Dumani and Another v S (A789/2007) [2008] ZAWCHC 152 (29 February 2008)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction for robbery with aggravating circumstances and assault — Appellants convicted in lower court; first appellant sentenced to 15 years for robbery and additional 12 months for assault — Second appellant acquitted of attempted murder — Evidence against both appellants included eyewitness identification and police testimony — Appellate court upheld conviction for robbery, but set aside assault conviction of first appellant due to ambiguity in the lower court's judgment — Sentences deemed appropriate and not disturbingly inappropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 152
|

|

Dumani and Another v S (A789/2007) [2008] ZAWCHC 152 (29 February 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.789/2007
DATUM
:
29
FEBRUARY 2008
In
die saak tussen:
NATION
DUMANI
1ste
Appelfant
NELSON
BANISE
2de
Appelant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
ROUX,
WnR
:
Die
appellante is beide aangekla op twee aanklagte, te wete roof met
verswarende omstandighede en poging tot moord. Die verhoorlanddros

het op 12 Maart 2003 beide appellante skuldig bevind op die eerste
aanklag. Die eerste appellant is ook skufdig bevind aan aanranding
op
die tweede aanklag. Die tweede appellant is vrygespreek op die tweede
aanklag.
Wat
die tweede aanklag betref, blyk daar 'n mate van onsekerheid te
bestaan oor welke van die twee appellante die landdros bevind
het
daaraan skufdig te wees - op bladsy 206 van haar uitspraak lees dit
inderdaad soos volg:
"Beskuldigde
2 op aanklag 2 skuldig is aan (onduidelik) skuldig is aan aanranding
en dat beskuldigde 2 op daardie aanklag vrygespreek
is."
Dit
is of n weerspreking of
r
n
tikfout. Uit die vonnis blyk dit egter dat eerste appellant skufdig
bevind is op die aanklag van aanranding en gestraf is tot
'n
bykomende twaalf maande gevangenisstraf. (Bladsy 209 van die rekord.)
Die verhoorlanddros het beide die appellante gevonnis
tot 15 jaar
gevangenisstraf op die eerste aanklag. Die appellante kom nou in hoer
beroep teen hul skuldigbevinding en vonnis.
Ek
is van mening dat die Hof a
quo
tereg
die appellante skuldig bevinding het aan roof met verswarehde
omstandighede. Wat die eerste appellant betref, was daar oortuigende

getuienis van die klaagster dat sy hom uitgeken het, beide tydens 'n
uit kenning sparade en in die hof. Daarbenewens is dit gemenesaak
dat
hy in die voertuig was waarin haar aanvallers van die toneel gevlug
het.
Daar
is ook, in die geheel beskou, oortuigende getuienis van die
polisiebeamptes dat eerste appellant, nadat die polisie die betrokke

voertuig gestop het, weggehardloop net en hom probeer versteek het.
Hy het ook nie betwis dat van die gesteelde goedere op hom
gevind is
nie en dat waar hy agter in die voertuig gesit het, n pis too! gevind
is nie. HierdJe getuienis dui oorweldigend daarop
dat hy betrokke was
in die roof. Die landdros se hantering van die getuienis kan nie
fouteer word nie
Wat
die tweede appellant betref, is dit ook nie betwis dat hy in die
betrokke voertuig was nie. Die klaagster het hom ook in die
hof
uitgeken en grondige redes verskaf waarom sy hom kon uitken, alhoewel
sy hom oenskynMk nie by 'n uitkenningsparade uitgeken
het nie.
Daarbenewens
was daar, in die geheel beskou, ook die getuienis van die
polisiebeamptes tot die effek dat ook hy
t
nadat
die betrokke voertuig gestop is, gevlug het en homself probeer
versteek het in nabygelee bosse. Die getuienis is pok nie betwis
dat
waar hy links voor in die betrokke voertuig gesit het, 'n pistool
gevind is nie. Die landdros het tereg verwys na inherente

