About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 329
|
|
S v Bezuidenhout and Another (SS38/2006) [2008] ZAWCHC 329 (18 March 2008)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK NO
:
SS38/2006
DATUM:
18
MAART 2008
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
DANIEL
BEZUIDENHOUT
…...........................................................
Beskuldigde
1
ROMANO
CARELSE
…...................................................................
Beskuldigde
2
V O N N I S
GOLIATH, R:
Die saak is op die rol
vir die Hof om dan 'n gepaste vonnis op te le. Dit is natuurlik een
van die moeilikste take vir 'n hof om
iemand te vonnis. Die
beskuldigdes Daniel Bezuidenhout en Romano Carelse is skuldig bevind
aan moord, poging tot moord en roof
met verswarende omstandighede.
Daniel Bezuidenhout is ook skuldig bevind aan 'n oortreding van
artikel 41(2) van Wet 51 van 1977,
dit is die verstrekking van 'n
vals naam aan 'n vredesbeampte.
Dit is die Hof se taak om
'n gepaste vonnis op te le en die vonnis wat die Hof moet ople moet
aan verskillende oogmerke voldoen.
Die oogmerke wat die Hof nastreef
is die van voorkoming van soortgelyke misdade as die huidige en ander
misdade deur die beskuldigde;
die afskrikking van ander misdadigers
of potensiele misdadigers; die hervorming of rehabilitasie van die
beskuldigdes en, laastens,
vergelding vir die misdaad.
By die oorweging van 'n
gepaste vonnis moet die Hof kyk na u persoonlike omstandighede, die
aard en ems van die misdaad asook die
gemeenskapsbelang en die Hof
moet 'n balans handhaaf ten einde nie die een ten koste van die ander
te oorbeklemtoon nie. Die Hof
moet natuurlik ook genade toon, want
genade en geregtigheid loop hand aan hand.
Wanneer die Hof vir u
vonnis is daar 'n sekere raamwerk waarbinne die Hof moet ondersoek
instel en kyk wat is 'n gepaste vonnis
vir u en daardie raamwerk is
nie deur hierdie Hof vasgestel nie. Die Wetgewer het daardie raamwerk
vasgestel en die Hof moet binne
daardie raamwerk werk en 'n bepaling
maak wat is gepas in hierdie omstandighede. Die Wetgewer het dit goed
geag om die Strafwysigingswet,
105 van 1997, op die Wetboek te plaas,
dat daardie Wet plaas sekere verpligtinge op die Hof, soos
voorgeskryf in daardie Wet. Artikel
52 van die Wet bevat bepalings
wat se dat wanneer 'n persoon in ernstige misdade, soos in hierdie
geval, moord, gewapende roof
of roof met verswarende omstandighede
skuldig bevind word, dan is die Hof verplig om 'n minimum vonnis op
te le, soos voorgeskryf
in daardie Wet.
Die moord waaraan u
skuldig bevind is, val binne 'n kategorie van misdrywe wat vermeld
word in die Wet en volgens daardie Wet skryf
dit dan 'n verpligte
vonnis van lewenslank voor vir die tipe moord wat u gepleeg het en
waaraan u skuldig bevind is. Die Hof kan
egter afwyk van daardie
voorgeskrewe vonnis van lewenslank, indien daar soos in artikel 3 van
die Wet voorgeskryf daar sogenaamde
wesenlike en dwingende
omstandighede is wat die Hof dan noop om 'n mindere vonnis as die
voorgeskrewe vonnis van lewenslank op
te le. Die Hof kan afwyk van
daardie vonnis, indien daardie wesenlike en dwingende omstandighede
dan wel bestaan.
Die
riglyne wat die Hof moet volg is neergele in die saak van S
v
Malgas
waarna
beide die Staat en die verdediging verwys het. Die verwysing is
S
v Malgas
2001
(1) SASV 469 (HHA). Die roof waaraan u skuldig bevind is, volgens
daardie Wet moet die Hof vir u dan nou 'n minimum vonnis
van 15 jaar
ople.
