About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 53
|
|
S v Coetzee (CA&R 21/2008) [2008] ZANCHC 53 (27 June 2008)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
CA&R 21/2008
Saak
Aangehoor:
23/06/2008
Dat
um
gelewer: 27/06/2008
In
die
saak tussen:
KAREL
COETZEE
APPELLANT
e
n
DIE
STAAT
RESPONDENT
Coram:
Williams
R et Olivier R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind op twee aanklagte van
onsedelike aanranding en drie aanklagte van die oortreding
van
artikel 14(1)(a) van Wet 23 van 1957 (“
die
Wet
”).
Hy is op elk van die aanklagte gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf,
en dus tot ‘n effektiewe totaal van 25 jaar
gevangenisstraf.
Die appellant kom nou
in hoër beroep teen die opgelegde vonnisse.
Die skuldigbevindings
het gevolg op die appellant se pleit van skuldig en die feitebasis
waarop hy skuldig gepleit het, en wat
deur die aanklaer aanvaar is,
is uiteengesit in die appellant se verklaring ingevolge artikel
112(2) van die Strafproseswet,
51 van 1977.
Daaruit blyk dit dat
die appellant gedurende 1998 en 1999 by vyf geleenthede onsedelike
dade gepleeg het met twee van sy stiefdogters,
twee keer met die een
(aanklagte 1 en 2) en drie keer met die ander (aanklagte 3, 4 en 5).
Die appellant is op
aanklagte 1 en 2 skuldig bevind aan onsedelike aanranding, maar op
aanklagte 3, 4 en 5 aan die oortreding
van artikel 14(1)(a) van die
Wet.
Hierdie onderskeid in
die aard van die oortredings waaraan die appellant se onsedelike
dade hom skuldig gemaak het, is getref
op die basis dat, alhoewel
dit duidelik was dat beide die klaagsters feitelik toegestem het tot
die dade, daar bevind is dat
die klaagster in aanklagte 1 en 2 onder
die ouderdom van 12 jaar was ten tye van die voorvalle en daar van
die standpunt uitgegaan
is dat haar toestemming tot die dade dus nie
regsgeldig kon gewees het nie.
In
die lig daarvan dat die appèl nie teen die skuldigbevindings
gerig is nie, is dit nie nodig om oorweging te verleen
aan die vrae:
of
die gemeenregtelike vermoede dat ‘n meisie onder 12 jaar oud
nie regsgeldiglik kan toestem tot gemeenskap nie (sien
S
v W en ‘n Ander
2004 (1) SACR 460
(KPA) op 468i-j en
R
v Z
1960 (1) SA 739
(AA) op 743A) ook van toepassing sou wees op ‘n
geval waar daar nie gemeenskap plaasgevind het nie, maar bloot ‘n
onsedelike daad.
(sien
Socout
Ally v Rex
1907 TS 336
,
Rex
v Sideropoulos
1910 CPD 15
,
S
v Ncanywa
1992 (1) SACR 209
(CK) op 229 en
S
v A
1990 (2) SACR 266
(ZS). In artikel 57(1) van die nuwe Wet 32 van
2007 word nou duidelik bepaal dat ‘n kind onder die ouderdom
van 12 jaar
nie kan toestem tot enige seksuele daad nie); en
of
dit uit die appellant se verklaring duidelik was dat die klaagster
op aanklagte 1 en 2 ten tye van die voorvalle waarby sy
betrokke
was, wel nog onder die ouderdom van 12 jaar oud was.
(
In
sy verklaring het die appellant in hierdie verband bloot verklaar dat
die betrokke klaagster 11 jaar oud was toe hulle in 1998
in
Ventersburg gewoon het, en is nie spesifiek gehandel met hoe oud sy
was toe die dade gedurende April 1999 met haar gepleeg is
nie).
Ek meen in elk geval
dat dit vir die doeleindes van die vonnisse op aanklagte 1 en 2
weinig verskil sou maak.
In
die geval van aanklagte 1 en 2 het die appellant die klaagster
gesoen, haar privaatdeel betas en met sy vinger penetreer, sy
privaatdeel tussen haar bene beweeg (maar nie in haar privaatdeel
nie) en homself voor haar betas.
In
die geval van aanklagte 3, 4 en 5 het die appellant die klaagster
gesoen, haar borste en privaatdeel betas, haar privaatdeel
met sy
vinger penetreer, toegelaat dat sy ook sy eie privaatdeel betas en
ook met sy privaatdeel tussen haar bene beweeg (maar
eweneens nie
haar privaatdeel penetreer nie).
