Frans v S (A 564/07) [2008] ZAWCHC 1 (31 January 2008)

73 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Life imprisonment for rape of minors — Appellant convicted of two counts of rape and one count of burglary with intent to steal — Victims aged 14 and 10 at the time of the offences — Appellant sentenced to life imprisonment as no substantial and compelling circumstances were found to justify a lesser sentence — Appeal against sentence based on factors such as youth, previous conviction, and expression of remorse — Court held that the trial court properly considered all mitigating factors and did not err in its conclusion, affirming the life sentences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 1
|

|

Frans v S (A 564/07) [2008] ZAWCHC 1 (31 January 2008)

Rapporteerbaar
in die hooggeregshof van
Suid-Afrika
(kaap die goeie hoop provinsiale Afdeling)
Saakno A 564/07
In die saak tussen:
kirshvan mario frans
Appellant
en
Die
Staat
Respondent
uitspraak: gelewer 31 Januarie 2008
Griesel R:
Die
appellant
het in die streekhof te
Mosselbaai skuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting en een
van huis­braak met die opset
om te steel en diefstal. Hy is
dienoor­een­komstig skuldig bevind en is ingevolge die
bepalings van art 52(1)(
a
) van Wet 105 van 1997 na die
Hoog­geregshof verwys vir vonnis aan­gesien beide
verkragtingslagoffers onder die ouderdom
van 16 jaar was.
In die Rond­gaande Hof te George het Moosa R bevind dat
daar, wat die twee aanklagte van verkragting aanbetref, geen

wesenlike en dwingende omstandig­hede aanwesig was wat die
oplegging van mindere vonnisse as lewenslange gevangenisstraf

regverdig nie. Die appellant is gevolglik op beide aanklagte tot
lewenslange gevange­nisstraf gevonnis. Met verlof van die
hof
a
quo
kom die
appellant
tans in hoër
beroep teen die opgelegde vonnisse.
1
Feitelike agtergrond
Die twee klaagsters, Beauty en Vuyiswa Nikani, is susters en was ten
tyde van die gebeure onderskeidelik 14 jaar en 9 maande
en 10 jaar
en 11 maande oud. Hul ouers is albei reeds oorlede en hulle het in
daardie stadium by hul ouer suster in haar huis
in Mosselbaai
gewoon. Laasgenoemde was egter die betrokke aand uithuisig en die
twee klaagsters was alleen in die huis.
Volgens die
appellant
se skriftelike
verklaring ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet, het hy
gedurende die vroeë oggendure van 5 Augustus
2006 by die
klaagsters se huis verbygeloop en opgemerk dat die deur op ’n
skrefie oop staan. Hy het besluit om daar in te gaan
‘met die doel
om te kyk wat ek kan steel’. Volgens hom was hy ‘onder die
invloed van narkotiese middels’, maar het hy
‘steeds geweet wat
(hy) doen en insig in (sy) optrede en handelinge gehad’.
Hy het die voordeur oopgestoot, die huis binnegegaan, die lig
aan­geskakel en ’n Panasonic CD-speler geneem en in ’n

wasgoedmandjie gepak. Hy het die twee klaagsters in die huis
opgemerk. Hulle het gehuil toe hulle hom gewaar, maar het opgehou

huil toe hy sy mes uithaal. Nadat hy die gesteelde goed na buite
geneem het, het hy weer die huis binnegekom en het hy die kinders

