S v Leo (B489/06) [2008] ZAWCHC 4; 2008 (2) SACR 198 (C) (12 February 2008)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of dangerous weapon — Accused found guilty of possession of a knife under section 2(1) of the Dangerous Weapons Act 71 of 1968 — Conviction challenged on grounds of insufficient evidence regarding the nature of the weapon and its potential to cause serious bodily harm — Court finds that the evidence presented was inadequate to establish all essential elements of the offence — Conviction and sentence set aside and matter referred back to the trial court for proper proceedings.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 4
|

|

S v Leo (B489/06) [2008] ZAWCHC 4; 2008 (2) SACR 198 (C) (12 February 2008)

Republiek van Suid-Afrika
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(PROVINSIALE
AFDELING KAAP VAN DIE GOEIE HOOP)
Hooggeregshofverwnr:
062626
Saaknommer:
B 489/06
Landdrosreeksnr:
H 32/06
[RAPPORTEERBAAR]
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
RIAAN LEO
HERSIENINGSUITSPRAAK GELEWER OP 12
FEBRUARIE 2008
LE GRANGE, R:
[1] Hierdie saak dien voor my by wyse
van spesiale hersiening. Die Beskuldigde is, na ‘n pleit van
skuldig, in die Landdroshof
te Paarl skuldig bevind aan ‘n
oortreding van artikel 2(1) van Wet 71 van 1968, naamlik die besit
van ‘n gevaarlike wapen,
te wete ‘n mes. Hy is dienooreenkomstig
gevonnis tot ses (6) maande gevangenisstraf wat in die geheel vir ‘n
periode van vyf
(5) jaar voorwaardelik opgeskort is.
[2] Na afloop van die verrigtinge het
die verhoorlanddros die aangeleentheid heroorweeg en alhoewel hy van
oordeel is dat die verrigtinge
ooreenkomstig die reg geskied het,
bevraagteken hy die grondwetlikheid van die bepaalde oortreding. Hy
het ook uitgewys dat die
bepalings van die wet nie na beide
geslagsvorme verwys nie en mag ‘n eng interpretasie die indruk skep
dat die verbode handeling
slegs op manlike daders van toepassing is.
[3] Die landdros was derhalwe van
mening dat, tenspyte van sy siening dat die verrigtinge ooreenkoms
die reg is, reg nie behoorlik
geskied het nie en die verrigtinge
ingevolge die bepalings van artikel 304 (4) van die Strafproseswet,
51 van 1977 op spesiale
hersiening gestuur.
[4]
Die
landdros se hoof beswaar is dat die bepalings van artikel 2(1) van
Wet 71 van 1968 soos tans bewoord is, inbreuk maak op ‘n

beskuldigde se Grondwetlike reg om onskuldig geag te word, te swyg en
nie verplig te word om tydens verrigtinge te getuig nie.
[5]
Ek
het dit goedgeag om die kommentaar van die Direkteur van Openbare
Vervolging
(DOV)
in dié verband aan te vra en wil my dank uitspreek vir die deurdagte
memorandum van die Direkteur soos saamgestel deur

