S v Matakati and Others (SS116/07) [2007] ZAWCHC 328 (1 January 2008)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Robbery — Conviction of accused on multiple counts of murder and robbery — Accused denied all charges and did not testify — State presented substantial evidence including witness testimonies and documentary evidence — Court found sufficient evidence to support convictions on all counts except two — Accused's claims of alibi and intoxication rejected as unsubstantiated — Convictions upheld as the evidence proved guilt beyond reasonable doubt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2008
>>
[2008] ZAWCHC 328
|

|

Kleinsmit en n Ander v S [2008] ZAWCHC 328; ; 189/07 (4 December 2008)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknr: 189/07
RUZE KLEINSMIT
…...................................................................
Beskuldigde
1
MONTIVERDI ENGELBRECHT
…..............................................
Beskuldigde
2
en
DIE
STAAT
…..................................................................................
Respondent
UITSPRAAK gelewer op 4
Desember 2008
Inleiding
1. Die beskuldigdes Ruze
Kleinsmit en Montiverdi Engelbrecht, het tereggestaan in die
Streekhof te Atlantis op verskeie klagtes
van moord, poging tot moord
en roof met verswarende omstandighede.
2. Die klagtes teen beide
die beskuldigdes was as volg:
(a) Aanklag 1: Roof met
verswarende omstandighede ten opsigte van die klaer, Michael Cloete
(b) Aanklag 2: Poging tot
moord ten opsigte van Michael Cloete;
(c) Aanklag 3: Roof met
verswarende omstandighede ten opsigte van Jakobus Raulse;
(d) Aanklag 4: Moord ten
opsigte van Jakobus Raulse;
(e) Aanklag 5: Moord ten
opsigte van Dirk Jaers;
(f) Aanklag 6: Roof met
verswarende omstandighede ten opsige van Elrico Davids;
(g) Aanklag 7: Poging tot
moord ten opsigte van Elrico Davids;
(h)
Aanklag
8: Moord ten opsigte van 'n onbekende oorledende;
3. Beskuldigde 1 was
verteenwoordig deur prokureur Cook. Beskuldigde 2 was verteenwoordig
deur prokureurs Rhode en Bennett in opdrag
van die Regshulpraad. Mnr
Loots net voor my verskyn namens beskuldigde 2. Die aanklaer was Me F
Venter en voor my het verskyn Me
Swarts.
4. Op 12 Oktober 2005 het
beide beskuldigdes onskuldig op alle aanklagtes gepleit. Beide het
alle beweringe in die klagstaat ontken
en beide net verder op pleit
stadium geswyg. Die Staat net elf getuies geroep en verder
dokumentere getuienis en reele getuienis
in die vorm van foto's voor
die verhoorhof geplaas. Staatgetuies was vroue sersant Lisbey
Loubscher, konstabel Samuel Sampson,
die klaer ten opsigte van
klagtes 1 en 2 - Mnr Michael Cloete; die niggie van beskuldigde 2 en
die moeder van beskuldigde 1 se
kind - Me Atina Dampies; 'n makker
van die beskuldigdes - Mnr Alfredo Nathan Kies; konstabel Elderitz
Christiaan Haupt; die klaer
ten opsigte van klagtes 6 en 7 -Mnr
Elrico Davids; die jeugdige getuie Ronwyn Pedro; 'n gewese
Suid-Afrikaanse Polisie Diens lid,
Mnr Albert Ungerer; Me Melissa
Pieters -die voormalige meisie van Elrico Davids; en inspekteur Johan
Daniels, die ondersoek beampte.
5. Nadat die Staat se
saak gesluit is. het die beskuldigdes ook hul saak gesluit sonder om
enige getuienis te lei.
6. Die beskuldigdes is op
27 Junie 2007 skuldig bevind op alle aanklagtes behoudens klagtes 3
en 8. Ten opsigte van aanklag 3 is
die beskuldigdes skuldig bevind
aan diefstal ('n bevoegde uitspraak) en ten opsigte van aanklagte 8
(moord) is hulle onskuldig
bevind.
7. Die gebeure wat
aanleiding gegee het tot die agt klagtes voormeld, het plaasgevind op
23 en 24 Januarie 2004. Die Staat het aangevoer
dat beskuldigdes 1 en
2 verskeie persone in Vredenburg se strate met skerp voorwerpe
aangeval het. Na bewering was beskuldigde
1 en 2 saam deel van 'n
groep wie in daardie nag van straat tot straat beweeg het en hul
slagoffers aangeval, geroof of gedood
het. Beskuldigde 1 en 2 was na
bewering die hoofdaders wie bewapen was en wie hul wapens ook op die
slagoffers gebruik het. Daar
is deur die Staat aangevoer dat daar 'n
verband bestaan tussen beskuldigde 1 en beskuldigde 2 deurdat hulle
vriende was en beskuldigde
2 se niggie die moeder van beskuldigde 1
se kind was. Voormelde niggie is Me Atina Dampies.
8.
Alhoewel
soos reeds vermeld die beskuldigdes nie getuig het nie, het
die
verhoorlanddros daarop gewys dat hul verwere geblyk het uit
die
stellings wat namens hulle gemaak is gedurende die verloop van
die
verhoor:
(a) eerstens dat hulle
nie teenwoordig was op enige van die misdaad tonele nie aangesien
hulle daardie tyd (elders) in Vredenburg
was;
(b) beskuldigde 1 het
ook, alternatiewelik, beweer dat hy of hulle onder die invloed van
drank en dwelmmiddels was en dat hulle
laasgenoemde middels vroeerdie
dag of die nag gebruik het.
9.
Die
verrigtinge is na die skuldigbevindings deur die
verhoorlanddros
gestaak in terme van artikel 52(1)(b)(i) van
Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997 en na die Hooggeregshof verwys
vir bekragting
van die skuldigbevindings en vir die oplegging van
vonnisse.
10. Daar is slegs namens
beskuldigde 1, verteenwoordig deur Mnr Cook, aangevoer dat sy
skuldigbevindings nie bekragtig moes word
nie.
11. Uit hoofde van wat
aan my voorgedra was in die skriftelike betoog van Mnr Cook het ek op
die eerste verskynmgsdatum, 17 September
2008. waartydens die saak
voor my gedien het, ten aansien van sekere aspekte, redes van die
agbare verhoorlanddros versoek.
12.
Die verhoorlanddros het volledig op my versoek geantwoord en voeg ek
die tersaaklike gedeeltes van haar antwoord
seriatim
by
my versoek
in:
Vraag
1: "Op
welke
gronde is die kruisondervraging van die staatsgetuies ten opsigte van
die weergawes van David Bailey en Roslyn Carelse, soos
dit vervat was
in verklarings deur hulle gemaak, nie toegelaat nie?"
Antwoord:
"Die
Suid Afrikaanse bewysregreels en verskeie regspraak dui aan dat die
hof nie kruisondervraging onder die omstandighede
kon toelaat nie.
Gesag: In
S
v Tshabalala
1999(1)
SASV 163(7) is beslis (par.3.2)
'As verklarings van
ander persone as die getuie gebruik word, kan dit alleen provisioneel
gebruik word as die verklaarder wel vir
die staat of die beskuldigde
gaan getuig.'
Edele, nie David
Bailey of Rosyn Caretse was deur 6f die staat of die verdediging, as
getuies, geroep nie. Hulle het dus nie later
getuig oor die
korrektheid van die inhoud van hut poiisieverklarings en/of dat dit
onder andere vrywillig afgele is nie, en daarom
kon hul verklarings
nie in kruisondervraging van ander staatsgetuies gebruik word nie.
Vraag
2:
"Moes
die Hof nie ingevolge artikel 186 van die Strafproseswet, 51 van 1977
die getuies, David Bailey en Roslyn Carelse in
belang van regspleging
geroep nie?"
Antwoord:
"Die
genoemde persone is nie geroep in terme van artikel 186 van die
Strafproseswet 51/77 nie want hul getuienis het beslis
nie vir die
hof as noodsaaklik geblyk vir die regverdige beregting van die saak
nie. Die kwantiteit en kwaliteit van die bewysmateriaal
wat voor die
hof geplaas was namens die staat was voldoende om die saak regverdig
te bereg, naamlik: 11 persone wie viva voce getuienis
afgele het,
dokumentere bewysmateriaal en reele getuienis wat onder andere in
terme van artikel 232 toegelaat is. Die Staatsaanklaer
in die saak
was duidelik ervare en voorberei en het dit bygedra daartoe dat die
hof geen leemte na staatsaak ervaar het nie.
Beskuldigde se keuse
om na die verdoemende bewysmateriaal teen hulle, nie te getuig nie en
geen beskikbare getuies te roep nie,
het immers die staatsaak
versterk en het die hof geen twyfel gehad dat die staat nie net hul
van hul bewyslas gekwyt het nie, maar
dat die staat elke element van
beide beskuldigdes se skuld in alle klagtes waarvan hul skuldig
bevind is, bo redelike twyfel bewys
het."
Vraag
3: "Op
welke
gronde is die verklarings 01 en 02, van beskuldigde 1 toegelaat?"
Antwoord:
"Voile
redes is verskaf op bladsy 552 tot 556 van die oorkonde toe die hof
sy redes vir sy bevinding in 'n verhoor binne 'n
verhoor verskaf het
Kortliks het die hof
onder andere bevind:
(i)
Die
verklarings afgele deur beskuldigde 1 is relevant want dit weehe
beskuldigde 1 se alibi dat hy nie op die misdaadtoneel was
nie -
Artikel 210 Wet 51 van 1977 lees dat relevante getuienis toegelaat
moet word -natuurlik onderworpe daaraan dat aan sekere
vereistes
voldoen word;
(ii)
Die
hof het egter die riglyne gevolg (regskriteha toegepas) wat gestel
was deur die Grondwetlike Hof wanneer daar beslis moes
word of
bewysmateriaal wat ongrondwetlik is, toegelaat moes word (Regspraak
Key
v Attorney-General Cape of Good Hope Provincial Division
1996(2)
SACR 3 bladsy 113. Die hof het bevind dat die inbreukmaking op
beskuldigde se reg
deur 'n voog bygestaan te word nie
regverdigbaar was in die omstandighede
van die saak nie, maar het
bevind dat die toelating van beskuldigde een se
verklarings nie
die verhoor onbillik sal maak nie want dit weerle sy alibi en dit
dui op beskuldigde een se geloofwaardigheid.
Een persoon se regte is
verder absoluut nie. En beskuldigde een se reg tot bystand was
opgeweeg teen die oorledene se reg tot
lewe toe Artikel 36 van die
Grondwet inaggeneem was.
(iii)
Die
hof het egter verder die 2 verklarings toegelaat want die hof het
bevind beskuldigde een het dit vrywillig afgele;
(iv)
Dis
verder toegelaat want openbaarmaking van bewysmateriaal wat op die
waarheid dui sal tot voordeel van die regspleing wees;
(v)
Die
hof het dit verder toegelaat want dit kom nie neer op
'n
bekentenis
nie;
(vi)
Buitegeregtelike
erkennings van een beskuldigde is verder ook teen 'n ander
toelaatbaar;
(vii)
(Ten
opsigte van die argument dat dit hoorse getuienis was) - Hoorse
getuienis is toelaatbaar waar die Staat (soos in hierdie
geval) dit
bloot aangebied het as bewys dat die getuie iets relevant met sy eie
sintuie waargeneem het(Gesag op die punt: Regspraak:
Miller
1939
AD 106.)
Vraag
4:
"Het
die Hof in die verband ag geslaan op die
S
v Orrie
2005(1)
SASV 63(K)?"
Antwoord:
"Die
saak
S
v Orrie
2005(1)
SASV 63(K) is nie net inaggeneem nie, die hof het daama verwys op
bladsy 491 (in 23), van die oorkonde. Die hof het die
gesag
ondergeskik gevind aan die gesag van die grondwetlike hof op
dieselfde punt gebied in die regspraak
Key
v Attorney-General Cape of Good Hooe Provincial Division
.
In die
Key
v Attorney-General
saak
is beslis deur die Grondwetlike Hof:
'What the
Constitution demands is that the accused be given a fair thai
Ultimately fairness is an issue which has to be decided
upon the
facts of each case and the thai Judge or the Magistrate is the
person best placed to take that decision. At times fairness
may
require that evidence unconstitutionally obtained, be excluded. But
there will be other times where fairness require that
evidence,
although obtained unconstitutionally nevertheless be ad­mitted.'
Vraag
5:
"Het
die feit dat die verklarings toegelaat is, beskuldigde 1 benadeel?"
Antwoord:
"Beskuldigde
1 is nie onbillik benadeel deur die toelating van sy
polisieverktarings nie hy is bloot as ongeloofwaardig ontbloot,
want
in sy eie polisie verklarings word sy verweer, wat in die hof
aangebied was, weerl6. Dit was egter nie die enigste bewysmateriaal

teen beskuldigde 1 nie. Sy kind se moeder Atina Dampies
(Staatsgetuie 4) het horn ook in 'n afgewaterde weergawe op die
misdaadtoneel
geplaas. Verder het Alfredo Kies ook getuig oor
beskuldigde 1 se misdadige optrede die aand. Die verdediging het dit
aan Alfredo
gestel dat hy valslik teen beskuldigde getuig het omdat
beskuldigde 1 vir horn, Alfredo, impliseer in sy polisieverklaring.
Met
die toelating van beskuldigde 1 se polisieverklaring het die hof
egter agter gekom dat dit 'n valse stelling was, want Alfredo
Kies
was nooit deur beskuldigde 1 in sy polisieverklarings by misdaad
geinkrimineer nie. Die toelating van beskuldigde 1 se
polisieveri<larings was dus nodig vir die regverdige beregting
van die saak.
Hoe
dit ookal sy, of beskuldigde benadeel was, is beslis nie (op
sigself) as 'n kriteria gestel vir die nie-toelaat van relevante

bewysmateriaal in die bogenoemde grondwetlike saak van
Key
nie.
Beskuldigde se potensiele benadeling sal egter altyd, en was
inaggeneem toe die hof beslis het om die toelating van sy

polisieverklarings billik sal wees (sien bladsy 554 van die
oorkonde)."
Vraag
6:
"Het
die Hof die verklarings inaggeneem in die uitspraak?"
Antwoord:
"Ja
Edele, want die hof moes. In
S
v Jochems
1991(1)
SASV 208(A) is beslis:
'The
that court is obliged to consider the evidence
as
a whole
.'
Dit sluit die totale bewysmateriaal in wat voor die hof geplaas is,
sowel as beskuldigde se stilswye en sy wens om geen getuienis
te
roep nie en sy keuse om geen ander bewysmateriaal voor die hof te
plaas nie.
Die hof het egter nie
veel gewig (in isolasie) aan beskuldigde 1 se polisieverklarings
geheg nie. Die inhoud daarvan was bloot
geoorweeg saam met die
inhoud van die ander bewysmateriaal (getuies van onder andere Atina
en Alfredo) wat dit staaf, nl: dat
beskuldigde 1 op die misdaad
toneel was, met wie hy vroeer gekuier het en dat 'n mes onder andere
gebruik was toe iemand noodlottig
beseer was.
In
die saak
R
v Mtembu
1950
(1) SA 670
(A) op 679-680 is beslis dat die feit dat 'n aantal
onderfing onafhanklike feite, almal in dieselfde rigting dui, is
hier van
groot belang. Moontlik kan elkeen afsonderiik nog versoen
word met onskuld, maar die gesamentlike oortuigingskrag moet
beoordeel
word. Toegepas op die saak, beskuldigde 1 se
polisieverklarings en ander
viva
voce
getuienis
plaas beskuldigde op die misdaadtoneel(e). Die feit dat hy verklaar
het aan die polisie dat hy van die misdade bloot
waargeneem het, kan
op sy onskuld dui, maar gesamentlik met ander bewysmateriaal van bv.
2 messe, beplanning, die saam beskuldigde
2 wees terwyl hy erge
misdaad pleeg, dui nie meer op beskuldigde 1 se onskuld nie.
9
Vraag
7:
"Is
dit korrek om ten aansien van klag 3 te verwys na die 'boedel' van
die oorledende?"
Antwoord:
"Daar
is korrek verwys na die boedel van die oorledende, want iemand wat
gedood is, kan nie agtema beroof word nie. Hoewel
aanklag 1 lees
Moord ten opsigte van Jakobus Raulse en aanklag 3 lees Roof ten
opsigte van Jakobus Raulse het die bewysmateriaal
wat voor die hof
geplaas was getoon die oorledende was eers gedood. Daarna is sy
besittings wederregtelik geneem.
In
l
n
roofaanklag is dit 'n element van die misdryf dat die Staat moet
bewys geweld is deur die beskuldiges gebruik om die slagoffer
se
saak te neem of dreigemente van geweld is gebruik om die besitter
van die saak
te
oorreed
om
te berus in die wegname van die saak.
Die
bewysmateriaal wat voor die hof geplaas was ten opsigte van die
oorledende, Jakobus Raulse het vir die hof getoon dat hy nie
geweld
aangedoen is om horn te besteel nie. Hy kon ook nie met geweld
oorreed
word
om horn te berus dat sy saak (skoene) gesteel gaan word nie, want hy
was reeds dood (noodlottig gewond) voor hy besteel is.
Die res van die
bewysmateriaal in die saak toon verder, dat ander persone dieselfde
aand roekeloos en opsetlik gedood is deur
dieselfde beskuldigdes
sonder dat hulle geroof is. Hierdie hof kon dus nie aflei dat
hierdie oorledende geweld aangedoen is bloot
om horn te besteel nie.
Indien die
beskuldiges egter na hierdie ooriedende gedood is (ofnadat hulle
voorsien het, hy is dood), horn van lets waardevol
'besteel' het,
het hulle bloot sy boedel benadeel."
Vraag
8:
"Het
die Staat kousaliteit bewys op aanklag 4, gedagtig aan die feit dat
die identiteit van die oorledene nie deur hetsy
Alfredo Kies of
Konstabel Haupt bepaal kon word nie?''
Antwoord:
"Kousatiteit
ten opsigte van die dood van Jakobus Raulse is bewys onder andere
deur 2 getuies. Vier ooreenkomste tussen die
getuienis het, in
totatiteit, daarop gedui dat hier na die oortedene, Jakobus Raulse
verwys word (sien bladsy 719 van uitspraak
- lyn 1 tot 11).
Die
identiteit van die oorledende hoef egter nie as 'n element van die
misdryf moord, deur die Staat bewys te word nie, want verskeie

regskrywes onder andere
Snvman
(4e
uitgawe bl 435) defineer die misdaad moord as volg:
'Moord
is die wederregtelike en opsettike veroorsaking van die dood van
'n
ander
mens.'
'n Onbekende persoon
kan dus gedood word solank dit bo redelike twyfel bewys was sy/haar
dood is wederregtelik en opsetlik veroorsaak
deur die
beskuldigde(s)."
Vraag
9:
"Moes
die uitspraak op aanklag 2 nie aanranding met die opset om emstig te
beseer gewees het nie in plaas van poging tot
moord nie, gedagtig
dat die besehngs nie potensiele fatale besehngs was
nie?"
Antwoord:
"Dis
hierdie hof se submissie dat die klagte korrek as poging tot moord
genotuleer was, want uit die totaliteit van die bewysmateriaal
wat
voor die hof geplaas was oor die 2 beskuldigdes se erge misdadige
optredes die aand kon die hof aflei en dus die enigste
afleiding wat
die hof kon maak, hulle 2 gepoog het of probeer het om die
oorledende te dood.
Die hof het onder
andere in ag geneem dat ander van hul slagoffers ook opsetlik gedood
was, hoe wreed vermoor was,
Waarmee hulle
aangeval was (tipe wapen)
Hoeveel keer hulle
gewond was;
Waarop die liggaam
bv. naby hul lewensorgane gewond was;

Hoeveel
persone gedood is;