eers na die badkamer geneem, waarna hy die ouer klaagster na die
slaapkamer geneem en haar aangesê het om haar broekie
uit te
trek terwyl hy haar met sy mes gedreig het. Daarna het hy haar op
haar bed verkrag.
Die eerste klaagster het in haar getuienis ten opsigte van vonnis
voor die hof
a quo
tot ’n groot mate die
appellant
se weergawe gestaaf. Wat die verkragting self aanbetref, het sy
haar
ervaring soos volg beskryf:
‘
Dit was baie seer. Dit was ’n pyn wat ek vir die
eerste keer in my hele lewe gevoel het.
...Ek het nie gehuil
nie. Ek het dit maar uitgehou alhoewel dit eintlik baie seer was.
’
Toe die
appellant
met die eerste klaagster klaar was, het hy haar jonger suster geroep
om dieselfde aan haar te doen. Toe sy haar wou teësit,
het hy
haar ook met die mes gedreig en haar in die teenwoordigheid van die
eerste klaagster verkrag.
Nadat die
appellant
met die tweede klaagster klaar was, het hy nog geld gesoek. Hulle
het hom meegedeel dat hulle nie geld het nie, maar hy het hulle

aangesê om geld te soek. Hy het in ’n stadium ’n tweede
‘klein messie’ uitgehaal en hulle daarmee gedreig. Hy wou
ook
weet of hulle hom ken, maar hulle het ontkennend geantwoord,
alhoewel hulle hom wel van sien geken het. Die appellant wou
daarna
’n tweede keer met die eerste klaagster gemeen­skap hou, maar
terwyl sy besig was om uit te trek, het haar jonger
suster uit die
huis gehardloop en het die appellant ook die huis verlaat sonder om
sy planne uit te voer.
Uit die mediese verslae ten opsigte van die klaagsters blyk dit dat
beide van hulle sigbare beserings, insluitende uit­gebreide

kneuswonde, van hul genitalieë opgedoen het. Geeneen van hulle
het enige vorige seksuele ondervinding gehad nie. Oor die
nagevolge
van die verkragtings het die eerste klaagster getuig dat beide sy en
haar suster sedert die voorval ‘baie bang’
was. Gevra of sy al
ooit in die lewe so bang was soos daardie aand, het sy geantwoord:
‘Nooit nie.’ Sy kry dikwels nagmerries
as gevolg van die gebeure
en dink ook soms gedurende die dag aan die gebeure. Volgens haar wou
hulle ook nie na die voorval in
Mosselbaai bly nie.
’n Maatskaplike werker het ook getuig dat sy onderhoude met beide
klaagsters gevoer het en dat beide van hulle in daardie stadium
–
ongeveer ses maande na die gebeure – steeds baie trauma rondom die
gebeure ervaar, veral as gevolg van die feit dat die
appellant hulle
met ’n mes aangehou het en gedreig het om hulle dood te maak.
Beide van hulle vrees enige kontak met die appellant.
(Hierdie aspek
het ook duidelik na vore gekom aan die einde van die eerste
klaagster se getuienis, toe sy die verhoorregter meegedeel
het dat
hulle vooraf verseker was dat ‘as ons hiernatoe kom om getuienis
af te lê, ons gaan nie die beskuldigde sien
nie, want ons wil
nie die beskuldigde sien nie’. Sy was gevolglik ontsteld om wel in
die hof met die
appellant
gekonfronteer te word.)
Benadering op appèl
Teen die
bogenoemde
agtergrond het die hof
a quo
bevind dat die kumulatiewe effek van die omstandighede
waarop namens die
appellant
gesteun is nie
sodanig was dat dit afwyking van die voorgeskrewe vonnis reverdig
nie.
Die kernvraag waarom die huidige appèl draai, is of die hof
a
quo
fouteer het in daardie bevinding. Die beantwoording van
hierdie vraag hang op sy beurt af van die verdere vraag aangaande
die
benadering wat ’n hof op appèl behoort te volg
met
betrekking tot
hierdie kwessie.
In
S v Homareda
2
was Cloete R (met wie Robinson WnR saamgestem het) van
mening dat die vraag of wesen­like en dwingende omstandighede

aan­wesig is die uitoefening van ’n waardeoordeel (‘value
judgment’) behels, ‘but a Court on appeal is entitled to

substitute its own judg­ment on this issue if it is of the view
that the lower court erred in its con­clusion’.
3
In die toonaangewende uitspraak in
S v Malgas
4
het die
Hoogste Hof van Appèl
dit
nie nodig gevind om ’n mening uit te spreek aangaande die
korrektheid al dan nie van hierdie benadering nie. In die huidige