So, aan die eenkant is
dit die moord lewenslank, wat die Wet voorskryf, en die roof aan die
ander kant skryf die Wet voor 15 jaar.
Nou
die howe het baie geworstel in die verlede met die begrip wat die
Wetgewer voorskryf wat se lewenslank vir moord, 15 jaar vir
roof
tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede is, dan kan die Hof
kyk daarna en besluit nee, die Hof gaan 'n minder vonnis
ople as
lewenslank of die Hof gaan 'n minder vonnis ople as 15 jaar en daar
is nie 'n vaste definisie vir die begrip nie en die
howe het
geworstel aanvanklik om te besluit wat is wesenlike en dwingende
omstandighede, want die Wet het nie presies gese wat
dit beteken nie,
maar die appelhof het toe in die saak wat die Hof vroeer genoem het,
S
v Malgas
,
in daardie saak het die Hof toe uiteengesit en vir die howe riglyne
neergele om te se presies wat dit beteken.
Wat die Hof in daardie
saak gese het, is dat wanneer 'n Hof 'n persoon vonnis en die
voorgeskrewe vonnis wat deur die Wet voorgeskryf
is, verskil so
drasties van die vonnis wat die hierdie Hof andersins sou ople, dan
daardie gevoel wat die Hof dan het dat die vonnis
te swaar of te
drasties is, kan aangemerk word as wesenlike en dwingende
omstandighede, dan kan die Hof afwyk van die voorgeskrewe
vonnis.
Wat die Hof ook verder
gese het is dat die howe moet maar steeds voort te gaan om te kyk na
gewone tradisionele faktore wat al die
howe in die land maar na kyk
wanneer dit by vonnisoplegging kom en dit is soos die Hof reeds
vroeer genoem het, aard en erns van
die misdaad, u persoonlike
omstandighede, belange van die gemeenskap en natuurlik ook die
belange van die slagoffers moet 'n mens
seker ook maar in gedagte
hou. So, die Hof moet maar steeds gewone omstandighede en gewone
faktore in ag neem en die Hof moet dit
saamneem en opweeg ten einde
te besluit of die Hof meen dat 'n voorgeskrewe vonnis te swaar is en
of dit wel gepas is.
U persoonlike
omstandighede is deeglik uiteengesit in die maatskaplike verslae wat
ingehandig is, die voorvonnisverslae. Bezuidenhout,
u het die Hof
meegedeel vandag u is tans 27 jaar oud. U het st.8 voltooi op skool.
U biologiese ouers is uitmekaar toe u nog jonk
was, u was maar tien
jaar oud. U het sedertdien by u grootmaakouer gewoon, mev
Esterhuizen. U kontak en verhouding met u biologiese
ouers is maar
min en nie goed nie. U het wel 'n baie goeie verhouding met u
grootmaakouers. Tydens u arrestasie het u saam met
u meisie gebly en
haar kinders. U was werksaam met u vader by 'n Quick Lawn firma en
gedurende skool het u werk asook nadat u die
skool verlaat het. Voor
u arrestasie het u by 'n fabriek gewerk in Somerset-Wes. Dit was 'n
permanente betrekking wat u toe verloor
het as gevolg van u
arrestasie in hierdie saak. U gesinsomstandighede lyk goed en dit lyk
of u 'n stabiele gesinsagtergrond het,
alhoewel u nie saam met u
ouers was nie, was u met u grootmaakmoeder en -vader maar u
gesinsagtergrond lyk redelik stabiel. Dit
lyk asof u goeie
ondersteuning gehad het.
Tydens die voorval het u
gebruik gemaak van dwelms, u het dit erken aan die maatskaplike
werker maar blykbaar het u huidiglik dit
gestaak.
Mnr Carelse, u is 23 jaar
oud, soos u die Hof vandag meegedeel het. U was maar slegs 19 jaar
oud tydens die pleging van die misdaad.
