Williams v S (A471/07) [2008] ZAWCHC 144 (22 February 2008)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sexual Offences — Conviction based on single witness testimony — Appellant convicted of indecent assault against a minor — Appellant appealed against conviction citing concerns over the reliability of the complainant's testimony and the absence of corroborating evidence — Court found significant weaknesses in the state's case, including the complainant's initial denials and lack of medical evidence — Conviction deemed unsafe and set aside, with the appeal upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 144
|

|

Williams v S (A471/07) [2008] ZAWCHC 144 (22 February 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.471/07
DATUM
:
22
FEBRUARIE 2008
In
die saak tussen;
CEDRICK
WILLIAMS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
THRING.
R
:
In
die streekhof is die appellant van onsedelike aanranding aangekla.
Daar is beweer dat hy 'n 13-jarige jong seun 20 "sedert

11-jarige ouderdom" onsedelik aangerand het deurdat hy, na
bewering, "sy penis tussen sy anus gedruk het op drie

geleenthede en bewegings agter horn gedoen het". Op hierdfe
aanklag het die appellant onskuldig gepleit. By die verhoor
is hy
deur prokureur verteenwoordig.
Na
r
n
lang verhoor, waar verskeie getuies getuig het, is die appellant
deur die landdros skuldig bevind, soos aangekla, en ingevolge

arttkel 276{1)(i) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, tot vyf
jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die streeklanddros

appelleer die appellant teen sy skuldigbevinding.
By
die verhoor het heelwat strtiikelblokke te voorskyn gekom wat in die
staat se pad gestaan het. Kortliks kan hulle soos volg
opgesom word:
1. Toe
hy op 2 Oktober 2006 in die streekhof getuig het, was die klaer
slegs 13 jaar oud. Hy het oor gebeure getuig wat hy beweer

plaasgevind het of begin pfaasvind het toe hy slegs 11 jaar oud was.
Die getuienis van 'n kind moet altyd met groot versigtigheid

natuurlik bejeen word.
2. Die
klaer is 'n enkelgetuie vir die
staat
in
verband
met die beweerde seksuele optrede van die appellant. Die getuienis
van 'n enkelgetuie moet ook met groot omsigtigheid
benader word. Dit
is geykte reg dat hof 'n skuldigbevinding op die
onbekragtigde getuienis van 'n enkelgetuie sal inbring
slegs indien
daardie getuienis in alle wesenlike opsigte duidelik en bevredigend
is.
3.
Daar is 'n
agtergrondsgeskiedenis
in hierdie saak van familietwis en onmin. Die appellant is die
stiefpa van die klaer. Daar is klaarblyklik
"n lank
voorafbestaande onmin tussen die appellant en, onder andere,
Cathleen de Wies, die tante van die klaer se moeder,
aan die een
kant, en Nazoline de Vries, die klaer se tante, onder andere, aan
die ander kant. Dit skep altyd "n uiters gevaariik
situasie in
hierdie soort saak. Die gevaar is dat vals beskuldigings oor en weer
deur die twee faksies gemaak word - in hierdie
geval is daar
inderdaad getuienis van herhaalde gekonkel tussen lede van die gesin
wat oor en weer gepoog het om mekaar te beinvloed
om leuens te
vertei om sekere doelwitte van hulle eie te bevorder. Gepaard
daarmee - en wat dit vererger - gaan die gevaar dat
jong kinders,
soos die klaer, deur die betrokke partye gemanipuleer kan word om
die beskuldigings valslik te versterk. Daarbenewens
is daar
getuienis dat die klaer me van die appellant gehou het nie omdat
laasgenoemde horn herhaaldelik getug het deur horn pakke
slae te gee
en seifs op 'n geleentheid horn gewurg het.
4.
Toe die klaer oor die bewerings teen die appellant deur lede van die
familie gekonfronteer en ondervra is, het hy, die klaer,
die
bewerings aanvanklik meer as een maal ontken. Eerstens het hy dit
aan sy tante, Nazoline, ontken en, tweedens, ook aan sy
moeder.
Oortuigende verduidelikmgs vir hierdte ontkennings is myns insiens
nie op die rekord te bespeur nie. Daarna is druk op
horn deur, onder
andere, Nazoline de Vries uitgeoefen om met die "waarheid"
uit te kom. Toe maak hy vir die eerste
keer die beskuldigings teen
die appellant wat die onderwerp is van die aanklag.
5. Daar
is geen stawing op die rekord vir die klaer se betwiste getuienis
nie. Dit het mnr
Julius
,
wat namens die staat voor ons verskyn, toegegee. Die klaer het baie
lank na die beweerde misdade vir die eerste maal daaroor
gepraat,
blykbaar eers in omtrent 2006, minstens twee jaar na die voorval.
In hierdie geval kan daar geen sprake van mediese
stawing wees nie.
Daar is myns insiens geen aarwaarbare verduideliking op die rekord
van hierdie langdurige versuim van die klaer
om oor die appellant se
beweerde seksuele molestering van horn te kla nie. Sy ouers, en
heelwat ander lede van sy gesin, was
deurgaans aan horn beskikbaar
indien hy wou gekla het. Niks het horn te enige tyd verhoed om by
enigeen van hulle daaroor te
kla nie, tog het die klaer vir meer as
twee jaar lank tjoepstil gebly. Hy het gepoog om dit te verdufdelik
deur te se dat hy
bang was, maar presies waarvoor hy bang sou gewees
net, is nie uit die rekord duidelik nie, en dit is myns insiens nie
ft voldoende
of aanvaarbare verduideliking nie. Daar is nie eers
getuienis van "n sogenaamde "eerste rapport" van horn
nie:
inteendeel, soos ek reeds gese het, sy reaksie toe hy met die
bewerings vir die eerste keer gekonfronteer is, was om hulle
herhaaldelik
te ontken.
6.
Die
een getuie, wat volgens die klaer op een van die geleenthede
teenwoordig was toe die appellant die klaer beweerdeiik