appèl is dit myns insiens wel nodig om daaroor standpunt in
te neem. Ek kan my met eer­bied nie met die benadering
in
Homareda
se saak vereenselwig nie. Die enigste gesag wat
aangehaal word vir die hof se benadering is die saak van
Wijker v
Wijker
,
5
waar dit gegaan het oor die vraag of ’n party ‘onbehoorlik
bevoordeel’ sal word vir doel­eindes van die uit­reiking

van ’n verbeurd­verklaringsbevel ingevolge die bepalings van
art 9(1) van die Wet op Eg­skeiding 70 van 1979.
Ek kan,
met respek, nie insien hoedat ’n oorweging van daardie spesifieke
wetsbepalings ’n invloed kan hê op die huidige
ondersoek
nie. Alhoewel die beslis­sing aangaande die aan- of afwesig­heid
van wesen­like en dwingende omstan­dighede
weliswaar tot ’n
sekere mate die uit­oefening van ’n ‘waarde-oordeel’
behels, vorm dit ’n integrale deel van ’n
verhoorhof se funksie
by vonnisoplegging. Al die oorwegings waarom ’n hof van appèl
tradisioneel traag is om met die
uit­oefening van ’n
verhoorhof se diskresie ten opsigte van vonnisoplegging in te meng
is ook aanwesig by die beoor­deling
van die vraag of wesen­like
en dwingende omstandighede in ’n spesifieke geval aan- of afwesig
is. Die verhoorhof het normaalweg
– soos in die huidige geval –
die voordeel om eerstehands die onderskeie persoonlikhede van die
beskuldigde sowel as die
slagoffer(s) waar te neem, asook die effek
wat die betrokke misdade gehad het – nie alleen op die individuele
slagoffers daarvan
nie, maar ook op die plaaslike gemeen­skap.
In hierdie omstandighede is ek van oordeel dat dit meer korrek en
ook meer sinvol sou wees om die beslissing ten opsigte van
wesenlike
en dwingende om­standighede aan die diskresie van die verhoorhof
oor te laat en om op appèl slegs weens
beperkte gronde met
daardie beslissing in te meng.
6
Die situasie is myns insiens analoog aan die posisie wat vroeër
jare gegeld het by oor­weging van die vraag of daar

‘versag­tende omstan­dighede’ aanwesig was vir
doel­eindes van die herroepe art 277 van die Strafproseswet. In

daardie verband het die Appèlhof soos volg beslis:
‘
(I)t is settled law that this Court has no
jurisdiction to interfere with a trial Court’s finding as to the
non-existence of extenuating
circum­stances unless such finding
is vitiated by misdirection or irregularity or is one to which no
reasonable Court could
have come.’
7
Ek doen met eerbied aan die hand dat dieselfde benadering in die
huidige konteks aangewend behoort te word. Ek gaan gevolglik
voort
om die appèl op hierdie basis te beoordeel.
Bespreking
Op appèl voor ons het die
appellant
se advokaat (wat nie tydens die verhoor namens hom opgetree het nie)
betoog dat die volgende faktore, kumu­latief geneem,
wel
wesenlike en dwingende faktore daar­stel wat ’n afwyking van
die voorgeskrewe vonnis regverdig: (a) Die
appellant
se relatiewe jeugdig­heid. Hy was naamlik 20 jaar en 7 maande
oud toe die huidige misdade gepleeg is. (b) Hy het Graad
7 op
skool geslaag. (c) Hy het drie dae per week gewerk en het
bygedra tot die inkomste van die huishouding. (d) Hy
het sonder
’n vaderfiguur grootgeword. (e) Hy het slegs een vorige
veroordeling – weens diefstal. (f) Hy was ongeveer
nege
maande verhoorafwagtend in hegte­nis alvorens hy gevonnis is.
(g) Hy het op die aanklagte skuldig gepleit en berou

