S v Zontolla (CA&R 34/2008) [2008] ZANCHC 55 (15 August 2008)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Drug Offences — Conviction for dealing in drugs — Appellant convicted of two counts of dealing in drugs, specifically cocaine and mandrax — Appellant appealed against conviction and sentence — The State's case relied on the testimony of a police officer who posed as a drug buyer — Appellant denied involvement, presenting an alternative narrative — Court found the police officer's testimony credible and consistent, while the appellant's version was implausible and contradictory — Appeal dismissed, convictions and sentences upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 55
|

|

S v Zontolla (CA&R 34/2008) [2008] ZANCHC 55 (15 August 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 34/2008
Saak
Aangehoor:
11/08/2008
Dat
um
gelewer: 15/08/2008
In
die
saak tussen:
Matthews
Zontolla
Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Lacock
R et Olivier R
UITSPRAAK
OP APPéL
Olivier
R:
Die
appell
ant
is in die Landdroshof te Kimberley skuldig bevind aan twee aanklagte
van handeldryf in dwelms ter oortreding van artikel 5
van die Wet op
Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, 140 van 1992. Die eerste aanklag
was dat hy op 13 Oktober 2003 handelgedryf
het met 0.95g kokaïne
en die tweede dat hy op 11 November 2003 handelgedryf het met 100
mandrax tablette.
Die
appellant is op aanklag
1
gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf en op aanklag 2 tot een jaar
gevangenisstraf en kom nou met verlof van die landdros in
hoër
beroep teen die skuldigbevindings sowel as die vonnisse.
Die
appellant se aanval op die skuldigbevindings is uit
sluitlik
gebaseer op die landdros se geloofwaardigheids- en feitebevindinge.
Dit is geykte reg dat, in die afwesigheid van ‘n
duidelike en
wesenlike mistasting, ‘n verhoorhof se feitebevindinge vermoed
sal word korrek te wees en slegs van afgewyk
sal word indien die
getuienis aantoon dat dit duidelik verkeerd was (sien
S
v Monyane and Others
2008 (1) SACR 543
(SCA)).
Die
S
taat
se getuienis was in kort dat die polisiebeampte Konstabel T K
Nqumbeni homself in die betrokke woonbuurt van Kimberley voorgehou

het as ‘n dwelmsmokkelaar en ook al só bekendheid, of
moontlik eerder berugtheid, verwerf het.
Teen
hierdie agtergrond het hy op 7 Oktober 2003 die appellant en ‘n
persoon wat later geblyk het ene Chute of Shooter (en
waarna
hierinverder verwys sal word as “
Chute
”)
raakgeloop in ‘n straat. Met die oog op ‘n moontlike
dwelmtransaksie is kontakbesonderhede toe uitgeruil.
‘n
Reëling is toe tussen Nqumbeni en die appellant getref dat die
appellant op 10 Oktober 2003 10 kokaïnkristalle
aan Nqumbeni
sou verkoop teen R80,00 stuk. Toe dit egter geblyk het dat die
videotoerusting in die betrokke voertuig van die
polisie foutief
was, is die afspraak deur Nqumbeni verskuif na 13 Oktober 2003.
Op
laasgemelde datum is Nqumbeni eers gevisenteer deur Inspekteur M van
Niekerk om te verseker dat hy niks anders in sy besit
gehad het nie,
voordat die nodige geld aan hom oorhandig is. Nqumbeni het toe die
appellant in ‘n straat ontmoet. Hy
het die appellant toe die
veld in gevolg, waar die appellant kokaïne onder ‘n klip
uitgehaal het. Omdat Nqumbeni
toe gekla het dat die kristalle te
klein was, het die appellant eindelik 14 kristalle aan Nqumbeni
oorhandig, waarvoor laasgemelde
‘n bedrag van R800,00 aan die
appellant oorbetaal het.
Op
10 November 2003 was daar weer telefoniese kontak tussen die
appellant en Nqumbeni en is gereël dat Nqumbeni 100 mandrax