Adv SM Galloway.
[6] Die bepalings van artikel
35(3)(h) van Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal asvolg:
“
(3)
Elke beskuldigde persoon het die reg op ‘n billike verhoor, waarby
inbegrepe is die reg-
……
(h) om onskuldig geag te word, te
swyg, en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie;”
[7] Die
beskuldigde het tydens die verrigtinge in die hof
a quo
regsverteenwoordiging geniet en op die tenlasgelegde aanklag skuldig
gepleit.
‘n Skriftelike pleitverduideliking in
terme van artikel 112(2) van die Strafproseswet, 51 van 1977 was
ingehandig as ‘n bewystuk
waarin die beskuldigde sy skuld erken het
.
[8] Die somtotaal van die gebeure wat
gelei het tot die beskuldigde se arrestasie word as volg beskryf in
sy pleitverduideliking:-
“
Op die betrokke aand het ek ‘n
paar drankies ingehad. Ek was buite op straat toe die polisie langs
my stop. Ek het die mes op
die grond gegooi, maar is gearresteer.”
[9] Die landdros het op grond van
hierdie geringe feite tot die bevinding gekom dat die beskuldigde al
die wesenlike elemente van
die misdryf erken en hom skuldig bevind.
[10] Na
deurlees van die oorkonde kan ek nie met die landdros se siening
saamstem dat die skuldigbevinding ooreenkomstig die reg
is nie. Die
erkende feite soos vervat in die skriftelike pleitverduideliking is,
na my mening, onvoldoende om tot ‘n bevinding
te kom dat al die
wesenlike elemente van die misdryf soos omskryf in Artikel 2(1) van
die Wet op Gevaarlike Wapens, 71 van 1968,
(“die Wet”)
aan
voldoen is.
[11] Die
bepalings van artikel 2(1) van die Wet lui as volg:-
“
Iemand
wat in besit is van ‘n gevaarlike wapen, of van ‘n voorwerp wat
so na ‘n vuurwapen lyk dat, onder omstandighede soos
dié waaronder
so iemand in besit daarvan is, dit waarskynlik vir ‘n werklike
vuurwapen aangesien sou word, is aan ‘n misdryf
skuldig, tensy hy
kan bewys dat hy te gener tyd die bedoeling gehad het om sodanige
wapen of voorwerp vir ‘n onregmatige doel
te gebruik nie, en is by
skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete of met gevangenisstraf vir
‘n tydperk van hoogstens twee jaar.”
[12] Die definisie van ‘n
gevaarlike wapen word ingevolge die bepalings van artikel 1 van die
Wet as volg omskryf :-
“
enige
voorwerp, behalwe ‘n vuurwapen, wat waarskynlik ernstige
liggaamlike letsel sal veroorsaak indien dit gebruik sou word om
‘n
aanranding te pleeg.”
[13] Die
omskrywing van ‘n gevaarlike wapen, soos bedoel in die bepaalde
subartikel, is al in verskeie beslissings oorweeg. Eerstens
is dit
noodsaaklik dat ‘n verhoorhof vasstel of die betrokke voorwerp wel
die bepaalde gevolg sal hê, naamlik die veroorsaking
van ernstige
liggaamlike letsels, as dit in ‘n aanranding gebruik word, deur
byvoorbeeld na die aard en kwaliteit van die voorwerp
te kyk.
Hierdie is ‘n objektiewe toets en dit is noodsaaklik dat die
voorwerp self aan die Hof getoon word, of dat daar ‘n
beskrywing
daarvan aan die Hof gegee word. In dié verband sien
S
v Diedericks en Andere
,
1969 (3) SA 270
(C) op 275 G;
S
v Adams
1986 (4) SA 882
(A) op 896 J- 897 E asook die regspraak soos daarin
aangehaal. Tweedens, is die vereiste vir ‘n voorwerp om as
gevaarlike wapen
te kwalifiseer, dat die bepaalde voorwerp ernstige
liggaamlike letsel
sal
veroorsaak indien dit in ‘n aanranding gebruik sou word.
Staat
v Diedericks en Andere
,
supra
op 275 B en
Staat
v Lottering
1976 (1) SA 779
(OK) op 780 A.
[14] Dit
is dus duidelik dat die omskrywing van gevaarlike wapens nie net
gerig is op wapens in die gewone sin van die woord nie,
maar op
voorwerpe wat aan twee vereistes voldoen, naamlik dat dit
“
waarskynlik
ernstige liggaamlike letsel sal veroorsaak
”
en onder sekere omstandighede, “
indien
dit gebruik sou word om ‘n aanranding te pleeg.”
Daar
moet dus, benewens die aard en kwaliteit van die voorwerp na die
hanteerbaarheid daarvan en die gepaardgaande potensialiteit
van die
hanteerbaarheid, om ‘n aanranding met die voorwerp te pleeg, gekyk
word.
[15] In
casu,
is
die beskuldigde skuldig bevind aan die besit van “
’n
mes
”.
Nêrens uit die oorkonde blyk dit dat die aard, kwaliteit of
spesifikasies van die voorwerp op rekord geplaas is nie, nog
minder
is daar enigsins in die pleitverduideliking of deur getuienis deur
die Staat aangebied, enigsins uitgebrei rondom die omstandighede

waaronder die beskuldigde in besit van die mes gevind is nie.
[16] Na my mening is die feite waarop
die landdros gesteun het om die beskuldigde skuldig te bevind
wesenlik gebrekkig en moes die
verhoorlanddros vrae ter opheldering
van voormelde aspekte aan die beskuldige gevra het of die bepalings
van artikel 113 van die
Strafproseswet toegepas het. Die
skuldigbevinding is derhalwe onreëlmatig en nie ooreenkoms die reg
nie.
[17] Dit volg dat die
skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel moet word.
[18] Hierdie saak is onryp en laat
dit nie ruimte om die grondwetlike beswaar van die Landdros te
oorweeg nie. Die Landdros se siening
dat die bepaalde artikel na
beide geslagsvorme moet verwys, is sonder meriete. Die bepalings van
artikel 6(a) van die Interpretasiewet,
Wet 33 van 1957 is duidelik
dat in elke wet, tensy ‘n ander bedoeling blyk, die woorde wat die
manlike geslag aandui, ook vroue
insluit.
[19] In die gevolg word die volgende
bevel gemaak:-
Die skuldigbevinding en vonnis word
tersyde gestel. Die saak word terug verwys na die verhoorlanddros om
dienooreenkoms die reg
daarmee te handel.
_____________________
LE GRANGE, R
Ek
stem saam. Dit word so gelas.
____________________________
VELDHUIZEN, R