óf gedeeltelik
geskrap, gewysig of uitgebrei word;
Sien:
Erasmus,
Superior Court Practice
te
B1-56C en gewysdes daar aangehaal.
In die onderhawige
geval het die Respondent na my mening voldoende gronde voorgehou dat
ek, in die uitoefening van my diskresie,
die bevel
nisi
verleen op 20 Augustus 2008 kan ophef.
In sy mondelinge
betoog het Mnr. Wessels versoek dat ek ook ‘n bevel moet maak
ten aansien van die sout wat alreeds deur
die Applikant verwyder is
vanaf die eiendom. Só ‘n bevel, submitteer hy, behoort
te lui dat die Applikant verbied
word om die sout te vervreem of dat
enige gelde ontvang uit
die
verkoop van die sout by die Respondent se prokureurs in trust
inbetaal moet word, hangende die instel van die voorgenome
hersieningsaansoeke deur die Respondent/Malan.
Ek is nie bereid
om só ‘n bevel te maak nie, want dis nooit aangevra nie.
Die Respondent mag in elk geval moontlik
‘n
skadevergoedingseis hê en behoort hy redelik maklik die bedrag
van sy skade te kan kwantifiseer.
Al wat oorbly is
koste. Mnr. Wessels het in sy betoogshoofde gevra vir ‘n
bestraffende kostebevel. Hierdie versoek is
geregverdigd, veral na
aanleiding van die Applikant se verswyging van wesenlik tersaaklike
feite in die
ex
parte
aansoek
en die voorhou van verkeerde feite daarin (in ten minste een geval,
doelbewus, soos ek hierinvantevore bevind het).
Hierdie is ‘n gepaste geval om,
in die uitoefening van my diskresie, ‘n bestraffende kostebevel
te maak;
Vergelyk:
Audio
Vehicle Systems v Whitfield 2007(1) SA 434 (C)
te
443 C-D.
Rhino Hotel &
Resort (Pty) Ltd v Forbes and Others,
supra
te 1185 A-B.
Ek reik die volgende bevel uit:
22.1
Die
laat liassering van die Applikant se repliserende eedsverklaring word
gekondoneer.
22.2 Die bevel
nisi
van
20 Augustus 2008 word in sy geheel opgehef.
22.3
Die
Applikant word gelas om die Respondent se koste, ingesluit die koste
wat oorgestaan het op 21 Augustus 2008, te betaal op ‘n
skaal
soos tussen prokureur en kliënt.
___________
_
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPLIKANT : ADV
K SMIT
IN OPDRAG
VAN :
VAN
DE WALL EN VENNOTE
NAMENS
RESPONDENT : ADV MH WESSELS SC
IN OPDRAG
VAN :
DUNCAN
& ROTHMAN