tablette teen R30,00 stuk by die appellant sou koop.
Op 11 November 2003 is
Nqumbeni weer so gevisenteer, dié keer deur Konstabel C B
Abrahams, en is die geld aan Nqumbeni
oorhandig, tesame met ‘n
geseëlde videoband. Nqumbeni het toe die appellant buite
laasgemelde se huis opgelaai met
sy voertuig.
Nadat die appellant
toe teenoor Nqumbeni beweer het dat hy nie die tablette in sy besit
gehad het nie, het die appellant vir Nqumbeni
beduie hoe om te ry na
die huis van Chute, waar hy gesê het hulle die tablette sou
gaan haal.
Daar
aangekom, het die appellant egter vir Nqumbeni gewys dat hy
inderdaad die tablette in sy besit gehad het (waar dit voor by
sy
broek ingedruk was), maar het hy gesê dat hy eerder vir Chute
sou gaan haal, omdat hy wat die appellant was nie die
geld wou
ontvang nie.
Na
‘n rukkie het die appellant egter na die voertuig teruggekeer
en het dit geblyk dat hy blykbaar, terwyl hy in die betrokke
huis
was, onsuksesvol gepoog het om vir Nqumbeni te bel.
Die
appellant het toe die tablette aan Nqumbeni oorhandig en laasgemelde
het aan die appellant R3 000,00 betaal. Dit was
in kort dan
die strekking van die getuienis wat namens die Staat aangebied is.
Die appellant se saak,
wat betref aanklag 1, was dat hy ontken het dat hy enigsins betrokke
was by die verkoop van kokaïne
aan Nqumbeni.
Wat
betref die mandrax tablette (aanklag 2) het die appellant aangevoer
dat hy Nqumbeni die eerste keer gesien het ongeveer ‘n
week
voor 11 November 2003, toe Nqumbeni en ene Eli (ook in die getuienis
na verwys as “
Elijah

en “
Mdakwetu
”)
met ‘n voertuig by die appellant se huis opgedaag het en Chute
(wat tot op daardie stadium daar by die appellant
was) toe vandaar
saam met hulle weg is.
Volgens die appellant
het Nqumbeni hom toe ongeveer ‘n week later (vermoedelik dan
op 11 November 2003) genader en gevra
of hy hom nie kon gaan wys
waar Chute bly nie, omdat Nqumbeni nie vir Eli in die hande kon kry
nie.
By
Chute se huis aangekom, het Nqumbeni toe volgens die appellant aan
hom ‘n bedrag geld oorhandig en hom versoek om dit
vir Chute
te gaan gee. In die huis het laasgemelde die geld ontvang en op sy
beurt aan die appellant ‘n pakkie oorhandig,
wat hy toe in die
voertuig aan Nqumbeni gaan oorhandig het.
Toe Nqumbeni in die
voertuig een van die aparte pakkies binne die betrokke pakkie
oopgemaak het, het dit geblyk tablette te bevat.
Nqumbeni het toe
volgens die appellant aan hom R3 000,00 gegee om aan Eli te
oorhandig en hom gaan aflaai.
Volgens die appellant
het Nqumbeni hom toe weer later in ‘n taverne genader om hom
na Chute te vergesel, maar het hy toe
geweier.
Die landdros het, met
inagneming van die feit dat Nqumbeni ‘n enkelgetuie was,
bevind dat hy ‘n goeie getuie was.
Ek is van oordeel dat
hierdie bevinding korrek was en daar is ook nie in argument gewys op
enige mistasting wat die landdros
in hierdie verband mag begaan het
nie.
Wat
aanklag 1 betref, toon die getuienis van Inspekteur van Niekerk dat
die appellant nie die hele storie uit sy duim gesuig het
nie. Van
Niekerk het inderdaad die betrokke geld aan Nqumbeni oorhandig op
daardie datum en later van hom die kokaïne ontvang.
Dit
is totaal vergesog dat Nqumbeni en van Niekerk se hele verhaal in
hierdie verband gefabriseer sou wees en daar was geen suggestie
dat
die appellant met iemand anders verwar sou gewees het nie.
Inteendeel,
dié verhaal sluit mooi aan by die latere gebeure van 10 en 11
November 2003, want dit sou verduidelik waarom
Nqumbeni toe weer die
vrymoedigheid sou gehad het om met die appellant oor die mandrax te
praat.
Die
appellant was nie net ooglopend ‘n swak getuie wat sy weergawe
aangepas het nie, maar sy weergawe ten aansien van veral
aanklag 2
het ook ernstige onwaarskynlikhede bevat.
Die
appellant se aanvanklike bewering dat Nqumbeni hom nodig gehad het
om vir hom te wys waar Chute bly, het gebots met sy latere
getuienis
dat Nqumbeni eintlik geweet het waar Chute gebly het.
In ‘n poging om
dit te verduidelik, het die appellant beweer dat Nqumbeni te kenne
gegee het dat hy hom gevra het om hom
te vergesel omdat hy hom dan
kwansuis besonders sou vertrou het (en dit nadat hulle op die
appellant se weergawe mekaar toe maar
nog net een keer voorheen op
‘n afstand gesien het).
Die
appellant kon ook nie verduidelik waarom Nqumbeni, indien hy maar
net wou gehad het dat die appellant hom moes vergesel na
Chute se
huis, daar vir hom wat die appellant
was
sou gevra het om die geld in te neem nie. Nog minder kon hy
verduidelik waarom hy toe nie vir Nqumbeni uitgevra het oor dié