Op
dieselfde
dorp, in dieselfde tyd (periode) en op dieselfde manier (modus
operandi).
Die 2 beskuldigdes se
woordgebruik, voor en tydens misdaadpleging, hul wapenverkryging en
hul mate van beplanning, het die hof
bo redelike twyfel oortuig, die
klagte moes poging tot moord wees.
Wat u verwysing na
nie-potensiele beserings betref: verwys ek u na die regskrywer
Snyman se skrywe; Strafreg, 4e uitgawe bl 452.
Dit lees met
betrekking tot aanranding met die opset om ernstig te beseer:
'Ernstige liggaamlike
beserings hoef nie inderdaad toegevoeg te wees nie (by 'n Aanranding
nie), slegs die opset om dit toe te
voeg, word vereis.' Die
beskuldigdes se opset word uit die omringende omstandighede
afgelei.'
Dieselfde kan. sonder
twyfel, ten opsigte van n klagte van moord, oorbetoog word.
In die bovermelde
omstandighede, waar vele persone die nag gedood is deur dieselfde
beskuldigdes. op n soortgelyke manier was
daar bo redelike twyfel
bewys, dat hulle ook hierdie persoon opsetlik wou dood, maar nie
heeltemal daarin geslaag het nie. Die
Staat hoef nie eens 'n direkte
opset te bewys het nie..."
13. Die vraag of die
skuldigbevinding ooreenkomstig geregtigheid geskied het, wat die
toets is wat toegepas moet word ooreenkomstig
artikel 52, wentel om
die vraag of daar inbreuk gemaak was op beskuldigde 1 se reg tot 'n
regverdige verhoor. Die beantwoording
van daardie vraag wentel weer,
op sy beurt, om die vraag of daar op beskuldigde 1 se regte inbreuk
gemaak was
(a)
toe
hy sy twee getuieverklarings afgele het deurdat
sy regte geensins aan
horn verduidelik was nie, en of,
(ii)
in
iedere geval, sy ouers horn nie moes bystaan nie; en
(b)
sy
regsverteenwoordiger se kruisverhoor kortgeknip was toe hy
wou kruisverhoor met
verwysing na die inhoud van die getuie verklarings van Carelse en
Bailey wie nog deur die vervolging nog
deur die verdediging geroep
sou word?
Die toelaatbaarheid
van die getuieverklahngs
14.
Die laaste staatsgetuie was inspekteur Johan Daniels. Sy bydrae
\e
daarin
dat hy aanvanklik met die ondersoek van die saak getuie verklarings
van beskuldigde 1 bekom het waarin beskuldigde 1 homself
op die
misdaad tonele geplaas het Ten opsigte van klagtes 3 en 4 in die
eerste verklaring, en klagte 8 in die tweede verklaring.
Hierdie
verklarings is toegelaat nadat 'n verhoor binne 'n verhoor
plaasgevind het.
15. Die kritiek teen
inspekteur Daniels was omdat beskuldigde 1 'n jeugdige was, sy ouers
of voog horn na die polisie stasie moes
vergesel of by moes wees toe
hy die verklarings afle.
16. Die feitlike
agtergrond het geblyk in die verhoor-binne-verhoor. Inspekteur
Daniels, 'n ervare inspekteur in die Suid-Afrikaanse
Polisie Diens
gestasioneer te Vredenburg, het reeds 26 jaar dienservaring, 18
daarvan as 'n speurder. Inspekteur Daniels het
verduidelik hoe hy 'n
getuie ondervra en eers duidelikheid kry oor die inhoud van die
verklaring voordat hy die verklaring afneem.
Indien 'n getuie
homself begin inkrimineer sal hy hom waarsku en sy regte
(outomaties) aan hom verduidelik. Inspekteur Daniels
het getuig dat,
in die normale gang, sal verdagtes gearresteer word en daarna
gewaarsku word van hul regte.
17.
Inspekteur Daniels het getuig dat na die vele rooftogte en moorde
die nag was klopjagte uitgevoer en was beskuldigde 1 aanvanklik
as
l
n
getuie of 'n sameloper van beskuldigde 2 beskou. Dis hoekom hulle
aanvanklik, ongeveer 4 uur die oggend, nie sy ouers versoek
het om
hom saam na die polisiestasie te vergesel nie.
18. Beskuldigde 1 is die
oggend van 27 Januarie 2004 by sy woning gaan haal. Daar was 'n hele
aantal persone wat saam met beskuldigde
1 opgetel was in die
klopjag. Op die stadium wat die klopjag uitgeoefen was, was
beskuldigde 1 nog nie onder redelike verdenking
dat hy betrokke was
by die misdrywe nie. Toe hy by sy woning gaan haal was, is hy nie
gearresteer nie. Beskuldigde 1 en sy ouers
is meegedeel dat die
polisie besig was met 'n ondersoek na drie moord en roof gevalle
waarvan beskuldigde 2 verdink was en dat
die polisie inligting
ontvang het dat beskuldigde 1 saam met beskuldigde 2 was toe die
voorvalle plaasgevind het. Hy sou na die
polisiestasie geneem word,
waar hy ondervra sou word en waarna die polisie weer met sy ouers in
verbinding sou tree.
19.
Op hierdie stadium het die polisie reeds vasgestel dat beskuldigde 1
vyftien jaar oud was (dit blyk dat sy geboorte datum
24 April 1988
was). Sy ouers was nie saamgeneem na die polisiestasie nie aangesien
inspekteur Daniels beskuldigde 1 vir ondervraging
geneem het en hy
nie 'n verdagte was nie. Inspekteur Daniels het toegegee dat dit
onbillik is om 'n 15 jaar oue kind sonder sy
ouers te ondervra. Die
enigste verduideliking is dat hulle baie besig was en dat
"die
gemeenskap was baie ontevrede'.
20. Beskuldigde 1 is toe
gevra of hy weet wie saam was en of hy enige iets van die moorde
geweet het. Daar is twee verklarings
by beskuldigde 1 afgeneem. Die
eerste verklaring (A2-01) is om 8h30 die oggend afgeld en die tweede
verklaring (A3-02) is om
9h30 afgele. Inspekteur Daniels het
verduidelik dat die tweede getuieverklaring bekom was omdat daar
daar verskillende saak dossiere
was. Beskuldigde 1 het eers 'n
verdagte geword nadat van die ander getuies ondervra was. Alfredo
Kies se verklarings is om 7h10
(op 7 Februarie 2006) en om 9h40 (op
27 Januarie 2004) afgele. Mnr Carelse se verklaring is om 9h15
geneem terwyl beskuldigde
1 se twee verklarings om 9h30 geneem was.
Dit is gemene saak dat beskuldigde 1 nie gewaarsku was ten opsigte
van sy twee verklarings
nie. Op die stadium dat hy die tweede
verklaring afgeneem het was inspekteur Daniels nog nie bewus van Mnr
Carelse se verklaring
nie.
21. Die
waarskuwingsverklaring (A5) is om 11h30 die oggend afgele. Dit was
geneem nadat beskuldigde 1 geimpliseer was as 'n verdagte.
Die
waarskuwingsverklaring dui nie daarop dat beskuldigde 1 se regte ten
aansien van ouerbystand aan hom verduidelik was nie.
22. Daar is geen
verduideliking van inspekteur Daniels hoekom hy nie met die neem van
die waarskuwingsverklaring nie die ouers
geroep het nie. Inspekteur
Daniels was onseker of hy iemand gestuur het om die ouers in te lig
van die arres van beskuldigde
1.
23. Getuieverklaring 01
plaas beskuldigde 1 op die toneel van aanklag 8. Ek verpoos om aan
te stip dat beskuldigde 1 onskuldig
bevind was op aanklag 8. Die
getuieverklaring 02 verbind beskuldigde 1 tot die toneel by klagtes
3 en 4 - die roof en moord van
Jakobus Raulse.
24. Die benadeling wat
voortspruit uit die toelating van die twee getuieverklarings kan
slegs direk verband hou met aanklagtes
3 en 4 (verklaring 02),
aangesien beskuldigde 1 onskuldig bevind is op aanklag 8 ten opsigte
waarvan verklaring 01 'n rol gespeel
het.
25. Die verhoorlanddros
het bevind dat die verklarings toelaatbaar was. Dit is dienlik om ag
te slaan op die inhoud van haar bevindinge.
26. Beskuldigde 1 het
homself nie in enige van die twee getuieverklarings geinkrimineer
nie en het hy in sy waarskuwingsverklaring
bloot gese dat hy
volstaan met dit wat hy in sy vorige verklaring(s) gese het.
27. Beskuldigde 1 plaas
homself egter op die toneel van die misdrywe - en soos die landdros
tereg uitgewys het, was dit self-inkriminerend
gewees. Die twee
verklarings was juis aangebied om die alibi van die beskuldigdes te
weerle.
28. Artikel 50(4) van
die Strafproseswet vereis dat die ouer of voog van 'n persoon onder
die ouderdom van 18 jaar kennis gegee
word van so 'n persoon se
arres deur 'n polisiebeampte.
29. Beskuldigde 1 was 15
jaar oud toe hy die getuieverklarings afgele het en was dit in sy
beste belang dat sy ouers teenwoordig
sou wees. Die verhoorhof
bevind dat daar inderdaad 'n skending van beskuldigde 1 se regte
ingevolge die Grondwet was en, in besonder
dat inbreuk gemaak was op
sy regte, ingevolge artikel 28(2) van die Handves van Regte
(Hoofstuk 2) van die Grondwet van die Republiek
van Suid-Afrika,
1966 (Wet 108 van 1996):
"In elke saak
waar daar 'n kind betrokke is, moet daar in die beste belang van 'n
kind opgetree word."
30.
In
Key
v Attorney-General, Cape Provincial Division, and Another
[1996] ZACC 25
;
1996
(4) SA 187(CC)
het die Grondwetlike Hof by monde van Kriegler R,
te195F-16B beslis dat:
"[13]
In any democratic criminal justice system there is a tension
between, on the one hand, the public interest in bringing
criminals
to book and, on the other, the equal great public interest in
ensuring that justice is manifestly done to all, even
those
suspected of conduct which would put them beyond the pale. To be
sure, a prominent feature of that tension is the universal
and
unceasing endeavor by international human rights bodies, enlightened
legislatures and courts to prevent or curtail excessive
zeal by
State agencies in the prevention, investigation or prosecution of
crime. But none of that means sympathy for crime and
its
perpetrators. Nor does it mean a predilection for technical niceties
and ingenious legal stratagems. What the Constitution
demands is
that the accused be given a fair trial. Ultimately, as was held in
Ferreira
v Levin
1
,
fairness
is an issue which has to be decided upon the facts of each case and
the trial Judge is the person best placed to take
that decision. At
times fairness might require that evidence unconstitutionally
obtained be excluded. But there will also be
times when fairness
will require that evidence, albeit obtained unconstitutionally,
nevertheless be admitted."
31.
Die hof het inderdaad steun geplaas op
Key
v The Attorney-General
.
supra,
waar
die Grondwetlike Hof beslis het dat billikheid soms vereis dat
bewysmateriaal, alhoewel ongrondwetlik bekom. soms toelaatbaar
is.
32.
Die verhoorlanddros het op die Key beslissing gesteun. Mnr Cook
daarenteen het gesteun op
S
v Orrie and Another
2005(1)
SASV 63
(C),
'n uitspraak van Bozalek R. Bozalek R het ook na Key se saak verwys
en daaraan toegevoeg (te 74D-F), die beslising van Cameron
R in
Sv
Marx and Another
1996
(2) SASV 104 (W) te 149f:
"It
should be borne in mind always that the matter is one of fundamental
fairness. As Kentridge AJ said in the
Zuma
case,
the question is always whether the criminal trial is conducted in
accordance with notions of basic fairness. Basic fairness
does not
require formalistic repetition. Basic fairness likewise does not
require inappropriate or undue formalism. Mere formalism,..,
may
indeed constitute a clog on the proper and efficient performance of
police duties."
33.
Bozalek R het daarop gewys (te 75B-D) dat die aanvanklike ondersoek
egter moet wees of die getuienis wat verkry is. strydig
met die
beskuldigde se konstitutionele regte, indien dit toegelaat sou word,
die verhoor onregverdig sou maak. Bozalek R verwys
na
S
v Naidoo and
Another
1998 (1) SASV 479 (N) waar, indien die getuienis aldus toegelaat, die
regverdigheid van die verhoor sou aantas, dit die
regspleging sou
aantas en derhalwe, in die algemeen gesproke, uitgesluit sou word.
Bozalek R het as volg voort gegaan te 75H-76E
"It
now remains to consider whether the failure to advise the accused
that his statement could be used against him rendered
his trial
unfair. Here, it appears to me, notwithstanding the exculpatory
nature of the statement, the considerations are much
clearer. The
right not to be compelled to incriminate oneself in criminal matters
is a hallowed one and a fundamental tenet of
a fair trial (as
discussed in
Ferreira
v Levin NO and Others
;
Vrvenhoek
and Others v Powell NO and Others
1996(1)
SA 984(CC) in paragraphs [91-100]). Furthermore, although a statement
may on the face thereof appear exculpatory it may,
nevertheless have
prejudicial consequences for the statement maker, for example, where
the statement maker has furnished a false
exculpatory explanation. In
these circumstances I can see no reason why statements of such a
nature should not, for the purpose
of deciding on the admissibility
following a breach of the statement makers constitutional hghts, be
determined on the same basis
as confessional statements. In both
cases the suspect or the accused is conscripted to give evidence
against him- or herself. The
keen tussle around the admissibility of
the statement in the present matter is in itself an indication of the
weight which it may
carry. This in the present instance, although the
disputed statement is apparently not confessional in nature, I must
assume that
it compromises the accused in some way.
In my opinion, the
admission of such a statement obtained without a warning that it may
be used against the maker will inevitably
taint the fairness of any
subsequent trial. The statement in question was obtained from the
accused in violation of the constitutional
duty to inform him that
any statement he made could be used against him in later proceedings.
As such I hold it to be inadmissible
against the accused. Again, the
conclusion which I have reached renders it unnecessary to consider
the question of the effect of
the admission of the statement on the
administration of justice."
34.
In
S
v Manuel & Andere
1997
(2) SASV 505 (K) het Brand R (soos hy toe was) as volg bevind te
515e-516i:
"Wat
minderjariges betref, is die konsekwensies van die benadering wat uit
die voorgaande blyk, die wat uiteengesit word in
die volgende dicta
van Eksteen AR in
S
v M
1993
(2) SASV 487 (A) op 490d-g:
'It
seems to be that as a matter of general principle a young person in
such circumstances ought to be afforded the assistance of
a parent
wherever this is reasonably possible. Our common law has always
recognised the inherent intellectual immaturity and inexperience
of
youth, and made allowances for them . . Section 73(1) of the Act
entitles any person who has been arrested to have the assistance
of
his legal adviser as from the time of his arrest and ss (3) of the
same section allows an accused who is under the age of 18
years to be
assisted by his parent or guardian at criminal proceedings. In fact s
74 goes on to make it imperative for the parent
or guardian to be
warned to attend such criminal proceedings whenever he or she "can
be traced without undue delay",
and makes it an offence for them
to fail to attend and to remain in attendance unless excused by the
court. The conjunction of
ss (1) and (3) of s 73 in the same section
would seem to indicate that a person under the age of 18 years would
at least be entitled
to the assistance of his parent or guardian as
from the time of his arrest in the same way as an adult would be
entitled to the
assistance of his legal adviser In
S
v Gibson NO and Others
1979
(4) SA 115
(D) at 138B-C, Milne J had occasion to remark on the
"unwisdom of allowing a 17 year old unrepresented accused, who
is not
assisted by his parents or guardian, to plead to serious
chminal charges'".
Dit bring my by die
regsbeginsels aangaande die tweede basis waarop mnr Tyler vir sy
aanvegting van die toelaatbaarheid van die
bekentenis steun. Hierdie
gronde synde - soos reeds aangedui - dat die toelating van die
bekentenis in stryd sal wees met beskuldigde
se konstitusionele reg
op 'n billike verhoor".
35. Brand R het as volg
(te 516C-517D) gehandel met die toelaatbaarheid van 'n bekentenis wat
afgele was deur 'n jeugdige in die
afwesigheid van sy moeder:
"
Toepassing
Dat jeugdiges oor die
algemeen makliker as volwassenes gei'ntimideer kan word, spreek
eintlik vanself. Wanneer 'n sestienjarige
deur n polisieman
gekonfronteer word met veridarings wat horn direk met ernstige
misdade verbind, is dit hoogs waarskynlik dat
hy hierdeur befnvloed
sal word om maar liewer 'oop kaarte te speel'. Dat hierdie tipe
beinvloeding nie noodwendig onbehooriik is
nie, spreek eweneens
vanself.
War
volgens mnr Tyler se argument die beinvloeding in die onderhawige
geval onbehooriik maak, is dat beskuldigde se moeder by haar
seun se
ondervraging uitgesluit is. Soos uit die aangehaalde gesag blyk, is
die teenwoordigeheid van 'n jeugdige se ouer vanaf
die oomblik vanaf
sy arrestasie van groot belang Die redes hiervoor is die aanvaarding
van die feit dat jeugdiges oor die algemeen,
weens hulle gebrek aan
oordeel en lewenservaring, nie oor dieselfde vermoe beskik om
besluite te neem nie. Dit moet veral so wees
waar die minderjarige
van besondere lae intelligensie is soos die beskuldigde in hierdie
saak. Toe die beskuldigde hom bereidwillig
verklaar het om 'n
bekentenis af te l§, het hy in wese twee eleksies uitgeoefen.
Eerstens, die eleksie om afstand te doen
van sy swygreg en, tweedens,
die eleksie om nie 'n regsadviseur te raadpleeg alvorens hy die
eerste eleksie uitoefen nie. Die stelling
dat die uitoefening van
hierdie twee eleksies vir die jeugdige beskuldigde van die
allerhoogste belang was, behoef nouliks enige
motivehng. Indien hy in
die hof hierdie eleksies moes uitoefen sou geen regsprekende
amptenaar hom vra om dit te doen sonder dat
redelike stappe geneem is
om die teenwoordigheid van die jeudigde se ouer of voog te verseker
nie (vlg
S
v
Gibson
NO and Others
1979(4)
SA 115 (D) op 137-9). Dit is nouliks denkbaar dat die regsprekende
amptenaar, waar die ouer of voog wel beskikbaar is, die
ouer of voog
sal uitstuur juis wanneer die jeugdige gevra word om hierdie
belangrike besluite te neem. Soos uit die gesag blyk,
is die algemene
reel dat dit wat nie tydens die vertioor toelaatbaar is nie, ook nie
vooraf toegelaat kan word nie. Op die basis
het Magalis se optrede om
beskuldigde se moeder weg te stuur voordat hy die beskuldigde
ondervra. dus die beinvloeding onbehooriik
gemaak.
Dit is so dat
beskuldigde se moeder wel teenwoordig was toe hy die bekentenis voor
die landdros afgel§ het. Na ons oordeel,
kan dit egter nie bo
redelike twyfel bevind word dat die onbehooriike beinvloeding in die
polisiestasie op daardie stadium geen
rol meer gespeel het nie. 'n
Oningeligte beskuldigde wat hom reeds voor 'n polisieman tot die
afle van 'n bekentenis verbind
het, mag bes moontlik glo dat hy maar
net sowel kan voortgaan om die bekentenis voor n landdros afte le.
Soos
uit die aangehaalde gesag blyk, is dit nie eintlik sinvol om te
probeer vasstel wat inderdaad sou gebeur indien beskuldigde
se
moeder wel teenwoordig was toe hy gevra is of hy
'n
bekentenis
wil maak en indien sy op daardie stadium behoorlik van beskuldigde
se regte verwittig was nie. Wat ons egter wel weet
is dat die
beskuldigde se moeder by die eerste geleentheid waarop sy meegedeel
is van die moontlikheid dat beskuldigde op Staatskoste
van 'n
regsverteenwoordiger voorsien kan word, gevra het dat hy voorsien
word van 'n regshulp prokureur. In die tig hiervan kan
nie
geargumenteer word dat die beswaar teen die afwesigheid van
beskuldigde se moeder tydens sy ondervraging, 'n bloot tegniese

beswaar is nie.
Ons is gevolglik van
oordeel dat die Staat nie bewys het dat die beskuldigde die
bekentenis afgele' het sender dat hy onbehooriik
daartoe beinvloed
is, soos wat in art 217 van die Strafkode vereis word nie. In elk
geval, sou die toelating van die bekentenis,
na ons oordeel. in alle
omstandighede onversoenbaar wees met beskuldigde se konstitusionele
reg op billike verhoor."
36.
Die volgende vraag wat die hof oorweeg het, was of die inbreukmaking
op beskuldigde 1 se regte regverdigbaar was want, soos
die hof
uitgewys het, regte is nie absoluut nie. Die hof het verwys na die
bepalinge van artikel 36(1)(a), (b), (c), (d) en (e)
en bevind dat
die inbreukmaking van beskuldigde 1 se regte was nie geregverdig of
geoorloof of
"justifiable"
ooreenkomstig
die Suid-Afrikaanse reg nie.
37. Artikel 35(5) van
die Handves van Regte (Hoofstuk 2) van die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika, 1966 (Wet 108 van
1996) lui as volg:
'Getuienis wat verkry
is op n wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend moet
uitgesluit word indien toelating van daardie
getuienis die vertioor
onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou
wees."
38 Die hof het derhalwe
die vraag gestel of die toelating van die bewys materiaal die
verhoor onbillik sou maak. Die hof bevind
dat indien die
getuieverklarings toegelaat word om die alibi van die beskuldige
weerle, dan sou dit nie onbillik wees nie, omdat
dit slegs op
beskuldigde 1 se ongeloofwaardigheid dui (#554).
39.
In
die proses het die verhoorlanddros aangevoer dat daar 'n
opweging
van regte moet plaasvind en wel as volg:
(a)
die
reg van die beskuldige op die bystand van sy ouers teenoor die reg
van die oorledende op sy lewe;
(b) die hof verwerp die
getuienis in die verhoor binne die verhoor dat beskuldigde 1 gedreig
was om 'n getuieverklaring af te
le;
(c) die verdere vraag
wat die verhoorlanddros aan haarself stel is of die toelating van
die bewysmateriaal die regspleging nadelig
sou raak. Sy bevind dat
dit nie die geval sou wees nie aangesien die openbaarmaking van
bewysmateriaal wat op die waarheid dui,
tot voordeel van die
regspleging en nie tot nadeel is nie.
40.
Ek
meen egter dat die reel dat die ouers teenwoordig moet wees
wanneer
'n minderjarige ondervra word of n verklaring afle. voorrang
moet
geniet bo die vraag wat die waarheid sou wees. Dit is juis om
die
waarheid te verseker dat daar veiligheids-meganismes in die
ondervragings of ondersoekings proses vasgele word. Die verhoorhof
het inderdaad gevind dat die verklaring inkriminerend mag wees en
val dit dan na my mening binne die trefwyde van die
S
v Orrie & another
2005
(1) SASV 62 (K) 76A-C.
41.
Dit wil my derhalwe voorkom dat die verklaring nie voldoen het aan
die vereistes wat gestel word deur Brand R in
Manuel
se
saak nie.
42.
Verdermeer oorskadu die oorwegings uiteengesit in
Key
se
saak deur die Konstitusionele Hof nie sondermeer die beginsels wat
Bozalek R uiteengesit het in
Orrie
se
saak nie.
43. Mnr Cook het
aangevoer dat, as n direkte gevolg van die toelating van die
verklarings, beskuldigde 1 nie getuig het nie, en
dat hy derhalwe
benadeel was in die voer van sy verhoor.
44. Mnr Cook het
aangevoer dat die verklarings 'n botsing daar stel, nie net tussen
die verweer wat geopper was - synde n alibi
- maar ook met sy
instruksies. Ek moet bieg dat ek laasgenoemde punt nie verstaan nie
- indien daar 'n teenstrydigheid ten aansien
van Mnr Cook se
instruksies bestaan, is dit Mnr Cook se verpligtmg om die etiese
reels wat toepassing vind, na te kom. So n teenstrydigheid
speel
geen rol met die besluit van beskuldigde 1 om te getuig, al dan nie.
Dit staan egter nie 'n gedingsparty vry om aan te
voer dat,
aangesien daar 'n teenstrydigheid tussen sy verweer en die getuienis
voor die hof was, hy derhalwe kan kies om nie
te getuig nie en dan
aanvoer dat die verhoor onregverdig is was nie
45. Dit is gevolglik
geen antwoord om te se dat die beskuldigde nie kon gaan getuig het
nie, aangesien sy verklarings sy alibi
weerspreek het en dit sy
geloofwaardigheid sou ondermyn tydens sy getuienis.
46. In die onderhawige
saak gaan dit egter verder: Mnr Cook, het in sy kruisverhoor sy
klient op die toneel geplaas van die aanklagte
ten opsigte van Mnr
Cloete. Verdermeer het Mnr Cook verkeerdelik aangedui dat
beskuldigde 1 vir Mnr Kies in sy verklaring geTmpliseer
het en dat
Mnr Kies vir daardie rede teen beskuldigde 1 getuig het. Die
verhoorlanddros uit laasgenoemde tereg in oorweging geneem
by die
vraag of die verklarings toegelaat moet word.
47.
Dit is geykte reg dat 'n ontoelaatbare bekentenis toelaatbaar word
indien 'n beskuldigde steun op 'n gedeelte daarvan wat
vir hom
gunstig is. (Hiemstra's
Criminal
Procedure
,
los band, te 24-50). Mnr Cook het verkeerdelik aangevoer dat die
beskuldigde vir Mnr Kies gemkrimineer het in sy verklaring.
48.
Alhoewel Mnr Cook aangevoer het dat daar 'n
"opsetlike
en blatante miskenning van die regte van die beskuldigde"
was,
deurdat die verklarings afgeneem was, word hierdie submissies nie
ondersteun deur die getuienis nie. Inspekteur Daniels het

verduidelik onder welke omstandighede die twee verklarings gemaak
was en het verdermeer aangedui dat die waarskuwingsverklarings

gepaard gegaan was met die gebruiklike waarskuwings. Dit was
ooglopend 'n oorsig aan sy kan om nie die ouers se teenwoordigheid

te verseker nie. Dit blyk egter uit sy getuienis dat die ouers
inderdaad bewus was van die feit dat beskuldigde 1 vir ondervraging

na die polisiekantoor geneem was.
49.
Hierdie feite onderskei daardie gesag waarop Mnr Cook gesteun het,
synde
Burlinaham
v The Queen
28
CRR (2d) 244 en
R
v Collins
28
CRR 122.
Die uiterste optrede van die polisie in beide daardie sake,
wat in die een geval gelei het tot
l
n
bekentenis. en in die ander geval tot 'n onbehoorlike arres en
beslaglegging, kan geredelik onderskei word van die feite wat

aanleiding gegee het tot die aflegging van die twee
getuieverklarings in die onderhawige saak.
50. Ek is dit eens met
die verhoorlanddros dat daar 'n skending van beskuldigde 1 se regte
was. Die skending van die regte is
egter verantwoordbaar in die
omstandighede, en die verklarings gevolglik toelaatbaar, vir die
volgende redes:
(a) Die feit dat Mnr
Cook op die gunstige deel daarvan gesteun het. Die feit dat dit
geblyk 'n mistasting te gewees het. doen
nie hieraan afbreuk nie;
(b) Die getuienis dat
die verklarings deur dreigemente bekom was, is tereg verwerp;
(c)
Die
verklarings was afgeneem op 'n stadium toe beskuldigde nog nie 'n
vedagte was nie;
(d)
Die
verklarings is verontskuldigend in inhoud;
(e)
Toe
die beskuldigde n verdagte geword het, is sy regte inderdaad aan
horn verduidelik (alhoewel sonder om sy ouers te betrek)
51.
Selfs indien die verklarings verkeerdelik toegelaat was. lei dit
nie, in my beskeie mening, tot 'n nietigheid en gevolglike

tersydestelling van die verrigtinge nie. Onreelmatighede verskil
beide in graad en omvang. Holmes AR het dit as volg gestel in
S
v Naidoo
1962
(4) SA 322
(A) te
325:
"Broadly
speaking they fall into two categories. There are irregularities
(fortunately rare) which are of so gross a nature
as
per
se
to
vitiate the thai. In such a case the Court of Appeal sets aside the
conviction without reference ot the merits. There remains
thus
neither
a
conviction
nor an acquittal on the merits, and the accused can be re-tried on
terms sec 370 (c) [nou artikel 324] of the Criminal
Code. That was
the position in
Moodie's
case
[1962 (1) SA 587
(A)], in which the irregularity of the deputy
sheriff remaining closeted with the jury throughout their two hour
deliberation
was regarded as so gross as to vitiate the whole trial.
On the other hand
there are irregularities of a lesser nature (and happily even these
are not frequent) in which the Court of
Appeal is able to separate
the bad from the good, and to consider the merits of the case,
including any findings as to credibility
of witnesses If in the
restult it comes to the conclusion that a reasonable trial Court,
properly directing itself would inevitably
have convicted, it
dismisses the appeal, and the conviction stands as one on the
merits. But if, on the merits, it cannot come
to that conclusion, it
sets aside the conviction, and this amounts to an acquittal on the
merits. In such a case sec 370(c) of
the Code does not permit of a
re-trial"
Sien
ook
S
v Le Grange
(04/2008)
[2008] ZASCA 102
(18 September 2008)
52.
Die verklarings het bykans geen rol in die verhoor gespeel nie en
alhoewel die verhoorlanddros aandui het in haar redes dat
sy dit
inaggeneem het, het sy dit nie in die uitspraak vermeld nie. Die
omstandighede waaronder dit bekom is verskil ook hemelsbreed
van die
waaronder die bekentenis in
Manuel
se
saak bekom is. Die ouers van beskuldigde een was bewus van die
ondervraging, en is daar geen getuienis aangebied oor wat hulle

