About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 146
|
|
Masinga v S (A248/2007) [2008] ZAWCHC 146 (22 February 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOE1E HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.248/2007
DATUM
:
22
FEBRUARIE 2008
In
die saak tussen:
PHILLIMON
MASINGA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
DUMINY.
WnR
:
Die
appellant is in die streeknof te Kaapstad aangekla van diefstal van h
motorvoertuig. Hy net onskuldig gepleit, maar is op 26
Julie 2006
skuldig bevind en op 16 Augustus 2006 gevonnls tot tien jaar
gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is op toepaslike
voorwaardes.
Die
appellant appelleer nou teen die skuidigbevinding en vonnis.
Die
aankteg spruit
voort
uit
die diefstal van 'n motorvoertuig gedurende die nag van 4/5 Desember
2005 uit ft parkeerterrein by 'n woonstelgebou in Vredehoek,
Kaapstad. Die voertuig is die nag van 4 Desember 2005 daar geparkeer;
toe was dit in h goeie toestand. Teen agtuur op 5 Desember
2005 was
die voertuig weg. Toe dit teruggevind is was die deurslotte,
aansitslot en stuurslot beskadig en daar was ook skade aan
die
bakwerk.
in
die vroee oggendure van 6 Desember 2005 is die appellant saam met
twee ander persone in die voertuig aangetref en gearresteer.
Die
appellant was 'n passasier wat op die agterste sitplek gestt het.
Volgens die hoofstaatsgetuie is 'n skerpgemaakte stuk gereedskap
bekend as 'n "Allen key" ook op die sitplek gevind.
Blykbaar word sodanige instrumente dikwels met motordiefstalle
verbind.
Die
appellant het deurentyd ontken dat hy betrokke was by die diefstal
van die motor of trouens selfs dat hy geweet het dat die
motor
gesteel is. Sy weergawe was dat hy die aand van 5 Desember 2006 besig
was om te drink in 'n kroeg. Hy het een van die ander
beskuldigdes
daar ontmoet wat ft sleepwa op Stellenbosch moes gaan haal. Die
appellant net saam met horn gery. Met hulle terugkeer
he! hulle 'n
ander persoon opgelaai en drank bekom wat hulle gedrink het. Later
toe dit op is, het hulle besluit om na 'n nagklub
in Kaapstad te ry
om verdere drank te bekom. Op pad is hulle deur die polisie gestop en
in hegtenis geneem. Dit was die appellant
se verduideliking van hoe
hy in die voertuig beland het en daar aangetref is,
Sy
getuienis is dat hy nie van die "Allen key" in die voertuig
bewus was nie en dat hy nie deur die polisiebeamptes daarmee
gekonfronteer of daaroor uitgevra is nie. Dit is ook duidelik uit die
oorkonde dat hy nie daarmee gekonfronteer is tydens die verhoor
nie.
In
sy uitspraak het die verhoorlanddros twee redes aangegee vir die
skuldigbevinding van die appellant, die eerste daarvan was dat
een
van die beskuldigdes getuig het dat die voertuig behoort het aan ene
Sipho wat cfit reeds vir vier maande sou gehad het. Dit
was duidelik
valse getuienis wat sterk op daardie beskuldigde se skuld gedui het.
Die verhoorlanddros het dit egter ook aan die
appellant toegeskryf.
Advokaat
Pretorius,
wat namens die appellant opgetree het, het daarop gewys dat, volgens
sy getuienis, die appellant die voertuig vir die eerste keer
die aand
van sy arrestasie gesien het. Hy het homself nooit met die ander
beskuldrgdes se weergawe omtrent Sipho se beweerde besit
van die
motorvoertuig vir die vorige vier maande vereenselwig me en dit is
nooit met horn behandel in sy getuienis of kruisondervraging
nie. Na
my mening het die agbare verhoorlanddros fouteer deur hierdie
weergawe aan die appellant toe te skryf.
Die
tweede oorwegtng wat die verhoorlanddros teen die appellant in
ag
geneem
het, was dat die "h skerpgemaakte "Allen keys" in sy
"omgewing" gevind is. Terwyl dit moontlik agterdog
mag wek,
is dit nie Vi genoegsame basis waarop die appellant aan diefstal van
die motorvoertuig skuldig bevind kon word nie.
Die
appellant se blote aanwesigheid in die kennelik gesteelde voertuig
regverdig nie die afleiding dat hy betrokke was by die diefstal
daarvan nie of dat hy in besit was van die voertuig nie. In
laasgenoemde verband was daar geen getuienis dat hy enige beheer oor
die voertuig uitgeoefen het nie, selfs nie gesamentlik met die ander
mede-beskuldigdes nie. Daar kan dus nie gese word dat hy ooit
regtens
in besit was van die voertuig nie. In hierdie verband sien
R
v BRAND
1960(3) SA 637 (A) op 640E-641-E.
Om
die voorgaande redes meen ek dat die verhoorlanddros se benadering
tot die appellant se saak nie korrek was nie en meen ek dat
di'e
appellant se skuldigbevinding en vonnis tersyde behoort gestel te
word.
DUMINY,
WnR
VELDHUIZEN,
R
:
Ek stem saam
P
dit word so beveel. Die appel slaag, die skuldigbevinding en vonnis
word tersyde gestel.
VELDHUIZEN,
R