U het Graad 10 voltooi op
skool. U is gebore in Somerset-Wes distrik. U ouers is blykbaar ook
uit mekaar uit en ook u het by u
grootmoeder grootgeword en beide u
ouers is afsonderlik getroud en elkeen van die ouers het hulle eie
gesinne. Alhoewel u grotendeels
by u grootmoeder gewoon het, het u
tydens arrestasie by u meise, dit is die moeder van u kind gewoon en
nadat u skool verlaat hte,
het u gaan werk, onder andere vir die Cape
Times, daarna vir De Jongh Timbers en Plastic Welding en Create &
Fix en dit lyk
asof u ook tydens die pleging van hierdie misdaad en
tydens u arrestasie was u ook werksaam.
Ook u maatskaplike
omstandighede blyk gunstig en stabiel. Wat uit die verslae uit blyk,
is dat beide van het finansieel tot die
families bygedra. Beide van u
is eerste oortreders.dit is 'n faktor wat grootliks in u guns vandag
tel. Beide van u is vir ongeveer
vier jaar verhoorafwagtend. Die hof
moet noem dat alhoewel die Hof aanmerk dat beide van u in stabiele
omstandighede grootgeword
het, is die Hof terdee bewus van die areas
waarin u grootgeword het, die sosio-ekonomiese omstandighede waarin u
grootgeword het,
soos deur advokaat Mohamed ook klem op gele. Die Hof
is bewus van die feit dat in beide van u gevalle gebrek aan ouerlike
gesag
of leiding kan ook nadelend inwerk teen 'n persoon, die manier
hoe hy opgegroei het, sy waarde wat hy aanleer, die omstandighede
wat
'n impak het op sy lewe, die rigting wat hy volg, sy denkwyse
ensovoorts, al hierdie goed kan dan 'n impak he op u
lewensontwikkeling,
u lewenservaring en u siening van die lewe. Wat
die Hof eintlik se is dit kan negatief inwerk op die ontwikkeling van
'n persoon.
Die
oorledene se broer het ook kom getuig oor die oorledene self en dit
blyk vir die Hof dat die oorledene, Angelo Jantjies, se
omstandighede
is presies dieselfde soos u. Hy is ook 'n persoon, hy het sy vader op
'n jong ouderdom verloor, sy ma het vir horn
grootgemaak op 'n
staatstoelaag. Hy het homself egter verbeter, verdere gestudeer,
ensovoorts, maar ook hy kom uit omstandighede
waaruit u kom. So, daar
is nie eintlik veel verskil tussen u omstandighede en die oorledene
se omstandighede nie. Wat die Hof probeer
se is dat 'n mens kan nie
altyd se ek kom uit daardie omstandighede daarom gaan ek oor na
misdaad toe nie, want Angelo Jantjies
het 'n besluit gemaak nee, hy
loop die reguit pad. Hy is 'n gehoorsame burger, hy het homself
verbeter ensovoort en hy het nie
betrokke geraak in misdaad nie.
Indien die Hof nog kan reg onthou was hy 'n verkeersbeampte. So hy
het homself verbeter, alhoewel
hy uit dieselfde omstandighede kom en
'n mens moet versigtig altyd wees indien ons se ag, ek het arm
grootgeword, ek het nie skool
gehad nie. Daar was nie geld in die
huis nie, ons het nie altyd kos gehad nie dat ons noodwendig moet
oorgaan na misdaad toe nie,
want Angelo Jantjies is 'n voorbeeld
daarvan, 'n persoon wie se ma horn op 'n staatstoelaag grootgemaak
het maar hy het tog bo
uitgekom. So, as Angelo Jantjies, soos hulle
se in Engels,
he
rose above the occasion, above his circumstances,
hy
het bo sy omstandighede uitgekom. Hy kom uit, soos ons almal se,
disadvantage
community.
Hy
kom uit daardie omstandighede nes u maar hy gaan nie oor tot misdaad
nie. So, die Hof neem dit in gedagte as die Hof u vonnis.