vreemde (en inderdaad totaal onwaarskynlike) optrede nie.
Op
die appellant se eie weergawe het hy, toe Chute vir hom by
oorhandiging van die pakkie gesê het om vir Nqumbeni te sê


die
stuff hy is all right ... en die manne gaan dit like
”,
al hond se gedagte gehad, maar by homself gedink dat hy “
tog
... gaan nou na die polisie toe die goed vat, is moontlik dat hy
moet gaan kyk wat die is
”.
Die appellant het toe egter nog nie geweet dat Nqumbeni ‘n
polisiebeampte was nie.
Later
het die appellant sy getuienis aangepas om te beweer dat hy eers toe
Nqumbeni een van die kleiner pakkies (binne die grot
er
pakkie) in die voertuig oopgemaak het en hy die tablette gesien het,
gedink het dat dit dwelms kon wees.
Dit
was gemenesaak dat Nqumbeni die appellant daar in die voertuig gevra
het of al die tablette dieselfde was en dat die appellant
toe
bevestigend geantwoord het. Die appellant het eers beweer dat hy
bloot bedoel het om te verwys na die een oop pakkie se
tablette,
maar later toegegee het dat hy eintlik verwys het na al die tablette
(dit wil sê ook dié in die oorblywende
twee toe pakkies
wat binne die groter pakkie was). Hoe sou die appellant op sy
weergawe geweet het hoe al die tablette gelyk
het (ook dié in
die twee toe pakkies) en, belangriker nog, hoekom sou Nqumbeni op
die appellant se weergawe dit vir hom
gevra het?
Ten aansien van die
beweerde latere ontmoeting by die taverne (wat Nqumbeni ontken het)
het die appellant homself nie alleen weerspreek
oor of dit Chute of
Mdakwetu was wat hy gesien het voordat hy geweier het om weer vir
Nqumbeni te vergesel nie, maar het hy later
ook toegegee dat hy nie
weer met Nqumbeni te doen gehad het ná 11 November 2003 nie.

n Video-opname
van die gebeure van 11 November 2003 is ook as bewysstuk ingehandig.
Ek moet sê dat die wyse waarop te werk
gegaan is met die
aanbied en toelaat van hierdie getuienis totaal onbevredigend was.
In die eerste plek is
geen stappe geneem om die inhoud van die opname op rekord te plaas
nie. Verder het dit geblyk dat die opname
ook van ‘n swak
gehalte was.
Die
appellant het ook destyds aangedui dat die tolk nie behoorlik
oorgedra het wat tydens die opname gesê is nie. Die opname
en
‘n transkripsie van die betrokke getuienis is toe oorhandig
aan mnr Pholo, ‘n senior hoftolk met 22 jaar ondervinding.
Sy
latere getuienis was dat dit wat die tolk oorgedra het ‘n

summary
of what he could hear to the best of his ability of his hearing

was.
Op
mnr Pholo se eie getuienis sou die tolk dan egter maar gesukkel het
om iets te hoor. Hyself moes oorfone gebruik om net die