Die
skuldigbevindings aan die oortreding van artikel 14(1)(a) van die
Wet is dus duidelik verkeerd. Daar het nie tussen die appellant
en
die betrokke klaagster “
vleeslike
gemeenskap
”,
soos bedoel in artikel 14 (1) (a), gelees met artikel 1 van die Wet,
plaasgevind nie. Hy het wel onsedelike dade met
haar gepleeg, soos
bedoel in artikel 14(1)(b) van die Wet, en moes dus op aanklagte 3,
4 en 5 aan oortredings van daardie artikel
skuldig bevind gewees
het. Ek meen dus dat die skuldigbevindings op aanklagte 3, 4 en 5
in die uitoefening van hierdie Hof se
inherente jurisdiksie sodanig
gewysig moet word.
Dit
sou egter nie die vonnisse op die betrokke aanklagte onbevoeg maak
nie, aangesien dieselfde vonnisvoorskrifte deur die wetgewer
neergelê is ten aansien van beide tipe oortredings.
Die
appellant was tydens vonnisoplegging (op 23 Mei 2000) ‘n 43
jarige man met geen vorige veroordelings hoegenaamd nie.
Hy was ten
tye van die gebeure met die klaagsters se moeder getroud, maar is
later van haar geskei. Die appellant het egter
ook drie kinders van
sy eie, wat ten tye van die verhoor maar 5, 6 en 7 jaar oud was.
Daar is geen aanduiding dat die streeklanddros
by oorweging van
vonnis hierdie feit in ag geneem het nie.
Die
streeklanddros het tereg van die standpunt uitgegaan dat, alhoewel
daar nie sulke getuienis was nie, die dade ‘n psigiese
impak
op die klaagsters sou hê (vergelyk
S
v V
1994 (1) SASV 598 (A) op 601d).
Verder
was die streeklanddros korrek om te bevind dat die appellant sy
vertrouensposisie jeens die klaagsters, wat as die dogters
van sy
eggenote saam met hulle gewoon het, misbruik het.
Die
streeklanddros was ook korrek om die gereelde voorkoms van die
misdryf in ag te neem, en om van die standpunt uit te gaan
dat die
howe kinders moet beskerm (vergelyk
S
v Myburgh
2007 (1) SACR 11
(WLD)).
Verder is die misdade
duidelik tot ‘n groot mate bepland gepleeg.
Wat
versagtend was, is dat die appellant opregte berou getoon het en
skuldig gepleit het, dat in minstens een van die gevalle
die 13
jarige klaagster hom blatant aanleiding gegee het en meegedoen het
aan die dade, dat daar geen fisiese beserings opgedoen
is nie, dat
hy, wanneer ‘n klaagster gekla het dat sy seerkry as hy haar
privaatdeel met sy vinger gepenetreer het, dadelik
daarmee opgehou
het en dat die appellant voor vonnisoplegging alreeds meer as ‘n
jaar verhoorafwagtend in hegtenis verkeer
het.
Die
streeklanddros het in Januarie 2008 aan die appellant verlof tot
appèl teen sy vonnisse verleen en opgemerk “
ek
twyfel of ‘n ander Hof ‘n ander vonnis sou oplê,
maar moontlik kan die Hof sê dat van hierdie vonnisse
samelopend uitgedien behoort te word
”.
Die
streeklanddros het by vonnisoplegging ‘n ooglopende mistasting
begaan deur van die standpunt uit te gaan dat op elk
van die
aanklagte die appellant vyftien jaar gevangenisstraf opgelê
kon gewees het. Die maksimum termyn gevangenisstraf
wat in artikel
22(f) van die Wet voorgeskryf was vir ‘n oortreding van die
bepalings van artikel 14(1) was 6 jaar gevangenisstraf
(met of
sonder ‘n boete wat, ten tye van die herroeping van die Wet,
bepaal was op ‘n maksimum van R12 000,00)
en ten aansien
van die misdaad van onsedelike aanranding (sonder die toediening van
liggaamlike leed) bestaan daar geen voorgeskrewe
vonnis nie.
Reeds op hierdie basis
sou inmenging met die vonnisse dus geregverdig wees.
Ek is egter ook van
oordeel dat nie slegs die afsonderlike vonnisse nie, maar ook die
kumulatiewe effek daarvan, skokkend onvanpas
is.
In
S
v O
2003 (2) SACR 147
(KPA) het die Hof op appél ‘n
ontleding gedoen van die vonnisse wat oor ‘n periode van byna
vyftig jaar opgelê
is in gevalle waar kinders onsedelik
aangerand is of daar met hulle onsedelike dade gepleeg is ter
oortreding van die bepalings
van die Wet. Hieruit het geblyk dat
daar in die betrokke periode slegs vyf keer gevangenisstraf van meer
as 2 jaar opgelê
is, dat in ander sake korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet opgelê is
en dat in vier van
die sake (drie waarvan in die Appélafdeling)
vonnisse opgelê is of bekragtig is wat geen element van
direkte gevangenisstraf
behels het nie.