onsedelik aangerand het en wat daarvan bewus moes gewees het, was 'n
nefie van die klaer, ene Uren de Vries, wat 18 jaar oud
was -
miskien "n bietjie jonger. Hy is nie as getuie vir die staat
geroep nie, maar wel as getuie vir die appellant. In
sy getuienis
het hy egter ontken dat hy so iets gesien het of daarvan bewus
geword het, naamlik dat die appellant die klaer sou
gemolesteer het.
Hy het verder getuig van 'n poging aan die kant van Nazoline de
Vries om horn te bemvloed om die appellant valslik
by die
geleentheid te betrek.
Die
appellant het in sy verweer getuig en al die bewerings van die klaer
van onsedelike aanranding ontken. In 'n fang en omslagtige
uitspraak
het die streeklanddros, nieteenstaande al hierdie struikelblokke in
die staat se saak, tot die gevoEgtrekking gekom
dat die staat die
skuld van die appellant bo redelike twyfel bewys het. Sy het die
klaer as
u
'n
bate goeie getuie" bestempel ten spyte van "hier en daar
gebreke het in sy getuienis" en sy was tevrede "dat
hy wel
die waarheid vir die hof vertel het". Hierdie gevolgtrekking
het sy bereik na toepassing, se sy, van die versigtigheidsreel
ten
opsigte van kinders en enkelgetuies. Sy het die leuenagtigheid van
die appellant as stawing van die appellant se getuienis
beskou.
Hy
was weliswaar nie h indrukwekkende getuie nie. Sy het ook Nazoline
de Vries as 'n goeie getuie beskou.
Na
my mening neem die getuienis van Nazoline de Vries, egter, die staat
se saak teen die appellant nie juis veel verder nie.
Heelwat
daarvan is ontoelaatbaar as hoorse.
Die
landdros het die getuienis van die appellant en van sy getuies, Uren
en Cathleen de Vries, as onwaar verwerp. Sy het trouens
bevind dat
die appellant ri leuenagtige getuie was. Dit is natuurlik wel Vi
relevante faktor in ti saak soos hierdie. Die volg
egter nie
noodwendig dat btoot omdat ri beskuldigde in sy getuienis lieg, hy
derhalwe skuldig is aan die misdaad waarvan hy aangekla
word nie. In
hierdie verband kan verwys word na
S
v MTSWENI
.
1985(1} SA 590 (A).
In
die lig van die verskeie swakhede in die staat se saak waarna ek
reeds verwys het, en veral die getuienis van die klaer, is
ek van
mening dat dit nie gese kan word dat laasgenoemde se getuienis in
alle wesenlike opsigte duidelik en bevredigend is nie.
Ek glo nie
dat die landdros die toepaslike versigtigheidsreel behoorlik
toegepas het nie. Dit wil vir my voorkom dat sy haar
tot ri mate ten
minste op die appellant se leuenagtigheid blind gestaar het. Die
gevare in hierdie saak is voor die hand liggend.
Die landdros skyn
om hulie nie ten voile te besef het nie.
Na
my oordeel is die skuldigbevinding van die appellant onveilig, en
kan dit nie ondersteun word nie. Gevolglik word die appel
gehandhaaf
en die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word ter syde
gestel.
THRING,
R
D
POTGIETER. WnR
:
Ek stem saam.
POTGIETER,
WnR