onwaarskynlikhede in sy getuienis, wat daarop dui dat hy leuenagtig
was, byvoorbeeld sy getuienis van hoe dit gekom het dat hy
die
betrokke dag in die voertuig was. Dit val ons uiters onwaarskynlik op
dat kort nadat twee persone
r
n
gewapende roof gepleeg het en van die toneel vlug, hulle toevallig 'n
ryloper sal optel, soos wat die tweede appellant wou beweer.
Dit maak
gewoon ook nie sin dat die linker voorsitpfek dan oop saf wees
inaggenome die feit dat daar toe reeds twee persone in
die voertuig
was nie.
Wat
betref gebeure nadat die voertuig gestop is, kan ek nie fout vind met
die landdros se evaluering van die getuienis van die polisiebeamptes

in hul geheel beskou nie. Die getuienis van die polisie dat die
tweede appellant ook van die toneel weggevlug en horn probeer
versteek het, word inderdaad bevestig deur aantekening wat
inspekteur Smith gemaak het.
Ek
sou gevolgfik beide appellante se appel teen die skuldigbevinding op
die eerste aanklag van die hand wys.
Wat
die eerste appellant se appel teen die skuldigbevinding op aanranding
betref, het ek reeds verwys na die oenskynlike teenstrydigheid
in die
uitspraak. Dit is duidelik dat dit die tweede appellant was wat die
vuurwapen op die klaagster gerig het en die sneller
getrek het Dit is
inderdaad wat die landdros bevind het. Daar bestaan 'n mate van
onsekerheid "n daardie verband. Myns insiens
het die landdros
bedoel om die tweede appellant skuldig te bevind aan aanranding en
nie die eerste appellant nie. Dit blyk egter
uit die rekord dat die
eerste appeMant op hierdie aanklag skuldig bevind is.
Hierdie
aspek is egter nie spesifiek in die kennisgewing van appel
aangespreek of uitgelig nie en geeneen van die advokate het dit
in
hulle hoofde aangespreek nie. Hoe dit ook al sy, in die omstandighede
sou ek die appel teen die skuldigbevinding van die eerste
appellant
op aanranding handhaaf.
Dit
is geykte reg dat h hof van appel se bevoegdheid om in te meng in
straftoemeting beperk is. Die hof van appel sal slegs inmeng
by die
vonnis van 'n verhoorhof indien die verhoorlanddros sy diskresie op h
onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het of
indien die
opgelegde vonnis steurend en skokkend onvanpas is, (Sien
S
v MALGAS
2001(1) SASV 469 (HHA) 478d-h.)
Die
verhoorlanddros het by die oplegging van gepa^ste vonnisse gekyk na
die ernstigheid van die misdryf, die gemeenskap se belange
in daardie
verband en die appeflante se persoonlike omstandighede en daardie
aspekte inaggeneem. Na my mening het die verhoorlanddros
nie haar
diskresie op
1
n
onbehoorlike of onredeEike wyse uitgeoefen nie en is die vonnis wat
die appellante opgele is nie steurend of skokkend onvanpas
nie.
Gevolglik sou ek appellante se appel teen die vonnis wat deur die
verhoorlanddros opgele is, van die hand wys.
Bygevolg
sou ek die volgende bevel maak:
Die
appel slaag gedeeltelik.
Beide
die appellante se skuldigbevinding op die eerste aanklag word
bekragtig.
Die
eerste appellant se skuldigbevinding en vonnis op die tweede
aanklag, te wete aanranding word tersyde gesteJ.
Beide
die appellante se appef teen die vonnis opgele op die aanklag van
roof met verswarende omstandighede word van die hand gewys.
ROUX,
WnR
DESAI,
R
:
Ek stem saam. Net om die bevel te herhaal:
1.
Die appel slaag gedeeltelik;
2.
Beide die appellante se skuldigbevinding op aanklag 1 word
bekragtig;
3.
Die eerste appellant se skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 word
tersyde gestel. Die vonn;tise opgele ten opsigte van aanklag
1 ten
opsigte van beide appellante word bekragtig.
DESAI,
R