uitgespreek. (h) Volgens die
appellant
se weergawe, wat tydens die verhoor deur die Staat aanvaar is, was
hy tydens die pleging van die misdaad onder die invloed van

ongespeifiseerde ‘narkotiese middels’, alhoewel hy steeds geweet
het wat hy doen.
Die probleem met hierdie argument is egter dat elkeen van die
bogenoemde
faktore pertinent deur die
verhoor­regter in sy uitspraak genoem en oorweeg is. Dit is
geykte reg dat dit in die diskresie
van die verhoorhof berus om te
besluit welke faktore om in ag te neem vir doeleindes van vonnis
en
welke gewig om aan elke sodanige faktor te verleen.
8
Wat die versagtende omstandighede aanbetref, word die
appellant
se relatiewe jeugdigheid – byna 21 jaar oud – geneutraliseer
deur die feit dat hy reeds vir etlike jare soos ’n volwassene

geleef het. Sy vorige veroordeling weens diefstal is ook relevant,
aangesien hy gedurende 2004 die voordeel gekry het van ’n

opgeskorte vonnis. Nie alleen het hy tydens die pleging van die
huidige misdade die opskortingsvoorwaardes verbreek nie; hy het
hom
terselfdertyd aan veel ernstiger misdade skuldig gemaak.
Ook wat sy beweerde berou aanbetref, verskyn dit bloot in sy
art 112(2) verklaring, waarin hy meld dat hy ‘jammer (is)
oor
(sy) optrede’. Soos uitgewys in
S v Martin
,
9
‘there is a chasm between regret and remorse’. Bowendien het
hy nie kans gesien om sy berou onder eed te bevestig en homself
aan
kruisondervraging
te onderwerp nie.
10
In sy weergawe aan die proefbeampte is daar geen tekens van berou
nie; inteendeel, die
appellant
het valslik
probeer voorgee dat hy ten tyde van die misdade so swaar onder die
invloed van drank en verdowingsmiddels was dat
hy ‘is still
struggling to remember as to what happened’. Hy het ook aan die
beampte voorgegee dat hy geen vorige veroordelings
het nie.
In sy uitspraak het die verhoorregter al die
bogenoemde
versagtende omstandighede teen die verswarende omstandighede
opgeweeg alvorens hy tot die gevolgtrekking gekom het dat daar geen

wesenlike en dwingende omstan­dighede aanwesig was nie. Die
verswarende omstandighede kan soos volg opgesom word: (a) Die
appellant
het die klaagsters in die
veiligheid van hul eie huis aangeval en verkrag. (b) Beide
klaagsters was baie jonk. (c) Beide
klaagsters het tydens die
verkragtings erge pyn verduur en beserings aan hul genitalieë
opgedoen. (d) Afgesien van
haar eie pyn, moes die eerste
klaagster aan­skou hoedat haar jonger suster verkrag word.
(e) Beide het ook sekere sielkundige
nagevolge as gevolg van
die gebeure oorgehou. (f) Die
appellant
was met twee messe gewapen en het gedreig om die klaagsters daarmee
dood te maak.
Op die feite van die huidige saak is ek nie oortuig dat die
bevinding van die verhoorhof deur enige wanvoorligting of
onreëlmatigheid
geraak word of dat enige relevante faktore oor
die hoof gesien is nie. Inteendeel, volgens my oordeel, getuig die
verhoorregter
se benadering tot die kwessie van vonnis­oplegging
van ’n deeglike en gebalanseerde op­weging van
al
die
tersaaklike faktore en vonnisoog­merke. Vir hierdie hof om in
die huidige omstandighede met die verhoor­hof se bevinding
in te
meng, sou neer­kom op blote lippediens aan die beginsels rakende
die verhoorhof se diskresie by vonnis­oplegging.
Die wet­gewer
het ondubbelsinniglik bepaal dat, in die afwesigheid van werklike
wesenlike en dwingende omstandighede, hierdie
tipe msidade met
lewens­lange gevange­nisstraf bestraf behoort te word. Die
huidige geval is myns insiens by uitstek
die tipe geval wat die
wetgewer in gedagte gehad het waar die voorgeskrewe vonnis opgelê
behoort te word.
Die
appellant
se advokaat het ons ten
slotte verwys na ’n reeks onlangse uit­sprake van die
Hoogste
Hof van Appèl
, in almal waarvan daardie hof die
op­legging van lewenslange gevangenisstraf vir verkragting
tersyde gestel het en vervang
het met korter termyne van
gevangenisstraf.
11
Die teenargument namens die Staat berus op die welbekende beginsel
dat ‘(d)ecided cases are... of value not for the facts but
for the
principles of law which they lay down’.
12
In
S v Fraser
13
het Nicholas Wn AR die pasaan­gehaalde
dictum
met goedkeuring aangehaal en soos volg voortgegaan:
‘
Decided cases dealing with sentence may be of
value also as providing guidelines for the trial court’s exercise
of discretion
… and they sometimes provide useful guidance where
they show a succession of punishments imposed for a particular type
of crime.
…But it is an idle exercise to match the colours of the
case at hand and the colours of other cases with the object of
arriving
at an appropriate sentence. “(E)ach case should be dealt
with on its own facts, connect­ed with the crime and the
criminal....”’
Ek het die uitsprake waarop die
appellant
steun versigtig oorweeg, maar is van oordeel dat elk van daardie
gevalle op die feite van die huidige saak onderskeibaar is.