Ons almal
kan nie se ons het arm grootgeword, nou gaan ons oor na misdaad nie
en dit as 'n verskoning gebruik nie.
Advokaat Mohamed het vir
die Hof 'n baie lang betoog - hy het dae betoog hier in hierdie hof
en alhoewel vir mnr Carelse betoog
het, het dit maar vir beide van u
gegeld vera! wanneer hy verwys na hoe julle grootgeraak het, die
impak van sonder ouers, die
familieverbande, die misdaad en die
gemeenskap, die kontak wat u het, ensovoorts. Al hierdie aspekte het
hy vir die Hof betoog
en vir die Hof gevra moet nie vir u lewenslange
gevangenisstraf gee nie en daardie betoog wat advokaat Mohamed vir
dae gelewer
het, geld ten opsigte van beide en die Hof het geluister
na wat hy se.
Die Staat voel nee,
hierdie misdaad is baie ernstig en beide van u moet die minimum
vonnis opgele word wat die Wet se, lewenslank
vir moord, 15 jaar vir
roof. Die Hof wil nie eers praat oor die aanval op Reagan Davids nie
want dit is 'n poging tot moordklagte,
dit was ook eintlik baie
ernstig want hy was in sy nek gesteek en soos die Staat tereg
opgemerk het, dit is 'n ernstige aanval
op horn gewees, sy nek
gesteek. Dit is 'n dodelike aanval. Hy is gelukkig hy kon die aanval
afweer en dit het moontlik sy lewe
gered want hy het geveg, hy het 'n
geveg opgesit en dit het sy lewe gered anders kon u hier vandag
gestaan het op twee moordklagtes.
So, daardie aanval, alhoewel die
Hof dit nie noem nie, die Hof praat net van 'n moord, 'n minimum
vonnis, lewenslank, roof minimum
vonnis 15 jaar, die aanval op Reagan
Davids was baie ernstig. Die Hof neem dit in 'n baie ernstige lig.
Dit is nou u persoonlike
omstandighede, die Hof het nou net daarna gekyk en advokaat Mohamed
het daarna verwys ten einde die Hof
te oorreed moet nie lewenslange
gevangenisstraf ople nie.
Die Hof moet dan verder
kyk na die misdaad waaraan u skuldig bevind is, dit is die aard en
erns van die misdaad. Die Hof hoef nou
seker maar nie baie te praat
oor die erns van hierdie misdaad nie. Om iemand se lewe te neem is
baie ernstig en u het gehoor die
oorledene se broer het kom praat oor
die impak wat dit gehad het op sy familie. Hy is die vader van
kinders en die daad wat u gepleeg
het, die neem van 'n lewe, die Hof
praat nou net van die moord, dit op sigself is baie ernstig. Dit is
'n gruweldaad, dit is 'n
wrede daad wat u gepleeg het om 'n man wat
in die fleur van sy lewe is uit die gemeenskap op so 'n wyse te
verwyder. Al sou die
Hof vandag besluit kom ons le die maksimum
vonnis op van lewenslank, dit sal hulle nog steeds nie laat beter
voel nie, want 'n
persoon se lewe is geneem wat in die fleur van sy
lewe was en dit kan nie teruggebring word nie.
Die misdade waaraan u
skuldig bevind is, word in 'n ernstige lig gesien en daarom het die
Wetgewer die goed geag om vir eerste oortreders
streng vonnisse voor
te skryf. Die Wetgewer se mense kan nie vandag kom en se ek is 'n
eerste oortreder, ek het 'n skoon rekord,
moet nie vir my lewenslange
gevangenisstraf gee nie, gee my 'n kans. Die Wetgewer se nee, niks
van dit nie. Kyk na die erns van
die misdaad en die Hof is geregtig
om, selfs al jy 'n eerste oortreder, te se nee lewenslank. Die feit
dat ons eerste oortreders
is, beskerm nie vir ons noodwendig van 'n
vonnis van lewenslank nie en dit is wat die Wetgewer vir die howe
voorgeskryf het.
