About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 135
|
|
James v S (A338/07) [2008] ZAWCHC 135 (1 February 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE
HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.338/07
DATUM
:
1 FEBRUARIE 2008
In
die saak tussen:
MORNE
JAMES
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITSPRAAK
VAN
STADEN, WnR
:
1.
Die appellant, mnr Morne James, het in die streekhof te Stellenbosch
tereggestaan op vier aanklagte van roof. Die appellant het
onskuldig
gepleit, maar skuldig bevind aan drie van die vier aanklagte en is op
6 September 2004 gevonnis tot drie jaar direkte
gevangenisstraf op
elk van die drie aanklagte. Op 17 Maart 2005 het die Hof a quo 'n
aansoek vir verlof om te appelteer teen skuldigbevinding
en vonnis van die hand gewys.
2.
Wat die drie misdade betref waaraan die appellant skuldig bevind
isr blyk
dit wat aanklag 1 betref, die appellant skuldtg bevind
is dat hy R15,00 en twee goue ringe van die klaer geroof het. Daar
was geen
getuienis wat betref die waarde van die ringe nie. Die
appeflant het die klaer in die straat gekonfronteer, horn vasgegryp,
deursoek
en die geld uit sy sak geneem en die ringe met sy tande van
sy vinger gestroop. Hierdie voorval het op 21 Februarie 2004
plaasgevind.
3.
Aanklag 2 het behels dat die appellant daaraan skuldig bevind is dat
hy op 15
Maart 2004 'n sekere me. Abels beroof het deur haar met n
mes te dreig en n Nokia-selfoon van haar af te neem. Die setfoon is
R1
500,00 werd. Die klaer is nie tydens hierdie roofvoorval beseer
nie.
4.
Wat die verdere aanklag betref ten opsigte waarvan die appellant
skuldig bevind
is, blyk dit dat die betrokke roofvoorval op 29 April
2004 plaasgevind het. Die klaagster, me Abrahams, is weereens met 'n
mes
gedreig en n rugsakr waarin 1n beursie met R130,00 kontant,
bankkaarte en verskeie, los items was, is van haar geroof. Weereens
is die ktaer met n mes gedreig maar sy is nie beseer nie.
5.
Die appellant se persoonlike omstandighede omvat dat hy, toe die
voorval plaasgevind
het, 23 jaar oud was, werkloos was en 'n 4-jarige
kind gehad het. Sy vorige veroordelings slurt in dat hy in November
1999 tot
twaatf maande gevangenisstraf gevonnis is vir huisbraak.
Hierdie vonnis was vir drie jaar opgeskort. In 2001 het hy ft
erkenning
van skuEd van R150.00 betaal vir die besit van dagga. In
2002 is hy gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf op h aanklag van
roof
en gedurende dieselfde jaar tot R 120,00 boete of 60 dae
gevangenisstraf op 'n aanklag van crimen injuria Van belang veral is
die
feit dat die appellant reeds vantevore 'n vonnis van twee jaar
direkte gevangenisstraf opgele is.
6.
Wat die oplegging van vonnis betref, blyk dit uit die verhoorlanddros
se uitspraak
dat hy op 1n deeglike en beredeneerde wyse sekere
relevante faktore oorweeg het. Hy het egter met die belang van die
gemeenskap
in gedagte tydens vonnisoptegging die volgende gese:
'"n Mens kan nerens
in die dorp erens heen stap nie. Jy kan nerens eens met jou kar erens
heen ry nie. Jy word of met klippe
gegooi, soos nou weer hier op die
N1 of kapers vat jou kar. Stop jy by 'n plek, dan kom mense soos jy
wat jou net daar en dan van
jou selfoon en beursie en goeters beroof,
as hulle jou nie doodmaak nie, en jy hoef net In koerant oop te maak
of 'n tydskrif en
die briewekolom te lees om agter te kom hoe
moedeloos en raadop is die deursnee lid van die algemene pubfiek in
Suid-Afrika."