Dit is dus duidelik
dat die afsonderlike vonnisse wat die appellant hier op elke aanklag
opgelê is, drasties swaarder is
as die norm wat geblyk het uit
die ontleding van vonnisse in daardie periode.
Alhoewel
dit vanselfsprekend is dat die feite van elke saak sal verskil,
beteken dit nie dat daar nie gelet moet word op die vonnisse
wat in
ander gevalle opgelê is nie (sien
S
v O, supra
,
op 156g-h en
S
v McMillan
2003 (1) SACR 27
(SCA)).
Ek gaan slegs na
enkele beslissings verwys waarvan die feite, alhoewel nie dieselfde
as die onderhawige feite nie, tog tersaaklik
is vir die doeleindes
van die oorweging van die opgelegde vonnisse en die vraag of hulle,
selfs ook afsonderlik, van pas sou
wees.
In
S
v V
1991 (1) SASV 59 (T) het die 43 jarige appellant sy 11 jarige
niggie, teenoor wie hy in ‘n vertrouensverhouding gestaan
het
en wat verstandelik effens vertraag was, onsedelik aangerand. Op
app
é
l
was sy vonnis 3 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte opgeskort
is.
In
S
v V
1993 (1) SASV 736 (O) het die 30 jarige appellant oor ‘n
periode van sewe jaar onsedelike dade gepleeg met sy stiefdogter,
wat aan die begin daarvan maar slegs 5 jaar oud was. Die appellant
was ook ‘n eerste oortreder en het ‘n bestendige
werksrekord gehad. ‘n Vonnis van 3 jaar korrektiewe toesig
ingevolge artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet is op appél
bekragtig.
In
S
v L
1998 (1) SASV 463 (HHA) het die appellant by drie geleenthede
gemeenskap met die 13 jarige dogter van sy minnares gehad ter
oortreding van artikel 14(1)(a) van die Wet. Hy was ‘n eerste
oortreder wat skuldig gepleit het en het ‘n uitstekende
werksrekord gehad. Sy vonnis (op aldrie aanklagte saamgeneem) van 4
jaar gevangenisstraf is op appèl bekragtig, alhoewel
opgemerk
is dat die vonnis “
ongetwyfeld
swaar
”
was en dat die oorweging van korrektiewe toesig (selfs soos bedoel
in artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet) nie onvanpas
sou gewees
het nie. Van belang is natuurlik dat daardie appellant gemeenskap
gehad het met die klaagster, en nie bloot ‘n
onsedelike daad
met haar gepleeg het nie.
In
S
v W, supra
,
is die appellant ondermeer skuldig bevind op twee aanklagte van die
oortreding van artikel 14(1)(a), dit wil sê weer op
die basis
dat hy met die 9 jarige klaagster gemeenskap gehad het, en op elke
aanklag gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf. Daar
is gelas dat
altwee die betrokke vonnisse moes saamloop met ‘n vonnis van
15 jaar gevangenisstraf, wat die appellant op
‘n verdere
aanklag van verkragting opgelê is.
Ook
in
S
v Fhetani
2007 (2) SACR 590
(SCA) was daar gemeenskap tussen die 23 jarige
appellant en die 15 jarige klaagster. Op die basis dat die
klaagster daartoe
toegestem het, is die appellant skuldig bevind aan
‘n oortreding van artikel 14(1)(a) van die Wet. Op appèl
is
beslis dat ‘n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf die gepaste
sou wees (teen die agtergrond daarvan dat die appellant toe alreeds
5 jaar lank besig was om die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf wat
hy in die verhoorhof opgelê is, uit te dien) en is
gelas dat
die appellant dadelik vrygelaat moes word.
Ek
het ook kennis geneem van die feite in die beslissing van
S
v Myburgh, supra
.
Die appellant in daardie geval was skuldig aan twee aanklagte van
openbare onsedelikheid en vyf aanklagte van onsedelike aanranding,
almal ten aansien van kinders. Hy is op die aanklagte vonnisse
opgelê wat gewissel het tussen 18 maande gevangenisstraf
en 24
maande gevangenisstraf en daar is gelas dat hulle sodanig samelopend
uitgedien moes word dat sy vonnis uiteindelik effektief
een van 10
jaar en 6 maande gevangenisstraf sou wees. Op appèl is
hierdie vonnisse bekragtig.
Die
ouderdomme van die slagoffers en die besonderhede van die onsedelike
aanrandings blyk ongelukkig nie uit dié verslag
nie. Die
betrokke appellant het alle skuld ontken totdat hy getuig het ter
strafversagting, toe hy vir die eerste keer skuld
erken het, en daar
is dus bevind dat hy nie opregte berou gehad het oor sy dade nie.
