Gcule v S (A513/2006) [2008] ZAWCHC 143 (22 February 2008)

53 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Attempted Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of attempted rape of a nine-year-old girl — Evidence presented by the complainant accepted by the magistrate, while the appellant's denial was rejected — Medical evidence indicating no definitive findings of penetration but some redness observed — Court found insufficient evidence to establish the appellant's intent to penetrate, leading to a conclusion that the conviction should be altered to one of indecent assault — Appeal upheld, original conviction and sentence set aside, and replaced with a conviction of indecent assault and a five-year sentence, with two years suspended on certain conditions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 143
|

|

Gcule v S (A513/2006) [2008] ZAWCHC 143 (22 February 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.513/2006
DATUM
:
22
FEBRUARIE 2008
In
die saak tussen:
MBANDLA
GCULE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN.
R
:
Die
appellant is op 30 Augustus 2005 in die streekhof skuldig bevind aan
poging tot verkragting en tot agt jaar gevangenisstraf
gevonnis. Die
appellant kom, met verlof van die verhoorhof, in hoer geroep
teen sy skuldigbevinding.
Op
5 Januarie 2005 was die klaagster, wat toe nege jaar oud was, by haar
ouerhuts. Haar pa en die appellant het krieket op die televisie

gekyk. Die appellant het haar gestuur om te kyk of daar mense by sy
huis is. Die appellant het haar gevolg. By die appellant se
huis het
sy gemerk dat sy broer uit die huis kom. Sy het die huis
binnegegaan.
Die
appellant het ingekom, die deur toegemaak en haar op die bed gegooi.
Hy het haar broekie ultgetrek en daarna sy broek afgetrek.
Sy het
getuig dat hy haar bene oopgemaak het en haar verkrag het.
Toe
sy tuiskom het sy haar ma, wat in 'n motor gesit en koerant lees het,
gerapporteer wat gebeur het. Sy is na die polisiestasie
geneem en is
later deur n dokter oncfersoek. Die appellant se verhaal is dat hy
die klaagster se moeder gevra het of die klaagster
horn kan vergesel
om koeldrank te gaan koop. Hulle twee het na sy huis gegaan en hy het
geld in die slaapkamer gesoek. Die klaagster
het genoem dat sy die
krieket mis en is daar weg. Hy ontken dat hy haar hoegenaamd verkrag
het.
Die
landdros net die getuienis van die klaagster aanvaar en die van die
appellant verwerp. Ons is op geen mistasting in die landdros
se
uitspraak gewys nie en ek kon geen vind nie. In die omstandighede kan
ons sEegs met die landdros se gevolgtrekking inmeng indien
ons
tevrede is dat dit verkeerd is.
Verre
daarvan dat ek meen die bevinding is verkeerd, toon die nalees van
die oorkonde, na my mening, dat die landdros se bevinding
volkome
geregverdig is. Die landdros het nogtans die appeliant onskuldig
bevind aan verkragting omdat sy, op die getuienis as geheel,
nie kon
bevind dat die klaagster vaginaal gepenetreer is nie. Hy is egter
skuldig bevind, soos hierbo genoem, aan poging tot verkragting.
Met
hierdie bevinding van die landdros is ek dit nie eens nie. Die
mediese getuienis ondersteun nie die landdros se bevinding nie.
Die
distriksgeneesheer kon geen beserings aan die klaagster se
geslagsdele vind nie en het siegs gevind dat daar rooiheid om haar

vulva was. Hy het getuig dat die rooiheid die gevolg van 'n besering
of inflammasie kon wees. Oor watter een van die twee moontlikhede
dit
was, kon hy nie uitsluitsel gee nie. Hierdie getuienis is dus
neutraal.
Hoe
dit ook al sy, die getuienis toon nie bo redelike twyfet dat die
appellant subjektief die opset gevorm het om die klaagster
te
penetreer nie. Selfs al het hy sy geslagsdeel ontbloot, is dit ewe
moontlik dat hy net teen die klaagster se vagina wou vryf.
Dit volg
dat die skuldigbevinding nie kan staande bly nie. Na my mening is die
korrekte bevinding een van skuidig aan onsedelike
aanranding.
In
die lig hiervan moet die vonnts heroorweeg word. Ek is nie van
voorneme om al die getuienis te herhaal nie. Dit is genoegsaam
om te
noem dat dit van belang is dat die regte en liggaamlike integriteit
van jeugdiges beskerm moet word en dat optrede, soos
die beskuldigde
sh, nie geduld kan word nie. Die howe is genoop om in gevalle soos
die onderhawige streng op te tree.
Na
my mening sal die ondergenoemde vonnis aan a] die oogmerke van
vonnisoplegging voldoen: Gevolglik slaag die appel en word die

skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel en met die volgende
vervang:
Skuldig
aan onsedelike aanranding. Die appellant word gevonnis tot
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
waarvan twee (2) jaar gevangenisstraf opgeskort word vtr vyf (5) jaar
op voorwaarde dat die appellant nie weer skuidig bevind
word aan die
misdaad onsedelike aanranding gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.
VELDHUIZEN,
R
DUMINY.
WnR
:
Ek stem saam.
DUMINY,
WnR