7.
Dit kom my voor uit hierdie passasie of veralgemenings op 'n
ongepaste wyse op
die appellant van toepassing gemaak is. Die
verhoorlanddros het in hierdie opsig fouteer. Vanwee hierdie
wanvoorligting is hierdie
Hof bevoeg om in te meng.
[1]
8.
Me
Boolev
wat vir die appellant in hierdie hof verskyn het, het verder
aangevoer dat die kumulatiewe effek van die drie vonnisse in die
omstandighede te swaar is. HoeweE 'n mens klaarbiyklik hier met drie
verskillende misdade te doen het en die appellant ten regte
op drie
aanklagte van roof skuldig bevind is, blyk dit dat die drie betrokke
voorvalte in n relatiewe kort tyd perk van 21 Februarie
2004 tot 29
April 2004 in die strate van Cloetesville, Stellenbosch, plaasgevind
het. Ek stem saam dat die landdros fouteer het
deur nie die
kumulatiewe effek van die drie vonnisse in ag te neem nie.
[2]
9.
Die omstandighede wat betref die eerste
aanklag waaraan die appellant skuldig bevind is, in teenstelling met
die twee ander aanklagte,
is in wesenlike opsigte verskiilend. Wat
aanklag 1 betref, was daar geen dreigement met 'n mes nie. Die
appellant is skuldig bevind
aan die roof van R15.00 kontant en twee
goue ringe, ten opsigte waarvan daar geen getuienis was oor die
waarde daarvan nie. Ten
gunste van die appellant moet aanvaar word
dat die ringe geringe waarde het. In die ander twee gevalle is items
met meer substansiele
waarde gestee! en is die klaers met n mes
gedreig.
10.
Advokaat
Meyer
,
wat vir die Staat in hierdie hot verskyn het, het aangevoer dat
alhoewel dit geargumenteer kan word dat die opgelegde vonnis h
swaar
vonnis is, daar nie gronde is waarop daar ingemeng kan word nie. Dit
kan nie in die omstandighede gese word dat die vonnis
onvanpas is
nie. Sy het verder te kenne gegee dat die appellant van twee
aanklagte van roof met verswarende omstandighede aangekla
moes gewees
het omdat hy 'n mes gebruik het om die klaers te dreig. Die appellant
is egter nie so aangekla nie en kan nie op daardie
grondslag gevonnis
word nie.
[3]
11.
In die lig van al die omstandfghede is ek die mening toegedaan dat
die kumulatiewe effek
van die drie vonnisse wat direkte
gevangenisstraf van nege jaar tot gevolg het, ontstelfend onvanpas is
en dat 'n mindere vonnis
opgele behoort te word. Ek stel voor dat die
vonnis van drie jaar gevangenisstraf op efk van die gemelde drie
aanklagte tersyde
gestel word en dat die volgende vonnis opgele word:
Aanklag
1
:
EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
2
:
TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklag
3
:
TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF
Die effektiewe vonnis sal
dus vyf jaar gevangenisstraf eerderas nege jaar wees.
VAN
STADEN, WnR
ALLIE,
R
: Ek stem saam. Die vonnis
van drie jaar gevangenisstraf op elk van die aanklagte word tersyde
gestel en 'n vonnis van
een jaar gevangenisstraf word opgele ten
opsigte van aanklag 1 en 'n vonnis van twee jaar op elk van die ander
twee aanklagte waaraan
die appellant skuldig bevind is. Dit word dan
so beveel.
ALLIE, R
[1]
S
v KGOSIMORE
1999
(2) SASV 238 (H H A).
[2]
S
v SCHRICH
2004(1)
SASV 360 (K),
S
v XWENAMORE
2004(1)
SASV 385 (HHA);
S
v PUTE
1990 (1) SASV 339 (K) en
S
v SEVENSTER
2002 {2} 400 (K).
[3]
S
v BATES
1990(2)
SASV 82 (K).