Van
belang egter, ten spyte van dié duidelike punte van
onderskeid tussen die feite van daardie geval en dié van
die
onderhawige geval, is dat die Hof in
S
v Myburgh
opgemerk
het dat die afsonderlike vonnisse nie die 2 jaar “
benchmark
”
wat geblyk het uit die ontleding in
S
v O
oorskry het nie en, verder, dat die totaal van 10 jaar en 6 maande
gevangenisstraf wel ‘n swaar vonnis was.
Om
terug te keer na die feite van die onderhawige geval, meen ek dat,
alhoewel ook hier ongelukkig geen getuienis voor die Hof
geplaas is
ten aansien van wat dit was wat die appellant beweeg het tot die
pleeg van die dade nie, en daar dus tot ‘n
mate onsekerheid
oor sy vooruitsigte van rehabilitasie mag bestaan, daar geen
regverdiging kan bestaan daarvoor om hom vir 25
jaar lank in te
kerker nie.
In die lig daarvan
dat:
die klaagster in
aanklagte 1 en 2 jonger was as dié in aanklagte 3, 4 en 5;
die
dade wat die onderwerp van aanklagte 1 en 2 gevorm het, plaasgevind
het nadat die beskuldigde hom alreeds minstens een keer
skuldig
gemaak het aan soortgelyke optrede met die ouer klaagster en van
beter moes geweet het; en
daar,
anders as die geval met die ouer klaagster, nie aanduidings is dat
die jonger klaagster ooit van haar kant die appellant
aanleiding
gegee het nie,
m
een
ek dat daar ‘n onderskeid getrek behoort te word tussen die
vonnisse ten aansien van dié twee groepe aanklagte.
Die feit dat die
appellant nou al meer as 8 jaar lank besig is om gevangenisstraf uit
te dien op hierdie aanklagte, sal onvermydelik
‘n rol speel by
die oorweging van die aard van die vonnis of vonnisse wat nou
prakties en billik teenoor die appellant
en die gemeenskap op appèl
opgelê kan word.
Ek
meen dat, in die geval van aanklagte 1 en 2
,
‘n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf ten aansien van elk van
dié aanklagte in die omstandighede van pas sou wees.
Omdat
die betrokke oortredings egter so kort opmekaar gepleeg is, meen ek
dat gelas behoort te word dat 2 jaar gevangenisstraf
van die vonnis
op aanlag 2 samelopend met dié op aanklag 1 uitgedien moet
word.
Wat
betref aanklagte 3, 4 en 5, meen ek dat dit op die feite duidelik is
dat dit slegs in die geval van aanklag 3 was wat die
appellant van
meet af aan die inisiatief geneem het. Aan die ander kant was
daardie oortreding duidelik die eerste van die reeks
oortredings wat
die appellant uiteindelik gepleeg het.
In
die geval van aanklag 4 het die ouer klaagster die appellant blatant
uitgelok en ook deelgeneem aan wat toe daar gebeur het.
In die
geval van aanklag 5 het dieselfde klaagster ook hand om die lyf met
die appellant, wat sy geweet het haar voorheen al
betas het en sulke
dade met haar gepleeg het, die veld ingestap en ook toe van haar
kant meegedoen, onder andere deur haar hand
by die appellant se
broek in te druk.
Ek
meen dat, weereens in die omstandighede waarmee hierdie Hof nou
gekonfronteer sit, ‘n vonnis van 2 jaar gevangenisstraf
op
aanklag 3 gepas sou wees, terwyl vonnisse van 1 jaar gevangenisstraf
op elk van aanklagte 4 en 5 gepas sou wees.
In
die lig van die voorgaande sou ek die volgende bevele maak:
Die
verwysing na artikel 14(1)(a)
van Wet 23 van 1957 in die skuldigbevindings ten aansien van
aanklagte 3, 4 en 5 word geskrap en vervang met ‘n verwysing
na artikel 14(1)(b) van die gemelde Wet.
Die
appèl teen die vonnisse op aanklagte 1, 2, 3, 4 en 5 slaag en
hulle word tersyde gestel en vervang met die volgende:
Aanklag 1: 3 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 2: 3 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 3: 2 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 4: 1 Jaar
gevangenisstraf.
Aanklag 5: 1 jaar
gevangenisstraf.
Dit word gelas dat
‘n periode van twee jaar gevangenisstraf van die vonnis op
aanklag 2 samelopend uitgedien word met die
vonnis op aanklag 1.
Die
voormelde vonnisse van gevangenisstraf ten aansien van al vyf
aanklagte word teruggedateer na 23 Mei 2000.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam en dit
word so gelas:
________________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
J Cloete
Regshulpsentrum,
Kimberley
Nms
Respondente
: Adv
C Kersten
Direkteur van Openbare
Vervolgings, Kimberley