Beide van u het die
oorledene en sy vriende soos jagdiere oorrompel, julle is stadig na
hierdie voertuig toe. Hulle het geslaap
of te veel drank ingehad,
soos hulle se, "getiep", wat die woord ook al is wat
gebruik word. Hulle is rustig in hulle
voertuig. Hulle het vir hulle
geniet net soos u vir u geniet het die aand, drankies geniet, hulle
het rustig gaan verkeerd en met
hulle vriende gesit in die kar en
beide van u gaan en oorrompel hulle soos jagdiere en val hulle aan op
'n grusame wyse. Die Hof
het reeds verwys na hoe Reagan Davids
aangeval was, twee persone kom trek die een man uit, trek die ander
man uit, die dames skrik
en kyk wat gaan hier aan en die bestuurder
word op so 'n wyse aangerand dat hy noodlottig gesteek is.
Reagan
Davids is ernstig aangerand met 'n skerp voorwerp in sy nek gesteek.
Hy is vir lewenslank geskend, die Hof het gekyk na die
wonde en die
oorledene se lewe is van horn geneem, soos die Hof reeds vroeer
genoem het, dit kan nie teruggebring word nie en die
Hof vra die
vraag af waarom, dit is die vraag, waarom is dit gedoen? Wat was die
doel daarmee? Is dit nie maar nuttelose aanval
op persone gewees nie,
tog nie vir
tape
nie,
tog nie vir 'n paar
mags
nie.
Die kar het julle ook gelos, waarvoor is hierdie lewe geneem? Die hof
is nog altyd op soek na 'n rede om uit te vind maar wat
het in u
gedagtes aangegaan toe u nou hierdie kar oorrompel en hierdie deure
oopmaak daar en die mense so aanval?
Soos ek reeds genoem het,
u het gehoor hoe die oorledene se broer getuig die impak van u dade
en die groot verlies wat sy dood veroorsaak
het, hy was die
broodwinner van sy gesin en die vader van twee kinders, 'n
verkeersbeampte in die fleur van sy lewe en hy was 'n
nuttige burger
in ons land.
Moord en roof is baie
ernstige klagtes. Die Hof beskou ook die aanval op Reagan Davids in
net so 'n ernstige lig, indien die Hof
na die aard van die aanval op
horn gekyk het, want hy moes letterlik geveg het vir sy lewe.
Wat
baie skokkend vir die Hof is, is die feit dat beskuldigde 2, Romano
Carelse, wie 19 jaar oud was, die jongste van die twee,
u speel 'n
hoofrol in hierdie misdaad. U was die voorbok gewees. U het die
leiding geneem in die aanval. U is die persoon wie die
voertuig
bestuur het nadat die roof gepleeg is, maar indien die Hof se geheue
die Hof nie in die steek laat nie, daar was navorsing
gedoen en daar
is bevind dat jong manne in daardie ouderdom tussen 17 en 24, hulle
is braaf. Hulle is die persone wat skuldig bevind
word aan die mees
ernstigste misdade en aan die einde van die dag kom hulle ho toe en
se maar ek was maar slegs 19 jaar oud toe
ek hierdie misdaad gepleeg
het, die Hof moet dit as 'n versagtende faktor in ag neem, maar
eintlik is daar studies wat gedoen is,
wat wys daardie ouderdomsgroep
is eintlik die gevaarlike manne. Hulle is die persone wat die mees
geweldadigste misdade pleeg.
Ons weet nie of dit die hormone is nie,
ons weet nie wat dit is nie,, hulle het daardie energie, hulle het
daardie
guts,
hulle
is braaf en so aan. Die navorsing wat gedoen is, kyk na daardie
aspekte, hoekom is dit dat jong manne van daardie ouderdom
hulself
skuldig maak aan sulke ernstige misdade. Die Hof weet nie, miskien is
hulle nog besig om uit te vind en verdere ondersoek
in te stel hoekom
is dit so, maar u, mnr Carelse, was die voorbok gewees die dag en
advokaat Mohamed het vir die Hof, soos hulle
in Engels se,
compelling
argument
-
hy het dae hier geargumenteer oor die feit dat u 'n jong man is. U is
in die fleur van u lewe, u benodig 'n kans, die Hof moet
nie die deur
vir u toemaak vandag nie, maar dan is u die persoon wat 'n lewe neem
wat braaf is en wat daar kom en iemand anders
aanval op hierdie
grusame wyse. Nou hoe moet die Hof nou die balans handhaaf om in u
belang te kyk aan die eenkant, en die daad
wat u nou gedoen het, die
Hof moet nou die erns van hierdie misdaad teen u persoonlike
omstandighede en besluit wat moet die Hof
maak met Romano Carelse
vandag.
Die tipe misdade waaraan
u skuldig bevind is, kom baie voor in hierdie Hof se gebied - wel,
regoor Suid-Afrika, ons lees dit elke
dag in die koerant. Ek dink nie
dit is 'n feit wat betwis word deur enigiemand nie. Die gemeenskap
weet dit, die publiek weet dit,
ons almal weet dit en dit is hoekom
die belange van die gemeenskap dan belangrik is wanneer die Hof vir u
vonnis want die gemeenskap
kyk wat aan die Hof maak met hierdie twee
persone.
Die gemeenskap het altyd
'n belang in die tipe vonnis wat die howe ople en as die howe
vonnisse ople wat onvanpas is, dan sal dit
maklik wees vir die
gemeenskap daar buite om die regstelsel te ondermyn en daar kan altyd
die moontlikheid bestaan dat die gemeenskap
dan besluit ons gaan nou
die reg in ons eie hande neem. Ons gaan dan maar kyk, ons gaan maar
hierdie saak regstel want die howe
kan dit nie doen nie. So, die howe
het 'n plig om tot die beste van die howe se vermoe die gemeenskap
tevrede te stel daarbuite.
Die gemeenskap verwag dat
al is 'n persoon slegs 19 jaar oud, indien hy horn skuldig aan die
tipe misdrywe en hy nogal die leier
is, die voorbok is, dan verwag
die gemeenskap dat die howe moet steeds streng vonnisse ople. Die
gemeenskap verwag dat sulke persone
moet na die gevangenis gestuur
word. Dit staan soos 'n paal bo water. Sulke persone moet weggestuur
word, moet gevangenisstraf
opgele word.
Dit lyk, mnr Carelse,
asof u 'n persoon is wat alreeds die lewe van 'n volwassene gelei
het. U het met u meisie gewoon. U is die
vader van 'n kind. U het
gewerk. So, dit lyk u het alreeds die lewe van 'n volwassene gelei.
Die Hof is tevrede dat u alreeds die
lewe van 'n volwassene gelei
het. Die Hof kyk nie vandag na u as 'n jeugdige persoon nie, want u
het nie die lewe gelei van 'n
jeugdige wat nog onder sy ouers se
toesig is, moontlik op skool is of selfs op kollege is nie en so aan
nie. U is die vader van
'n kind, u woon met u meisie. U het na u
gesin gekyk, inkomste ingebring en so aan. So, u was vir alle
doeleindes reeds volwasse.
Nou advokaat Mohamed het
'n lang betoog gelewer en aangevoer dat die Hof nie lewenslange
gevangenisstraf moet ople vir u vandag
nie. Die Staat voel nee, die
Hof moet vir u lewenslange gevangenisstraf ople. Die Hof het
oorweging geskenk aan hierdie versoeke
en die Hof is tevrede dat
eintlik is beide van u nog jonk, beide van u is eerste oortreders,
beide van u het bygedra tot julle
families. Miskien is julle nie die
tipe persone wat die Hof 'n deur moet toemaak en vir julle nou vir
lewenslank laat toesluit
nie. Die Hof dink daar is miskien hoop vir
julle, dat julle kan gerehabiliteer word en die Hof is tevrede
kumulatief gesproke indien
die Hof holisties na alles kyk en julle
persoonlike omstandighede veral julle persoonlike omstandighede, soos
die Hof se julle
is jonk, julle is eerste oortreders, julle het gekyk
na julle gesinne, julle was nie leegleers nie wat net dwelms gaan
rook het,
soos hulle se mense gebruik net tik hier en gaan steel vir
dwelms en dit is hoe hulle lewe, julle was nie daardie tipe mense
nie.