audible
sections

te transkribeer.
Dit is teen hierdie
agtergrond verbasend dat die appellant se regsverteenwoordiger
sondermeer toegestem het tot die toelating
van hierdie getuienis as
bewysmateriaal.
Selfs so het dit egter
darem wel minstens uit Nqumbeni se onbetwiste getuienis geblyk dat
die video-opname vertoon het dat die
appellant die dwelms voor by sy
broek uitgehaal het; wat natuurlik volkome teenstrydig sou wees met
die appellant se weergawe
dat hy die dwelms in die huis by Chute
gekry het.
Dat ‘n
video-opname inderdaad van die gebeure in die voertuig op die
betrokke dag gemaak is, is bevestig deurdat die appellant
self ook
getuig het dat die betrokke opname getoon het hoedat Nqumbeni die
tablette voor hom oopgemaak het.
Afgesien daarvan dat
die appellant se weergawe oor die tweede aanklag dus ooglopend vals
en nie redelik moontlik waar was nie,
is daar ook vir Nqumbeni se
weergawe stawing in die getuienis van die betrokke opname.
Wat
die vonnisse betref, is in die betoogshoofde namens die appellant
bloot aan die hand gedoen dat die kumulatiewe effek van
die twee
vonnisse onvanpas is, “
veral
as in aanmerking geneem word dat dit die appellant se eerste
oortreding van hierdie aard is
”.
Na my oordeel is nòg
die individuele vonnisse nòg die kumulatiewe effek daarvan
onvanpas.
Alhoewel die appellant
geen soortgelyke vorige veroordeling gehad het nie, was hy beslis
nie ‘n eerste kennismaker met die
gereg nie. Hy is ‘n
man wat hom tussen 1992 en 1999 by verskeie geleenthede skuldig
gemaak het aan huisbraak en wat ook
al meermale gevangenisstraf
uitgedien het in die proses.
Alhoewel
dit nie direk betrekking het op die onderhawige oortredings nie, is
die appellant se misdaadgeskiedenis sekerlik nie
ontersaaklik nie en
was hy na my oordeel tot ‘n mate gelukkig dat die landdros
oënskynlik glad nie sy rekord in ag
geneem het by die oorweging
van vonnis nie.
Die dwelms is ook aan
Nqumbeni verkoop op die basis dat hy self ‘n handelaar sou
wees; dit wil sê nie vir eie gebruik
nie, maar vir verdere
verspreiding.
Selfs
al was die hoeveelheid kokaïne tersprake maar slegs 0,95g is
dit duidelik uit die gesag dat kokaïne inderdaad
‘n
gevaarlike dwelm is. Die handeldryf in dwelms soos kokaïne en
mandrax word inderdaad deur die howe in ‘n
uiters ernstige lig
beskou (sien
S
v Nkabinda
1993 (1) SACR 6
(A) op 9e-f).
Word gelet op die
maksimum voorgeskrewe vonnis vir die handeldryf in hierdie tipe
stowwe, is daar geen grond waarop enige van
die twee vonnisse of
hulle kumulatiewe effek as skokkend of onvanpas beskou sou kon word
nie.

... it is
clear that by making provision for severe sentences, the Legislature
was endeavouring to give the courts sufficient power
to exterminate
the ever-growing social evil of abuse of drugs in our community.
Drug trafficking is a scourge all over the world.
It is the kind of
insidious evil that has the capacity to ruin mankind. In its wake,
we find broken families, drug addicts and
the youth who, due to
naivety and lack of experience have proved to be easy prey to
unscrupulous dealers. … The courts
can certainly make their
contribution in the gallant fight against this pernicious evil by
imposing appropriate sentences. In
the circumstances, appropriate
sentences are those that will send a clear and unequivocal message to
the public including drug
dealers that our courts will not hesitate
to impose particularly severe sentences which are intended to act as
deterrents …
. To my mind drug-dealers deserve no sympathy or
pity. They must face the full might of the law.”
Per
Bosielo WRP in
S
v Bartlette
,
‘n ongerapporteerde uitspraak op appèl in hierdie
afdeling onder saak no CA & R 92/07
.
Die landdros het dan
ook uitdruklik die kumulatiewe effek van die twee vonnisse oorweeg
by die oplegging daarvan.
By
gevolg
word die volgende bevel hierin gemaak:
Die
appèl mislu
k
en die skuldigbevindings sowel as die vonnisse word bekragtig.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam:
________________________
H J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
App
ellant: Adv
T Fourie
In
opdrag van
: Regshulpsentrum,
KIMBERLEY
Nms
Respondente
: Adv
J J Cloete
In
opdrag van
: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY