About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 131
|
|
Mitchell v S (A735/07) [2008] ZAWCHC 131 (1 February 2008)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE
HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.735/07
DATUM: 1 FEBRUARIE 2008
In die saak tussen:
JUNAID
MITCHELL
Applikant
e
n
DIE
STAAT
Respondent
U I T S P R A A K
VELDHUIZEN.
R
:
Die
appellant is op 13 Junie 2006 in die landdroshof te Bishop Lavis
skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 5(a) van Wet 140
van
1992 en is op 29 Julie 2006 tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy
kom nou, met verlof van hierdie Hof, in hoer beroep
slegs teen
sy skuldigbevinding. Die klagstaat beweer dat hy op 31 Oktober 2005
te
B[...] 1[...]
,
Bonteheuwel, wederregtelik In afhanklikheidsvormende stof tewete 50
gram tik bevattende metamphetamine met 'n straatwaarde van
R12 000
handel gedryf het.
Inspekteur Robert Brian
van Zyl het getuig dat hy die betrokke dag deur kaptein Potgieter
gevra is om n lokval te beheer. Nadat
hy die geld ontvang het, het hy
R13 000 aan die lokvink, konstabel Bruce Miller, oorhandig. Dit is
nadat hy hom deursoek het en
geen geld of dwelms op hom gevind het
nie, Hy het Miller opdrag gegee om die appellant te versoek om hom
(Miller) by die Kaapstad
mark te ontmoet.
'n
Tyd later het Miller hom per selfoon gekontak en meegedeel dat die
appellant hom te Bonteheuwel agter 1n vrugtestal sou ontmoet.
Nog
later het Miller hom meegedeel dat hy die appellant te
B[...]
1[...]
, Bonteheuwel, sou ontmoet. Hy het by
die straat verbygery en het Miller se motorvoertuig asook die
appellant s'n, h blou Ford Escort,
voor die bogemelde adres
waargeneem.
Om
ongeveer 12:20 die middag het Milter hom in kennis gestel dat die
transaksie plaasgevind het. Hy het die appellant se motorvoertutg
'n
ent van sy woning gestop. Die appellant en ene Caesar was in die
motorvoertuig. Dit was ty6ens die verhoor gemene saak dat R11
000 van
die geld wat aan die lokvink oorhandig is, in die appellant se besit
gevind is. Die appellant se woning is ook daarna deursoek.
'n
Bejaarde man wat in beheer van die eiendom is, was ook teenwoordig.
Die getuie het egter
buite by die appellant gebly. Die lokvink het horn meegedeel dat die
transaksie binne die huis plaasgevind
het en het die appellant
uitgewys. Die appellant is vir 'n verduideliking vir sy besit van die
geld gevra. Hy het geantwoord "Daai
man se mos vir jou".
Die appellant is daarna in hegtenis geneem. By die polisiestasie is
die dwelms geseel en later na die
forensiese wetenskaplaboratorium
geneem vir ontleding.
Tydens kruisondervraging
het die getuie toegegee dat hy nie die lokvink deurentyd onder
observasie kon hou nie, Hoewel hy dit nie
in sy polisieverklaring
genoem het me, getuig hy dat hy die appellant, wat hy nie op daardie
stadium geken het nie, asook sy blou
Ford Escort wat die lokvink
agter die vrugtestal gesien het.
Hy getuig verder dat die
lokvink nie atleen was nie en dat hy nog iemand in die lokvink se
motorvoertuig waargeneem het. Die dwelms
en die oorblywende R2 000 is
by die polisiestasie deur die lokvink aan hom oorhandig. Die lokvink
is weer deursoek en weer is geen
geld of dwelms op hom gevind nie.
Konstabel Bruce Miller was die volgende getuie. Hy het getuig dat
nadat hy deursoek is en R13
000 aan hom gegee isr hy na die Kaapse
mark vertrek het. Op pad na die mark het hy die appellant geskakel en
meegedeel dat hy op
pad na die mark toe is. Hy het egter met die
appellant afgespreek om hom in Bonteheuwel agter die vrugtestalletjie
te ontmoet.
Daar gekom, het hy die
appellant h paar keer geskakel om vas te ste] hoekom hy so lank neem
om op te daag. h Motorvoertuig met die
appellant en nog n insittende
het by hom stilgehou. Hy het aan die appellant genoem dat hy 50gm tik
wil koop. Die appellant het
hom aangese om hom na sy huis te volg. Hy
het dit gedoen en agter die appellant buite die appellant se huis
stilgehou.
Op pad daarheen het hy
vir inspekteur Van Zyl ingelig aangaande die verwikkelinge. In die
voorhuis van die huis het die appellant
die tik voor uit sy broek
gehaal. Miller het die getd aan die appellant gewys en nadat die
dwelms geweeg en oorhandig is, het hy
R11 000 afgetel en aan die
appellant gegee. Hy het die woning verlaat en vir Van Zyl per selfoon
ingelig dat die transaksie bektink
is.