Die Hof kyk daarna.
So, kumulatief gesproke,
indien die Hof nou holisties kyk na die omstandighede van hierdie
saak, dan is die Hof tevrede dat veral
u persoonlike omstandighede
wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel en dat jeugdigheid,
die feit dat u 19 was, wel 'n
faktor is wat sterk in u guns tel
vandag asook die feit dat beide van u eerste oortreders is.
As die Hof kyk na die
erns van die misdaad, dan weet die Hof nie, dan beweeg die skaal nou
weer 'n bietjie teen u, maar die Hof
is tevrede dat 'n vonnis van
lewenslange gevangenisstraf mag buitensporig swaar wees vir julle
twee vandag.
Die verswarende
omstandighede in die saak is ooglopend, die Hof gaan dit nie goed
praat nie, alhoewel die Hof bevind dat daar wesenlike
en dwingende
omstandighede om af te wyk van 'n vonnis van lewenslank vir die
moordklagte, wil die Hof klem daarop dat die verswarende
omstandighede is baie, baie stert, groot en ooglopend in hierdie saak
en die feit dat die hof bevind het dat daar wel wesenlike
en
dwingende omstandighede bestaan, beteken nie dat u nou 'n ligte
vonnis moet kry nie. Die gemeenskap verwag dat die Hof vir u
gevangenis vandag moet ople en die Hof gaan vir u 'n streng vonnis
ople vandag, want die Hof moet 'n balans handhaaf tussen die
faktore,
soos die Hof genoem het, die Hof kyk na die omstandighede en se nee,
moet nie die deur toesluit nie, moet nie vir hulle
lewenslank gee
nie, maar wat moet die Hof nou doen. Wat verwag die gemeenskap wat
moet die Hof doen. Die Hof is tevrede en die
Hof is seker dat die
gemeenskap sal ook tevrede wees dat direkte gevangenisstraf wel die
enigste gepaste straf vir beide van u
is.
Die Hof is tevrede na
oorweging van al die omstandighede in hierdie saak dat die volgende
'n gepaste vonnis vir u is:
Beskuldigde
1, Daniel Bezuidenhout, op die aanklag van moord word u gevonnis tot
TWINTIG
(20) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 2, poging tot moord, word u gevonnis tot
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 3, aanklag van roof met verswarende omstandighede word u
gevonnis tot
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
en
op aanklag 4, verstrekking van 'n valse naam word u gevonnis tot
DRIE
(3) MAANDE GEVANGENISSTRAF
.
Mnr
Romano Carelse, beskuldigde 2, u word as volg gevonnis: Op aanklag 1,
moord, word u gevonnis tot
TWINTIG
(2) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Op aanklag 2, poging tot moord, word u gevonnis tot
AGT
(8) JAAR GEVANGENISSTRAF
en
op aanklag 3, roof met verswarende omstandighede, word u gevonnis tot
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Die Hof gelas verder as
volg: Die vonnisse opgele ten opsigte van aanklag 3 en 4, wat
beskuldigde 1 betref, gesamentlik uitgedien
moet word met die vonnis
opgele ten opsigte van aanklagte 1.
Wat beskuldigde 2 betref,
gelas die Hof dat die vonnis opgele op aanklag 3 samelopend uitgedien
moet word met die vonnis van20 jaar
wat opgele is in die moordklagte.
Die effektiewe vonnis wat
beide van u dan moet uitdien is dan 'n vonnis van 28 jaar.
GOLIATH, R