Bowendien, soos hierbo aangetoon, kan ons op appèl slegs in
beperkte omstandighede met die bevinding van die verhoorhof
in­meng.
Ek is nie oortuig dat daar in die huidige geval enige gronde vir
in­menging aanwesig is nie.
Gevolgtrekking
In die omstandig­hede sou ek die appèl van die hand wys.
B
M Griesel
Regter
Allie R:
Ek stem saam.
R Allie
Regter
Potgieter WnR:
Ek stem saam.
D O
Potgieter
Waarnemende
Regter
1
Alhoewel dit nie in die bevel van die hof
a quo
uitdruklik so uit­gespel is nie, is dit duidelik dat die huidige
appèl slegs teen die vonnisse ten opsigte van die
twee
aanklagte van verkragting gerig is.
2
1999 (2) SASV 319 (W).
3
T
e 326
c–d.
4
2001 (1) SASV 469 (
hha
)
para 33.
5
1993 (4) SA 720
(A) te 727E–728B.
6
Sien bv
S
v Rabie
1975 (4) SA 855
(A) te 857D–F;
S v Sadler
2000 (1) SASV 331 (HHA)
para 6.
7
S v Malinga
1963 (1)
SA 692
(A) te 695D–E. Sien ook
S v Nell
1968
(2) SA 576
(A) te 580C–D;
S v De Bruyn
1976 (1) SA 496
(A)
te 500D–E.
8
Sien
S
v Kibido
1998 (2) SASV 213
(HHA) te 216
g–h
en ander gewysdes daarin
aangehaal.
9
1996 (2) SASV 378 (W) te 383
g–h
.
10
Sien in hierdie verband
S v Morris
1972
(2) SA 617
(A) te 620H–621A;
S v M
1998 (1) SASV 162 (W) te
165
a
;
S v M
2007 (2) SASV 60 (W) paras 71–76.
11
S v Sikhhipa
2006 (2) SASV 439;
S v Nkomo
2007 (2) SASV 198;
Mabuza v The State
[2007] SCA 110 (RSA). Vergelyk ook
S v
Mahomotsa
2002 (2) SASV 435 (HHA);
Rammoko v DPP
2003 (1) SASV 200 (HHA).
12
R v Wells
1949 (3) SA 83
(A) te 87–88.
13
1987 (2) SA 859
(A) te 863C–D (ander
saakverwysings weggelaat).