gedoen het om hom by die ondervraging by te staan nie, of dat hulle
weerhou was van hom nie.
53. Daar is, soos later
aangedui sal word, onbetwiste getuienis wat handel met die
aanwesigheid van beskuldigde een op die misdaadtonele,
en word hy
trouens deur sy eie regsverteenwoordiger in kruisverhoor op die
toneel van aanklagtes 1 en 2 geplaas.
54 Indien die
verklarings inderdaad verkeerdelik toegelaat was, stel dit steeds
nie 'n onreelmatigheid van sodanige omvang daar
dat dit daartoe lei
dat die verrigtinge self nietig is nie.
55.
Indien
die verklarings buite rekening gelaat word, moet daar
derhalwe
steeds oorweeg word of daar voldoende getuienis was om
die
skuldigbevindings te regverdig.
Die kortqeknipte
kruisverhoor
56.
Mnr Cook het aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer het deur hom
te verhoed om te kruisverhoor op die verklarings van Bailey
en
Carelse wat geneem was deur die Suid Afrikaanse Polisie, maar ten
opsigte waarvan nog die Staat nog die verdediging van voorneme
was
om die verklaarders te roep. Mnr Cook het aangevoer dat hy geregtig
was om op daardie verklarings te kruisverhoor en dat
die
verhoorlanddros verkeerdelik steun geplaas het op die beslissing
S
v Tshbalala
1999(1)
SASV 136 (T) toe sy die kruisverhoor aan bande gele het.
57. Die Suid-Afrikaanse
Regskommissie, Projek 101, wys daarop dat:
UA
prerequisite for cross-examination is that all evidence is produced
in couri and witnesses testify viva voce. Where an accused
has been
deprived of the opportunity to cross-examine a witness due, for
example, the tatter's death, the use of such untested
evidence will
result in the infringement of this constitutional right."
(te
bl 70)
58.
Die aanhaling van die Regskommissie.
supra,
vind
sy oorsprong in Steytler,
Constitutional
Criminal Procedure - A Commentary on the Constitution of the
Republic of South-Africa
.
1996, te 347.
59.
JP Pretorius,
Cross-examination
in South-African Law
,
stel dit as volg
te
206;
"In
a case where the witness is being probed about evidence yet to be
delivered, it goes without saying that the cross-examiner
intends to
lead such evidence. Obviously, such witnesses must be available. If
such witnesses are not called later, the original
statements may be
relied on if they constitute admissions. Generally speaking (and
with the exception of expert witnesses) a
witness ought not to be
asked what other individuals, not involved in the proceedings, have
said about the subject and then asked
if he disagrees with them. A
witness can thus not be asked what his attitude is towards evidence
given in another case, or during
another investigation or
preliminary investigation, unless such witnesses are called again or
there is an intention to call them.
In the case of
Rv
Wheatlev
1960
(2) PH H381(N) the prosecutor asked the accused about statements by
people who were at the crime scene, but were not called
as
witnesses. The question was in a form of a statement to the effect
that these persons had made statements which contradicted
the
version of the accused.
Such
behaviour is irregular and not admissible
.
Although the version of other witnesses may indeed be put by the
cross-examiner to a witness, it must be clear that the witnesses
are
going to testify and that the information is a true reflection of
the evidence."
(te bl 206, beklemtoning
bygevoeg)
60. Dieselfde beginsel
vind toepassing ten aansien van dokumente:
'An inadmissible
document does not become admissible simply because it is presented
in cross-examination. No cross-examination
is admissible, for
example, on a document which may not be presented. Where there is no
way at all of proving the authenticity
of a document, it cannot be
used as evidence or for cross-examination."
(Pretorius, te 312)
61.
Schmidt.
Bewvsreq
.
derde uitgawe, te 280 wys daarop dat
"ontoelaatbare
feite mag egter nie aan 'n getuie gestel word nie."
Schmidt
verwys na
R
v Schoeman
1959(4)
SA 89 (K) te 93B:
'...admissibility of
a statement is a condition precedent to cross-examination thereon."
62.
Schwikkard en Van der Merwe,
Principles
of Evidence
,
tweede uitgawe, wys ook daarop dat ontoelaatbare getuienis nie
gestel mag word aan 'n getuie nie (paragraaf 18.3.6.5.3 te 344)

Zeffertt, Paizes and Skeen,
The
South-African Law of Evidence
,
is dieselfde mening toegedaan (te 752).
63.
Die verhoorlanddros het gesteun op die uitspraak deur Van der Walt R
in
S
v Tshabalala
1999
(1) SASV 136 (T) waar sy die kruisverhoor aan 'n bande gele het ten
aansien van die inhoud van die verklarings van Bailey
and Carelse.
64. Van der Walt R het
as volg bevind (te 167h-168b):
"Die
ander aspek is verklarings van getuies wat nog nie geroep is nie
Natuurtik is daardie inligting tot die beskikking van
die
verdediging; natuuriik kan dit handige materiaal verskaf vir
kruisondervraging van
7?
huidige
getuie as 'n ander getuie wat 'n verklaring afgele het by dieselfde
geleentheid teenwoordig was en hemelsbreed verskil
van hierdie
getuie. Maar as daardie getuie nog nie geroep is nie, en nie geroep
gaan word deur enige van die partye nie, die
Staat of die
verdediging nie, dan kan daardie getuienis nie voor die hof geplaas
word nie. Die eerste stap is dus om vas te stel
of daardie getuie
gaan getuig. En as dit vasstaan dat die Staat of die verdediging wel
daardie getuie gaan roep dan kan dit regmatig
op 'n tentatiewe wyse
in kruisondervraging gebruik word deur te s$ 'hier is 'n getuie X
wat later kom getuig, en as die getuie
sou se dit en dat is die
posisie, wat is u antwoord daarop'; dit word daagliks in die howe
gedoen. Op daardie wyse kan daardie
verklaring gebruik word.
Andersins,
dit mag wees dat die Staat daardie getuie nie gaan roep nie. dan kan
die verdediging daardie getuie roep. Dit is in
Shabalala
se
saak uitgespel dat die verdediging die reg het om daardie
Staatsgetuie te konsulteer in oorleg met n reeling met die
Staatsadvokaat/aanklaer,
dan kan daar vasgestel word op daardie
stadium om daardie getuie deur die verdediging gebruik gaan word en
wat die rol van die
verklaring gaan speel. Dit in bree trekke is my
siening van hierdie geskilpunt."
65.
Die sake waarop Mnr Cook gesteun het soos
Shabalala
and Others v Attorney-General Transvaal and Another
1996(1)
SA 725 (CC);
Jewell
Crossberg v The State
,
saaknommer 440/07, gelewer op 20 Maart 2008;
Rex
v Stinchcombe
[1991]
3 SCR 326
wentel almal om die verpligtmg wat op die Staat rus om die
inhoud van die saakdossier beskikbaar te stel aan die verdediging.
Daar is geen sprake daarvan in die huidige saak dat die Staat nie sy
verpligtinge in die verband nagekom het nie en help daardie
gesag
nie met die beregtiging van die onderhawige punt nie.
66.
So ook is die gesag waarop Mnr Cook gesteun het in
Taillefer
v The Queen
(2003)
SCC 70
en
Brady
v Maryland
373
US 8
3 (1963) nie van hulp nie waar dit handel met 'n versuim om
getuienis aan die verdediging te openbaar.
R
v Little
2004
SCC 5
bevestig die beginsel dat
"As
long
as counsel has a good faith basis for asking an otherwise
pennissible question in cross-examination, the question should
be
allowed. In our view no distinction need be made between expert and
lay witnesses within the broad scope of this general principle.