Nadat die appellant onder
arres geplaas is, het hy die dwelms te Bonteheuwel aan Van Zyl
oorhandig. Hy het ontken dat daar nog n
persoon of persons in die
motorvoertuig saam met hom was.
Tydens kruisondervraging
getuig hy dat hy die appellant nog nie vantevore gesien het. Later is
hy met sy polisieverklaring gekonfronteer
en het toegegee dat hy we I
die appellant voorheen ontmoet het.
Die appellant se weergawe
was dat ene Melvyn Solomons vir hom die geld geskuld het en in die
huis teenwoordig was toe die lokvink
daar was. Volgens hom moet dit
Solomons wees wat die dwelms aan die lokvink verkoop het want dit was
Solomons wat die geld aan
hom oorhandig het. Volgens hom het die
lokvink met twee ander mans by sy huis opgedaag. Hy ontken dat hy op
enige stadium met die
lokvink gepraat het of besigheid gedoen het.
Nadat Van Zyl deur die
Eanddros teruggeroep is, het hy getuig dat hy nie seker is of daar
nog persone saam met die lokvink was nie.
Die karige redes wat deur
die landdros gegee is vir sy bevinding, noop ons om die getuienis
opnuut te beoordeel.
Dat Van Zyl homself
weerspreek het oor of hy iemand in die lokvink se motorvoertuig
gesien het, is ongetwyfeld. Hierdie weerspreking
kan ook nie ligtelik
afgemaak word nie. Dit het kiaarblyklik tot sy
kennis gekom dat die lokvink ontken dat iemand
anders hom vergesei
het. In die lig van die appellant se verweer, draai daar egter nie
veel om hierdie punt nie.
Terwyl Van Zyl aanvanklik
getuig het dat die appellant, toe hy om h verduideliking vir die geld
gevra is, gese het uDaai man se
mos vir jou", het hy, toe die
landdros hom herroep het, getuig dat die appellant gese het dit is
die geld vir die tekkies.
Die enigste werklike
weerspreking wat in Miller se getuienis te bespeur is, is aangaande
die feit of hy die appellant al voorheen
ontmoet het. Hierdie
weerspreking dra, in die iig van die appellant se ontkenning dat hy
Miller voorheen of op die betrokke dag
ontmoet het, nie veel gewig
nie.
Van
Zyl en Miller het mekaar ook weerspreekT eerstens aangaande die
plek waar Miller die dwelms aan Van Zyl oorhandig het;
tweedens, die
tyd toe die lokval gestel en voltooi is en, derdens, of daar nog Yi
persoon of persone by Miller in sy motorvoertuig
was te
B[...]
straat 1[...]
, Bonteheuwel.
Hierdie
is nie die soort onbeholpe getuienis wat 'n mens van polisiebeamptes
in 'n lokvalsaak verwag nie. Hierdie is egter nie die
enigste
oorwegings wat geld wanneer die skuld of onskuld van die appellant
oorweeg word nie. Dat die transaksie plaasgevind het,
staan soos 'n
paal bo water, Die feit dat Miller 'n polisiebeampte is, is tot 1n
mate 1n waarborg van betroubaarheid in die sin
dat hy nie 'n
finansiele belang gebad het in die resultaat wat behaal word nie. Dit
is hoogs onwaarskynlik dat hy opsetlik n verkeerde
persoon sal
uitwys. Miller se getuienis dat hy die appellant agter die
vrugtestalletjie ontmoet het, word deur Van Zyl gestaaf.
Die
appellant was blykbaar bereid om n verklaring aan die polisie te gee
vir sy besit van die geld, tog maak hy geen melding van
dat Solomons
dit vir hom gegee het nie en was so 'n persoon ook nie in die
appellant se huis toe die polisie dit daarna deursoek
het nie.
Van nog groter belang is
die feit dat indien die appellant se weergawe waar is, dan moes
Miller geweet het dat hy die geld aan Solomons
oorhandig het en kon
hy nie geweet het dat Solomons dit weer aan die appellant oorhandig
het nie. Sonder hierdie kennis, sou dit
absofuut fataal vir hom wees
om die appellant te laat arresteer want volgens sy kennis sou die
polisie dan nie die gemerkte geld
op die appellant vind nie.
Hierdie
oorwegings, die swakhede in die staatsgetuies se getuienis ten spyt,
lei my tot die gevolgtrekking dat die Staat tog sy
saak bo redelike
twyfel bewys het. Gevolglik word die appel
VAN
DIE HAND GEWYS EN DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS BEKRAGTIG.
VELDHUIZEN, R
GOLIATH,
R
: Ek stem
saam.
GOLIATH, R