Counsel, however, bear important professional duties and ethical
responsibilities, not just trial, but on appeal as well."
(paragraph 66)
67. Te paragraaf 70 het
die hof as volg bevind:
"The
Manitoba Court of Appeal echoed these sentiments in
R
v Wallick
(1999)
69 MAN R (2d) 317 at page 31:
'Cross-examination is
the most powerful weapon of the defence, particularly when the
entire case turns on credibility of the witnesses.
An accused in a
criminal case has the right of cross-examination in the fullest and
widest sense of the word as long as he does
not abuse that right.
Any improper interference with the right is an error which will
result in the conviction being quashed."'
68. Al die sake waarop
Mnr Cook steun veronderstel egter dat die kruisverhoor gebaseer word
op toelaatbare getuienis, dit wil
se dat dokumente wel bewys sal
word of dat getuienis wel aangebied gaan word (al mag dit
uiteiendelik blyk nie nodige te wees
om inderdaad sodanige getuienis
aan te bied nie). Geen van die sake veroorloof 'n proses waar slegs
die gunstige feite vir die
verdediging voor die Hof geplaas gaan
word sonder dat die voile omvang van die getuienis, insluitende die
nadelige of inkrimenerende
gedeeltes nie terselfdertyd voor die Hof
sal dien nie. Mnr Cook het aangevoer dat die verdediging geregtig is
om te kruisverhoor
op die wyse sodat die 'ware feite" voor die
Hof geplaas kan word, maar het terselfdertyd aangetoon dat hy die
getuies nie
kon roep nie omdat hulle beskuldigde een sou
inkrimineer. Na my mening kan so 'n benadering nie veroorloof word
nie - getuienis
word voor die hof geplaas bywyse van getuies (of
bewese dokumente) en kan daar nie 'n gedeeltelike ontbloting van
feite wees
sonder dat die getuienis self nie aangebied word nie.
69.
Met verwysing na die gesag hierbo uiteengesit en die steun wat die
verhoorlanddros geplaas het op
Shabalala
het
sy tereg geweier dat kruisverhoor ten aansien van die inhoud van die
verklarings van Bailey en Carelse toegelaat word
70.
Die uitspraak van
Van
Tonder v Kilian NO en 'n Ander
1991
(2) SASV 579 (T) te 585a waar Kirk-Cohen R daarop wys dat 'n
dokument aan 'n staatsgetuie gestel mag word
"onderworpe
aan latere bewys daarvan"
ondersteun
die uitgangspunt.
Carpede
v Cohen NO and Another
1986
(3) SA 445
(O) te 454E-455A en
S
v Swanepoel en 'n Ander
1980(1)
SA 144 (NK) te 147E is tot dieselfde effek.
71. Na my mening was sy
nie net geregtig om die kruisverhoor te weier nie, maar was sy ook
trouens verplig om dit te doen. Die
weiering van die kruisverhoor
stel nie 'n onreeimatigheid daar nie
Die meriete
72.
Die
verhoorlanddros het haar uitspraak op 27 Junie 2007 gelewer.
Op
daardie stadium was beskuldigde 1, Kleinsmit, ongeveer 19 jaar
oud
en beskuldigde 2. Engelbrecht, ongeveer 24 jaar oud
73.
Die verhoorlanddros wys in haar evaluasie van die bewysmateriaal wat
deur die Staat en, indirek. deur die verdediging voor
haar geplaas
was in die geheel te beoordeel soos vereis deur ondermeer
S
v Jochems
1991(1)
SASV 208 (A).
74. Die verhoorlanddros
het die staatsgetuies versigtig evalueer weens die volgende redes:
(a)
Die
beweerde misdade is meestal gepleeg in die aand toe dit
donker
was;
(b)
Mnr
Alfredo Kies (staatsgetuie 5) was gewaarsku ingevolge die
bepalinge
van die artikel 204 van die Strafproseswet, Wet 51
van
1977
("die
Strafproseswet).
Hy
en staatsgetuie 8, Ronwyn
Pedro,
was deel van beskuldigdes 1 en 2 se vriende groep die
aand;
(c)
die
polisie beamptes het nie altyd 100 persent korrek opgetree
nie;
(d)
Mnr Kies en Mnr Pedro se soberheidstoestand nie bewys was
nie.
75. Konstabel Samuel
Sampson het getuig ten aansien van die moord op Dirk Jaers (aanklag
5). Hy het Mnr Jaers dood aangetref te
Melbastraat, Witteklip,
Vredenburg om 23h45 op 23 Januarie 2004. Mnr Jaers is dood as gevolg
van bloedverlies deurdat n skerp
voorwerp sy hart deurdring het.
76. Mnr Michael Cloete
het ten aansien van aanklagte 1 en 2 getuig. Hy het beskuldigde 2 as
een van die persone uitgeken wat horn
geroof en gesteek. Dit was op
die aand van 24 Januarie 2004 te Vinkstraat. Vredenburg. Beskuldigde
2 het horn in die linker bors
gesteek en is bygestaan deur twee
ander persone wat Mnr Cloete vasgehou het. Beskuldigde 2 het sy
sakke deursoek en horn n tweede
keer op sy linker arm gesteek. "n
Ander persoon wat klein, lig van kleur was en horn aan die skouer
gevat het, het horn
op sy regter arm met n panga gekap en dat die
ligte persoon gehelp het tydens die roof om sy baadjie uit te trek.
Mnr Cloete
is beroof van sy baadjie, selfoon, sigarette en sleutels.
77. Die verhoorlanddros
het deeglik ontleed hoekom sy Mnr Cloete se identifikasie van
beskuldigde 2 aanvaar het.
78.
Die verhoorlanddros het Mnr Cloete geloofwaardig bevind omdat hy,
alhoewel hy beskuldigde nommer 1 geken het, hy nie getuig
het dat
beskuldigde 1 op die toneel was nie - hy het getuig dat hy nie weet
of beskuldigde 1 op die toneel was nie omdat hy op
beskuldigde 2
gekonsentreer het. Mnr Cloete het verder getuig dat voordat hy
geroof was, het hy vier persone op die treinspoor
gesien wie besig
was om iemand anders te beroof. Me Dampies wat daar naby gestaan het
het geskeeu
"Koelekie.
los die man".
Sy
het geskreeu in die rigting van die groep mense op die treinspoor Sy
het later ook getuig hoe Mnr Cloete self beroof word en
dat hy
bebloed na sy niggie se huis gehardloop het. Sy het getuig dat sy
die meisie was wat Mnr Cloete gesien het en dat sy wel
gesien het
hoe hy beroof word en dat hy gebloei het. Mnr Cloete se getuienis
word derhalwe in wesenlike opsigte gestaaf deur
Me Dampies. Sy
beskrywing van die mes wat beskuldigde 2 in sy hand gehad het strook
ook met die getuienis van Me Dampies oor
die mes wat uit haar
kombuis gehaal is.
79. Ten opsigte van
klagte 1 plaas die klaer nie vir beskuldigde 1 op die toneel nie.
Mnr Kies plaas beskuldigde 1 wel op die
toneel maar hy is 'n
medepligtige en 'n versigtigheidsreel moet ten opsigte van sy
getuienis toegepas word.
80. Alhoewel Mnr Cloete
toegegee het dat hy nie vir beskuldigde 1 kon identifiseer as synde
teenwoordig op die misdaadtoneel nie.
het Me Dampies beskuldigde
nommer 1 naby die misdaadtoneel geplaas en Mnr Kies getuig later dat
dit beskuldigde nommer 1 was
wat ook vir Mnr Cloete gesteek en
beroof het. Mnr Cloete se getuienis dat die tweede aanvaller lig van
kleur was, klein gebou
was en so hoog soos sy skouers was. strook
met beskuldigde nommer 1 se beskrywing.
81. Ten aansien van die
ander persone wat Mnr Cloete versoek was om te identrflseer tydens
kruisondervraging het hy slegs vir
Mnr Kies geidentifiseer as die
derde persoon wat horn vasgehou het tydens die roof. Hy het
geantwoord dat Mnr Kies dieselfde
velkleur, lengte en selfde bou
gehad het as die persoon wat horn vasgehou net, maar dat hy onseker
was of dit inderdaad Mnr Kies
was. Mnr Cloete se getuienis word
verder bevestig deur Mnr Kies wanneer hy later getuig en erken dat
hy wet die derde persoon
was wat vir Mnr Cloete vir die roof
vasgehou het.
82. Die verhoorlanddros
het verder daarop gewys dat die mediese getuienis van Mnr Cloete se
beserings ooreengestem het met Mnr
Cloete se beskrywing van sy
beserings. Derhalwe, en op sy getuienis is dit bo redelike twyfel
bewys dat hy:
(a) aangeval en beroof
was deur drie mans waarvan een beskuldigde 2 was Ten opsigte van die
ander twee rowers was die een kort
en die een lank en dat die kort
rower horn bykomend ook met n skerp voorwerp gesteek het;
(b) Mnr Kies, wie
homself later as die derde vashouer van Mnr Cloete identifiseer het,
is fisies langer as beskuldigde nommer
1.
83. Me Dampies was die
vierde staatsgetuie. Sy het getuig dat beskuldigde 1 is die pa van
haar enigste kind en dat beskuldigde
2 haar neef is. Sy het die
Satermiddag kos voorberei vir beskuldigde 1, beskuldigde 2, Mnr Kies
en ene David Bailey. Daardie
selfde middag het beskuldigde 2 n
dertig sentimeter lange bruin steel mes uit die kombuis verwyder. Sy
het hulle later die Saterdagaand
gesoek. Sy is toe winkel toe en het
sy by die kragboks gestaan (waaroor Mnr Cloete reeds getuig het)
waar sy gesien het dat drie
persone iemand op 'n erf beroof. Volgens
haar was die rowers beskuldigde 2. Mnr Kies en Mnr Bailey. Sy het
getuig dat beskuldigde
1 so vyf meter vanaf hulle gestaan het. Die
roofslagoffer was Mnr Cloete wie later bebloed by sy niggie se huis
daar naby ingehardloop
het. Die verhoorlanddros het daarop gewys dat
sy die getuienis van Me Dampies versigtig evalueer het. Sy het egter
bevind dat
Mev Dampies geloofwaardig was omdat:
(a)
sy
en Mnr Cloete mekaar gestaaf het ten opsigte van:
(i)
dat
hy die aand in Vredenburg op 'n erf beroof was terwyl
hy na
Hopland gestap het;
(ii)
dat
hy gesteek is. hy bebloed gehardloop het na sy niggie
se huis
daar naby;
(iii)
Me
Dampies by die kragboks gestaan het en die roof op
hom gesien het;
(iv)
die
kleur van die mes wat beskuldigde 2 hanteer het ooreenstem met haar
getuienis oor wat uit die kombuis geneem was;
(b) sy ken beide
beskuldigdes goed as haar familie en vriende;
(c) sy het hulle
behoorlik gesien. want die ligte in die pad en in die winkel het
gebrand en dit het haar in staat gestel om te
sien;
(d) die rowers en
beskuldigde 1, wie op haar getuienis 'n entjie weggestaan het, het
dieselfde klere aangehad die aand as die
middag toe sy hulle voedsel
voorberei het;
(e) sy het ook
beskuldigde 1 en beskuldigde 2 se guns getuig, deurdat sy op die
misdaadtoneel nie wapens op hulle gesien het nie;
(f) dit is aan haar
gestel in kruisondervraging namens beskuldigde 1 dat sy vroeer vir
beskuldigde 1 vanaf Gaynor se jaart halfpad
huis toe, Hopland toe
geneem het. Me Dampies het gese dat sy dit nie kon onthou nie;
(g) dat sy toegegee het
dat Mnr Cloete dalk onder die invloed van drank was.
84.
Desnieteenstaande
het die verhoorlanddros Me Dampies se getuienis versigtig evalueer
weens die volgende redes:
(a) sy die ma van
beskuldigde 1 se kind en dit is te verstane dat sy hom vyf meter
vanaf die rooftoneel plaas, maar nie op die
toneel self nie;
(b) sy het self ook
drank genuttig,
(c) sy het aanvanklik op
die toneel meegedeel dat sy niks ten opsigte van die roof van Mnr
Cloete waargeneem het nie.
85.
Die
verhoorlanddros het. tereg, na my mening bevind, dat Me Dampies
wel
eerlik was ten opsigte van die volgende aspekte:
(a) dat beskuldigde 1 en
2 vroeer die dag saam by beskuldigde 2 se woning was;
(b)
dat beskuldigde 2 een van die persone was wie Mnr Cloete geroof het
en dat beskuldigde 2 die volgende dag aan haar genoem
het dat hulle
die vorige aand
"n
nommer gedala*
het
wat beteken dat hulle iets verkeerd gedoen het;
(c) die mes beskrywing
ooreenstem met die van Mnr Cloete ;
(d)
Me
Dampies ook eerlik was dat beskuldigde 1 nie ver vanaf Mnr Cloete se
rooftoneel was nie en dat hy na die roof saam met die
ander rowers
Hopland toe gehardloop het.
86. Die hof het bevind
dat dat haar afwatering van beskuldigde 1 se bydrae ten opsigte van
die roof wat sy waargeneem het te verstane
is as gevolg van haar
emosionele band met beskuldige 1.
87. Die hof het ook die
getuienis van staatsgetuie nommer 5, Mnr Kies bespreek. Hy was
sewentien jaar oud tydens die verhoor.
Hy was gewaarsku in gevolge
die bepalinge van artikel 204 van die Strafproseswet.
88. Sy getuienis was dat
beskuldigde 1 en beskuldigde 2 sy vriende was en dat hulle vroeer
die aand dagga gerook het en so 8 uur
die aand Hopland toe gestap
het. Daar het hulle drie vir Mnr Michael Cloete beroof. Hy het
getuig dat beskuldigdes 1 en 2 Mnr
Cloete gesteek het. Hy was die
derde persoon wat Mnr Cloete vasgehou het want hy wou deel in die
roof opbrengs. Die getuienis
van Mnr Kies word gestaaf deur Mnr
Cloete ten opsigte van:
(a)
die
misdaad toneel bokant die winkel naby die treinspoor;
(b) dat Mnr Cloete se
baadjie deursoek was, en dat sy baadjie waarin 'n selfoon was
uitgetrek was (dit was slegs Mnr Cloete se
baadjie van al die
slagoffers wat uitgetrek was);
(c) dat Mnr Cloete vele
kere gesteek is deur meer as een persoon waarna die rowers die
misdaad toneel verlaat het.
89.
Die
verhoorlanddros het Mnr Kies se getuienis met versigtigheid benader,
omdat:
(a) beskuldigde 1 en
beskuldigde 2 sy vriende was en hy hulle die roofslagoffer help
vashou het. Hy was aandadig tot daardie roof;
(b) hulle het saam dagga
gerook en dit kon sy handelingsvermoe en sy onthouvermoe aangetas
het;
(c) daar was 'n
moontlikheid dat hy deur die polisie vrywaring teen vervolging
belowe was om te getuig.
90.
Die
hof het egter bevind dat Mnr Kies se getuienis geloofwaardig
was
omdat hy:
(a)
nieteenstaande
die feit dat Mnr Cloete hom nie kon identifiseer as die derde
deelnemer aan die roof nie, hy homself nogtans gei'nkrimineer
het;
(b)
hy getuig het dat hy honderd persent seker was dat Mnr David Bailey
(Koelekie) nie op die toneel was nie ten spyte daarvan
dat Me
Dampies die woorde
"Koelekie
los die man"
geskreeu
het in 'n ander rigting. Die woorde wat Me Dampies geskreeu het was
geskreeu voordat Mnr Cloete beroof was volgens Mnr
Cloete se
getuienis,
(c) Mnr Kies en Mnr
Cloete staaf mekaar veral in die opsig dat twee persone Mnr Cloete
gesteek het. Mnr Kies getuig dat die tweede
persoon beskuldigde
nommer 1 was. Mnr Cloete getuig dat die tweede dader fisies gelyk
het soos 'n beskrywing van beskuldigde
1;
(d) Mnr Kies getuig dat
na die roof op Mnr Cloete almal weggehardloop het na die half
geboude huis. Me Dampies getuig ook dat
almal weggehardloop het;
(e) retories: hoekom sou
Mnr Kies geweet het dat daar n selfoon in Mnr Cloete se bebloede
baadjie was indien hy nie saam was nie.
en hoekom sou hy eerlik wees
dat Mnr Cloete in sy teenwoordigheid bebloed gesteek was en beroof
was en dan vir beskuldigde 1
onnodig impliseer, nommer 1 wie sy
vriend was;
(f)
Mnr
Kies sou nie kon weet dat beskuldigde 1 en 2 uiteindelik sou swyg
nie. Hy het verder gegaan en getuig wat gebeur het na die
roof op
Mnr Cloete. Sy getuienis het lig gewerp op wat ten opsigte van
klagtes 3 en 4 gebeur het: (die moord en roof van Mnr
Raulse): hulle
het Wrtteklip, Hopland toe geloop en nog 'n man gesien. Beskuldigde
1 het die man se sakke deursoek. Die man het
'n kleurling stem gehad
en geantwoord dat hy niks by hom het nie. Beskuldigde 1 en 2 het toe
die man gesteek totdat hy plat geval
het Beskuldigde 2 het toe die
man se skoene geneem. Die roof en moord het op n veldjie naby die
treinspoor gebeur.
91. Hierdie getuienis
van Mnr Kies word gestaaf deur getuie nommer ses konstabel Haupt,
wie getuig het dat:
(a) hy 'n lyk met
steekwonde aangetref het;
(b) hy Mnr Kies staaf
waar die lyk gevind. naamlik op 'n veldjie naby die treinspoor;
(c) hulle staaf mekaar
dat hierdie lyk nie skoene aangehad het nie;
(d)
hulle
stem ooreen met mekaar ten opsigte van die ras van die oorledende.
92. Die verhoorlanddros
het derhalwe bevind dat dit Mnr Raulse was.
93. Mnr Kies getuig dat
die volgende misdaad die moord op Mnr Jaers te Melbastraat was.
Hulle het 'n man en 'n vrou aangetref
en het beskuldigde 1 en 2 die
man deursoek en horn met messe gesteek. Die man het na die stekery
opgestaan, maar weer neergeval.
94. Daarna het hulle op
'n swart man afgekom wie ook gesteek is en uit wie se sak 'n selfoon
verwyder was, maar die man het weggehardloop.
95. Mnr Kies getuig dat
hulle drie daarna 'n panga gaan haal het by beskuldigde 1 se huis en
dat Mnr Kies dit in sy mou gedra
het. Dit blyk dat Mnr Davids die
klaer was ten opsigte van klagte 6 en 7, dit wil se waar die man
gesteek was en sy meisie weg
gehardloop het.
96. Die hof het die
getuienis van Mnr Kies ten opsigte van Mnr Davids se aanranding en
roof met versigtigheid benader omdat:
(a) Mnr Davids getuig
het dat 5 persone aangekom het en dat hy deur meer as een persoon
gesteek was;
(b) Mnr Davids het
getuig dat twee van die groep persone het messe gehad;
(c)
Mnr
Kies het getuig dat beskuldigde 1 en beskuldigde 2 vir Mnr Davids
deursoek het, maar net beskuldige 2 het hom gesteek
97. Die verhoorlanddros
het 'n oortuigende analise gedoen van hierdie getuienis en dit met
mekaar versoen. Die verhoorlanddros
het ook bevind dat Mnr Kies se
getuienis gestaaf word deur die getuienis van Me Peters wat saam met
Mnr Davids was.
98. Die verhoorhof
bevind derhalwe dat Mnr Kies geregtig is op vrywaring in gevolge
artikel 204 van die Strafproseswet. Die redes
daarvoor het sy as
volg voorgehou:
(a) Mnr Cook wie namens
beskuldigde 1 verskyn het Mnr Kies gekruisverhoor deur dit aan hom
te stel dat beskuldigde 1 hom in sy
polisieverklaring geimpliseer
het. Dit het egter later geblyk dat beskuldigde 1 glad nie vir Mnr
Kies in sy verklaring geimpliseer
het nie;
(b) die verdere
aanteiging dat Mnr Kies 'n belofte deur die polisie gemaak was is
ook as onbewese bevind;
(c) Mnr Kies het geen
motief gehad om valslik teen beskuldigde 1 of 2 te getuig nie. Hy
was hul vriende en impliseer hy hulle
nie altyd op dieselfde wyse
nie. Hy het in besonderhede oor elke afsonderlike voorval getuig en
dit gedoen sonder om te weet
wat beskuldigdes 1 en 2 daaroor sou
getuig;
(d) Mnr Kies was ook
eerlik en openhartig oor aspekte wat teen horn getel het (soos
byvoorbeeld dat hy Mnr Cloete vasgehou het);
(e) ten opsigte van sy
drank en dwelm inname het hy besonder-hede onthou waar hy deur ander
staatsgetuies gestaaf was;
(f) Mnr Pedro die
jeugdigde staatsgetuie getuig later dat Mnr Kies nie betrokke was by
die misdade nie. Beskuldigdes 1 en 2 impliseer
ook nie in hul
kruisondervraging Mnr Kies nie;
(g) Mnr Haupt se
getuienis is reeds hierbo uiteengesit asook die stawing wat daarvoor
te vinde is;
(h)
Geen
grondige gronde kan teen sy getuienis in gebring word nie en die
verhoorlanddros het dit tereg aanvaar.
99. Mnr Davids is die
klaer ten opsigte van aanklagtes 6 en 7. Hy het nie vir beskuldigde
1 geken nie, maar was op laerskool saam
met beskuldigde 2. Hy is
deur twee mense genader waarvan twee messe gedra het. Beskuldigde 2
het horn deursoek en horn in sy
regter bo­arm gesteek. n Ander
persoon wat saam met beskuldigde 2 was het hom ook gesteek. Hy is
beroof van sy skoene en
R15.00.
100. Die hof het die
getuienis van Mnr Ronwyn Pedro met versigtigheid benader, aangesien
hy 16 jaar oud was toe hy getuig het
oor gebeure toe hy ongeveer 14
jaar oud. Die hof het verder inaggeneem dat hy bevriend was met
beskuldigde 1 en 2, dat hy op
die misdaad tonele teenwoordig was en
dat hy nooit beskuldigdes 1 of 2 teen gegaan het in die pleging van
die misdade nie en
aangesien Mnr Kies getuig het dat Mnr Pedro ook
dwelms gebruik het.
101. Hy bevestig die
getuienis dat beskuldigde 2 se tante kos voorberei het vir
beskuldigdes 1. 2 en ander mense. Hy het ook getuig
dat hulle later
die aand weer n panga daar by die woning gaan haal het. Sy getuienis
verbind derhalwe vir beskuldigdes 1 en 2
met die verloop van gebeure
gedurende daardie aand. Mnr Perdro het getuig dat oppad na
beskuldigde 2 se woning hulle 'n man en
vrou in Boswewerstraat raak
geloop het en dat beskuldigde 2 die man om die nek gegryp het, hom
gesteek het en dat beskuldigde
nommer 1 die man se skoene uitgetrek
het en daarmee gehardloop het. Hierdie getuienis staaf Mnr Davids en
Me Peters vir Mnr Pedro
Mnr Davids het getuig dat beskuldigde 2 hom
om die keel gegryp het. Mnr Pedro plaas nie net vir beskuldigde 1 op
die misdaad
toneel nie, maar impliseer hom ook as die tweede persoon
wie Mnr Davids beroof het. Mnr Davids se getuienis bevestig Mnr
Pedro dat beskuldigde 1
weggehardloop het terwyl beskuldigde 2 nog by Mnr Davids gebly het.
Mnr Perdo gee ook getuienis ten opsigte
van die moord op Mnr Jaers.
Ook hierdie getuienis word gestaaf deur ander getuies en word deur
die Agbare Verhoorlanddros aanvaar.
102. Beskuldigde 2 is
onomwonde geTdentifiseer deur Me Peters ten opsigte van die roof en
aanranding van Mnr Davids.
103. Die verhoorlanddros
bevind dan dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het ten
opsigte van aanklagtes 1 tot 7. Die
hof het bevind dat die
beskuldigdes se weergawe. naamlik dat hulle nie op die tonele van
die misdrywe aanwesig was nie, nie redelik
moontlik waar was nie.
104. Daar is nie betoog
dat ek enige getuies moes roep nie en het die beskuldigdes ook nie
versoek om self te getuig nie.
105. Na oorweging van
die redes verskaf deur die verhoorlanddros en die betoog van Mnr
Cook, asook Me Swart, en selfs indien ek
die inhoud van die twee
getuie verklarings van beskuldigde een so ignoreer is ek te vrede
dat die verrigtinge ooreenkomstig die
reg was en dat die
skuldigbevindings tereg gemaak was.
106. Ek is te vrede. en
kom tot die slotsom dat enige redelike Hof, selfs indien die twee
verklarings uitgesluit sou word, nog
steeds noodwendigerwyse beide
die beskuldigdes sou skuldig bevind.
107. Ek bevestig
derhalwe die skuldigbevindings ooreenkomstig artikel 52(3)(e)(i) van
die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997.
108. Geen argument ten
aansien van vonnis is aan my voorgedra nie. Ek stel die saak uit vir
'n datum gereel te word vir die vonnisoplegging.
Sven Oliver, WnR
1
Fgrrejra
v
Levin NO and O
thers;
Vrycnhoek
and Others v Powell No and Oth
ers
1996(1) SA 984 (CC).